• No results found

Die voorbeelde en keuses van karakters beïnvloed die deelnemers

Bespreking van Bevindinge

D 1 Vroulik Graad 3 en graad

1: Karakter 2: Profielbeskrywing van die karakters 3: Les Anastacia Anastacia is ʼn tiener wat aan depressie lei Deur haar lewensverhaal

4.7. Die karakters beïnvloed die deelnemers se keuses

4.7.5 Die voorbeelde en keuses van karakters beïnvloed die deelnemers

Bandura se sosialeleerteorieë beklemtoon die invloed van die adolessent se direkte omgewing, voorbeelde daarbinne, en die impak daarvan op sy of haar ontwikkeling (Nielsen, 1996:8). Volgende bespreek ek spesifiek die geleentheid wat die gebruik van fiktiewe karakters aan die deelnemers bied om hierdie voorbeelde te observeer en daaruit te leer. D2O2 beklemtoon die leiding wat karakters se voorbeelde aan hom gee in sy lewe. Die gebruik van gevallestudies skep die geleentheid vir hierdie deelnemer om die verskillende alternatiewe teen mekaar op te weeg en daarna ʼn ingeligte en weldeurdagte besluit te maak. In sy eie woorde stel hy dit dat: “as ek nou sien ek moet ʼn besluit maak, dan dink ek terug of het iemand anders nie al hierdie ondervind nie en wat was die nagevolge van daai [sic] persoon...ek weet [dan] wat dit gaan veroorsaak...”. Hierdie deelnemer is ook van mening dat die

demonstrasie van karakters sy lewenskeuses hom beïnvloed en leiding aan hom gee. Dit is vir hierdie deelnemer moontlik om die voorbeelde van situasies te bestudeer en dan stel hy dit dat

goeters wat [hy] nog moet besluit, hulle het klaar besluit en het reeds nagevolge ervaar. So wanneer [hy] dan moet besluit dan sal [hy] altyd dink, as [hy] nou ook daai besluit maak, dan sal [hy] ook daai gevolge kry. Dan dink [hy] wat is reg en wat is verkeerd en dan sal [hy] mos altyd die regte keuse maak. Maar soos [hy] gesê het, mense maak foute.

D10O1 noem dat die gebruik van gevallestudies “vir [haar] help om [haar] keuses te maak”. Sy is verder van mening dat sy “alleenlik vir [haar]-self kan kies…” en dus self verantwoordelikheid vir al haar aksies kan neem. D10O1 verwys ook na die verhaal van James en hoe sy vriende hom negatief probeer beïnvloed het. Volgens hierdie deelnemer het sy vriende “eenkeer vir hom gesê hy moet probeer om drugs [sic] te doen. Toe het hy gesê hy doen dit nie. Hulle het aangehou en aangehou...”. D10O1 verwys met bewondering na James, omdat hy staande gebly het teen groepsdruk. Sy is van mening dat dit die rede is waarom “hy ver in die lewe gekom [het] en… ʼn polisieman geword” het. Deur die gevallestudies van die karakters te analiseer en te ontleed bied dit deelnemers die geleentheid om self te besluit watter voorbeelde hulle sal nastreef. D4O1 stem saam met D10O1 en stel dit ook dat sy uit die voorbeelde van die verskillende karakters leer om “nie dieselfde keuses” as hulle te maak nie. Hierdie deelnemer noem dat van die karakters “drugs doen, wat nie nodig is nie”. Die verhale van die karakters help vir haar met keuses rondom dwelms, “sodat [sy] nie ook dwelms gebruik nie…”, want sy “wil nie soos Christal opeindig nie”. Christal se verhaal beïnvloed dus keuses wat hierdie deelnemer tans in haar lewe moet maak. D6O1 stem saam met D4O1 deur na die voorbeelde van die karakters te verwys as ʼn demonstrasie van hoe die gevolge van hul keuses ʼn impak op hulle lewens gehad het. Sy vertel dat “deur na die mense te kyk...wys dit jou waar jy gaan opeindig...”. D7O1 beaam D6O1 se opinie dat die voorbeelde van die karakters deur hul gevallestudies ʼn impak op die deelnemers se keuses het. D7O1 stel dit dat Moegamat se dwelmgebruik negatiewe gevolge gehad het. Hierdie voorbeeld van Moegamat se keuses weerhou hierdie deelnemer daarvan om soortgelyke besluite te maak. Hy vertel van die nagevolge van Moegamat se dwelmmisbruik deur te sê dat Moegamat “sy vrou en kinders begin slaan [het]”. Moegamat se voorbeeld laat hierdie deelnemer ook besin oor die keuses wat die karakter as adolessent gemaak het. Die gevallestudie laat D7O1 “[na]dink aan [sic] die keuses en dit waar [Moegamat] nou is…”.

Die verhale van die karakters dien as voorbeelde vir D901 en help hom met die keuses wat hy tans in sy lewe moet maak. Deur die analisering van gevallestudies kan hy ook beter alternatiewe keuses vir

die karakters identifiseer. D9O1 vertel dat hy in ʼn slegte gebied [bly] waar mense dwelms doen, tik en drink…net soos van die karakters…”. Daarom kan hy met hulle verhale identifiseer. Hy sê dat dit “ʼn goeie ervaring [is] om te hoor van dié mense, want [hy] wil nie dieselfde keuses maak as wat hulle gemaak het nie…”. Volgens hom is dit “verkeerde keuses” en hy wil “ʼn beter lewe as hulle leef”. Hierdie deelnemer is ook van mening dat die verhale hom “sal…help om nie sulke keuses te maak wanneer hy dink aan hulle”. Wanneer hierdie deelnemer die mense in sy eie gemeenskap observeer, word hy herinner aan die verhale van die karakers.

Hierdie opmerkings bevestig dat die fiktiewe karakters se voorbeelde waaraan deelnemers blootgestel word, wél hulle keuses en optredes sal beïnvloed (Nielsen, 1996:8). Deur die bespreking in die tweede kategorie blyk dit dat die keuses en voorbeelde uit die fiktiewe karakters se gevallestudies ʼn invloed op die besluitnemingsprosesse van die deelnemers gehad het. Hierdie onderrigstrategie bied dus aan die deelnemers die geleentheid om die fiktiewe lewensvoorbeelde van hierdie karakters te observeer, te analiseer en daaruit te leer. Die deelnemers identifiseer met die verskillende vorme van sosiale druk waaraan karakters blootgestel word en beaam vanuit hul eie ervaring die invloed van hierdie druk op hul huidige lewenskeuses, asook hoe hierdie keuses hul toekoms sal beïnvloed.

4.8 Die gebruik van karakters bied aan deelnemer die platform om hul eie emosies, ervarings en