• No results found

Die rol van die institusie in kanonvorming

Hoofstuk 3: KANONISERING IN DIE LITERATUUR

3.6 KANONVORMING

3.6.4 Die rol van die institusie in kanonvorming

Dit word tans deur verskeie navorsers aanvaar dat die literatuur nie meer net 'n informele of toevallige gebeurtenis is nie, maar dat dit deur formele samelewingstrukture "geprosesseer" word (Lourens 1997:24). Fokkema (1985/6:3) verwys na die komplekse proses waaruit tekste uit die verlede gekies word om die kanon saam te stel en meen dat die gevaar daar- van institusionalisering8 is.

Soos in hoofstuk 2.4.3 gesê, is die institusie die totaal van faktore wat betrokke is by die onderhouding en beheer van die literatuur; dit is die institusie "which governs the norms, sanctioning some and rejecting others" (Even-Zohar 1997:31). Institusionalisering sluit dus

instansies en agente in soos opvoedkundige instellings, uitgewers, tydskrifte, kritici en

7 Van der Merwe en Viljoen (1998:32) gebruik die term poortwagters. Sien ook Lourens (1997:37) wat die term hekwagter gebruik soos

deur Dijkstra omskryf. Viljoen (1992c:275) gebruik die term "gatekeepers".

8 Die term institusionalisering word deur verskeie navorsers soos Fokkema (1985/6:4), Mooij(1985/6:30), De Wet (1994:42), Lourens

skrywersverenigings.Soverwys Van Coller (2002:70) byvoorbeeld na bloemlesers as literêre agente aangesien hulle spesifieke ideologieë, literêre opvattings en selfs literêre reputasies

kan aanvul, ondersteun of verruim (vgl. Odendaal 2001:54) – sien hoofstuk 3.6.6. In 'n

ondersoek deur Frank de Glas (1992) word die invloed van die uitgewery op die kanon

nagevors aangesien weinig aandag in die verledeaandiebydraevanuitgewersgeskenkis9.

De Glas (1992:292) wys op die seleksietaak van uitgewers, wat insluit die uitgewers se rol as "gate-keepers" (1992:293); asook hul rol in teksredigering (1992:295) en die resepsie van tekste (1992:298). Hy kom tot die gevolgtrekking dat die uitgewersbedryf gedurig verander, terwyl die kanoniseringsproses 'n langdurige proses is; daarom het die uitgewer geen regstreekse invloed op die oordeelvorming nie, meen hy (De Glas 1992:302). Wat wel vir hom die deurslag gee by die literêre kanon, is die essayistiese en akademiese literatuur- kritiek. (In hoofstuk 5 verwys ek na dié twee vorme van kritiek.) Ten opsigte van die Suid- Afrikaanse situasie hou De Glas se gevolgtrekking oor die uitgewersbedryf nie stand nie. Aangesien NB-Uitgewers so 'n monopolie in Suid-Afrika het, is dit moeilik vir 'n debutant van 'n niehoofstroomuitgewery of 'n selfpubliseerder om kanoniseringstatus te bereik. Janssen (1994:66) kom tot dieselfde gevolgtrekking, naamlik dat die tipe uitgewer wel 'n groter rol speel by debutante se aanvaarding deur en in die literêre sisteem as niedebutante.

Een van die navorsers wat belangstel in die invloed van die institusie op die kulturele gedrag van mense, is Susanne Janssen (1994). Soos in hoofstuk 2.1 uiteengesit, fokus sy in haar doktorale studie veral op die werk van Pierre Bourdieu, die Franse sosioloog wat die term "kulturele veld" geskep het as 'n oorkoepelende begrip vir die produksie van kuns (Janssen 1994:15). Die kulturele veld verkeer in 'n staat van gedurige konflik, aangesien daar botsings is tussen die persone wat in hierdie proses betrokke is. Daar is 'n aantal institusies wat die komplekse proses van institusionalisering reguleer. Onder die literêre institusie verstaan Bourdieu 'n konstellasie van rolspelers wat 'n spesifieke taak vervul in die materiële produksie en verspreiding van literêre tekste en in die vorm en verkondiging van opvattings (Janssen 1994:19). Met behulp van Bourdieu se model kyk Janssen na die institusionele spelreëls van die letterkunde waarbinne die individuele kritikus aan sy of haar praktyk gestalte moet gee. Deur middel van 'n empiriese studie bewys Janssen dat kritici bewus is van hierdie institusionele raamwerk.

9 In 2002 word 'n ondersoek na die uitgewerswese in Suid-Afrika onderneem deur dr. Francis Galloway en Rudi Venter. Die volledige

resultate van die navorsing was nog nie beskikbaar toe ek my tesis klaargemaak het nie. 'n Artikel deur die twee navorsers het wel in

Die Burger van 6 Januarie 2003 verskyn. 'n Artikel deur Neil Cochrane oor literêre minderhede binne die Afrikaanse uitgewersbedryf,

met Homeros en Kwela Uitgewers as gevallestudies, verskyn in die Augustus/November 2001-uitgawe van Tydskrif vir Letterkunde 34(3/4).

Die literêre institusie speel verder 'n rol in die vorming en skepping van opvattinge oor tekste, met ander woorde beeldvorming. Tot hierdie institusie behoort, volgens Janssen (1994:19), die uitgewerswese, die biblioteekwese, die boekhandel, die literêre kritiek en die literatuur- onderwys. Al dié faktore vorm die literêre veld, wat in 'n sisteem van magsverhoudings staan. Dit veroorsaak dat die literêre veld dinamies van aard is en hoofsaaklik berus op die institusies en persone wat betrokke is by die produksie en verspreiding van literatuur. So- doende vorm dit dus deel van die groter maatskaplike veld (Janssen 1994:19).

In 'n vorige onderafdeling, naamlik "Kanoniseringsprosesse", is verwys na die komponente wat werksaam is in die kanoniseringsproses soos deur Fokkema uitgelig. Hieruit blyk dit dat kanonisering deel is van 'n magstryd, 'n gegewe wat deur beide Janssen (1994:19) en Even- Zohar (1997:32) beklemtoon word. Die mag wat deur 'n sekere groep uitgeoefen word, is belangrik by kanonisering en dié magstryd hang saam met die invloed van byvoorbeeld die betrokke publikasie, die uitgewer en die resensent. So verwys Van der Merwe en Viljoen (1998:79) na die volgende aanduiders van literariteit (wat ook moontlik met "kanon" vervang kan word): die naam van die skrywer, die uitgewer, die plek waar jy die boek koop, die verspreidingskanale, die voorblad, die titel, die genre-aanduidings en deur wie en waar dit geresenseer word.

In hoofstuk 2 is verwys na die ses komponente in die literêre sisteem wat Even-Zohar (1990b:31) onderskei, naamlik die produsent, die produk, die verbruiker, die repertorium, die institusie en die mark. Even-Zohar (1990b:38) beklemtoon dat die literêre institusie nie 'n eenheid vorm nie, juis omdat daar 'n magspel binne die institusie aan die gang is. Verskillende magspelers kan op dieselfde tyd binne die sisteem funksioneer: in die sentrum geld 'n sekere institusie se mag, maar ander institusies soos skole, kerke en die publiek kan teen die gesentraliseerde institusie in opstand kom of dit beïnvloed. Die institusie hou dus die dominante kanon aan die gang deur die seleksie van tekste vir literêre kursusse aan akademiese instellings soos universiteite of vir voorgeskrewe werke op skool. Willemse (1999:8) meen dat die kulturele mag van uitgewers, tydskrif- en koerantredakteurs, resen- sente, bloemlesers, universiteitsdosente en literêre geskiedskrywers en hulle dominante posisies in kulturele verhoudings juis lei tot die institusionalisering van daardie dominante orde.

'n Verdere manier van institusionalisering is deur middel van literêre pryse. Die invloed van die toekenning van literêre pryse kan nie onderskat word nie. De Wet (1994:78) bevestig die siening as sy verwys na die gekanoniseerdheid van 'n digter wat byvoorbeeld die Hertzog- prys ontvang. Aangesien my navorsing fokus op debuutdigbundels teen die millennium-

wending, bestee ek in hoofstuk 4.3 aandag aan die Ingrid Jonker-prys, wat aan debuut- digbundels toegeken word. In hoofstuk 5 gaan ek na watter kanoniseringsvoordeel daaraan verbonde is om genomineer te wees of 'n prys te ontvang, spesifiek met die oog op resen- sering. Dit wil voorkom of 'n bundel wat genomineer is of 'n pryswenner is, meer resensies ontlok.

Een van die instansies wat betrokke is by die proses van kanonvorming is literêre kritici.