• No results found

1. INLEIDING

2.4. DATA INTERPRETASIE

2.4.2 Data bespreking

2.4.2.2 Rede vir die verspreiding van persoonlikheidstipes by predikante in die GKSA

bestaan?

2.4.2.2 Rede vir die verspreiding van persoonlikheidstipes by predikante in die GKSA

Volgens Onoyase en Onoyase (2009:109) is dit belangrik om daarop te let dat sekere persoonlikheidstipes sekere beroepe meer geskik of gunstig sal vind as ander. Natuurlik word daar nie net een persoonlikheidstipe binne ʼn bepaalde beroep gevind nie, maar - soos in die geval by die predikante in die GKSA - is daar ʼn groter verteenwoordiging van een persoonlikheidstipe as ander. Volgens Briggs-Myers et al (2003:286) kan verskillende persoonlikheidstipes dieselfde werk verrig maar sal verskillende benaderings tot die uitvoer daarvan volg, die een moontlik meer effektief as die ander. Dit kom juis na vore in die uitvoer van ʼn beroepsrol waar daar spanning kan ontstaan. Indien daarvolgens Lounsbury et al (2008:2) ʼn groot verteenwoordiging van ʼn bepaalde persoonlikheidstipe in verhouding met ander in ʼn gegewe beroep voorkom, mag die waarskynlikheid van nuwe benaderings en innovasies vanweë “groepdenke” in die beroep laag wees.

Volgens Kristof-Brown et al (2005:281) blyk daar ʼn verband te bestaan tussen die soort werksaktiwiteite wat persone vervullend vind en die tipe omgewing wat persone verkies. Volgens Nikolaou (2003:639) blyk pasgraad komplimenterend of aanvullend te wees. Komplimenterend pasgraad vind plaas wanneer die persoon soortgelyke eienskappe besit as ander individue in die werksomgewing. Aanvullend pasgraad ontstaan wanneer ʼn persoon eienskappe of vermoëns in die werksomgewing inbring wat instrumenteel bydra tot die bestaande eienskappe wat die werksomgewing kenmerk. Pasgraad vind in ieder geval plaas wanneer daar ʼn dinamiese interaksie tussen die persoon en die omgewing is.

Navorsing het volgens Nicodemus (2012:11) die belangrikheid van bepaalde werksomgewings vir verskillende persoonlikheidstipes aangetoon. Tabel 2.3 & 2.4 identifiseer verskeie voorkeure en afkeure op die introversie-ekstroversie en emosioneel-onemosioneel demensies binne die werksituasie. Om die rede affekteer persoonlikheidstipes met hulle bepaalde voorkeure en afkeure volgens Owens (2015:2) die tipe aktiwiteite sowel as die tipe omgewing wat persone as stimulerend

45

|

P h . D G J N i e m a n n

of bevredigend ervaar. Hierdie uitgangspunt staan bekend as die “persoon- omgewing-geskiktheid” teorie (sien 3.5.7 vir die beskrywing van persoonlikheidstipes en pasgraad).

Tabel 2.3 Voorkeure in die werksituasie op die Introversie-Ekstroversie domein

Introversie Ekstroversie  Hou van stilte vir konsentrasie.

 Is versigtig met detail en vermy radikale stellings.

 Verkies om alleen te werk aan projekte.

 Is geïnteresseerd in die detail of idees agter hulle werk.

 Hou nie daarvan om onderbreek te word nie.

 Hou daarvan om te dink voor hulle reageer.

 Hou daarvan om self tot ʼn konklusie te kom.

 Hou van verskeidenheid en die neem van aksie.

 Hou nie van gekompliseerde en uitgerekte prosedures nie.

 Verkies om saam met ander te werk.  Is geïnteresseerd in die aktiwiteite

van hulle werk.

 Word nie gepla deur onderbrekings nie.

 Verkies om gou besluite te neem (sonder uitgerekte denkproses).  Hou daarvan om ander se insette te

verkry voor hulle tot ʼn konklusie kom. Die gegewens in Tabel 2.3 & 2.4 verskaf inligting in verband met eienskappe wat vir verskillende persoonlikheidstipes belangrik mag wees binne ʼn ideale werksomgewing. Vriendelike en ondersteunende medewerkers blyk belangrik te wees vir Ekstroverte-Emosionele persoonlikheidstipes omdat hulle gefokus is om die eksterne wêreld van mense en gevoelens. Hierdie werksomgewing is weer minder belangrik vir Introverte-Onemosionele persoonlikheidstipes wat onafhanklikheid en selfstandigheid verkies. Hierdie voorkeur is waarskynlik minder belangrik vir die ideale werksomgewing vir Introverte-Onemosionele persoonlikheidstipe omdat hulle meer gefokus is op die teoretiese aspekte van hulle werk.

As gevolg van individuele voorkeure is dit belangrik om sensitief te wees vir faktore wat spanning in predikante se werkslewe veroorsaak. ʼn Predikant wat spanning beleef mag homself in ʼn werksomgewing bevind wat nie sy natuurlike voorkeure pas nie. Dit mag wees dat hierdie predikante vanweë verskeie redes nie sy omgewing kan verander nie (bv. keuse van verandering lê nie in die mag van die persoon self nie maar by eksterne faktore) en in hierdie spanning moet voortleef of die diens verlaat. In hierdie opsigte mag hierdie predikante voel dat hulle te veel tyd spandeer het aan opleiding om ʼn ander beroep buite die kerk na te volg of dat die risiko vir die

46

|

P h . D G J N i e m a n n

verlies van inkomste te groot sal wees indien hulle ʼn nuwe werksomgewing betree (sien beskrywing van die P.O.W sindroom onder 1.2.1).

Tabel 2.4 Voorkeure in die werksituasie op die Emosionele-Onemosionele domein

Emosioneel Onemosioneel  Verkies harmonie in die

werksomgewing.  Vermy konflik.

 Is geneig om simpatie teenoor ander te vertoon.

 Is meer bewus van die gevoelens van ander.

 Geniet dit om ander tevrede te stel.  Is geneig om hul besluite te laat

beïnvloed deur hulle eie of ander se opinies of voorkeure.

 Het ʼn behoefte aan goedkeuring.  Is meer persoon georiënteerd.

 Kan sonder harmonie werk.

 Konflik word gesien as ʼn motiveerder.  Verkies om op logika te fokus eerder

as emosies.

 Is geneig om hardkoppig te wees.  Wys nie maklik emosies vir ander nie

en mag ongemaklik wees met die emosies van ander.

 Is meer gefokus op die logiese gevolge van dade.

 Mag onpersoonlike besluite neem (fokus minder op mense se behoeftes).

Briggs-Myers et al (2003:293) stel voor dat die persoon in hierdie geval een van twee keuses het: Hulle sal òf hulle werk moet aanpas om by hul persoonlikheidstipe te pas òf hulleself moet aanpas om by hul werksomstandighede te pas. Dit mag wees dat persone in hierdie omstandighede albei oplossings gedeeldelik sal moet toepas. Die ideaal sal wees dat predikante, sonder om die bediening te verlaat, ʼn omgewing sal vind of skep wat meer in pas met sy persoonlikheidstipe sal wees. Vir predikante in die GKSA is dit vanweë die beroepingstelsel of vanweë die gemeenteprofiel self nie altyd moontlik om so verandering te maak nie en is aanpassing of diensverlating die enigste uiteindelike opsies.

Persoonlikheidstipes verskaf waardevolle inligting wat uit interaksie met die werksomgewing voortvloei. Coetzee en Schreuder (2002:54) wys daarop dat verskillende werksomgewings verskillende belonings en geleenthede vir verskillende persoonlikheidstipes bied. Verskillende persoonlikheidstipes word ook deur verskillende werksomgewings gemotiveer en beleef dit wat interessant en bevredigend is verskillend. Deur middel van pastorale toerusting met behulp van persoonlikheidsontleding kan nuwe benaderings vir die individu ontwikkel word wat binne ʼn bepaalde werksomgewing meer effektief en belonend mag wees. Die uiteindelike gevolg moet die predikant se positiewe werkservaring wees.

47

|

P h . D G J N i e m a n n

Volgens die teoretisering agter die persoonlikheidstipologie kan die verspreiding van persoonlikheidstipes volgens Owens (2015:3) binne bepaalde beroepe met bepaalde eienskappe wat die werksomgewing kenmerk, in verband gebring word. Sekere beroepe sal sekere gedrag beloon en spesifieke gedrag vereis. Persone binne ʼn bepaalde beroepe sal in lyn met die rolvereistes van die beroep optree. Om die rede sal persone met sekere persoonlikheidstipes aangetrokke wees tot bepaalde beroepe en ander weer nie. Volgens Onoyase en Onoyase (2009:114) ondersteun navorsing die aanname dat beroepskeuses deur die twee domeine (Introversie- Ekstroversie en Emosioneel-Onemosioneel) beïnvloed word en dat bepaalde gedragsvoorkeure in hierdie verband beroepskeuses beïnvloed. Oor die algemeen blyk die twee domeine beroepskeuses op die volgende wyses beïnvloed: Ekstroverte persoonlikheidstipes blyk werksomgewings te verkies wat konstante interaksie met ander verlang en wat aktiwiteite vereis wat buite blote roetine bestaan. Aan die teenoorgestelde pool blyk dit dat introverte persoonlikheidstipes werksomgewings wat selfstandigheid en tyd vir konsentrasie bied verkies (sien Tabel 4.3). Onemosionele persoonlikheidstipes blyk werksomgewings wat logies beredenering verlang te verkies. Aan die teenoorgestelde pool blyk die emosionele persoonlikheidstipes weer werksomgewings wat diens aan ander, vreedsaamheid en waardering aanbied, te verkies (sien Tabel 2.4).

Die verspreiding van persoonlikheidstipes binne ʼn bepaalde beroep kan volgens Owens (2015:16) ook toegeskryf word aan spesialisasies binne die spesifieke beroep asook die verskillende benaderings wat persone volg om rolverwante take uit te voer. Persone binne dieselfde beroep kan byvoorbeeld meer persoon- georiënteerd of meer taak- georiënteerd wees. Daar is binne die teologie en die praktyk van die bediening ook spesialisasies waartoe verskillende persoonlikheidstipe aangetrokke sal wees. Hierdie diversiteit binne ʼn beroep is volgens Briggs-Myers et al (2003:300) nodig om stagnasie en “groepdenke” binne die beroep te verhoed. Wanneer iemand se persoonlikheidstipe van die meerderheid verskil mag so persoon volgens Coetzee en Schreuder (2002:53) selfs die rol van ʼn “baanbreker” inneem deurdat hy/sy nuwe insigte en benaderings tot die beroep mag bring.

Lounsbury et al (2008:4) maak melding daarvan dat persone wat ʼn spesialisveld verkies dit gewoonlik in lyn met hulle persoonlikheidstipe doen. Dit kan dus veronderstel word dat dit ʼn persoon se persoonlikheid is wat sy/haar beroep vorm en nie die beroep wat die persoonlikheid vorm nie. In hierdie opsigte word ʼn predikant nie Flegmaties of Choleries nadat hy/sy die beroep betree nie, maar betree eerder die beroep as gevolg van sy/haar persoonlike voorkeure. Volgens die teorie

48

|

P h . D G J N i e m a n n

aangaande die persoonlikheidstipologie maak bepaalde persoonlikheidseienskappe persone aangetrokke tot sekere beroepe waarin hulle gemaklik met hulle voorkeur gedrag kan funksioneer. Om die rede deel persone in dieselde beroep soortgelyke persoonlikheidseienskappe. In hierdie opsigte blyk die Flegmatiese persoonlikheidstipe die “model” persoonlikheidstipe by predikante in die GKSA te wees. Dit blyk dus dat daar ʼn duidelike neiging binne die verspreiding van persoonlikheidstipes maar ook individuele verskille by predikante binne die GKSA bestaan. Die besit van die “model” persoonlikheid waarborg natuurlik nie outomaties beroepsukses nie.

Predikante met verskillende persoonlikheidstipes mag verskillende gebiede binne die bediening vind of beklemtoon waarbinne hulle hul persoonlike voorkeure kan uitleef. Dit mag wees dat predikante met verskillende persoonlikheidstipes verskillende aspekte van hulle werk meer bevredigend mag vind. Dit is om die rede belangrik dat daar goeie kongruensie tussen die persoon en sy/haar werksomgewing bestaan. Indien daar kongruensie tussen die persoon en die werksomgewing bestaan behoort positiewe funksionering plaas te vind (sien 3.4.3.1 vir uiteensetting van persoonlikheid en kongruensie) en sal die persoon en die omgewing met mekaar korrespondeer. Briggs-Myers et al (2003:303) is van mening dat daar in so geval voorspel kan word dat daar hoёr vlakke van werkstevredenheid mag ontstaan.