• No results found

Hoofstuk 3: KANONISERING IN DIE LITERATUUR

3.5 SOORTE KANONS

Uit die ondersoek sover blyk dit dat daar verskillende soorte kanons kan bestaan. Die kanons word gevorm deur verskillende groepe omdat dit telkens 'n ander funksie verrig. Die totale omvang van die kanon kan egter nie vasgestel word nie, omdat dit beperk word deur praktiese oorwegings soos sensuur, rakspasie en die feit dat die hele kanon nooit gelyktydig in druk is nie.

Die amptelike kanon kan van die persoonlike kanon onderskei word, meen Fowler (vgl. Viljoen 1992b:197). Die amptelike kanon toon die kenmerke van gesag en outentisiteit: dit is stabiel, geïnstitusionaliseer deur opvoeding en eksklusief volledig. Daarteenoor het elke leser sy of haar persoonlike kanon, wat ook niegekanoniseerde werke kan insluit. Fowler (vgl. Viljoen 1992b:197) verwys ook na die informele kanon, wat bekende en maklik bekom- bare passassies is, soos gevind in die besprekings in tydskrifte of as voorbeelde in hand- boeke en waaroor kritici herhaaldelik skryf.

Harris (1991:112 en 1992:23) gee erkening aan Fowler se onderskeiding en verfyn dit tot

seskanons. Dieamptelikekanon wordgeïnstitusionaliseer deur die onderwys, die joernalis-

tiek en begunstiging ("patronage"), met die persoonlike kanon wat afhang van individuele smaak en voorkeure. Die potensiële kanon is die hele korpus geskrewe tekste, asook die oorgelewerde orale letterkunde, wat om verskillende redes soos die niebeskikbaarheid van tekste nie in die geheel ondersoekbaar is nie. Hierteenoor is die toeganklike kanon daardie korpus tekste uit die potensiële kanon wat op 'n spesifieke oomblik beskikbaar is. Volgens Willemse (1999:3) word die toeganklike kanon onderwerp aan faktore soos uitgewersprak-

tyke, versamelbundels en politieke en literêr-tegniese sensuur. Die selektiewe tekste is die resultaat van geïnstitusionaliseerde leeslyste en kurrikula, wat deur die sistematiese voor- keure van onderwysbeplanners beïnvloed word (Willemse 1999:3), terwyl die kritiese kanon die werke en outeurs is wat gereeld in artikels en boeke bespreek word. Ohlhoff (1993:62) en Lourens (1997:21) verwys na nog 'n kanon, wat in die 1991-artikel van Harris (1991:113) in die PMLA genoem word, naamlik die pedagogiese kanon, wat die tekste is wat voor-

geskryf word vir sekondêre en tersiêre studie3. Volgens Van Coller (1995:49) is die keuse

van tekste vir die didaktiese kanon aanvegbaar: sogenaamde "eksterne" aspekte soos die

feit dat mense uitgesluit is van die besluitnemingsproses oor nuwe kurrikula en "interne" aspekte soos die inhoud van die kurrikula beïnvloed die didaktiese kanon.

Om terug te keer na Moerbeek (1992:342), wat die moontlikheid van verskillende kanons voorstel: hy bespiegel dat dit moontlik is om te praat van 'n kanon van 'n leesklub, 'n kanon van 'n literêre tydskrif, 'n akademiese kanon en 'n skoolkanon. Altieri (vgl. Moerbeek 1992:341) waarsku egter dat die term kanon nie te ruim gebruik moet word nie.

Harris (1991:115-117) fokus onder meer op die funksies wat by die selektiewe kanon 'n rol speel. Selektiewe kanons verteenwoordig die interaktiwiteit van oordeel van hoe en watter tekste gelees moet word. Lourens (1997:21-22) noem al sewe die funksies, terwyl vier hier- van deur Ohlhoff (1993:62) geselekteer is in sy ondersoek na kanons en kanonisering. Ek noem slegs dié wat vir my studie belangrik is, toegelig met my eie voorbeelde:

 Tekste word gekies om basiese kulturele erfgoed oor te dra. Lourens (1997:21) sluit haar by Ohlhoff (1993:62) aan en toon dat lesers sodoende toegerus word om tekste uit die verlede te interpreteer. Dié funksie speel 'n rol by tekste wat voorgeskryf word vir sekon- dêre en tersiêre studie, aangesien 'n sekere beeld van die literatuur aan die skoliere en studente voorgestel word. Dit is vir my studie belangrik aangesien skoliere en studente toegerus behoort te word om die eietydse poësie te lees in die lig van die tekste van die verlede. Hierdie funksie stel skoliere en studente in staat om eietydse tendense en probleme in historiese perspektief te plaas, om hulself te oriënteer ten opsigte van die eietydse prestasies en om die filosofiese debatte te volg wat deur die eeue geheers het. Die pennestryd wat tussen Johann de Lange en Jaco Fouché in 2002 op LitNet plaas- gevind het, is 'n voorbeeld om dié funksie van selektiewe kanons te illustreer.

3 Die pedagogiese kanon dra 'n sekere beeld van die samelewing oor aan studente en skoliere. Van Coller (1995:49) praat van die

 Die daarstelling van modelle, ideale en inspirasies is belangrik vir my navorsing omdat die bundels van die millenniumwending 'n beeld van die wêreld gee wat verskil of anders is of in gesprek tree met die tekste uit vorige tydperke. Die intertekstualiteit tussen byvoorbeeld Gert Vlok Nel en N.P. van Wyk Louw of tussen Gert Vlok Nel en Ronel Nel verteenwoordig hierdie funksie van Harris. Dit kan ook moontlik wees om te sien wie van die eietydse digters moontlik as modelle beskou gaan word deur toekomstige digters. Dié funksie onderstreep die beginsel van seleksie.

 Diefunksievanhistoriseringisvirmystudiebelangrikaangesienek 'n eietydse literatuur-

geskiedskrywing bied op die faktore wat 'n invloed uitoefen op die debutante teen die

millenniumwending. Lourens (1997:22) meen dat historisering 'n sekere mag aan tekste

toedig wat deur literêre en buiteliterêre faktore veroorsaak word. Ek fokus in die volgende hoofstuk op sekere van hierdie faktore.

 Tekste word gekies op grond van pluralisering (so word erkennig gegee aan byvoor- beeld die werk van swart digters of aan alternatiewe publikasies). In hierdie verband praat Hawthorn (1998:21) van 'n paraliteratuur. Hy omskryf dit as volg:

[W]ork which is seen to be 'literary' in a broad sense but non-canonical, such as crime fiction, romantic fiction, the sort of poetry published in mass circulation magazines.

Hierdie definisie strook volgens my met Mooij (1985/6:25) se siening van pluralisering, naamlik dat die samelewing uit diverse groepe bestaan en dat kanoniseringsprosesse

hiermeesaamhang.Mooij(1985/6:25),Harris(1992:24,283-286)enMoerbeek(1992:342)

vestig almal die aandag op die funksie van pluralisering. Dit is die vernuwing van die kanon deurdat daar aan miskende groepe erkenning gegee word. So beweer Mooij (1985/6:25) dat die pluralistiese karakter van die samelewing aanleiding gee tot die pluralisering van kanons, terwyl Moerbeek (1992:342) nie net na die vernuwing van die kanon verwys nie, maar ook na die uitbreiding van die kanon, aangesien elke groep 'n eie kanon het. De Wet (1994:45) voer aan dat een van die wesenskenmerke van die kanon is dat kanonhersiening voortdurend moet plaasvind. Die vraag wat dan opduik, is watter seleksie gemaak moet word vir die kriteria van kanons. Dit blyk dus dat selektiewe kanons die funksie van pluralisering kan hê. In my studie word verwys na hierdie funksie in die Afrikaanse poësiesisteem wanneer ek ingaan op die rol van alternatiewe publika- sies as 'n tendens in die publikasiebedryf teen die millenniumwending. My ondersoek bring ook aan die lig dat die ses debutante van 1999–2000 almal wit is – in teenstelling met die pluralistiese samelewing.

Alhoewel daar tot dusver definisies aangebied is van die begrip kanon en tussen verskil- lende kanons onderskei is, is dit nog nie duidelik hoe kanonvorming plaasvind nie. Dit wil voorkom asof kanonvorming vanselfsprekend, onvermydelik en wenslik is, maar soos uit die volgende onderafdeling blyk, is dit 'n ingewikkelde proses.

3.6 KANONVORMING