• No results found

VERSKILLENDE DEFINISIES VAN 'N KANON

Hoofstuk 3: KANONISERING IN DIE LITERATUUR

3.3 VERSKILLENDE DEFINISIES VAN 'N KANON

VanGorpet al. (1998:75)sien die kanon as sinoniem met die sogenaamd klassieke werke1: "de onsterfelijken van de literatuur". Viljoen (1992b:197) verwys daarna dat kanons vandag as histories gevormde instellings beskou kan word wat die belange van die heersende groep verskans. Vir Van Coller (1996:50 en 2002:66) is die kanon 'n versameling tekste wat as "verwysingspunt" kan dien binne 'n literêre sisteem.

Sommige literatuurondersoekers, soos Harris(1992:24), beklemtoon die elitistiese aard van

die kanon:

If one accepts not only that canons are the products of evaluative choices but that all evaluations are based on the perceptions and values of a particular group, it is an easy step to the argument that all evaluative criteria are arbitrary and that no selective canon is possible that does not privilege a particular socioeconomic group.

Dieselfde standpunt word gevind by Abrams (1999:30), as hy daarna verwys dat die kanon gevorm is in ooreenstemming met die ideologieë, politieke belange en waardes van 'n elite- groep en geprivilegeerde klas wat wit, manlik en Europees is. In 'n artikel stel Van der Merwe (1996:122) hom juis ten doel om te bewys dat die Afrikaanse poësie elitisties van aard is. Ook Fokkema (1985/6:6) se omskrywing impliseer moontlik die elitistiese aard van die kanon [my kursivering – E.A.]:

[E]en selectie van bekende en waardevol geachte teksten, die in het onderwijs worden gebruikt en die als referentiekader dienen voor de literaire kritiek.

Fokkema koppel die elitisme aan 'n verwysingsraamwerk en aan waardering, wat 'n hiërargie

tot gevolghet.HierdiegedagteworddeurHawthorn(1998:20)teengestaan. Hy bevraagteken

die verband tussen die kanon en outoriteit en noem as voorbeeld die feministiese kritiek wat 'n alternatiewe kanon wou daarstel. Die hiërargie van die kanon word weer deur Bloom (1995) onderstreep in sy boek The Western Canon as hy sê dat die nuwe digter moet weet wie om mee te stry om 'n plek in die kanon te verkry.

Abrams (1999:30) voer aan dat daar gevra word om die skrapping van die elitistiese en hiërargiese aard van die kanon. Die ingeboude diskriminasie tussen hoë en lae kuns moet uitgeskakel word, sodat kulturele produkte soos Hollywood-rolprente, televisiereekse, populêre literatuur en lirieke wat gerig is op die massamark, ingesluit kan word (Abrams 1999:30). Dieselfde gedagte word deur Brink (2000:iv) onderstreep wanneer hy noem dat die kanoniseringsproses self onder die loep geneem moet word en die kanon herskryf moet word. Abrams (1999:29) se definisie van die literêre kanon lui as volg:

[T]hose authors who, by a cumulative consensus of critics, scholars, and teachers, have come to be widely recognized as "major", and to have written works often hailed as literary classics.

Hy fokus dus op die outeur en die teks self. 'n Ander navorser wat ook die outeur en die teks beklemtoon, is Hawthorn (1998:20):

By extension the term in literary-critical usage came to be applied (i) to WORKS which could undisputable be ascribed to a particular AUTHOR, and (ii) to a list of works set apart from other literature by virtue of their literary quality and importance.

Hierdie twee omskrywings beklemtoon die gedagte van gesaghebbendheid. Ook Mooij

(1985/6:23) se definisie sluit hierby aan2:

Een verzameling van literaire werken, die in een sameleving als waardevol erkend worden, en die dienen als referentiepunten in de literatuurbeschouwing (met name de literaire kritiek) en in het onderwijs (en daar dan ook onderwezen worden).

Mooij gee wel 'n ruimer omskrywing van die kanon as wat deur Van Gorp et al. (1998:75) en ander navorsers gegee is, maar hy sien nie die moontlikheid van verskillende kanons nie. 'n Navorser wat wel die moontlikheid van meer as een kanon voorstel, is Moerbeek (1992:342), wie se definisie lui:

Een canon is een verzameling van werken en auteurs die door een sociale groep of literair circuit als waardevol erkend worden, en die als referentiepunt voor die sociale groep of dat literaire circuit fungeren.

Moerbeek beklemtoon dat 'n sekere groep of instansie wel betrokke is by die keuse van tekste wat as waardevol beskou kan word, soos wat Ohlhoff (1993:59) dit stel. Dit is insig-

gewendom daarop te let dat Fokkema (1985/6:6),Mooij (1985/6:23), Moerbeek (1992:342)

en Van Coller (2002:66) almal verwys na die "referentiepunt" of "verwysingspunt" wat die kanon vervul en die feit dat dié tekste as waardevol beskou word. Hierdie navorsers en andere soos Tompkins sien die kanon as 'n maatstaf, teenoor navorsers soos Culler en Kermode wat dit sien as die resultaat van interpretasies (Ohlhoff 1993:59) en 'n "sinistêre maaksel van verbruikerskapitalisme" (Van Coller 1995:49).

Lourens (1997:19) meen dat die voorlopige omskrywing van Mooij, wat deur Moerbeek (1992:336) gebruik word as begrensing van die kanonbegrip – naamlik dat die kanon 'n ver- sameling literêre geskrifte is wat aansienlik groter is as die versameling klassieke werke, maar tog kleiner is as die totale korpus literatuur – die kanon deur uitsluitings- en insluitings- meganismes definieer. Reeds in sy 1995-artikel beweer Van Coller (1995:50) dat kanonise- ring 'n proses van insluiting en uitsluiting is wat gegrondves is in die magspel tussen die verskillende rolspelers. Daarteenoor verwys Viljoen (1992b:197) na Fowler wat die positiewe uitwerking wat die samehang en die verskeidenheid van die kanon het, beklemtoon. Lourens

(1997:20)voeraan dat Mooij en Moerbeek se definisies die belangrikste struktuuraspekte en

debatspunte rondom kanonisering raak. Ek stem daarmee saam, maar sal in my bespreking ook verwys na ander kanonondersoekers en die struktuuraspekte wat hulle as belangrik beskou.

Teen die agtergrond van my navorsing binne die polisisteemteorie is die moontlikheid van meer as een kanon belangrik. Dit is veral Even-Zohar (1990a:15) se omskrywing van gekanoniseerde en niegekanoniseerde werke wat vir hierdie studie belangrik is (sien hoof- stuk 2.5). Gekanoniseerde werke is daardie werke en norme wat deur die dominante groep in die kultuur as wettig aanvaar word; daarteenoor is niegekanoniseerde werke daardie werke en tekste wat deur die dominante groep as onwettig beskou word en uiteindelik ver- geet word. Even-Zohar (1990a:15) koppel, soos Abrams, Mooij en Moerbeek, die konsep van die kanon ook aan gesaghebbendheid, maar beklemtoon dat dit nie as 'n sinoniem van goeie literatuur gesien moet word nie.

Van Coller (1995:49) beweer dat kanonisiteit nie 'n inherente eienskap van 'n bepaalde

werk is nie, soos wat Even-Zohar (1990a:15) dit ook omskryf. Verder betoog Even-Zohar (1990a:17) dat die afwesigheid van niegekanoniseerde werke tot die stagnasie van die gekanoniseerde werke kan lei. Die kanon kan nooit 'n statiese konstruksie wees nie, omdat norme, funksies en waardes altyd verander (Van Coller 1995:48).

Uit die verskillende definisies hierbo gegee, is dit duidelik dat daar wel in die breë konsensus bestaan oor wat 'n kanon is: dit is 'n versameling tekste wat deur 'n bepaalde gemeenskap as waardevol en bewarenswaardig beskou word, én wat as verwysingspunt vir literêre oordele en navorsing funksioneer (Van Coller 1995:49). Voorts word gekyk na die aspekte wat 'n rol speel in die studie van kanonisering.