• No results found

1. INLEIDING

3.4 PERSOONLIKHEIDSTEORIEË

3.4.3 Humanistiese of persoongeoriёnteerde benaderings van persoonlikheid

3.4.3.2 Abraham Maslow se selfaktualiseringsteorie

Soos Rogers was Maslow van mening dat ʼn meer optimistiese siening oor menslike gedrag ingeneem moet word. Maslow het met sy teorie volgens Boeree (2006:4) op die motivering agter menslike gedrag gefokus. Hy het voorgestel dat menslike gedrag georganiseer kan word in terme van ʼn hiërargie van behoeftes. Dit is volgens Neher (1991:93) ʼn sisteem wat menslike behoeftes in terme van prioriteite organiseer. Basiese behoeftes moet eerste bevredig word voor minder belangrike behoeftes bevredig kan word. Hierdie hiërargie van behoeftes word gewoonlik uitgebeeld in die vorm van ʼn piramide (figuur 3.11). Die behoeftes aan die onderkant, die fisiologiese behoeftes, is volgens Meyer et al (2003:335) die mees basiese. Hoe hoër met die piramide op beweeg word, hoe minder belangrik word die behoeftes. Wanneer persone een vlak van behoeftes suksesvol bevredig het, moet die volgende vlak van behoeftes bevredig word.

Soos Rogers het Maslow van die standpunt uitgegaan dat mense ʼn innerlike dryfveer het tot persoonlike groei. Daarom het hy volgens Bilsky en Schwartz (1994:168) die

100

|

P h . D G J N i e m a n n

Behoefte aan selfaktualisering: Bereiking van mens se volle potensiaal.

behoefte aan selfaktualisering op die boonste punt van die piramide geplaas. Die behoefte aan selfaktualisering sluit onder andere self-kennis, self-verstaan, hoë self- agting, en sukses in. Hierdie elemente vorm ook die basis van Viktor Frankel se logoterapie wat van die standpunt uitgaan dat die lewe gefokus is op die soeke na betekenis. Selfaktualisering bestaan volgens Maslow (1970:70) daaruit dat persone hulle eie potensiaal bereik (Corey, 2009:131). Maslow het hierdie beginsel soos volg opgesom: “What a man can be, he must be.” Persone sal gefrustreerd voel indien hulle nie daarin slaag om hulle doelstellings te bereik nie. Indien persone byvoorbeeld musikale talente het maar hulle moet administratiewe werk doen, sal hulle behoefte aan selfaktualisering nie vervul word nie.

Figuur 3.11: Maslow se hiërargie van behoeftes (Mischel et al, 2008:307; Boeree,

2006:11).

As gevolg van sy belangstelling in selfaktualisering het Maslow volgens Ventegodt et al (2003:1050) gepoog om te identifiseer wat ʼn gesonde persoonlikheid is. Volgens Maslow sal persone wat selfaktualisering bereik het gekenmerk word deur persoonlike groei. Maslow het volgens Dye et al (2005:1376) die eienskappe geïdentifiseer van ʼn selfgeaktualiseerde persoon:

 Selfgeaktualiseerde persone is in pas met die werklikheid.

 Hulle is tevrede met hulself.

 Hierdie persone is oop vir nuwe ervarings.

 Hulle het die vermoë om die wêreld om hulle te waardeer.

 Selfgeaktualiseerde persone is probleemgesentreerd. Hulle het met ander woorde die missie om iets buite hulself te “moet” doen.

 Sosiaal is hulle sensitief teenoor ander se behoeftes en hulle geniet interpersoonlike verhoudings.

 Hulle is nie afhanklik van ander se goedkeuring nie en is ook nie ongemaklik om alleen te wees en onafhanklik van ander te funksioneer nie.

Progressie vind plaas wanneer laer orde behoeftes bevredig is.

Regressie vind plaas wanneer behoeftes nie bevredig word nie.

Estetiese behoeftes: Lewensklas en skoonheid. Kognitiewe behoeftes: Kennis en begrip. Behoefte aan selfagting: Ontvangs van erkenning en betekenis. Behoefte om aan te behoort en liefde te ontvang: Affiliasie en aanvaarding.

Behoefte aan veiligheid en sekuriteit: Langtermyn oorlewing en stabiliteit.

Fisiese behoeftes: Onmiddellike oorlewing en gerief. Honger, dors en bekleding.

101

|

P h . D G J N i e m a n n

 Hulle floreer in hulle beroep en bereik emosionele hoogtepunte meer gereeld as ander.

 Hulle het ʼn basiese behoefte aan rentmeesterskap.

 Hulle vorm sterk vriendskapsbande, maar het ‘n beperkte vriendekring.

 Hulle het demokratiese karakters. Hulle kan ʼn goeie onderskeid maak tussen wat reg en verkeerd is.

 Hulle is nie vyandig nie en het ʼn goeie sin vir humor.

 Laastens het Maslow gevind dat hulle ʼn balans handhaaf tussen die gepolariseerde persoonlikheidstipes. Hulle kan byvoorbeeld beide kinderlik en volwasse optree, beide rasioneel en instinktief dink, asook beide konformerend en rebellerend wees.

Koltko-Rivera (2006:305) wys daarop dat Maslow van mening was dat persoonlikheidsontwikkeling in ooreenstemming met die hiërargie van behoeftes plaasvind. Hoe hoër persone in die hiërargie opbeweeg hoe hoёr is die vlak van motivering asook die ontwikkelingsvlak en hoe gesonder is hul funksionering. Die bevrediging van elke stel behoeftes is ʼn stap in die rigting van selfaktualisering. Maar Maslow wys volgens Meyer et al (2003:341) op ʼn belangrike feit wat met sy teorie in gedagte gehou moet word:

“Gratification of all the basic needs does not automatically solve the problem of identity, of a value system, of a calling in life, of the meaning of life. For some people, these are separate and additional life-tasks beyond the gratification of the basic needs.”

Dit is dus moontlik vir persone wat reeds op ʼn hoër vlak gefunksioneer het, om tydelik na ʼn laer vlak terug te keer. So kan persone wat byvoorbeeld deur hoёr motiewe, ideale en doelwitte in hulle beroep gemotiveer is, terugkeer na ʼn laer vlak na ʼn egskeiding of trauma omdat hulle veiligheidsbehoeftes en behoefte aan liefde nie meer op gereelde basis vervul word nie. Verder kan gedrag volgens Bilsky en Schwartz (1994:168) nie slegs op een vlak gemotiveer word nie. Iemand wat op die vlak van selfaktualisering funksioneer, het byvoorbeeld steeds biologiese behoeftes en behoeftes aan veiligheid en sekuriteit wat bevredig moet word.

Ontwikkelingsvlakke word in die vorm van ʼn leer voorgestel, waar persone op en af beweeg (sien figuur 3.11). Maslow erken egter volgens Meyer et al (2003:467) dat daar benewens die hiërargie van behoeftes ander moontlike paaie bestaan wat aanleiding tot ʼn gesonde persoonlikheid kan gee. Dit is dus duidelik uit Maslow se

102

|

P h . D G J N i e m a n n

beredenering dat die klem val op die aktiewe wil van mense om te groei en hulle potensiaal te bereik. Die vraag waarom mense nie hierdie potensiaal bereik nie het Maslow ook beantwoord:

 Wanneer persone nie die vlak van selfaktualisering bereik nie, het hulle volgens Ventegodt et al (2003:1054) moontlik ʼn gebrek aan selfkennis. ʼn Gebrek aan selfkennis gee aanleiding daartoe dat persone hulle bloot deur eksterne aanwysings laat lei.

 Daar kan volgens Maslow (1970:68) persoonlike hindernisse bestaan wat persone verhoed om ware selfaktualisering te bereik. Byvoorbeeld werksomstandighede waar geleentheid vir bevordering, goedkeuring en erkenning van prestasies nie moontlik is nie.

 Die derde rede wat Maslow verskaf noem hy volgens Bilsky en Schwartz (1994:172) die “Jona-kompleks.” Persone hardloop weg van hulle beste talente en dus ook van hulle verantwoordelikheid. Volgens Maslow voel hierdie persone minderwaardig en wil daarom nie die verwesenliking van hul potensiaal nastreef nie.