• No results found

1. INLEIDING

2.4. DATA INTERPRETASIE

2.4.2 Data bespreking

2.4.2.3 Verspreiding van persoonlikheidstipes en beroepservaring

Die aandag sal hier spesifiek toegespits word op die effek wat die verspreiding van persoonlikheidstipes onder predikante in die GKSA op beroepservaring het. Individuele verskille gaan met ander woorde nie in isolasie beoordeel word nie. Stone (2009:16) noem in hierdie verband dat die observasie van die groep insigte ten opsigte van die individu weergee. Hier gaan eerder gefokus word op die groter tendens van persoonlikheidstipes binne die GKSA. Sodoende kan bepaal word watter persoonlikheidstipes ʼn groter risiko loop vir negatiewe beroepservaring en gevolglik diensverlating. Om vas te stel of bepaalde persoonlikheidstipes tot ʼn gegewe beroep aangetrokke is of nie kan help om risiko groepe te identifiseer. Navorsing wat oorspronklik deur Holland (1996:397) gedoen is het vasgestel dat die persoonlikheidstipes wat ʼn lae verteenwoordiging binne ʼn gegewe beroep het, ʼn groter risiko vir die ervaring van Sielkundige spanning het. Die rede vir die belewing van Sielkundige spanning is gegrond in die mate waartoe ʼn persoonlikheidstipes “in- pas” met sy/haar werksomgewing is.

49

|

P h . D G J N i e m a n n

Navorsing in hierdie verband het volgens Nicodemus (2012:11) aangetoon dat daar ʼn besondere verhouding tussen ʼn persoonlikheidstipe, pasgraad en beroepservaring bestaan. ʼn Onderliggende persoonlike geneigdheid beïnvloed volgens Johns en Saks (2005:115) beroepservaring. Hierdie persoonlike geneigdheid sal, by wyse van ʼn persoon se persoonlikheid, meer of minder werkstevredenheid ervaar ten spyte van konteks of die ervaring van regverdigheid. Persoonlikheidstipes wat ʼn groter verteenwoordiging binne ʼn gegewe beroep het vertoon normaalweg volgens Owens (2015:22) ook ʼn groter mate van werkstevredenheid omdat hierdie persoonlikheidstipes gewoonlik ook meer “in-pas” met hulle gekose beroep is. Navorsing wat deur Kristof-Brown et al (2005:285) gedoen is het aangetoon dat persone wat hulle beroep as positief ervaar gewoonlik ook hulle persoonlikheidtipe met ander in die beroep deel.

Alhoewel dit onmoontlik is om beroepservaring vanuit persoonlikheid alleen te bepaal omdat ander situasionele faktore (bv. die omgewing, interpersoonlike verhoudings, finansiële beloning, ens.) ook ʼn rol by beroepservaring speel, blyk persoonlikheid volgens Nikolaou (2003:640) ʼn bepalende rol by positiewe of negatiewe beroepservaring te speel. Om die effek van persoonlikheidstipes op beroepservaring te bepaal moet daar vanuit ʼn toepaslike teoretiese raamwerk gewerk word. Die rede vir die verspreiding van persoonlikheidstipes onder predikante in die GKSA blyk daarom direk verband te hou met die teoretisering agter die persoonlikheidstipologie. Volgende hierdie teorie bestaan daar oor die algemeen ʼn geneigdheid of aangetrokkenheid van sekere persoonlikheidstipes na sekere beroepe. Dit blyk dat hierdie persoonlikheidstipes hulle beroep ook positief ervaar.

Omdat daar ʼn geneigdheid onder predikante in die GKSA na die Flegmatiese persoonlikheidstipe bestaan, blyk die rolvereistes van predikante in die GKSA ook in lyn te wees met die kenmerke van hierdie persoonlikheidstipe. Flegmatiese persoonlikheidtipe word tipies gekenmerk deur eienskappe soos kalmte, beheerste emosies, betroubaarheid, getrouheid, gemaklikheid, effektiwiteit, konserwatiwiteit, diplomasie, hoё spanningstoleransie en selfstandigheid (sien Figuur 1.1). Johns en Saks (2005:115) noem in hierdie verband dat sekere ingebore persoonlikheidseienskappe tot werkstevredenheid aanleiding gee. Alhoewel Flegmatiese persoonlikheid in die meerderheid onder predikante binne die GKSA verteenwoordig word bly hierdie persoonlikheidstipe aan ontwikkeling onderhewig. Eienskappe soos besluitloosheid, eiesinnigheid, traagheid en teruggetrokkenheid behoort steeds ontwikkel te word.

50

|

P h . D G J N i e m a n n

Dit is belangrik dat predikante in die GKSA nie noodwendig eksklusief volgens hierdie eienskappe gestereotipeer moet word nie. Al vier primêre persoonlikheidstipes word onder predikante in die GKSA verteenwoordig. Dit is bloot om aan te toon watter persoonlikheidseienskappe oor die algemeen van predikante in die beroep verlang word. Coetzee en Schreuder (2002:53) verwys na hierdie eienskappe as “beroepsankers” omdat dit primêr van die rol verlang word.

Wanneer daar volgens Nicodemus (2012:14) ʼn mispassing tussen persoonlikheidstipe en werksomgewing bestaan voel hierdie persoon gewoonlik moeg en onbevoeg. Volgens hierdie teorie veroorsaak ʼn mispassing gewoonlik uitbranding en gevoelens van onbevoegdheid omdat dit meer energie en inspanning verg om binne die teenoorgestelde pool van die voorkeurgedrag te funksioneer. ʼn Mispassing tussen persoonlikheidstipe en beroep veroorsaak ook gevoelens van ontmoediging en depressie. Die rede hiervoor is dat ʼn persoon ten spyte van groter inspanning en moeite die eindresultate steeds minder bevredigend vind as wat die geval sou wees met resultate wat deur voorkeurgedrag verkry so word. Take wat met voorkeurgedrag verrig word lei volgens Erdogan en Bauer (2005:862) tot minder inspanning, meer tevredenheid en beter prestasie. Gevolglik sal die beroepservaring ook meer bevredigend wees. Pasgraad tussen persoonlikheidstipe en omgewing dien dus as mediator tot positiewe of negatiewe beroepservaring.

Studies aangaande pasgraad en persoonlikheidstipes wat deur Owens (2015:23) onderneem is het aangetoon dat diegene wat die minste tevredenheid met hul beroep ervaar die persoonlikheidstipes blyk te wees wat aan die teenoorgestelde pool van die “model” persoonlikheidstipes lê. ʼn Aantal studies wat deur Briggs-Myers et al (2003:303) onderneem is het ook aangetoon dat die persoonlikheidstipes wat die laagste in ʼn gegewe beroep verteenwoordig word gewoonlik geneig is om minder tevredenheid met hulle beroep ervaar. Persone met hierdie persoonlikheidstipes vertoon ook ʼn groter intensie om ʼn beroep te verlaat as die persoonlikheidstipes wat meer verteenwoordig word. In beide hierdie gevalle het hierdie studie onder predikante in die GKSA vasgestel dat die Flegmatiese persoonlikheidskombinasie die meeste verteenwoordig word. Dit korreleer met die feit dat persone met hierdie persoonlikheidskombinasies die groep verteenwoordig wat die meeste tot die bediening in die GKSA aangetrokke is. Daar kan dus aanvaar word dat hierdie persoonlikheidskombinasies om die rede oor die algemeen ook positiewe beroepservaring behoort te beleef. Aan die teenoorgestel pool is die Sanguiniese en Melancholiese persoonlikheidskombinasies, wat die laagste verteenwoordig word,

51

|

P h . D G J N i e m a n n

moontlike risiko groepe. Volgens hierdie teoretisering behoort hierdie groepe oor die algemeen ook die laagste werkstevredenheid te toon.

Die Sanguiniese en Melancholiese persoonlikheidskombinasie kan vanuit hierdie gegewens as die grootste risiko groep vir die belewing van negatiewe beroepservaring en moontlike diensverlating onder predikante in die GKSA bestempel word. Dit blyk egter dat hierdie persoonlikheidstipes ʼn goed funksionerende ondersteuningsnetwerk in die bediening behoort te ontwikkel. Hierdie groepe benodig veral hulp om negatiewe emosies konstruktief te hanteer en te verwerk. In hierdie verband behoort daar spesifiek in die pastorale gesprek met die Melancholiese predikant aandag geskenk word aan eienskappe soos liggeraaktheid, wraaksug, selfbejammering, pessimisme, self-verkleinering, afgetrokkenheid en negatiwiteit. Volgens Spector (2012:221) mag hierdie negatiewe eienskappe die Sanguiniese predikant se belewenis van werkstevredenheid direk beïnvloed.

Daar moet dus in die pastorale gesprek met die Sanguiniese predikant gefokus word op die ontwikkeling van eienskappe wat hulle in hulle dienswerk mag belemmer. By die Sanguiniese predikant moet veral aandag geskenk word aan impulsiwiteit, swak wilskrag en selfaanvaarding. Voorkeurgedrag en positiewe eienskappe soos getrouheid, empatie, kreatiwiteit, entoesiasme en goedhartigheid behoort verder ontwikkel te word, veral as die spesifieke predikant hierdie eienskappe onderbenut of onbewus is daarvan. Dit is veral belangrik dat daar tydens die pastorale gesprek ondersoek ingestel moet word na elke persoonlikheidstipe se voorkeurgedrag, veral gedrag wat aanleiding kan gee tot interpersoonlike konflik of Sielkundige spanning.

Figuur 2.4 Respons verspreiding in verband met die ervaring van lewensukses

Voel jy dikwels dat daar nie veel in jou

lewe is waarop jy kan trots wees nie?

"Ja" Respons (9,9%) "Onseker" Respons (8,5%) "Nee" Respons (81,6%)

52

|

P h . D G J N i e m a n n

Op die vraag “Voel jy dikwels dat daar nie veel in jou lewe is waarop jy kan trots wees nie?” het slegs Sanguiniese en Melancholiese respondente “ja” geantwoord (sien Figuur 2.4). Die positiewe response op hierdie vraag wat inherente lewensukses ondersoek is beduidend van ʼn risiko groep wat moontlik lae lewenstevredenheid beleef. Die belewing van lae lewensukses mag ook ʼn rol by die predikant se beroepservaring speel. Die ervaring van lae lewensukses is veral beduidend wanneer daar in ag geneem word dat die predikant se lewe en werk volgens Smit en Du Plooy (2008:66) met mekaar verweef is en dat daar in wese nie tussen die lewe en werk van die predikant onderskeid gemaak kan word nie.

ʼn Predikant wat lae lewensukses ervaar mag in wese ʼn essensiële lewenskrisis ervaar wat hom/haar kwesbaar maak vir die belewing van Sielkundige spanning. Spector (2012:222) noem in hierdie verband dat sekere persoonlikheidstipes gekenmerk kan word deur “Negatiewe Affektiwiteit.” Dit is ʼn individu se geneigdheid om negatiewe emosies soos angs en depressie tydens ʼn groot verskeidenheid van situasies te beleef. Persone met Negatiewe Aktiwiteit mag moontlik ontevredenheid beleef omdat hulle geneig is om aspekte van hulle wêreld op ʼn negatiewe wyse te beoordeel. Die Melancholiese persoonlikheidstipe het ʼn positiewe korrelasie met Negatiewe Affektiwiteit wat hulle volgens Johns en Saks (2005:115) kwesbaar maak vir die ervaring van lae beroep- en lewenstevredenheid.

Omdat lewensukses volgens Weiten (2004:497) ʼn essensiële rol speel by selfaktualisering, die behoefte van ʼn persoon om sy/haar potensiaal te bereik, mag predikante wat lae lewensukses ervaar ʼn groter behoefte hê aan diensverlating. Indien daar volgens Rothmann en Cooper (2015:44) bepaalde hindernisse in ʼn predikant se bediening is wat hom/haar van werkstevredenheid en selfaktualisering beroof mag dit sy sin vir eiewaarde negatief beïnvloed. Dit mag veral gebeur wanneer ʼn predikant voel dat hy nie slaag in sy persoonlike doelstellings nie (sien 3.4.3.2 vir Maslow se selfaktualiseringsteorie). ʼn Persoon wat nie sy ware potensiaal, lewensdoel of belangstellings kan uitleef nie sal volgens Warren (2012:314) frustrasie ervaar. Hierdie frustrasie mag hom/haar motiveer om lewensvervulling in ʼn ander werk- of lewensomgewing op te soek waar selfaktualisering wel moontlik mag wees.

Dit is daarom belangrik om in die pastorale gesprek te fokus op die individuele predikant se self-kennis, self-agting en persoonlike definisie van sukses. Waar ʼn predikant se soeke na selfaktualisering en die verwesenliking daarvan in die uitvoer van sy beroep nie plaasvind nie moet spesifieke persoonlikheidseienskappe

53

|

P h . D G J N i e m a n n

ondersoek word wat die predikant in die uitvoering van sy beroep ontspoor. Die identifikasie van spesifieke 15ontspoorders mag volgens Hogan (2016:15) help om interpersoonlike konflik en sielkundige spanning te verminder. Wanneer ʼn predikant kennis dra van sy ontspoorders, byvoorbeeld oordrewe pessimisme, mag hy ʼn nuwe pro-aktiewe sensitiwiteit kweek en dit konstruktief hanteer.

Op ʼn verdere vraag, wat inherente lewenstevredenheid ondersoek, is respondente gevra: “Sou jy sê dat jy oor die algemeen tevrede is met wat jy tot dusver in jou lewe bereik het?” Die grootste meerderheid van die respondente (84.5%) het aangetoon dat hulle wel lewenstevredenheid ervaar. ʼn Totaal van 12.7% het egter aangetoon dat hulle nie tot dusver met hulle lewens tevrede was nie. Alhoewel die belewenis van lewenstevredenheid taamlik verspreid onder die vier persoonlikheidstipes voorgekom het, was daar wel in hierdie verband ʼn geringe geneigdheid by die Melancholiese en Sanguiniese persoonlikheidstipes om negatiewe lewenstevredenheid te ervaar.

Figuur 2.5: Die verspreiding op die responsitem oor lewenstevredenheid

Weens die emosionele aard van die Melancholiese en Sanguiniese persoonlikheidstipes mag hierdie persone meer deur stresfaktore in die bediening geaffekteer word. Met die navorsing van Grobbelaar (2007:117) wat ʼn stresopname onder predikante in die GKSA gedoen het, is gevind dat veral faktore soos moedeloosheid, oorsensitiwiteit, verpersoonliking van kritiek, voortdurende

15Ontspoorders is die negatiewe eienskappe van persoonlikheid. Onder vermeerdere stres of druk kan hierdie eienskappe ʼn persoon verhinder om konstruktief te funksioneer.

Sou jy sê dat jy oor die algemeen tevrede is

met wat jy tot dusver in jou lewe bereik

het?

"Ja" Respons (84,5%) "Onseker" Respons (2,8%) "Nee" Respons (12,7%)

54

|

P h . D G J N i e m a n n

skuldgevoelens en negatiewe denke predikante se ervaring van stres in die bediening beïnvloed. Hierdie is faktore wat volgens Meyer et al (2003:4) direk aan die domein van persoonlikheid verbind. Hierdie faktore mag die Melancholiese en Sanguiniese predikante, weens hulle inherente aard en eienskappe, meer beïnvloed as die onemosionele persoonlikheidstipes.

In hierdie verband is die ervaring van Sielkundige spanning tydens ʼn gebeurtenis volgens Nikolaou (2003:641) nie dieselfde vir alle persone nie. Spesifieke omstandighede of take mag gunstig wees vir ekstroverte persone maar nie noodwendig vir introverte persone nie. Sekere persoonlikheidstipes het sekere behoeftes wat vervul moet word wat nie deur ander gedeel word nie. Om dieselfde rede funksioneer onemosionele persoonlikheidstipes goed in seker omstandighede (bv. verandering, die hantering van kritiek en interpersoonlike konflik) wat weer meer emosionele energie van die emosionele persoonlikheidstipes vra. Wanneer hierdie individuele persoonlikheidsbehoeftes onvervuld gelaat word of in konflik met die omgewing is, mag dit die ervaring van Sielkundige spanning verhoog. Volgens Lounsbury (2008:3) beleef persone positiewe beroepservaring indien daar ʼn dinamiese interaksie tussen die persoon en omgewing plaasvind. Omdat daar volgens Kristof-Brown et al (2005:282) ʼn unieke verhouding tussen die persoon en sy omgewing bestaan moet daar tydens die pastorale sessie bepaal word wat die unieke omstandighede van die persoon is en hoe persoonlike ingesteldheid in daardie omstandighede spanning veroorsaak.

Figuur 2.6: Respons verspreiding op die vraag aangaande die lewering van nuttige

bydrae

Voel jy meestal dat jou lewe nuttig is en ʼn

bydrae tot die gemeenskap maak?

"Ja" Respons (81,6%) "Onseker" Respons (8,5%) "Nee" Respons (9,9%)

55

|

P h . D G J N i e m a n n

Op die vraag “Voel jy meestal dat jou lewe nuttig is en ʼn bydrae tot die gemeenskap maak?” het 81.6% van die respondente aangetoon dat hulle wel voel hulle lewens ʼn bydrae lewer tot die gemeenskap. ʼn Totaal van 9.9% het aangetoon dat hulle voel hul lewens nie ʼn bydra tot die samelewing lewer nie (Sien figuur 2.6). Hierdie groep het alleenlik uit Melancholiese of Sanguiniese respondente bestaan. ʼn Verdere 8.5% het aangetoon dat hulle onseker is of hulle ʼn bydra tot die samelewing maak. Hierdie groep het ook hoofsaaklik uit Melancholiese en Sanguiniese respondente bestaan. Vanuit bogenoemde navorsing kan die Melancholiese en Sanguiniese persoonlikheidstipe inderdaad as risikogroep bestempel word. In ooreenstemming met die navorsing van Grobbelaar (2007:117) oor stresfaktore onder predikante in die GKSA, blyk hierdie persoonlikheidstipes in die GKSA besonder kwesbaar vir die ervaring van spanning en moontlike diensverlating te wees.