• No results found

Addendum D: Uittreksel vanuit getranskribeerde fokusgroeponderhoud

GD GD

Kinders gebruik dit, tieners ook. En die groot mense. Tieners, onder agtien. Hulle mag mos nie drink nie. N Hoekom is dit vir julle ʼn probleem?

GD GD

GD

Jy kan verslaaf raak daaraan.

Iemand wat drink is ʼn gevaar vir die omgewing.

Die ander deelnemers beaam hierdie stelling. JA

Jy kan ʼn ongeluk maak as jy dronk is.

Gevolge van alkohol

N Is daar van julle wat mense ken wat in ʼn ongeluk was as gevolg van alkohol. GD

GD

Ek ken iemand. Hy was op dwelms en het alkohol gebruik en toe moes hy sy meisie gaan haal. En toe maak hy ʼn ongeluk. Sy is net baie beseer en so. Hy is dood. My oupa het baie gedrink, hy was seker nou in 8 ongelukke.

Gevolge van alkohol

N Almal van julle is onder 18 en julle sê dat alkohol soms ʼn probleem in julle gemeenskappe is, is daar van julle wat al alkohol gebruik het?

GD Ek het al een maal.

Ander deelnemers lag ongemaklik.

N Hoekom sal julle of hoekom sal julle nie dwelms en alkohol gebruik nie?

GD Want ons het gesien wat dit doen aan die mens Gevolge van dwelms

N Waar het jy gesien? GD

GD

Soos my ma, sy het dwelms gebruik. Ons leer ook daarvan in LO

Gevolge van dwelms

N Is daar nog ander probleme in jul gemeenskap?

GD Ja, soos vanoggend 6 o’clock toe kom 10 ‘vans’ daaraan en dis ʼn vriend van my, toe het hulle sy huis uitgeskud. Hy gebruik ook tik en verkoop op straat aan die kinders en goed. Ek vat toe my suster se kind en stap om die huis toe kom daar ʼn hele “squad” mense aangehardloop wat weghardloop vir die poliste. Daar was mense wat ook verlede jaar hier by ons skool was, wat nou graad 8 of 9 moes wees en wat nooit skool klaar gemaak het nie. Hulle hardloop so oormekaar. My een tjommie, haar naam is _________. Sy was verlede jaar ook hier op skool. Sy is my vriend, maar sy is in baie anderste omstandighede as ek. Sy gebruik tik en wat sy okal kan kry. Nou vanoggend het hulle ook vir haar gelaai. Haar ma het vir haar net aangekyk en het niks gemaak nie.

Probleme Dwelms Skoolverlaters

Ouerleiding

N So is iets wat julle sien verhoudings. ________ noem dit dat sy van mening is dat verhoudings met ouers ook ʼn probleem is. Bedoel jy dat ouers nie altyd leiding aan hul kinders bied nie? Sien van julle ook dit? Of hoe ervaar julle dit?

N

Stilte…

Hoe is families in julle gemeenskap? Watter tipe verhoudings sien julle rondom julle? GD Bakleiery en stryerey. Hulle het geen respek meer teenoor mekaar nie. Hulle het nie

goeie verhoudings met mekaar nie.  

Baklei

N Wie is daar in julle gemeenskap na wie julle opkyk?  

GD

GD

GD GD

Daar is nie eintlike iemand nie.

Ek vra spesifiek vir een deelnemer by die naam na wie sy opkyk.

Nee, ek weet nie.

Ander deelnemer gaan verder.

My broer, ek wil soos hy is? (Wil nie uitbrei waarom hy opkyk na sy broer nie). My ouers…hulle kan altyd vir my sê wat is reg en verkeerd.

 

Rolmodelle

N Kom ons kyk verby die gemeenskap. Na wie kyk julle op? Wie is soos ʼn rolmodel vir julle?

Geen reaksie

Is daar enige bekende persone na wie julle opkyk?  

GD Natalie du Toit, sy inspireer my. Ek is ook ʼn swemmer. Sy het haar been verloor,

maar sy het aangehou swem. Rolmodel

N Wie van julle het nog iemand na wie jy opkyk?

Geen reaksie. Ek gee hul ʼn oomblik en gebruik die stilte sodat hulle kan reflekteer oor my vraag.

 

GD Drake ʼn rapper.

Die res van die leerders lag.

Rolmodel

N Waarom kyk jy op na Drake? Rolmodel

GD Want hy is ʼn rapper. Ek hou van sy musiek en so en hy trek gevaarlik aan.

Almal lag.

N Dis waar wat jy sê. Nou wie of wat sal julle dan sê beïnvloed die keuses wat julle maak?   GD GD GD GD Jou vriende. Jou ouers. Mense in jou lewe.

Dis jou eie keuses. Jou vriende kan vir jou beïnvloed, maar jy gaan steeds moet kies.

Keuses Ouers Vriende

N Dis waar wat jy sê, nou wat sal nog beïnvloed wat jy kies?  

GD Hoe jy dink. Jy moet eers dink voor jy iets doen?

N Goed, dis ook waar wat jy sê. Nou julle het genoem dat julle kies om nie nou dwelms te gebruik nie. Wat maak dat julle hierdie keuse maak?

GD Ons weet wat dit aan ons gaan doen. Gevolge van

dwelms

N Waar sien julle hierdie mense? GD

GD GD

Orals om ons is mense wat dwelms gebruik.

Ons sien baie mense wat dit gebruik. Hulle het probeer om iets te maak van hulle lewe, maar dan breek die dwelms vir hulle af.

Waar ek bly is baie mense wat dwelms gebruik.  

Dwelms

N Hoe beïnvloed dit wat julle leer in LO dit wat julle kies?

Oomblik van stilte en geen reaksie. Dan begin een deelnemer praat.

 

GD Ons leer in LO van hierdie goed, dat ons dit nie moet gebruik en dat dit gevaarlik is. Voorkomend N Hoe sal hierdie voorbeelde in LO dan julle keuses en lewens beïnvloed?

Geen reaksie.

N Kom ons kyk na Brentino, van wie julle in seksualiteit geleer het, se verhaal. Toe hy jonk was, het hy met meisies rondgeslaap. Toe maak hy ʼn besluit dat hy nie weer met meiseis sal slaap nie. Kan julle onthou wie Jasmine is?

GD GD

Sy is ʼn prostituut.

Sy het gedink dat sy haar outjie sal behou deur seks te hê?

Redes vir seks

N Kom ons gebruik Jasmine en Brentino se verhale. Hoe beïnvloed hierdie twee verhale julle lewens en keuses in terme van seks.

Geen reaksie. Oomblik van stilte laat die deelnemers reflekteer oor die vraag.

GD GD GD GD

Sommige mense wil soos Jasmine wees. Hulle sal ook miskien dink dat seks hulle probleme sal oplos.

Hulle dink ook miskien dat hul outjies vir hul sal los as hul nie seks gee nie. Hulle wil hulle outjies behou.

Een van die ander deelnemers knik instemmend.

N Goed, nou kom ons gebruik die verhale van Moegamat en Marno. Hoe sal albei van hierdie mense julle keuses beïnvloed, spesifiek ten opsigte van vriende?

“personlatity”? Groepsdruk

N Wat is ʼn goeie vriend? GD

GD GD

Wanneer iemand vir jou se moenie die verkeerde keuses maak. Wanneer hulle jou help.

Wanneer hulle met jou praat en wanneer jy met enige iets wat op jou hart is, jy kan altyd na hulle gaan.

N Soos watter een van hierdie mense se vriende sal julle wil hê?

GD Soos Manro. Moegamat het nie sy vriende reg gekies nie. Hy is vandag steeds ʼn bende, Marno is ʼn besigheidsman.

 

B63: Manlike Skrywer