• No results found

1. INLEIDING

3.4 PERSOONLIKHEIDSTEORIEË

3.4.1 Die Dieptesielkunde benaderings

3.4.1.1 Psigoanalitiese benadering van Sigmund Freud

3.4.1.1.3 Interne konflik, aggressie, angs en verdedigingsmeganismes

Freud het volgens Burger (2004:48) van die aanname uitgegaan dat gedrag die gevolg is van ʼn konstante reeks interne konflikte. Hy het die konstante konflik tussen die id, die ego en die superego gesien as normale prosedure. Die rede hiervoor is

Bewuste vlak Voorbewuste vlak Onbewuste vlak

76

|

P h . D G J N i e m a n n

dat die id onmiddellike bevrediging van drange soek, maar die norms van die samelewing gee ander voorskrifte. Hierdie interne konflik gee dan aanleiding tot angs. Meeste van hierdie interne konflik is onbeduidend en word spoedig opgelos. Maar soms kan hierdie interne konflik vir dae, weke of selfs jare onopgelos bly. Meestal van die tyd is hierdie onopgeloste konflik volgens Freud aggressiewe impulse, onvervulde seksuele drange, of drange wat sosiaal onaanvaarbaar is. Hierdie konflik vind gewoonlik in die onderbewuste plaas. Alhoewel ʼn mens onbewus van die konflik is kan dit tot ʼn bewustelike angs aanleiding gee. Hierdie angs word volgens Larsen en Buss (2010:269) toegeskryf aan (1) die ego wat bewus word dat die id buite beheer raak, of (2) die superego wat buite beheer raak wat oormatige skuldgevoelens tot gevolg het. Hierdie proses kan soos volg grafies uitgebeeld word:

Figuur 3.2: Freud se model van innerlike konflik, angs en verdedigingsmeganismes

(Perven et al, 2005:85).

Omdat angs ʼn stresvolle ervaring is poog mense om ontslae te raak van die negatiewe emosies. Hierdie poging om ontslae te raak van angs behels die gebruik van wat Freud verdedigingsmeganismes genoem het. Verdedigingsmeganismes is hoofsaaklik ʼn onbewustelike reaksie wat persone beskerm teen die ervaring van negatiewe emosies soos angs en skuldgevoelens. Hierdie kognitiewe prosesse is gebaseer op self-misleiding:

 Rasionalisering is volgens Burger (2004:49) ʼn valse verskoning wat voorgehou word om gedrag te regverdig. ʼn Voorbeeld van rasionalisering is: Nadat iemand tydens ʼn toets afgeskryf het, oortuig die persoon hom- of haarself deur te dink “almal doen dit tog.” Mense verklaar hulle gedrag op ʼn manier wat hulle dink deur ander mense aanvaar sal word. Hierdie verduideliking is egter nie die werklike rede vir die persoon se gedrag nie.  Onderdrukking of repressie is volgens Perven et al (2004:95) ʼn direkte

verdedigingsmeganisme teen angs. Onderdrukking is die outomatiese uitsluiting van gedagtes uit die bewussyn. Dit is gewoonlik herinneringe of gevoelens wat angs veroorsaak. Mense poog om begeertes wat hulle skuldig laat voel, konflik wat hulle angstig laat voel, en herinneringe wat pynvol is te onderdruk. Onderdrukking kan beskryf word as iemand wat “gemotiveer is om te vergeet.” Mense kan woede of gevoelens van droefheid onderdruk. Mens is gewoonlik nie van die proses van onderdrukking bewus nie. Onderdrukking

Interne konflik tussen die id, die ego en die superego

Angs Afhanklikheid van verdedigingsmeganismes

77

|

P h . D G J N i e m a n n

kan volgens Freud daartoe lei dat iemand kronies gespanne voel maar nie weet waarom nie.

 Projeksie is ʼn verdedigingsmeganisme waar persone hulle eie gedrag, gevoelens en motiewe aan iemand anders toeskryf. Normaalweg is die denke wat persone op ander projekteer dit wat hulle skuldig laat voel: “Dit was nie ek nie! Dit was sy wat my verlei het.” Mischel et al (2008:166) noem dat projeksie veral in groepsverhoudinge weerklank kan vind. Waar konflik tussen groepe plaasvind, verhef mense gewoonlik die goeie eienskappe van hulle eie groep en skryf die negatiewe eienskappe aan lede van ʼn ander groep toe. Die een groep regverdig hulle gedrag deur te beweer dat die lede van die ander groep oor negatiewe eienskappe soos aggressie, hebsug, godloosheid of swak impulsbeheer beskik. Daar word beweer dat projeksie by alle stereotipering betrokke is.

 Verplasing: Deur middel van verplasing verskuif persone hulle emosies, gewoonlik woede, volgens Larsen en Buss (1010:281) van die oorspronklike bron na ʼn plaasvervanger. Byvoorbeeld: nadat iemand ʼn moeilike tyd ervaar het, kom hy/sy by die huis, slaan die deur toe, skop die hond en skreeu op sy/haar huweliksmaat. So verplaas die persoon sy/haar woede op ʼn irrelevante teiken. Ongelukkig veroorsaak sosiale druk dat mense hulle woede terughou, en dit dan uithaal op die persone waarvoor hulle die liefste is.

 Reaksievorming is volgens Perven et al (2005:95) ʼn ander prominente verdedigingsmeganisme wat Freud geïdentifiseer het. Dit is wanneer persone op ʼn teenoorgestelde wyse optree as wat hulle ware gevoelens is. Persone wat byvoorbeeld woedend is vir iemand is doelbewus vriendelik in plaas daarvan om uiting te gee aan hulle woede.

 Regressie is volgens Chamorro-Premuzic (20011:93) ʼn verdedigings- meganisme wat plaasvind wanneer ʼn volwasse persoon doelbewus onvolwasse optree. Wanneer volwassenes min selfvertroue het kan dit gebeur dat hulle op ʼn kinderlike manier oor hulleself spog. Dit is gewoonlik gepaardgaande met oordrewe gedrag.

 Identifisering: Deur middel van identifisering poog persone volgens Colman (2009:363) om hulle selfbeeld te versterk. Dit vind plaas wanneer persone ʼn denkbeeldige of ʼn werklike verbintenis met ander persone of groepe vorm. Kinders versterk hulle selfbeeld gewoonlik om hulself met ʼn sportster te identifiseer. Volwassenes versterk hulle selfbeeld deur hulself met een of ander eksklusiewe groep of persoon te identifiseer.

78

|

P h . D G J N i e m a n n

 Ontkenning is volgens Kübler-Ross en Kessler (2005:8) die onvermoë om ʼn onaangename werklikheid te erken. Ontkenning kan byvoorbeeld ʼn algemene respons wees op die tyding van ʼn geliefde se dood. Ontkenning van hierdie aard mag van korte duur wees, maar dit kan ook maande of selfs jare volhou. Voorbeelde van langtermyn ontkenning mag wees dat ʼn vrou nie wil glo dat haar man ʼn verhouding het nie; ouers wat blind is vir die foute van hulle kinders; rokers wat die wetenskaplike inligting dat rook tot verskeie ernstige siektetoestande bydra ontken; en alkoholiste wat ontken dat hulle alkoholprobleem ernstige emosionele, fisiese en finansiële gevolge vir hulle gesinne inhou.

 Isolasie: Mense gebruik volgens Colman (2009:395) neutrale en afsydige taal om ʼn emosioneel-ontstellende situasie te beskryf. Persone kan byvoorbeeld gevoelens van pyn, woede en haat teenoor ʼn ouer koester wat hulle as kind beledig of mishandel het, maar wanneer hulle oor hulle kinderjare praat, sal hulle net sê “my ouers was redelike streng.” Volgens Louw en Edwards (2003:532) is hierdie ʼn verdedigingsmeganisme wat só algemeen gebruik word dat daar in alledaagse taal baie voorbeelde hiervoor bestaan. In plaas daarvan dat gesê word dat iemand gesterf het, word gesê dat die persoon “heengegaan” het. Op dieselfde wyse word daar dikwels op versagtende maniere van menstruasie, seksuele omgang, swangerskap, urinering en ontlasting gepraat, aangesien dit dikwels met skande en skuldgevoelens geassosieer word.

 Ongedaanmaking: Volgens Pistorius (2013:24) gebruik persone wat skuldig voel oor iets wat hulle gedoen het gewoonlik ongedaanmaking. Hierdie persone poog om hulle eerste optrede ongedaan te maak met ʼn opeenvolgende optrede. Met die opeenvolgende optrede poog iemand dus om die eerste te neutraliseer, asof nie een van die optredes ooit plaasgevind het nie. Hierdie verdedigingsmeganisme geskied gewoonlik op impulsie wanneer individu besef dat hulle ʼn fout gemaak het.