• No results found

1. INLEIDING

1.7 METODOLOGIE

Hierdie pastorale ondersoek word vanuit ʼn Gereformeerde perspektief gedoen. Daar word met ander woorde gewerk met die Woord van God as grondslag (Die Sola Scriptura- vertrekpunt vir navorsing) (Breed et al, 2008:45; De Klerk & De Wet, 2013:9). Persoonlikheidsontleding word in hierdie studie as hulpdissipline gebruik. Hier kan gesê word dat die Pastoraat persoonlikheidsontleding, as afdeling van die Sielkunde, “in diens neem” om die navorsingsdoeleindes te bereik. In die beantwoording van die verskillende navorsingsvrae, sal die navorsingsmetodiek van Osmer (2008:81) gebruik word. Osmer (2008:33) stel ʼn praktiese teologiese navorsingsmodel voor wat vier basiese navorsingsdoelwitte vervat. Die keuse van Osmer se navorsingsmodel kan as volg gemotiveer word:

Volgens Osmer (2008:32) is die eerste navorsingstaak ʼn beskrywende taak. Praktiese teologie begin met ʼn gebeurtenis, situasie of bepaalde konteks wat beskrywing nodig het. Om die rede het ʼn praktiese teologiese studie eerstens die taak om die kontemporêre lewe en praktyk te beskryf (De Klerk & De Wet, 2013:278). Praktiese teologiese studies gaan dus eerstens oor die beskrywing van die konteks. Daarom poog die beskrywende taak om die vraag “wat is besig om te gebeur?” te beantwoord. In hierdie studie is die beskrywende taak om die uitdagings in die hedendaagse bediening van predikante in die GKSA vanuit resente navorsing te ondersoek (sien 1.21 en 1.2.2 vir uiteensetting van die beskrywende taak). Hier sal ook ondersoek ingestel word na hoe persoonlikheidsontleding as hulpdissipline tot ʼn pastorale toerustingsmodel kan meewerk (sien 1.8). Ook gaan hier ondersoek ingestel word na die betroubaarheid en geldigheid van Hippocrates se persoonlikheidsmodel om persoonlikheidstipes te identifiseer en in die konteks van predikante in die GKSA toe te pas.

Figuur 1.2: Skematiese voorstelling van die wisselwerking van die verskillende

navorsingstake van Osmer (2008:4-11) se navorsingsvoorstel. Beskrywende taak

Interpretasie taak

Normatiewe taak Pragmatiese taak

15

|

P h . D G J N i e m a n n

Osmer (2008:83) beskryf die tweede navorsingstaak as ʼn interpretasie taak. Hierdie taak poog om redes te soek vir die waargenome verskynsel. Daarom poog die interpretasietaak om die vraag “waarom is dit besig om te gebeur?” te beantwoord. Die navorser moet dus met hierdie taak die onderliggende kwessies wat uit die konteks na vore kom identifiseer en daarvolgens ʼn teorie vorm wat die navorser help om die kwessies te verstaan. In hierdie studie sal persoonlikheidsamestelling as hulpmiddel ondersoek word om predikante in die GKSA met selfkennis toe te rus. Spesifiek sal die persoonlikheidsmodel van Hippocrates ondersoek en toegepas word.

Die derde navorsingstaak wat Osmer (2008:133) identifiseer is die normatiewe taak. Hierdie taak poog om die vraag “wat behoort te gebeur” te beantwoord (De Klerk & De Wet, 2013:278). Die navorser moet dus met die normatiewe taak vasstel hoe die situasie of konteks vanuit die Woord van God behoort te lyk. Met ander woorde om vas te stel wat God se oorspronklike doel en wil in hierdie situasie of konteks is? Met hierdie studie sal Skrifperspektiewe ten opsigte van die geroepe dienaar se unieke persoonlikheidstipe omskryf word.

Die vierde navorsingstaak wat Osmer (2008) identifiseer is die pragmatiese of strategiese taak. Die pragmatiese taak het ten doel om persone praktiese toerusting, hulp of leiding te bied. Hierdie taak poog om die vraag “hoe kan hierop gereageer word?” te beantwoord. Dit gaan hier oor die formulering van ʼn praktykteorie. In hierdie studie gaan gepoog word om ʼn pastorale toerustingsmodel in die vorm van ʼn VBO kursus met behulp van persoonlikheidsontleding daar te stel. Die doel hiervan is om predikante in die GKSA met selfkennis toe te rus om toekomstige diensverlating te help voorkom.

Tabel 1.2: Samevatting van Osmer se metodologie (De Klerk & De Wet, 2013:277):

Met die bogenoemde uiteensetting in gedagte word die volgende metodologie vir hierdie studie uiteengesit:

Beskrywende taak: Met hierdie taak gaan ʼn literatuurstudie gedoen word om vas te stel met watter uitdagings predikante in die hedendaagse bediening gekonfronteer word. Verder sal gepoog word om vanuit resente navorsing vas

Navorsingstaak: Beskrywende taak Interpretasie taak Normatiewe taak Strategiese taak Navorsingsvraag: “Wat is besig om te

gebeur?” “Waarom is dit besig om te gebeur?” “Wat behoort te gebeur?”

“Hoe kan hierop gereageer

16

|

P h . D G J N i e m a n n

te stel hoe predikante met intra- en interpersoonlike vaardighede toe te rus. Hierbenewens gaan ʼn literatuurstudie ook gedoen word om vas te stel hoe persoonlikheidsontleding, as afdeling van die sielkunde, in die pastoraat as hulpmiddel kan meewerk. Hierdie literatuurstudie sal dus vanuit ʼn interdissiplinêre meta-teoretiese oogpunt gedoen word. Met ander woorde - vanuit die wisselwerking tussen die pastoraal en die sielkunde. Met die predikante in die GKSA as spesifieke studiegroep, sal kwantitatiewe navorsing gedoen word deur middel van persoonlikheidsontleding. Die rede vir hierdie empiriese studie is om te bepaal of die persoonlikheidsontleding om die vier persoonlikheidstipes van Hippocrates te bepaal betroubare en geldige resultate oplewer. Die predikante in die GKSA sal gevolglik as normgroep vir die spesifieke persoonlikheidsontleding ontwikkel word. Die resultate van hierdie empiriese studie sal direk op die predikante in die GKSA betrekking hê en ook direk op die pastorale toerustingsmodel meewerk.

Interpretasie taak: Om hierdie taak te vervul sal hier vanuit ʼn literatuurstudie vasgestel word hoe persoonlikheidsamestelling as hulpmiddel gebruik kan word om predikante in die GKSA met selfkennis en selfinsig te bemagtig. Hier sal aandag gegee word aan die algemene persoonlikheidsteorieё as agtergrond, maar die persoonlikheidsmodel van Hippocrates sal in diepte ondersoek en toegepas word. Hierdie persoonlikheidsteorieë sal vanuit ʼn pastorale oogpunt beoordeel word.

Normatiewe taak: Ten einde bepaalde Skrifperspektiewe ten opsigte van die geroepe dienaars se persoonlikheidstipes te omskryf, sal eksegese vanuit ʼn Gereformeerde teologiese eksegetiese benadering gedoen word. Riglyne vir eksegese soos uiteengesit in die publikasie Preekgeboorte (De Klerk & Janse van Rensburg, 2005) sal gebruik word. Die rede vir die gebruik van hierdie handleiding is dat dit ʼn didaktiese vertrekpunt tot eksegese bied. Die Eksegetiese en Hermeneutiese prosesse kom dus tot hulle volle reg. Hier sal gewys word hoe God gewone en uiteenlopende individue met verskillende persoonlikheidstipes tot sy diens roep, toerus en gebruik.

Strategiese taak: Ten einde ʼn pastorale toerustingmodel met behulp van persoonlikheidsontleding daar te stel sal ʼn kursus vir Voortgesette Beroep Ontwikkeling (VBO) ontwerp word. Omdat hierdie toerustingsmodel sal poog om intra- en interpersoonlike vaardighede van predikante te bevorder, behoort dit hulle te bemagtig om pro-aktief gevaartekens in hulleself waar te neem en intervensiestrategieë in werking te stel.

17

|

P h . D G J N i e m a n n