• No results found

1. INLEIDING

3.4 PERSOONLIKHEIDSTEORIEË

3.4.2 Behavioristiese benadering van persoonlikheid

Die behavioristiese perspektief is ʼn teoretiese perspektief wat van die standpunt uitgaan dat slegs waarneembare gedrag wetenskaplik nagevors kan word. Omdat gedrag waargeneem kan word, is reaksievorming voorspelbaar. Alhoewel die behaviourisme die impak van biologiese faktore in gedrag erken, word groter klem gelê op die impak van die omgewing op gedrag. Twee persone wat die meeste invloed in hierdie denkskool van persoonlikheid uitgeoefen het was B.F Skinner en Albert Bandura.

3.4.2.1 Skinner: Persoonlikheid as produk van kondisionering

Volgens Weiten (2004:490) het Skinner hoegenaamd nie voorsiening gemaak vir die interne prosesse soos Sigmund Freud met sy gedagte van die id, ego en superego gedoen het nie. Die rede hiervoor is dat interne prosesse volgens Skinner nie objektief waargeneem kan word nie. Skinner was volgens Mischel et al (2008:261) van mening dat dit sinneloos is om oor private, onwaarneembare kognitiewe prosesse te spekuleer. In plaas daarvan het Skinner volgens Buss en Larsen (2010:236) gefokus op hoe die eksterne omgewing persone se gedrag beïnvloed. Hy was van mening dat menslike gedrag in totaliteit deur die eksterne omgewing beïnvloed word. Skinner het dit volgens Mash en Wolfe (2010:47) respondente gedrag genoem omdat gedrag deur ʼn stimulus voorafgegaan en beheer word. Met ander woorde, ʼn respons word direk deur ʼn eksterne gebeurtenis veroorsaak. Hierdie patroon van gedrag word aangeleer deur ʼn proses wat Skinner klassiekekondisionering genoem. ʼn Stimulus is volgens Skinner die enigste waarneembare voorwerp of verandering in die omgewing wat gedrag voorafgaan. Persone se gedrag word bepaal deur persoonlike ervarings. Hierdie ervarings kan volgens Skinner verander omdat toekomstige ervarings verander. Skinner het

92

|

P h . D G J N i e m a n n

volgens McAdams (2009:69) persoonlikheid gesien as ʼn versameling van reaksies wat verbind word met verskeie situasies waaraan mense blootgestel word.

ʼn Verdere vorm van gedrag waarin Skinner belang gestel het was volgens Papalia et al (2008:31) operante gedrag. Dit is gedrag wat nie deur ʼn identifiseerbare stimuli voorafgegaan word nie. Operante gedrag vind spontaan plaas. Dit is die omgekeerde van respondente gedrag. Hierdie reaksies word Volgens Sternberg (2009:9) verkry deur ʼn leerproses wat Skinner operantekondisionering genoem het. Volgens Derlega et al (2005:136) beweer Skinner dat die gevolge op gedrag (straf, plesier, pyn, ongemak, ens.) ʼn direkte invloed het op hoe persone in ʼn bepaalde situasie sal reageer. Hierdie neigings word gedurigdeur versterk of verswak deur nuwe ervaringe. Dit is volgens Meyer et al (2003:297) ʼn proses waardeur persone leer om gedrag te herhaal wat suksesvol is in die bevrediging van behoeftes, of wat as positief of aangenaam ervaar word. Byvoorbeeld, wanneer werkgewers hulle werknemers prys of ʼn verhoging gee wanneer hulle oortyd werk, vergroot dit die waarskynlikheid dat die werknemers in die toekoms weer oortyd sal werk. Indien die resultaat van gedrag egter negatief is sal hulle waarskynlik in die toekoms nie maklik weer oortyd werk nie. Om die rede het Skinner persoonlikheidsontwikkeling as ʼn lewenslange proses beskou.

3.4.2.2 Bandura: Sosiaal-Kognitiewe benadering tot persoonlikheid

Bandura het volgens Meyer et al (2003:300) van die punt uitgegaan dat mense bewuste, denkende en emosionele wesens is. Anders as Skinner fokus hy meer op kognitiewe aspekte in sy persoonlikheidsteorie. Volgens Derlega et al (2005:137) staan Bandura se persoonlikheidsteorie bekend as die Sosialeleerteorie. Ook soos Skinner het Bandura geglo dat persone se persoonlikheid grotendeels deur ʼn leerproses gevorm word. Maar volgens Papalia et al (2008:33) was Bandura van mening dat mense nie passiewe deelnemers is nie. Gedrag word nie bloot deur ʼn eksterne omgewing gevorm nie. Bandura was van mening dat “mense self- organiserende, proaktiewe, self-regulerende en self-reflekterende organismes is. Volgens Weiten (2004:491) het Bandura self-refleksie gesien as ʼn uniek-menslike vermoë om ʼn selfbeeld te vorm, en gedurig te evalueer. Vir Bandura was mense se self-effektiwiteit die mees sentrale konsep van self-refleksie. Bandura het volgens Meyer et al (2003:301) die volgende drie aannames oor self-effektiwiteit-vermoë gemaak, wat ook deur die aangeduide skrywers gedeel word:

 Self-effektiwiteitpotensiaal bepaal volgens Larsen en Buss (2010:387) of iemand enigsins ʼn poging sal aanwend om ʼn situasie te hanteer of nie.

93

|

P h . D G J N i e m a n n

 Self-effektiwiteitpotensiaal het volgens Joseph (2011:30) ʼn groot invloed op iemand se keuse van ʼn situasie. Mense is geneig om situasies te kies waarin hulle meen hul kans op sukses hoog is.

 McAdams (2009:78) wys daarop dat persone met ʼn hoë self-effektiwiteit geneig is om meer gemotiveerd te wees en om langer te volhard om ʼn situasie te bemeester. Daarteenoor het mense met ʼn lae self-effektiwiteit min vertroue in hulle eie vermoëns. Meyer et al (2003:302) wys verder daarop dat hoë self-effektiwiteit-vermoë volgens Bandura tot meer suksesbelewenisse lei. By persone met lae self-effektiwiteit gebeur die teenoorgestelde.

Volgens Becvar en Becvar (2009:227) het Bandura ook klem gelê op die belangrikheid van die mens se vermoë om te beplan. Hy het opgemerk dat mense doelstellings vir hulleself stel en tot ʼn mate daaraan uitkoms gee. Bandura het dit die vermoë om vooruit te dink genoem. Dit bring mee dat mense nie net op die onmiddellike situasie hoef te reageer nie, en ook nie bloot deur hulle verlede beïnvloed word nie. Die mens kan planne en doelstellings vir die toekoms vorm en dienooreenkomstig optree. Corey (2013:229) identifiseer nog ʼn faktor wat vir Bandura ten opsigte van persoonlikheid van belang was naamlik die mens se vermoë tot selfregulering. Volgens Bandura is die self-reguleringsvermoë die vermoë van persone om volgens hulle eie standaarde te lewe, en om dus relatief onafhanklik van goedkeuring en beheer van ander te lewe. Soos Skinner argumenteer Bandura volgens Corsini en Wedding (1995:204) dat die omgewing ʼn groot bepalende faktor van gedrag is. Maar Bandura argumenteer verder dat gedrag ook ʼn impak op die omgewing het, mense poog dus ook om hulle omgewing te verander. Maar persoonlike faktore soos geloof en ervaring bepaal beide die gedrag en omgewing waarin mense hulself wil bevind. Bandura het hierdie gedagte soos volg voorgestel:

Figuur 3.8 Bandura se sosialeleerteorie: Die wisselwerking van hoe gedrag,

omgewing en persoonlike faktore persoonlikheid beïnvloed (Joseph, 2011:148).

Gedrag

Omgewing

Persoonlike faktore: Geloof en

persoonlike ervaringe

94

|

P h . D G J N i e m a n n

Opsommend kan gesê word dat Bandura van mening was dat die bogenoemde faktore soos in figuur 2.8 uiteengesit persoonlikheidsfaktore uitmaak naamlik gedrag, omgewing en persoonlike oortuigings soos geloof en persoonlike ervarings. Variasies in persoonlikheidstipes kan gevind word in persone se vlak van self-effektiwiteit- vermoë, vlak van self-refleksie-vermoë, vlak van self-reguleringsvermoë, en die vermoë om vooruit te dink.

3.4.2.3. Gevolgtrekking van die Behavioristiese benadering van persoonlikheid

Die Behavioristiese benadering bied ʼn goeie perspektief op die impak van omgewingsfaktore op die vorming van persoonlikheid en gedrag. Hierdie model bied ook ʼn rare insig vanuit die sielkunde van hoe geloof ʼn impak het op gedrag en persoonlikheid. Vir die pastoraat is dit besonders noodsaaklik om geloof as element van gedrag te ondersoek. Die Behavioristiese benadering is om hierdie rede ʼn belangrike benadering tot persoonlikheid vir die pastoraat. Hardy en Carlo (2005:233) het vanuit hierdie benadering ʼn psigo-pastorale model ontwikkel. Hulle wys daarop dat geloof en menslike ervaringe nie van mekaar geskei word kan nie. Geloof en persoonlikheid beïnvloed mekaar wedersyds. Persone se selfbeeld, identiteit, bewussyn, psige, denke en emosies speel alles ʼn rol in die proses van geloofsvolwassenheid. Ons karakter, houding asook sielkundige faktore bepaal volgens Bornman (2013:4) dus ons persoonlikheidsamestelling en beïnvloed die toepassing en uitlewing van die Christelike geloof.

Vanuit die Behavioristiese benadering het die Kognitiewe Gedragsterapie ontstaan. Volgens Branch en Willson (2010:9) fokus Kognitiewe Gedragsterapie op die wyse waarop mense dink en poog om mense te help met emosionele- en gedragsprobleme. Die sentrale vertrekpunt van hierdie terapeutiese benadering lê volgens Becvar en Becvar (2009:237) daarin dat persone verandering te weeg kan bring deur hulle denke te verander en nuwe idees en strategieë te ontwikkel. Dit is hierin waar die pastoraat direk aansluiting vind. Paulus lê self klem op die noodsaaklikheid van denkverandering: “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is”2 (Romeine 12:2). Hierdie denkverandering vind plaas in die pastorale

95

|

P h . D G J N i e m a n n