• No results found

1. INLEIDING

3.5 DIE AARD VAN PERSOONLIKHEID

3.5.4 Introversie en ekstroversie as onderdele van persoonlikheid

Persoonlikheidstipes word volgens Moerdyk (2012:135) in twee primêre dimensies verdeel, naamlik introversie en ekstroversie asook emosionaliteit en onemosionaliteit. Carl Jung (1875-1961) het ʼn persoonlikheidsteorie ontwikkel wat bogenoemde

123

|

P h . D G J N i e m a n n

dimensies as basis het (Jung, 1971). Dit behels die konsepte van “houdings” wat bestaan uit ekstroversie en introversie en “funksies” wat bestaan uit denke en gevoelens. Die houdings en die funksies kombineer op verskillende maniere om op ʼn sielkundige vlak persoonlikheidstipes te skep. Gewoonlik sal een houding en een funksie oorheers. ʼn Persoon kan byvoorbeeld ʼn ekstroverte denktipe of ʼn introverte emosionele persoon wees.

Figuur 3.16: Die vier basiese persoonlikhede (Burger, 2004:249; McAdams,

2009:118; Louw en Edwards, 2003:516-517)

Kummerow en Quenk (2003:9) wys daarop dat Carl Jung introverte as persone sien wat in hulleself gekeer is. Introverte fokus op die innerlike wêreld of op subjektiewe sielkundige prosesse. Jung beskryf introversie verder as energie wat inwaarts verbruik word. Volgens Colman (2009:390) is introverte met hulle eie emosies en belewenisse gepreokkupeer en kom gewoonlik baie afsydig en selfs onsosiaal voor. Introverte is volgens Strelau (1998:6) meer gereserveerd en toon meer reflektiewe denkpatrone. Moerdyk (2012:135) wys weer dat ekstroverte hulleself volgens Jung tot die eksterne of objektiewe wêreld oriënteer. Ekstroverte het volgens Colman (2009:270) baie sielkundige energie en openbaar ʼn lewendige belangstelling en entoesiasme in die wêreld en kom baie sosiaal voor. Jung beskryf ekstroversie as energie wat uitwaartse verbruik word. Hoewel beide die introverte en ekstroverte houdings in alle persone aanwesig is, is één gewoonlik bewustelik en dominant, terwyl die ander onbewustelik en ondergeskik is.

Onemosioneel Ekstrovert Introvert Emosioneel Flegmaties Melankolies Choleries Sanguinies

124

|

P h . D G J N i e m a n n

Elke individu se persoonlikheid kan volgens Oswald en Kroeger (1999:29) dus êrens op hierdie introvert – ekstrovert skaal aangedui word. Let wel: Niemand is uitsluitlik òf die een òf die ander nie, daar is graadverskille. Sommige introverte is byvoorbeeld meer introvert as ander en sommige ekstroverte is meer ekstrovert as ander. Volgens Bennett en Bennett (2005:20) probeer die denker of onemosionele persoon om hom- of haarself asook ander persone en die wêreld waarin hy/sy leef te verstaan. Daarom is introverse ʼn 19intra-kognitiewe funksie. Denke of idees word met

mekaar in verband gebring ten einde algemene persepsie of oplossings vir ʼn probleem te vind. Emosie aan die ander kant is vir Du Toit (1995:3) ʼn evaluerende funksie. Dit gaan oor die aanvaarding of verwerping van idees op grond daarvan of die idee aangename of onaangename gevoelens wek.

Elke persoon se persoonlikheid kan dus ook êrens op hierdie emosioneel – onemosioneel (denke – gevoel) skaal aangedui word. Uiters emosionele persone sal volgens Larsen en Buss (2010:76) ʼn groot mate van emosionele skommeling ervaar, een dag is hulle in die wolke, die ander dag in ʼn put van terneergedruktheid. Sulke persone se gedrag word sterk beïnvloed deur hul gemoedstoestand. Aan die ander kant van die skaal is uiters onemosionele persone volgens McAdams (2009:118) iemand wat feitlik geen emosionele skommeling ervaar nie. Hierdie persone raak nie dikwels ontsteld of terneergedruk nie, maar terselfdertyd raak hulle ook nie dikwels opgewonde nie. Weer eens is geen persoon òf die een òf die ander nie, ook hier is graadverskille. Volgens Feist en Feist (2009:259) is sommige mense meer emosioneel as ander terwyl ander weer meer onemosioneel is. Wanneer hierdie twee sake reghoekig op mekaar geteken word, kry ons vier kwadrante wat die vier basiese persoonlikheidstipes aandui (sien figuur 3.16).

Ekstroversie en introversie beteken volgens Briggs-Myers (1998:9) nie bloot “uitgaande” of “skaam” nie. Baie introverte is nie skaam nie, hulle verkies om hulle tyd rustig in ʼn bekende omgewing deur te bring. Die twee ekstroverte persoonlikheidstipes wat Hippocrates geïdentifiseer het, is die Choleriese en Sanguiniese persoonlikheidstipes. Beide is geneig om tot aksie oor te gaan en druk hulle emosies en gedagtes uitwaarts uit. Beide hierdie persoonlikheidstipes is konstant bewus van en reageer op dit wat buite hulself gebeur. Volgens Cavanaugh en Blanchard-Fields (2011:327) is ekstroverte ook geneig om meer te praat as wat hulle luister. Hulle gebruik meer handgebare en gesigsuitdrukkings as introverte.

19

Intra-kognitiewe funksie: Hiermee word verwys na ʼn spesifiek vorm van introspeksie. Dit

word beskryf as ʼn sistematiese denkproses waartydens ʼn persoon sy/haar eie gevolgtrekkings maak deur observasie van sy/haar omgewing.

125

|

P h . D G J N i e m a n n

Ekstroverte is volgens Papalia et al (2007:403) ook geneig om hulself te herhaal of om iets oor te beklemtoon. Ekstroversie is om die rede ʼn inter-kognitiewe funksie.20

Iemand met ʼn ekstroverte persoonlikheid gebruik ander as ʼn klankbord in hulle denkproses. Om die rede kan ekstroverte soms begin om te praat sonder om werklik iets van ʼn onderwerp te weet. Mens kan sê dat ekstroverte hardop dink deur met ander te praat.

Aan die ander kant sal introverte (gewoonlik die melancholiese en flegmatiese persoonlikheidstipes) wanneer hulle met ʼn idee of gebeure gekonfronteer word volgens MacAdams (2009:118) tyd neem om die nuwe inligting te verwerk voor hulle reageer. Waar ekstroverte nuwe inligting verwerk deur daaroor te praat, sal introverte tyd benodig vir refleksie om die nuwe inligting te internaliseer en te assimileer. Introverte sal probeer om alles vooruit te beplan. Hulle sal situasies probeer vermy waar hulle moet optree sonder deeglike refleksie en beplanning. Introverte kan in die kalklig wees, maar hulle sal volgens Cavanaugh en Blanchard-Fields (2011:319) emosioneel getap word. Daarom kan introverte ook in uitgaande beroepe funksioneer. Die onderskeid wat gemaak kan word tussen introverte en ekstroverte hang nie af of hulle skaam of uitgaande is nie, maar eerder of hulle hul denke internaliseer of uitwaarts uitdruk.

Jung waarsku volgens Meyer et al (2003:112) daarteen dat mense nie volgens hierdie tipologie in rigiede hokkies geplaas moet word nie. Dit behoort eerder as ʼn raamwerk gesien te word waarvolgens individue volgens sielkundige energie van mekaar onderskei kan word. Introverte kry hulle energie van binne deur introspeksie en ekstroverte deur uitwaartse reflekse. Jung onderskei volgens Weiten (2004:486) hierdie tipologie soos volg:

 Ekstrovert-denktipe (ekstrovert - onemosioneel): Volgens Jung lewe hierdie persone volgens vaste objektiewe reëls, terwyl alle subjektiewe gevoelens onderdruk word.

 Ekstroverte-gevoelstipe (ekstroverte - emosioneel): Hierdie persone is volgens Jung emosioneel baie gevoelig, met emosies wat fluktueer soos ʼn situasie verander. Hulle is baie sosiaal en het intense verhoudings wat van korte duur is.

 Introvert-denktipe (introvert - onemosioneel): Hierdie persone is volgens Jung baie intellektueel en vertoon min gevoel vir die alledaagse lewe. Die

20

Inter-kognitiewe funksie: Hiermee word verwys na ʼn verbale denkproses. Oplossings of

126

|

P h . D G J N i e m a n n

tipe sluit asketies-filosofiese persone in wat baie onprakties, sosiaal- geïnhibeer en baie privaat en geslote is.

 Introvert-gevoelstipe (introvert - emosioneel): Hierdie persone word deur ʼn intense emosionaliteit en hipersensitiwiteit gekenmerk wat nie na buite gereflekteer word nie.

Bogenoemde uiteensetting bevestig die feit dat die vier basiese persoonlikheidstipes nodig is om verskeidenheid en betekenis aan die mensdom te gee. Dit onderstreep die feit dat elke persoon ʼn “individu” is. Mens kan volgens Louw en Edwards (2003:516) enige persoon iewers op figuur 2.1 plaas, afhangende van hoe introversies en ekstroversies en hoe vinnig of stadig persone emosioneel reageer. Elk van die vier persoonlikheidstipes vertoon ook interne variasies. Verskillende kombinasies en graadverskille bring volgens LaHaye (1984:37) twaalf persoonlikheidskombinasies binne die vier persoonlikheidstipes mee (sien 2.7 vir uiteensetting van die twaalf kombinasies). Ten spyte hiervan vertoon mense volgens Rolfe (2002:16) ʼn patroon van gedrag wat hoofsaaklik neig na een basiese persoonlikheidstipe (sien figuur 1.1).