• No results found

1. INLEIDING

2.3 NAVORSINGSMETODIEK

2.3.5 Etiese konsiderering

Met inagname van die NWU se riglyne vir etiese navorsings is die volgende stappe geneem om te verseker dat hierdie studie op ʼn etiese wyse plaasgevind het. Die volgende stappe is geneem om die etiese aflewering van die navorsing te verseker:

Privaatheid van respondente: Deeglike stappe is geneem om die privaatheid van die respondente te beskerm. Die deelname aan die studie het anoniem plaasgevind. Elke respondent se resultate kon om die rede ook totaal vertroulik hanteer word. Die respondente is nie gevra om enige persoonlike inligting (bv. naam, adres, ens.) weer te gee nie. Nadat elke respondent die vraelys voltooi het is slegs ʼn nommer aan elke voltooide vraelys toegeken.

Vrywillige deelname: Voor die aanname van die navorsing is elke respondent meegedeel dat sy/haar deelname aan die studie totaal vrywillig is. Geen respondentwas onder enige verpligting om aan die studie deel te neem nie. Die deelname aan die studie is ook op geen wyse op die respondente afgedwing nie. Die respondente kon bloot besluit of hulle aan die studie wou deelneem of nie. Die vrywaring is aan die respondente verduidelik voor die aanvang van die vraelys. Die respondente wat voortgaan om die vraelys te voltooi het daarmee hulle vrywillige instemming gegee.

Verduideliking waaroor studie handel: Voor die aanvang van die vraelys was die respondente ingelig waaroor die studie handel. ʼn Kort beskrywing van die studie se doelstellings was aan die respondente weergegee. Respondentewas ingelig dat die navorsing wil vasstel hoe persoonlikheidsontleding predikante kan help om hulle inter- en intrapersoonlike vaardighede te verbeter.

Verduideliking van hoe lank die deelname sal duur: Voor die aanvang van die vraelys was die respondente ingelig van die moontlike tydsduur, lengte en uiteensetting van die vraelys.

Verduideliking hoe die resultate gebruik sal word: Voor die aanvang van die vraelys was die respondente ook ingelig tot watter nut die resultate gebruik sal word. Die respondente is ingelig dat die resultate in die toekoms moontlik gebruik sal kan word om die geestesgesondheid van predikante in die GKSA te bevorder.

Die reg om antwoorde te wysig: Omdat daar in hierdie studie van respondente verwag word om ʼn formele vraelys te voltooi is daar aan die einde van die vraelys aan elke respondent die geleentheid gegun om sy/haar

31

|

P h . D G J N i e m a n n

antwoorde te hersien of vir korrektheid na te gaan. Respondente het daarom die geleentheid om antwoorde te verander of, indien die respondent dit sou nodig ag, aan te pas voordat die vraelys indien word.

Oorweging van geskiktheid van navorsingsmetode: Verskillende metodes is vir die data insameling oorweeg. Die metode wat gevolg word, is dieselfde metode wat deur die Myers-Briggs-Tipe-Indikator (MBTI) gebruik word. Die rede vir hierdie keuse is omdat die vraelys wat in hierdie studie gebruik word - net soos die MBTI - persoonlikheidstipes meet en nie spesifiek persoonlikheidstrekke nie (sien 2.3.4). Die MBTI is ook die mees gebruike persoonlikheidsontleding in die wêreld (Briggs-Myers, 1998:5). Die resultate word op ʼn voorafbepaalde gestandaardiseerde berekendsisteem verwerk om te verseker dat die resultate van elke respondent op presies dieselfde wyse bereken word.

Beoordeling van risiko’s en voorsorgmaatreëls: Normaalweg beskryf respondente persoonlikheidsontleding as ʼn verrykende ervaring. Dit mag wel voorkom dat respondente deur die voltooiing van die vraelys sielkundige ongemak beleef deur op items te reageer wat vir die spesifieke respondent ʼn emosionele verbintenis mag hê. Indien ʼn respondent sodanige ongemak beleef kon die navorser direk gekontak word om ʼn ontlontingstrategie in werking te stel. Die kans op die belewing van sodanige ongemak blyk egter in hierdie studie minimaal te wees omdat die vraelys slegs vasgestelde en normale gedragspatrone ondersoek.

Navorsingsvraelys identifiseer nie patologie nie: Dit is belangrik om hier te let op die feit dat die vraelys wat in hierdie studie gebruik word nie ten doel het om 11psigopatologie of abnormale gedrag te ondersoek nie. Met die instruksies aan die respondent word pertinent melding gemaak dat die respondent bloot op die items moet reageer hoe hulle “normaalweg” optree of voel en dan hulle antwoorde dienooreenkomstig te merk.

Kundigheid, vaardigheid en wettige bevoegdheid van navorser: Die navorser het voor die aanvang van die studie gespesialiseerde opleiding in sielkundige assessering ontvang. Die navorser is ook by die Gesondheidsraad van Suid Afrika as professionele Psigometris geregistreer en is gevolmag om sielkundige assesserings af te neem, te verwerk, te interpreteer en terugvoer te gee.

11Psigopatologie: ʼn Afdeling in die Sielkunde wat fokus op die bestudering van psigologiese

32

|

P h . D G J N i e m a n n

Gebruik van fasiliteite: Die navorsingsvraelys is via internetskakel aan respondente per e-pos afgelewer. Slegs persone wat by die e-pos lys ingesluit is het die Internetskakel om die vraelys te voltooi ontvang. Die volgende vrywarings is by die e-pos ingesluit indien die vraelys die verkeerde adres sou bereik: “This email and any attachments are intended solely for the addressee(s) and may be confidential. Access to this message by anyone else is unauthorised. If you have received it in error, please delete it from your system, do not use or disclose the information in any way, and notify the sender immediately.

Kriteria vir deelnemerseleksie en ewekansigheid: Al die predikante in die GKSA is by die studie betrek. Uitsluiting by die studie geskied op grond van die respondent self omdat die voltooiing van die navorsingsvraelys vrywillig is.

Verduideliking van die voordele van deelname: Respondente is meegedeel dat indien die studie suksesvol voltooi kan word, kan elke predikant asook toekomstige predikante by die VBO kursus wat met die studie ontwikkel sal word baatvind. Die VBO kursus mag die emosionele en geestelike gesondheid van die predikante in die GKSA bevorder. Omdat die data wat ingewin is spesifiek op die predikante in die GKSA betrek het sal die inligting meer akkuraat op die predikante se spesifieke konteks toegepas kan word.

Aansporing en vergoeding van respondente: Respondente word in kennis gestel dat die navorsing in die toekoms tot voordeel van die predikante in die GKSA gebruik kan word deur die emosionele en geestelike welstand van predikante te bevorder.

Geen misleiding van respondente: Die respondente is volledig oor die doelstellings en redes vir die studie ingelig. Die respondente is ook ingelig oor hoe die ingesamelde inligting gebruik en hanteer sal word.

Bekendmaking van resultate aan respondente: Resultate word nie onmiddellik na die afneem van die vraelys aan respondente bekend gemaak nie. Die aanvanklike inligting wat ingesamel is, is slegs rou data en moes eers verwerk word. Omdat die navorsing totaal anoniem geskied het en die resultate nie aan spesifieke respondente verbind word nie is die individuele resultate ook nie aan die respondente gegee nie. Die resultate en gevolgtrekkings van die totale studie sal wel na die afloop van die studie aan die belangstellende respondente bekend gemaak word.

33

|

P h . D G J N i e m a n n

Inagname van steuringsveranderlikes: Die groot steuringsveranderlike in hierdie studie is die konteks waarbinne die vraelyste voltooi word. Omdat die vraelys elektronies afgelewer word voltooi die respondente die vraelys binne sy/haar unieke konteks. Maar omdat die vraelys persoonlikheidstipes meet (ʼn konsep wat normaalweg oor tyd konstant bly), behoort kontekstuele verskille die resultate minimaal te beïnvloed. Die metode van aflewering was ook vir al die respondente dieselfde.