• No results found

Bespreking van Bevindinge

D 1 Vroulik Graad 3 en graad

1: Karakter 2: Profielbeskrywing van die karakters 3: Les Anastacia Anastacia is ʼn tiener wat aan depressie lei Deur haar lewensverhaal

4.6 Inleiding tot die ervaring dat karakters as rolmodelle dien

4.6.2 Karakters se ervarings bied leiding aan deelnemers

Dit blyk dus vanuit die geproduseerde data dat dit nie net die voorbeelde vanuit die karakters se gevallestudies was wat leiding aan die deelnemers gebied het nie, maar dit wil ook voorkom of die ervarings van die karakters leiding aan die deelnemers gebied het. D2O2 verwys spesifiek na een van die karakters wie se voorbeeld uit haar gevallestudie leiding aan hom gebied het. Hy benadruk die invloed van die karakters se voorbeelde op sy lewe wanneer hy tydens die onderhoude sê dat “vir [hom] is dit eintlik goed, want [Christal] gee...vir [hom] leiding....sodat [hy] nie dieselfde foute maak nie...”. Hy vertel dat Christal “die dwelms gebruik [het] omdat sy haar vriende gevolg het...”. Hierdie deelnemer het dus uit Christal se ervaring geleer “om nie [sy] vriende te volg wanneer [hy] besluite maak nie...”.D2O2 se opmerking verwys daarna dat die voorbeeld vanuit Christal se gevallestudie nie net in soortgelyke situasies (waar dwelms ter sprake is) vir hom leiding sal gee nie. Wanneer die

deelnemer sê dat “...wanneer [hy] besluite maak...” verwys hy na Christal se voorbeeld (van die gevolge van negatiewe keuses) wat vir hom in alle besluite in sy lewe leiding sal gee.

D7O2 stem saam met D2O2 en stel dit onomwonde dat LO vir haar die geleentheid bied om deur die verhale en foute van ander te leer. Sy verwys spesifiek daarna dat die verhale van die karakters vir haar leiding bied oor hoe sy die gevolge van swak keuses moet hanteer. Sy sê dat “dit ongelooflik [is] hoe [sy] van ander mense en hul omstandighede kan leer...[sy] leer van hoe [sy] [haar] slegte keuse kan hanteer en hoe [sy] wanneer [sy] in ʼn moeilike situasie is...daar kan uitkom”. Hierdie deelnemer maak melding daarvan dat die karakters se verhale ook verskillende interpersoonlike vaardighede aan haar demonstreer. Uit Moegamat se verhaal en sy ervarings kon hierdie deelnemer leer “om nie [haar] frustrasies op ander mense uit te haal nie…”. Sy voeg dan by dat “[j]y kan verkeerd wees, maar...dit anders... [kan] hanteer...”. D8O2 verwys ook na die leiding wat sy vanuit die karakters se ervarings verkry het en noem spesifiek dat dit haar help “om nie dieselfde foute” as die karakters te maak nie. Sy toon ook verder empatie met die karakters: “dit is hartseer, want kyk waardeur het hulle gegaan”. Die ervarings wat deur die karakters se verhale aan haar voorgehou word, help haar “om ʼn beter persoon van [haar]self te maak”. D9O2 stem saam met D8O2 en stel dit dat haar onderwyseres karakters gebruik om “vir [hulle]...te leer...[van] ander mense...”.

Bandura (1977:17) verwys na observasieleer waar die individu ervarings en gedrag in ander se lewens kan observeer en beter gedragskeuses daaruit kan herken. Hierdie waarnemingsproses bied leiding aan die individu se toekomstige keuses rondom gedrag. D1O1 en D7O2 verwys na enkele voorbeelde van waar hulle uit die ervarings van karakters geleer het. Hoewel D1O1 met sekere elemente, byvoorbeeld die omstandighede, uit die karakters se gevallestudies kan identifiseer, stel sy dit dat sy nog nie haarself met die ervarings van karakters kon vereenselwig nie, want “[sy] is nog ʼn jong kind en dinge wat hulle deurgaan, het [sy] nog nie…deurgegaan nie…”. D7O2 beaam die opinie van D1O1. Sy is wel van mening dat hierdie onderrigstrategie voorkomend vir adolessente kan wees wanneer sy sê dat sy “eendag” self in soorgelyke situasies mag wees en sy is vol vertroue dat die verhale van die karakters op daardie stadium vir haar iets gaan beteken. Daar is van die karakters se verhale wat vir haar die geleentheid bied om krities na te dink oor die voorbeelde in haar eie lewe. Sy ken baie mense wat aan ʼn bendegroep behoort en reflekteer dan oor Moegamat se verhaal. Sy is van mening dat dit ʼn voorbeeld van vernietiging is. Sy stel dit dat

daai wat [Moegamat] doen, hy mors net sy lewe op...om daai te doen gaan hom nie ʼn beter mens maak nie. Hy gaan net aanmekaar en aanmekaar sy kop stamp...teen die dag dat hy besef dat hy te veel sy kop gestamp het, dan sal dit te laat wees.

Moegamat se verhaal laat D1O1 toe om oor sy ervarings te reflekteer. Hierdie deelnemer dui aan dat sy van mening is dat die mens oor die vermoë beskik om uit sy of haar eie foute te leer.

Marno se lewensverhaal word ʼn voorbeeld van veerkragtigheid waar hy nie toelaat dat sy negatiewe omstandighede sy toekomsideale inperk nie (Louw et al. 2007: 380-381, Ungar, 2008:225). Deur B81 verwys die skrywer daarna dat Marno se verhaal vir hom leiding gebied het en sy besluite vir sy toekoms beïnvloed het. Hy is van mening dat uitdagende en negatiewe omstandighede nie noodwendig ʼn individu se toekomsideale hoef te beperk nie. Hy skryf datMarno “ʼn sukses van [sy] lewe gemaak [het], en [hy’t] so baie respek vir [hom] daarvoor...”. Daarom het hierdie deelnemer “besluit om ʼn sukses van [sy] lewe te maak nes [Marno], al word [hy] in watter omstandighede groot”.Die skrywer van B46 stem saam met bogenoemde skrywer en gee erkenning aan Marno wat steeds sy doel bereik het deurdat hy dit stel dat Marno ʼn “bewys [is] dat mens jou doel in jou lewe kan gebruik [sic] al kom jy uit die swakste agtergrond…”. Marno dien vir hierdie deelnemer as ʼn voorbeeld van iemand wie se omstandighede hom nie teruggehou het nie. Hy bewonder ook Marno se vermoë om sy beste te gee ten spyte van negatiewe eksterne omstandighede. Volgens die skrywer sal hy ook sy beste lewer omdat dit tot suksess lei. Hy voeg dan by dat “as jy net die beste gee kan jou [sic] hoë hoogtes bereik...”. Die skrywer van B90 beklemtoon nie net die keuses wat hy moet maak vir sy vakke nie, maar hy verwys ook na die hoop dat hy, soos Marno, verder in sy lewe ook die regte keuses sal kan maak. Die verhaal van Marno het hierdie deelnemer gehelp om die verband tussen keuse en gevolg te onderskei. Hierdie skrywer is van mening dat die regte keuses tot sukses kan lei wanneer hy dit stel dat hy hoop dat hy “en [Marno] verder die regte keuses sal maak en dat [Marno] sal aanhou om suksesvol [te] wees”.