• No results found

Die toekoms van die Afrikaanse poësie

Hoofstuk 4: DIE LITERÊRE VELD VAN AFRIKAANS

4.5 DIE AFRIKAANSE POËSIEVELD

4.5.4 Die toekoms van die Afrikaanse poësie

Waarin lê die toekoms van die Afrikaanse poësie as na bogenoemde tendense gekyk word?

Die klein aantal poësiedebute staan in kontras met die skynbare opbloei van bloemlesings (Odendaal 2001:63) wat as gevolg van kommersiële oorwegings 'n prominente rol speel in die Afrikaanse poësieveld.

Binne die literêre polisisteem, soos uiteengesit in hoofstuk 2, is die hoofkomponente die

bemarking, die verspreiding, die mediëring en die resepsie van die betrokke genre (vgl. Van der Westhuizen 1999:129 se ondersoek na jeugliteratuur). Wat die produksie betref, is reeds gewys op die rol van uitgewers. Indien 'n uitgewer positief is oor 'n digbundel, sal hy of sy die bundel publiseer. Stassen (2002b) meen dat uitgewers onwillig sal wees om digbundels uit te gee as dit nie verkoop nie. Protea Boekhuis is egter positief oor die toekoms van die Afrikaanse poësie en sou in 2002 10 tot 12 debute publiseer [uiteindelik is slegs 3 gepubli- seer – E.A.], maar hoop om dit op te stoot tot ongeveer 15 bundels per jaar. Daar is reeds in hoofstuk 4.4.4 gewys op die probleme en moontlike oplossings vir die bemarking van debuutdigbundels. Wat betref die mediëring van debuutdigbundels kan die rol van die media nie oorbeklemtoon word nie. Die media is nuttige verspreidingsinstansies. Die literêre kritiek het onder meer 'n rol om te speel deur die debuut aan die leser bekend te stel, dit te inter- preteer, te waardeer en selfs te bevorder (Van der Westhuizen 1999:135). Wat die resepsie betref, moet onthou word dat die debuut gerig is op 'n lesersmark. Só voel Ronel Nel (Nieu- woudt 2002e:4) oor haar digdebuut:

Die styl waarin ek en Toast Coetzer skryf, is toeganklik. Ek dink dit nooi mense uit om te luister, anders as die meer formele poësie waar die leser weens die formele taal vervreem word van die gedig.

Resepsiestudies soos wat ek in die volgende hoofstuk onderneem, kan 'n aanduiding van die ontvangs van die teks wees, asook die kanoniseringsmoontlikhede.

Dit blyk duidelik dat dat daar 'n vraag na en behoefte aan digbundels bestaan, veral as daar gekyk word na die sukses en die gewildheid van poësie as orale vorm. Wat is dan die toekoms van die Afrikaanse poësie?

Van Zyl (2002b) noem planne waaraan NB-Uitgewers werk om digbundels eerstens meer beskikbaar te stel en tweedens om meer gereelde kopers van digbundels te kweek. Dit sluit onder meer in 'n netwerk van leeskringe wat uitsluitlik op poësie toegespits is en wat naas hulle eie keuse vir bespreking, ook sal saamwerk om jaarliks minstens dieselfde vier bundels te bespreek. Sodoende sal die bemarkingspotensiaal van digbundels vergroot word.

Kritzinger verwys in Krog (2002a:13) se rubriek na multimedia-poësie. Ook die digter en bekvegter Louis Esterhuizen (Wasserman 2002a) noem die moontlikhede van die cd-rom, die internet en die musiek om die poësie te bevorder. Hambidge (Engelbrecht 2001:42) sien ook geen bedreiging in die e-boek nie en voel dit is 'n verbreding van die mark. Tydens die

Insig-debat in 2002 opOudtshoorn stel Toast Coetzer voor dat die bemarking van Afrikaanse

boeke "minder boekerig" moet wees (Basson 2002:17). Coetzer verwys byvoorbeeldnadie

sukses van Koos Kombuis, wat boeke en musiek suksesvol kombineer.

'n Kenmerk van sisteme (Even-Zohar 199a:17) is om die ewewig te herstel. So het daar

binnedie polisisteem ewewigsherstel plaasgevind in die musieksisteem. Die vraag kan gevra

word of die sogenaamde herstel in die Afrikaanse poësiesisteem nie in die musieksisteem lê nie (Bosman 2003). Dit wil voorkom of poësie teen die millenniumwending deel geword het van musiek. Baie nuwe toonsettings van Afrikaanse gedigte kom in verskillende musiek- subgenres voor, soos rock, ballade en die kunslied. Voorbeelde hiervan is onder meer Annelise Wiid en Helena Conradie se Boerneef- en Cussons-programme; Derek Fordyce se Leipoldt-toonsettings wat in 2003 op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees uitgevoer is; en Marimba se toonsettings van gedigte deur Eugène Marais en Ingrid Jonker. Die wissel- werking tussen musiek en poësie het tot gevolg dat sangers ook as digters gereken word, beweer Bosman (2003). Daarom vind die leser lirieke van Koos du Plessis in Groot verse-

boek en in Poskaarte. Met ander woorde: die "oopmaak van die kanon" om sodoende 'n

verbreding daarvan teweeg te bring, beteken volgens Bosman (2003) dat daar kennis ge- neem moet word van "alternatiewe" vorme van poësie as nie net digbundels nie.

Ditwilvoorkom of die Afrikaanse digkuns in 'n nuwe gedaante voortleef.Waldner (2002:31) skryf oor die herlewing van die Afrikaanse digkuns in rock, rap en blues-vorm. Sy verwys na 'n nuwe toonsetting van Ingrid Jonker se gedig Die kind wat deur 'n Pretoriase groep, Klopjag, uitgereik is. Waldner (2002:13) beklemtoon die nuwe, bemarkbare uitwerking op die Afrikaanse digkuns wat sodoende 'n langer raklewe tot gevolg het. Willie Strauss (Waldner 2002:13) se cd Jou ma se poësie en anner gedigte verskyn in 2002 en bevat toonsettings van onder meer N.P. van Wyk Louw en Antjie Krog. Strauss beweer dat hy sy materiaal versigtig kies, want hy moet wêrelde vir mense kan oopmaak sonder dat hulle agterkom dit is poësie (Waldner 2002:13).

Met die ontwikkeling van die elektroniese media het deure vir die Afrikaanse poësie oopgegaan. Breyten Breytenbach lewer 'n belangrike bydrae met die verskyning van drie cd's. Die om te Breyten-projek saam met die bekende liedjieskrywer Anton Goosen en die klankingenieur Albert du Plessis verower etlike pryse, soos die SAMA- en die Geraas- toekennings. In 2001 word 'n verhoogproduksie daarvan op Oudtshoorn aangebied. Breyten- bach werk weer saam met Albert du Plessis aan Mondmusiek, waarop hy van sy eie gedigte voorlees. In 2002 verskyn sy voorlesings van gedigte op die cd Lady One. Daardie selfde

jaar word nog 'n Breytenbach-produksie op Oudtshoorn uitgevoer, naamlik Lappasait

verwerkings deur Eugénie Grobbelaar en Pedro Kruger van Breytenbach se gedigte oor die

sewe "lappe" wat hy geverf het. 'n Cd en 'n cd-boekversameling19 verskyn ook saam met die

verhoogproduksie. Burger (2003) sien dié belangstelling in Breytenbach se gedigte as iets om oor opgewonde te raak. Dit wys vir Burger (2003) dat "poetry mense (van 'n jonger generasie) nog kan raak".

Die verhoogproduksie en cd van Hans du Plessis se bundel Innie skylte vannie Jirre lewer ook 'n bydrae om die poësie aan 'n groot leserspubliek bekend te stel. Die sanger Randall Wicomb is betrokke by dié produksie.

In 2001 verskyn daar by Tafelberg die cd-rom Verswêreld. Hierdie cd-rom bestaan uit Groot

verseboek 2000 en die literatuurgeskiedienis Perspektief en profiel. Dit bevat onder meer

foto's van en voorlesings deur digters en toonsettings van gedigte. 'n Omvattende N.P. van Wyk Louw-cd-rom en 'n heruitgawe van sy Versamelde poësie in kombinasie met sy biografie verskyn in 2002.

Die eerste e-bundel, Chemiese glimlagte deur Ettienne van Lille, verskyn in 2001 by Contentlot.com. 'n Polemiek waarby die digter self betrokke was, het geruime tyd op LitNet gewoed, en wel na aanleiding van 'n resensie deur Louis Esterhuizen (2001) wat nie goed

deur Van Lille ontvang is nie. Esterhuizen het self ook aan die pennestryd deelgeneem. Sien voorts hoofstuk 5.5.3.

DiegewildheidvanPoësieNetopLitNetisook 'n opvallende verskynsel teen die millennium-

wending: sowel gevestigde as onbekende digters kan hul gedigte voorlê vir plasing. LitNet, wat gestig is deur die skrywer Etienne van Heerden, lewer 'n bydrae tot die bemarking en

bevordering van die Afrikaanse literatuur en het 'n belangrike rolspeler geword in die

Afrikaanse literatuursisteem. PoësieNet, begin deur Johann Lodewyk Marais, oorgeneem deur Ronel de Goede en sedert Maart 2002 onder die beheer van Nelleke de Jager, moedig die skep van gedigte aan. Dit is 'n nuttige middel om gedigte aan die breë publiek bekend te stel. Van Coller en Steyn (2001:172) meld die toename in bladsyaanvrae op LitNet. Dit het van 16 000 in Augustus 1999 toegeneem tot 115 259 teen 2000. Indien elke leser dié web- werf daagliks besoek, beteken dit dat 38 000–40 000 lesers LitNet besoek. Van Coller en Steyn (2001:172) beskryf LitNet as die mees suksesvolle literêre Afrikaanse publikasie teen 2001. Malan (2003:17) meen ook dat, naas LitNet, die moontlikhede van die internet as verspreidingsmedium nog nie verken is nie.

Dié besinnings in die poësieveld oor die stand van die poësie teen die millenniumwending wissel tussen twee houdings: óf negatief, óf positief. Belanghebbendes voel daar is óf geen

vernuwing in die eietydse poësie nie, óf daar is wel vernuwende tendense. Met die publi-

kasiemoontlikhede wat al minder word by hoofstroomuitgewers, bepleit onbekende of nie- gekanoniseerde digters 'n oopmaak van die kanon sodat die nuwe poësie ook daarin geakkommodeer kan word. 'n Moontlike oplossing vir dié debatspunt is om by die uitspreek van 'n oordeel die hele polisisteem in gedagte te hou: dit omvat sowel gekanoniseerde digters en tekste wat in die sentrum staan, as ongekanoniseerde digters en tekste op die periferie. Dit is juis die dinamiese aard van die interaksie tussen die verskillende (sub-) sisteme wat die literêre sisteem laat voortleef.

4.6 DIE UITWERKING VAN VERMINDERDE PUBLIKASIEMOONTLIKHEDE OP GE-