• No results found

1. INLEIDING

3.6 DIE VIER PERSOONLIKHEIDSTIPES

3.6.3 Melancholiese Persoonlikheid

3.6.3.5 Swakpunte van die Melancholiese persoonlikheid

Saam met die Melancholiese persoonlikheidstipe se positiewe karaktereienskappe word daar ook swakpunte gevind. Melancholiese persone kan selfgesentreerd (3.6.3.5.1); pessimisties (3.6.3.5.2) en temperamenteel wees (3.6.3.5.3); hulle soek maklik vergelding of neem maklik wraak (3.6.3.5.3).

3.6.3.5.1 Melancholiese persone is selfgesentreerd

Melancholiese persone vertoon volgens Lumsden en MacKay (2006:4) meer selfgesentreerdheid as die ander drie persoonlikheidstipes. Hulle spandeer geweldig baie energie aan introspeksie, tot so ʼn mate dat dit hulle lewens kan lamlê. Hierdie onophoudelike introspeksie kan nadelig wees omdat Melancholiese persone maklik in ʼn morbiede toestand kan verval. Omdat hulle die hele tyd in hulleself gekeer is, is

147

|

P h . D G J N i e m a n n

dit volgens Louw en Edwards (2003:515) die persoonlikheidstipe wat maklik met depressie worstel. Hierdie selfgesentreerde eienskap kan Melancholiese persone se lewens beheer of oorheers. Lestari et al (2013:5) wys daarop dat as gevolg van die Melancholiese persone se sensitiewe aard en selfgesentreerdheid neem hulle maklik aanstoot en voel maklik beledig. Volgens LaHaye (1994:77) “dra hulle, hulle gevoelens op hulle mou.” Hulle is ook geneig om agterdogtig te wees. Wanneer twee mense fluister sal melancholiese persone heel waarskynlik tot die gevolgtrekking kom dat daar oor hulle geskinder word. Hierdie vorm van denke kan volgens Littauer (1992:55) tot paranoia aanleiding gee.

3.6.3.5.2 Melancholiese persone is pessimisties

Vanweë hulle perfeksionisme en analitiese vermoë is Melancholiese persone volgens Vorkapić (2011:86) geneig tot pessimisme. Hulle sien nie net die eindpunt van ʼn projek nie maar ook al die probleme wat op die pad mag opduik. Vanuit hulle oogpunt weeg die potensiële probleme swaarder as die potensiële uitkoms. Om die rede stel hulle volgens Fahey (2008:11) lae verwagtinge vir hulleself om te verhoed dat hulle teleurgestel word. Vir die Melancholiese persone lei teleurstelling tot selfbejammering en depressie. Hierdie selfbejammering kan weer aanleiding gee tot selfgesentreerdheid. Hulle pessimistiese uitkyk op die lewe maak hulle volgens Chiappelli et al (2005:455) vreesbevange, besluitloos en skepties. Daarom is dit vir hulle ook moeilik om in ʼn span saam te werk. Hulle is bang om verkeerd te wees en stel daarom uiters hoë standaarde vir hulleself. Hierdie huiwering en pessimisme kan kritiek by ander uitlok wat hulle nog meer selfgesentreerd maak. Volgens Bennett en Bennett (2005:25) kan Melancholiese persone nie help om die onvolmaaktheid in hulself en in ander raak te sien nie.

Volgens Othman et al (2007:4) is niemand meer krities as Melancholiese persone nie. Omdat hulle uiters hoë standaarde stel, vind hulle dit moeilik om minder as die beste van ander te aanvaar. Baie huwelike is volgens Parrott en Parrott (2009:171) verwoes omdat hulle huweliksmaats nooit kon opweeg teen die standaarde wat die Melancholiese persone aan hul huweliksmaats gestel het nie. In plaas daarvan om die goeie raak te sien, fikseer Melancholiese persone volgens Lauberte en Ginters (2008:58) op die slegte. Indien hulle nie hul kritiek verbaliseer nie, word dit deur hulle houding teenoor ander gewys. Hulle sien mense wat nie aan hulle standaarde kan voldoen nie as ondergeskik aan hulle. Melancholiese persone is volgens Jo en Jo (2013:2) net so krities teenoor hulleself as wat hulle teenoor ander is. Dit kan hulle verhoed om hulle lewens te geniet en om saam met ander aan projekte te werk.

148

|

P h . D G J N i e m a n n

Wat verhoudings betref vind Melancholiese persone dit volgens Lestari et al (2013:5) moeilik om verhoudings te bou. Hulle bewonder ander van ʼn afstand maar sodra hulle nader aan ander beweeg is hulle teleurgestel as hulle uitvind dat daardie persone ook net mense met foute is. Dit is egter vir Melancholiese persone volgens Parrott en Parrott (2009:170) moontlik om iemand anders onvoorwaarlik lief te hê. Om die rede kan hulle huiwerig wees om in die huwelik te tree as gevolg van die ander persoon se klaarblyklike tekortkominge. Baie Melancholiese persone bly ongetroud omdat hulle volgens LaHaye (1994:78) glo: “Mr./Mrs. Perfect never came along.”

3.6.3.5.3 Melancholiese persone is temperamenteel

Volgens Vorkapić (2011:72) beleef geen van die ander persoonlikheidstipes groter fluktuasie in emosies as Melancholiese persone nie. Per geleentheid kan Melancholiese persone ekstase vertoon, maar meeste van die tyd voel hulle om geen rede nie, mismoedig en depressief. Melancholiese persone se geneigdheid tot depressie gee volgens Bok (2009:1) betekenis aan Hippocrates se vergelyking van hierdie persone met swartgal. Hierdie depressiewe toestand veroorsaak ʼn afwaartse spiraal. Omdat Melancholiese persone uiters pessimisties en depressief word, word hulle vriende soms volgens Nodoushan (2011:35) geïrriteerd of selfs onthuts. Wanneer sensitiewe Melancholiese persone agterkom dat hulle vriende hulle vermy verval hulle in selfs nog dieper depressie. Hierdie temperamentele gedrag is volgens Casali (2008:28) gewoonlik as gevolg van Melancholiese persone se selfgesentreerde denkpatrone. Wanneer Melancholiese persone in hulle negatiewe denkpatroon vasgevang word kan dit volgens LaHaye (1994:79) tot skisofrenie aanleiding gee. Volgens Briggs-Myers et al (2003:48) is hulle om die rede nie goed met menslikehulpbron bestuur nie. Hulle ontbreek dikwels die vaardighede om span te bou en vind dit moeilik om ander te motiveer omdat hulle selde self gemotiveerd is.

3.6.3.5.4 Melancholiese persone soek vergelding

Alhoewel Melancholiese persone kalm en rustig voorkom, kan hulle volgens Bok (2009:3) innerlik baie woede en wraak koester, selfs oor dinge wat nie noodwendig van enige belang is nie. Hulle sal nie noodwendig hulle hartseer, woede of vyandigheid in dade laat oorgaan nie, maar hulle sal volgens Fahey (2008:15) die begeerte vir wraak vir jare koester. Dit kan gebeur dat hulle so baie woede deur die jare opkrop dat hulle later in woede uitbars en ander of hulleself skade berokken. Hierdie karaktertrek van onvergeeflikheid weeg volgens Onuka en Durowoju (2011:7) gewoonlik swaarder as hulle analitiese vermoë. Hierdie eienskap veroorsaak dat

149

|

P h . D G J N i e m a n n

hulle bevooroordeelde besluite neem. Hulle kan byvoorbeeld ʼn projek laat misluk bloot omdat die persone wat in beheer is hulle op een of ander tyd in die verlede aanstoot gegee het.