• No results found

In hierdie hoofstuk skep ek ʼn teoretiese raamwerk waarbinne die teikengroep se geleefde ervaring van die gebruik van fiktiewe karakters binne die LO-klaskamer bepaal word. Hierdie literatuurstudie bied ʼn oorsig van studies waarin soortgelyke kernkonsepte nagevors en bespreek word. Ek skep terselfdertyd ʼn fondasie waarop my bespreking van die volgende konsepte gebaseer word: adolessente as teikengroep van hierdie studie, LO as leerarea in die HNKV, en die gebruik van fiktiewe karakters as onderrigstrategie.

In deel een ondersoek en ontleed ek adolessensie as ontwikkelingfase en die uitdagings waarvoor hierdie groep te staan kom, asook hul soeke na identiteit. Die verhoudings in ʼn adolessent se lewe word bespreek aan die hand van Bronfenbrenner se ekosistemiese perspektief. Hierdeur word die afwesigheid van belangrike sisteme in hulle lewe en die invloed daarvan op die ontwikkeling van die individu beklemtoon. As gevolg van hierdie afwesigheid bestaan daar ʼn behoefte na ʼn oriënteringsprogram vir hierdie ouderdomsgroep. Dus bespreek ek LO as leerarea in die HNKV in die tweede deel van hoofstuk twee. Ek bespreek die kurrikulumtransformasie in Suid-Afrika, die ontstaan van die HNKV, asook LO as leerarea. Ek beklemtoon die behoefte na LO binne Suid-Afrikaanse skole en belig die mate waartoe verskeie uitdagings van die leerarea, tesame met my eie ervarings binne hierdie spesifieke konteks aanleiding gegee het tot die derde deel van hierdie hoofstuk: die ontwikkeling en gebruik van fiktiewe karakters as onderrigstrategie.

Die derde deel van die hoofstuk word gebou op die teoretiese agtergrond van ʼn narratiewe perspektief in die klaskamer. Daar is reeds in hoofstuk een kortliks ʼn inleiding tot die gebruik van fiktiewe karakters gebied. In hierdie hoofstuk verskaf ek ʼn basiese oorsig van die gebruik van narratiewe binne verskillende opvoedkunde kontekste en hoe ek hierdie strategie in ʼn LO-klaskamer gebruik het. Daarna bespreek ek die samestelling van fiktiewe gevallestudies wat gebaseer word op my professionele ervaring in hierdie navorsingsomgewing. Ek beskryf hoe my ervaring binne die LO-klaskamer die verskille tussen my en die leerders se ervaringswêrelde belig het. Die gaping tussen die inhoud van die LO-kurrikulum en die praktiese toepassing daarvan in leerders se lewens, het aanleiding gegee tot die ontstaan van hierdie alternatiewe onderrigstrategie waar fiktiewe karakters gebruik was. Ek beskryf hierdie onderrigstrategie in meer besonderhede en bied ʼn voorbeeld van ʼn profielbeskrywing van een

karakter aan. Ten slotte bespreek ek ook die moontlike rol wat hierdie karakters in adolessente se lewens kan speel.

2.1 Adolessensie

Die teikengroep wat ek in hierdie studie ondersoek is graad 8-leerders. Dit is juis om hierdie rede dat ek geïnteresseerd is in die ontwikkelingsfase van adolessente wat die hoërskool betree. Die term “adolessensie” is afkomstig van die Latynse woord adolescere, met die betekenis van iemand wat “groot word” of “groei tot ʼn volwassene” (Nielsen, 1996:3). Adolessensie is die oorgangsperiode tussen die kinderjare en vroeë volwassenheid. Die duur van hierdie tydperk verskil tussen kulture. Binne die Westerse kultuur kan adolessensie tot tien jaar duur, terwyl dit in sommige ander kulture heelwat korter kan wees (Wait, Meyer & Loxton, 2005:151). Die hedendaagse kind betree adolessensie vroeër. Dit kom dus voor of kinders vroeër deur die samelewing as volwassenes aanskou word (Gouws, Kruger & Burger, 2008:2).

Adolessensie word gekenmerk deur verskeie fisiese veranderinge in die individu en die aanvang van puberteit. Die woord puberteit is geneem van die Latynse woord, pubescere, en beteken “om hare te groei” (Nielsen, 1996:27). Puberteit begin met geslagsrypwording en word gesien as die periode waartydens die individu fisies gereed is om voort te plant. Vir meisies is hierdie die aanvang van hul menstruasiesiklus en by seuns word dit gekenmerk deur die eerste seminale emissie. Die ouderdom van die aanvang van puberteit onder meisies is gemiddeld vanaf 10 jaar 6 maande en ongeveer 2 jaar later by seuns. (Wait et al., 2005:151). Ouderdom is egter nie altyd ʼn akkurate aanduiding van die begin en voltooiing van puberteit nie, omdat verskeie faktore ʼn invloed op die individu se ontwikkeling mag hê. Gouws et al. (2008:3) is van mening dat ʼn persoon volwassenheid bereik wanneer hy of sy volwasse lewensrolle opneem.

Adolessensie word deur sommige skrywers as die mees uitdagende, dog opwindende tydperk in ʼn individu se lewensontwikkeling bestempel. Hierdie siening word hoofsaaklik ingeneem omdat adolessente op die drumpel van ʼn nuwe ontwikkelingstadium staan ten opsigte van liefde, werk en die persoonlike reis om hulself te leer ken (Wait et al., 2005:151). Ander skrywers verwys na adolessensie as ʼn stormagtige, rebelse tydperk (Cawood, 2008:22; Gouws, et al., 2008:5).

Skrywers wat adolessensie as ʼn stormagtige en rebelse tydperk beskryf, verwys dikwels na ʼn innerlike verwarring binne die adolessent (Gouws et al., 2008:5). Hierdie tydperk word dikwels gekoppel aan verskeie aanpassings in die individu se lewensfase. Dit is veral wanneer ʼn vroeë adolessent die

hoërskool betree dat hy of sy ʼn krisis beleef wat waarneembaar is in die emosionele- en gedragsprobleme wat aan hierdie fase gekoppel word (Gouws et al., 2008:120-121). Laerskoolkinders se algemene funksionering verloop normaalweg vlot, maar hul emosionele, sosiale en psigiese ontwikkeling word duidelik waarneembaar deur hulle gedragsverandering wanneer die adolessent die hoërskool betree (Smit, 2009:2). Adolessente beleef ook ʼn verhoogde emosionaliteit, oordrewe reaksies op gebeure asook ʼn verwarring oor gevoelens (De Klerk & Le Roux, 2003:23).

Op sosiale vlak verander die tipe verhoudings wat die adolessent met mense rondom hul het, byvoorbeeld verhoudings met hul ouers, gesinslede, opvoeders, ander volwassenes en hul vriende sowel as hul portuurgroep. In die Westerse kultuur word adolessensie beëindig wanneer die individu oor die vermoë beskik om selfonderhoudend te wees, ʼn voltydse werk te beklee, ʼn huweliksmaat te kies of om met ʼn familie te begin (Gouws et al., 2008:4). Binne ʼn sielkundige perspektief verwys adolessensie as ontwikkelingsvlak na aspekte soos emosionele rypheid, die ontwikkeling en vestiging van identiteit en die vermoë om emosioneel onafhanklik van hul ouers te kan funksioneer. Só ʼn individu sal ook hul eie waardesisteem ontwikkel en sal ʼn gesonde, volwasse liefdesverhouding en vriendskappe kan aanknoop (Wait et al., 2005:5).

Wanneer die holistiese ontwikkeling van adolessensie ondersoek word, lewer kognitiewe ontwikkeling ʼn bydrae tot ʼn grondige begrip van hierdie fase. Vir die doeleindes van hierdie studie waar ek ten doel stel om die ervaringswêreld van adolessente te bepaal en begryp, bespreek ek egter die kognitiewe ontwikkeling slegs kortliks. Tydens hierdie ontwikkelingsfase ondergaan adolessente verskeie fisiese veranderinge. Die brein is ook onderhewig aan enorme groei en ontwikkeling wat dikwels gedragsveranderinge tot gevolg kan hê. Keating (2004) argumenteer dat kultuur en konteks van die adolessent hul breinontwikkelingsproses beïnvloed. Die “wanbalans” wat dikwels in die gedrag van adolessente voorkom, kan nie alleen toegeskryf word aan die ontwikkeling van die prefrontale gedeelte van die brein nie, maar die kultuur en omringende omgewing van die individu is bepalend vir hierdie ontwikkeling.

Tydens vroeë adolessensie verhoog die individu se soektog na sensasie, puberteit en emosionaliteit. Dit is ook tydens hierdie fase waar outoriteit bevraagteken word. Die ontwikkeling van kognisie vir adolessente verwys dus na die ontwikkeling van die individu se oordeelsvermoë en besluitnemingsvaardighede (Steinberg & Morris, 2001:101). Adolessente begin hul eie denke en aannames aangaande sekere onderwerpe vorm. In hoofstuk vier bespreek ek die adolessent se besluitnemingsvaardighede in meer besonderhede.

2.2 Ontwikkeling van die individu

Erik Erikson (in Wait et al., 2005:13) argumenteer dat ontwikkeling reg deur die mens se lewe plaasvind en in verskeie stadia voorkom. Die samelewing waarbinne ʼn individu hom of haar bevind, beïnvloed dus die ontwikkeling wat binne elke individu plaasvind. Die individu se strewe na die ontwikkeling van ʼn eie persoonlike identiteit is ʼn belangrike dryfveer in menslike ontwikkeling. Erikson definieer agt vlakke van psigososiale ontwikkeling wat oor die mens se lewensduur strek. Die oorgangsfase van een vlak na ʼn volgende word gekenmerk deur verskillende uitdagings of konflikte. Die ontwikkelingsvlakke volg op mekaar en kom elk by ʼn kritieke punt van ontwikkeling in die lewensiklus voor. Tabel 2.1 dien as ʼn skematiese voorstelling van Erikson se agt opeenvolgende ontwikkelingsvlakke. Hierdie tabel bestaan uit twee kolomme. Kolom een dui die agt stadia van sosio- emosionele ontwikkeling aan, en kolom twee verwys na die korresponderende psigososiale krisis en die persoon wat betrokke is in hierdie stadium (Wait et al., 2005:13-14; Gouws, et al., 2008:75). Vir die doeleindes van hierdie studie bespreek ek stadium vyf, adolessensie.

Tabel 2.1: Erikson se agt fases van ontwikkeling en die betrokke korrespondent tydens hierdie fase 1. Erikson se agt stadia van sosio-emosionele

ontwikkeling

2. Korresponderende psigososiale