• No results found

1. INLEIDING

3.4 PERSOONLIKHEIDSTEORIEË

3.4.3 Humanistiese of persoongeoriёnteerde benaderings van persoonlikheid

3.4.3.1 Carl Rogers se persoongesentreerde teorie

Carl Rogers het volgens Corsini en Wedding (1995:136) klem gelê op die self- realisering van persone deur persoonlike groei. Omdat Rogers volgens Derlega, et al (2005:138) klem gelê het op die mens se subjektiewe sienings van die werklikheid word sy teorie die persoongesentreerdeteorie genoem. Volgens Rogers neem persone die eksterne omgewing waar en koppel dan betekenis daaraan. Rogers se siening van persoonlikheid word volgens Mischel et al (2008:304) gebou op slegs een konsep wat hy die “self” of die “ek” genoem het. Hierdie konsep staan meer algemeen bekend as die selfkonsep.

Corsini en Wedding (1995:141) beskryf selfkonsep as ʼn versameling van oortuigings en unieke kwaliteite, gewoontes en tipiese gedrag. Omdat hierdie unieke kwaliteite

96

|

P h . D G J N i e m a n n

met die verloop van tyd konstant bly vorm die “self” die struktuur van persoonlikheid. Sue et al (2010:54) wys daarop dat die selfkonsep volgens Rogers niks anders as die prentjie is wat iemand van hom- of haarself skets nie. Volgens Perven et al (2005:167) verwys die self-konsep met ander woorde na ʼn versameling van self- persepsies. Byvoorbeeld, ʼn selfkonsep mag die oortuigings insluit dat “ek ʼn gemaklike persoon is om mee oor die weg te kom” of “ek is hardwerkend.” Volgens Rogers is elke individu bewus van sy/haar selfkonsep. Dit is nie “begrawe” in die mens se onderbewuste soos wat Sigmund Freud van mening was nie. Omdat iemand se self-konsep uit subjektiewe oortuigings bestaan mag dit volgens Rogers (2007:421) wees dat iemand se selfkonsep nie geheel en al in pas is met sy/haar werklike persoonlike ervaringe nie.

Rogers was volgens McAdams (2009:272) ook van mening dat mense hulle ervarings tot ʼn sekere mate verdraai om ʼn meer positiewe selfkonsep te vorm. Rogers het hierdie gaping tussen die selfkonsep en die werklikheid inkongruensie genoem. Aan die ander kant, wanneer persone se selfkonsep taamlik akkuraat is, word gesê dat dit kongruent is met die werklikheid. Hy het dit soos volg voorgestel:

Figuur 3.9: Rogers se siening van die struktuur van self-konsep (Weiten, 2004:496).

Anders as Freud wat van mening was dat die mens gemotiveer word om plesier te soek en pyn te voorkom, was Rogers volgens Corey (2013:164) van mening dat mense in pas met hulle self-konsep optree, selfs al is die gedrag nie belonend nie.

Self-Konsep Werklike ervaringe

Self-Konsep Werklike ervaringe

Kongruensie

Die self-konsep is meer in pas met die persoon se werklike ervaringe (ʼn sekere hoeveelheid inkongruensie is onvermydelik).

Inkongruensie

Die self-konsep is nie in pas met werklike ervaringe nie.

97

|

P h . D G J N i e m a n n

Met ander woorde poog mense om hulle self-konsep in pas te bring met hoe hulle oor hulleself voel. Byvoorbeeld, indien iemand hom- of haarself as ʼn warm en empatiese persoon sien en so deur ander aanvaar word, is daar ʼn staat van kongruensie. Aan die ander kant, indien dieselfde persoon deur ander gesien word as koud of onsimpatiek ervaar daardie persoon ʼn staat van inkongruensie. Louw en Edwards (2003:554) noem dat Rogers van mening was dat alle mense tot ʼn mate inkongruensie ervaar, maar die vraag is: hoeveel? Rogers was van mening dat te veel inkongruensies iemand se psigologiese welstand in gedrang bring.

Corey (2013:156) wys daarop dat Rogers van mening was dat die mens ʼn sterk behoefte aan toegeneentheid, liefde, warmte, respek, simpatie en aanvaarding van ander het. Hy het dit onvoorwaardelike positiewe agting genoem. In die kinderjare gee ouers meeste van die toegeneentheid, byvoorbeeld liefde en aanvaarding. Rogers (2007:243) verduidelik die ontwikkeling van die selfkonsep aan die hand van twee konsepte, naamlik onvoorwaardelike aanvaarding en voorwaardelike aanvaarding.

Rogers het volgens Larsen en Buss (2010:354) van die standpunt uitgegaan dat onvoorwaardelike liefde van ouers, vriende, kollegas, ens., kongruensie bevorder waar voorwaardelike liefde in teenstelling hiermee inkongruensie van die selfkonsep bevorder. Rogers was verder van mening dat wanneer mense glo dat hulle slegs voorwaardelik liefde ontvang hulle hul ervarings meer sal verdraai om sodoende hulle gevoel van self-waarde te verhoog. Clinton en Hawkins (2011:451) wys daarop dat empatie volgens Rogers ook ʼn belangrike rol speel by die ontwikkeling van ʼn positiewe self-konsep. Empatie word deur Rogers beskryf as die vermoë om op die gevoelens van ander ag te slaan, te respekteer en te verstaan. Mense wat oor die eienskappe van empatie, onvoorwaardelike positiewe agting, en kongruensie beskik, word gewoonlik deur ander aanvaar as warm en gemaklik.

Figuur 3.10: Rogers se siening van persoonlikheidsontwikkeling (Rogers, 2007:246)

Die oortuiging dat ander se liefde voorwaardelik is Die behoefte om tekortkominge te verdraai om die persepsie self-waarde te verhoog Taamlike inkongruente self-konsep Herhaalde belewing van angs

Reaktiewe gedrag wat poog om onakkurate

self-konsep te beskerm

98

|

P h . D G J N i e m a n n

Rogers was volgens Mischel et al (2008:310) verder van mening dat die bedreiging van iemand se selfkonsep die grootste oorsaak van angs is. Hoe meer die selfkonsep onakkuraat is, hoe meer sal daar konflik wees met iemand se eie self- persepsies en die werklikheid. Om die rede sal persone met ʼn hoë inkongruente selfkonsep meer vatbaar wees vir die herhaalde belewing van angs en ander sielkundige afwykings. Rogers was volgens Meyer et al (2003:365) van mening dat die grootste gedeelte van iemand se gedrag uit die selfkonsep vloei.

Burger (2004:307) wys daarop dat die aanpasbaarheid van persone by hulle omgewing volgens Rogers bepaal word deur die selfkonsep en dat persone hulle ervarings op ʼn simboliese of subjektiewe vlak met hulle selfkonsep in verband bring. Enige ervarings wat nie met die selfkonsep ooreenstem nie, kan as ʼn bedreiging gesien word. Hoe meer van hierdie bedreigende ervarings voorkom, hoe meer rigied word die selfkonsep georganiseer om die “self” in stand te hou. Hoe meer persone hulle persoonlike ervarings in verband bring met hulle selfkonsep, hoe meer sal dit moontlik wees om hulle self-konsep by die realiteit aan te pas en te integreer. Perven et al (2005:167) wys daarop dat Rogers na ʼn verwante konsep verwys wat hy die ideale-self genoem het. Die ideale-self verwys na die self-konsep wat iemand graag wil besit. Dit is met ander woorde die ideale persoon wat iemand graag wil wees. Die ideale-self bestaan volgens Derlega et al (2005:141) gewoonlik uit eienskappe waaraan persone hoё waarde heg. Volgens Rogers bestaan die siening wat persone van hulleself het uit twee komponente: (1) Die werklike-self, wat bestaan uit die persepsie wat iemand op die oomblik van hom- of haarself het, en (2) die ideale-self, wat bestaan uit die ideale prentjie wie iemand in die toekoms wil wees.

Rogers het geredeneer dat gesonde psigiese ontwikkeling nie kan plaasvind waar omstandighede ongunstig is nie. Clinton en Hawkins (2011:452) verduidelik Rogers se uitgangspunt aan die hand van die volgende voorbeeld: Indien kinders aanvoel dat hulle nie liefde (onvoorwaardelike positiewe agting) ontvang nie, sal hulle gevoelens van haat en verwerping ontken om sodoende te verhoed dat hulle hulself as ongeliefd sien. In hierdie geval is die gevoelens van haat en verwerping nie net inkongruent met hulle self-konsep nie, maar sal ook aanleiding gee dat kinders hulle gevoel van positiewe agting verloor. Dus, die onvermoë om aan kinders warmte en liefde te bewys gee daartoe aanleiding dat die kinders hulle werklike ervaringe (om ongeliefd of ongewens te wees) ontken. Die oorsprong van die inkongruensie in die self-konsep asook die konflik tussen persone se ervaringe en hulle selfkonsep, lê volgens Rogers (2007:242) in persone se pogings om aanvaarding te behou. Waar ouers ʼn gebrek aan betroubare liefde het, kan kinders se ontwikkeling tot uniekheid

99

|

P h . D G J N i e m a n n

en onafhanklikheid gesmoor word. Ouers wat byvoorbeeld vereis dat kinders altyd by hulle moet wees, of dieselfde gedagtes en gevoelens as hulle moet hê, beperk die ontwikkeling van die self-aktualisering.

Volgens Kirschenbaum en Jourdan (2005:47) gee Rogers die volgende as kenmerke van ʼn “ten volle funksionerende persoon”:

 Ten volle funksionerende persone het ʼn duidelike en akkurate persepsie van die werklikheid en hulle kan op sistematiese wyse op probleme fokus en aan oplossings werk sonder om deur selfkritiese gedagtes afgelei te word.

 Hierdie persone is selfaanvaardend eerder as verdedigend. Hulle is in staat om die volle omvang van hulle eie emosies, impulse en motiverings te aanvaar en te ervaar.

 Hulle aanvaar ander sonder om veroordelend of krities te wees.

 Hulle ervaar positiewe emosies op ʼn spontane wyse en het die kapasiteit vir opregte en blywende liefde.

 Volle funksionerende persone is outonoom en selfgerig. Hulle stel standaarde en neem besluite wat gegrond is op hulle eie gevoel en sin vir wat reg is, eerder as om beïnvloed te word deur eksterne eise of standaarde.

 Hulle is selfaktualiserend, en is met ander woorde gemotiveer om hulle eie sterk punte, belangstellings en vermoëns ten volle te ontwikkel.