• No results found

N Hoe vind jy dit as jou juffrou vir julle van hierdie karakters se verhale leer?

D2 Vir my is dit eintlik goed, want sy gee eintlik vir my leiding. Ek hou daarvan as sy vir my sê dat ek moet dink voordat ek iets doen en so. Dat ek altyd die regte belsluite moet neem en so. Ek hou daarvan as sy praat van mense wie ek nie ken nie, dan is ek altyd geïnteresseerd in haar boodskap.

Leiding Keuses

Interessant

N So as ek reg verstaan, dan sê jy dat sy vir jou leiding gee deur van hierdie stories te vertel? Hoe sal jy dit in jou eie lewe kan toepas?

D2 Soos ekke, as ek nou sien ek moet ʼn besluit maak, dan dink ek terug of daar nie miskien een van hulle was wat dieselfde ondervind het nie en wat was die nagevolge van daai persoon. Dan sal ek nou sê, ʼnee, ek gaan dit nie doen nie, want ek weet wat dit gaan veroorsaak.

Keuses Voorbeeld  N So as ek nou reg hoor, dan sê jy dat keuses baie belangrik is?

D2 Ja, keuses is baie belangrik, want dit maak jou toekoms, dit bou jou toekoms. Keuses Toekoms N Kan jy miskien bietjie meer uitbrei oor wat jou sal help om die regte keuses te maak?

D2 Ek dink jou familie se ondersteuning, die regte opvoeding, om nie lelik te praat nie, om

altyd te dink voordat ʼn mens praat en om uit ander se foute te leer. Foute

N So, wat jy sê is dat die stories wat jou juffrou vir jou vertel vir jou leer deurdat dit jou keuses beïnvloed en vir jou leiding gee?

N Hoe sal hierdie mense jou help om die regte keuses te maak?

D2 Soos ek gesê het, goeters wat ek nog moet besluit, hulle het klaar besluit en het reeds nagevolge ervaar. So wanneer ek dan moet besluit dan sal ek altyd dink, as ek nou ook daai besluit maak, dan sal ek ook daai gevolge kry. Dan dink ek wat is reg en wat is verkeerd en dan sal ek mos altyd die regte keuse maak. Maar soos ek gesê het, mense maak foute. Keuses Gevolge Voorbeelde Foute    

Uittreksel uit Afdeling B, Onderhoud een

N / GD Uittreksel Eenhede van

Betekenis N Hoe ervaar jy dit wanneer jou onderwyser vir julle van die karakters in die LO klas

vertel?

D1 Dis nogals interessant om te hoor waardeer die mense gaan, baie mense gaan ook nou nog daardeur. Dis hartseer ook eintlik om sulke goed te hoor. Soos Moegamat, hy het die verkeerde keuses gemaak, hy het hoeveel vrouens, hy het hoeveel kinders gemaak en hy is ʼn ‘gangster’ en gebruik ‘drugs’.

Interessant Hartseer

Verkeerde Keuses N Jy sê dat Moegamat die verkeerde keuse gemaak het. Watter keuses is verkeerd wat

hy gemaak het?

D1 Om “drugs” te begin gebruik en om dit te verkoop aan ander mense. Hy is ʼn groot Dwelms Keuses

‘gangster’.

N So jy dink eintlik dat dit vir jou help om te hoor van ander mense se stories, want mens is nie altyd bewus van dit nie?

D1 Ja, soos ek nou groot geword het, het ek baie die goed raakgesien, mense wat tik en ‘ganja’ rook en hoe hulle mekaar sommer op die pad begin slaan en skel en sulke goed, soos daar waar ek bly gebeur dit baie?

Voorbeelde

Identifiseer

N En om nou te hoor van mense wat uit sulke goed kom en ʼn sukses van hul lewens maak? Hoe is dit vir jou?

D1 Ek wil ook graag so wees. Ek sal bly wees as ek ook so kan wees om eendag te kan word wat ek wil word om na my gesin te kyk, soos my ma as sy oud is, ek sal definitief nie vir haar in die ouetehuis sit nie.

Inspireer

N As jy een van die karakters kon ontmoet, wie sal dit wees?

D1 Ek sal vir Moegamat wil ontmoet. Ek het nog net gehoor van hom. As ek kan, as ek groot genoeg is, sal ek vir hom wil inspireer as hy nog in daai toestand is. Ek sal met hom wil gaan praat en raad gee om hom te help.

Verskil maak

N Dit klink vir my of jy uit ervaring praat. Ken jy iemand wat soos Moegamat is?

D1 Ja, ek ken baie mense waar ek bly wat ook aan ‘gangs’ behoort. Identifiseer

Voorbeelde N As jy vir hom een ding kan sê, wat sal dit wees?

D1 Dat daai wat hy doen, hy mors net sy lewe op. As hy daai wil doen gaan hy mors. Om daai te doen gaan hom nie ʼn beter mens maak nie. Hy gaan net aanmekaar en aanmekaar sy kop stamp en daai dag wat hy besef hy het te veel sy kop gestamp, dan sal dit te laat wees.

Raad

Foute Spyt

N As jy vir een van die karakters ʼn vraag kon vra, wie sal dit wees en wat sal jy vir hulle vra?

D1 Ek sal ook vir die ander vrou wil ontmoet, ek kan nie nou haar naam onthou nie. Sy is ʼn onderwyser. Sy gaan meestal uit saam met haar vriende, bergklim of so, of draf.

N Bedoel jy Julia?

D1 Ja. Ek onthou nog baie van haar storie van verlede jaar. Sy inspireer my en ek wil weet hoe sy dit bo uitgekom het.

Uittreksel geneem uit die tweede getranskribeerde fokusgroeponderhoud.

Die letter “N” stel die navorser voor en die afkorting “DG” stel groepdeelnemer voor.

N / GD Uittreksel Eenhede van

Betekenis

N Nou dat ons weer die doel van die onderhoud en die navorsing bespreek het, en julle weet ook dat alle inligting konfidensieel gebruik sal word. Voor ons begin, ken julle almal mekaar?

GD Ja

N Julle almal is in Graad 8, so dit is iets wat julle almal in gemeen het. Julle almal is in ʼn skool in hierdie gemeenskap, maar miskien is daar van julle wat in ʼn ander

gemeenskap woon. Ek wil hê elkeen van julle moet gou aan jou gemeenskap dink en kom ons gesels oor dinge binne julle gemeenskappe waarop julle trots is?

GD Stilte…

N As ons na die ander teenpool kyk, is daar miskien uitdagings of probleme in julle

individuele gemeenskappe waaraan julle kan dink? Probleme Uitdagings

GD Dwelms, Alkohol… Dwelms

Alkohol

N Is daar nog enige probleme waaraan julle kan dink? GD Stil…Geen reaksie

N Julle noem dat dwelms ʼn probleem is, waarom sê julle so? GD Dit beïnvloed ander, dit kan jou brein beskadig, en jou liggaam.

Sommige deelnemers beaam wat die voriges genoem het. Om almal te betrek vra ek vir een spesifieke deelnemer sy opinie.

N Wat dink jy, ______? (Ek vra aan een deelnemer spesifiek)

Almal begin lag.

Groepsdruk

GD Dit kan jou doodmaak.

N Ja, dis reg. Wat dink jy, ________. Stem jy saam?

Almal lag weer.

N

Ek vra vir hierdie deelnemer spesifiek wat sy van alkohol dink.

Wat van dink jy van alkohol? _________ het gesê alkohol is ook ʼn probleem, stem jy saam?