• No results found

Empiriese navorsing oor die kanon

Hoofstuk 3: KANONISERING IN DIE LITERATUUR

3.6 KANONVORMING

3.6.7 Empiriese navorsing oor die kanon

Die vraag wat nou na vore kom, is: Kan die kanon as verskynsel ondersoek word? Die doel van kanonstudies is om wetenskaplike kennis van kanons op te doen. Moerbeek (1992:338) vra die vraag of baie van die kultuurpessimiste se siening nie op empiriese dryfsand berus nie. Hy meen dat sekere van die ondersoeke nie deur empiriese gegewens gestaaf kan word sonder om die kanon te verbind aan 'n duidelik afgebakende sosiale sisteem nie. Deur die kanon 'n relatief meetbare eenheid te maak, is dit moontlik om empiries ondersoek in te stel en vergelykings te maak.

By 'n empiriese ondersoek na die kanon kan onder meer gekyk word na die volgende aspekte (Moerbeek 1992:344):

 Watter boeke word deur die publiek gekoop en gelees?

 Hoe gebeur dit dat een skrywer met verloop van tyd belangriker word as 'n ander?  Wat is die rol van die verskillende literêre institusies in die seleksieproses?

 Hoe ver wyk die keuse van die verskillende literêre kritici van mekaar af?

As daar na die dinamiese aard van kanonvorming gekyk word, moet 'n kwaliteitsondersoek onderneem word (Moerbeek 1992:344). So 'n ondersoek sal onder meer behels: 'n analise

vandieliterêrekritiek;'nanalisevandieaktiwiteitevandiemedia;en 'n analise van die werk-

like resepsie van die literêre werk deur die groter publiek, wat bestaan uit lesers en kopers. Empiriese kanonondersoeke soos deur veral Dijkstra (1989) onderneem, word ingedeel in

kwantitatiewe enkwalitatiewe ondersoeke.Dijkstraondersoek die literêr-kritiesekanon soos wat dit in resensies voorkom (Ohlhoff 1993:63), maar soos wat Lourens (1997:37) tereg aan- dui, kan haar (Dijkstra se) riglyne ook gebruik word ten opsigte van ander ondersoekterreine.

3.6.7.1 Kwantitatiewe ondersoeke

Dijkstra (1989:162-163) noem onder meer die volgende kwantitatiewe kanonaanduiders, wat ook deur Lourens (1997:38) onderstreep word:

 Die aantal bladsye wat aan 'n outeur afgestaan word in byvoorbeeld naslaanwerke of skoolboeke

 Die aandag wat 'n outeur in die literêre kritiek ontvang

Onder dié tipe aanduiders noem Ohlhoff (1993:64) die ruimte wat aan 'n bepaalde outeur afgestaan word. Dit sluit onder meer in die lengte van resensies en die aantal bladsye oor 'n outeur in 'n naslaanwerk. In hoofstuk 5 onderneem ek 'n studie van resensies en media- tekste wat verskyn het oor die ses debuutbundels van 1999–2000; dan sal van hierdie aanduiders benut word.

Wat navorsing oor kwantitatiewe kanonaanduiders betref, kan verwys word na Janssen (1994:34-77) se studie oor prosawerke en poësiebundels tussen 1978 en 1991. Sy lê in haar ondersoek klem op aspekte soos die lengte van resensies (wat gemeet word aan die aantal woorde), die tipe resensie, die tipe uitgewery en ander kwantitatiewe aspekte. Janssen (1994:35) bevestig in haar ondersoek die hipotese dat dag- en weekbladkritici by hul keuse van werke wat geresenseer gaan word en ten opsigte van die lengte van hulle resensies, sterk rekening hou met die menings van hul kollegas. Sy kom tot die gevolgtrekking dat die kritici hulle keuse deur kwaliteitskriteria laat bepaal, asook deur die aktualiteits-waarde en die literêre waarde van die teks en deur persoonlike belangstelling.

Nog 'n empiriese kanonstudie van resensies – en een wat vir my studie belangrik is – is dié deur Kees van Rees (1997:90-100). Van Rees (1997:92) gebruik, net soos Janssen, Bourdieu se veldteorie en gee erkenning aan Janssen se ondersoek (1997:96). Hierin is die resensies oor agtien debuutwerke wat in Nederland verskyn het, na aanleiding van die volgende kriteria ondersoek: die jaar van debuut (1975-1977) en die debuutgenre. 'n Lêer is oor elke debutant gehou met die volgende aanduiders: die chronologie van die outeur se oeuvre, die totale aantal resensies, die aantal resensies in hoofstroomkoerante, die algehele en die gemiddelde aantal woorde oor elke werk en laastens drie maniere van gemiddelde waarde-oordeel (Van Rees 1997:96). Sy gevolgtrekking is dat veertien van die agtien debutante se bundels by groot uitgewershuise verskyn het. Van daardie veertien is vyf geresenseer in hoofstroomkoerante of -tydskrifte; hulle het gemiddeld 'n groter aantal woorde en 'n positiewer oordeel ontvang as die ander debutante. Vier van die vyf het later in hulle oeuvre na kleiner uitgewershuise oorgegaan (die rede blyk nie uit die artikel nie), terwyl die oorblywende een opgehou het met skryf. Die ander nege debutante het algaande aandag getrek deur die toename in nuwe titels wat hulle gepubliseer het by groot uitgewershuise. Van Rees bepleit meer empiriese navorsing om spekulatiewe uitgangspunte tot operasionele hipoteses te transformeer wat empiries toetsbaar is.

Schram (1992:254 e.v.) bespreek verdere voorbeelde van empiriese kwantitatiewe kanon- ondersoeke en kom tot die gevolgtrekking dat sulke ondersoeke baie sinvol is.

3.6.7.2 Kwalitatiewe ondersoeke

Ohlhoff (1993:64) praat hier van die literêre verwysingsraamwerk, waar dit gaan om die

assosiasie van die bespreekte outeur met ander outeurs. Hierdie soort ondersoek gaan

eintlik oor 'n analise van die uitsprake wat gemaak is. Die sogenaamde vermeldings (dié

woord is geskep vir die woord mentions – Dijkstra 1989:162) word deur verskeie navorsers

soos Ohlhoff (1993:64) en Lourens (1997:40) in hulle navorsing gebruik.

Dijkstra (1989:163-165) onderskei vier soorte vermeldings wat herlei kan word na die

basiesevormvanouteurx – (metvergelykingselement) – outeury(vgl.Lourens1997:40):

 Waardetoekennend: Outeur x is so goed soos outeur y

(albei outeurs is gekanoniseerd)

 Waardevergrotend: Outeur x is beter as outeur y

(kanoniserend ten opsigte van een outeur)

 Waardeverkleinend: Outeur x is nie so goed soos outeur y nie

(dekanoniserend ten opsigte van een outeur)  Eksplisiet kanoniserend: Outeur x pas in die tradisie van outeur y en z

('n groep gekanoniseerde outeurs word veronderstel en daar word gesê x pas by hulle in)

Die eerste drie vermeldings van Dijkstra is voorbeelde van implisiete vermeldings, aangesien die outeur se posisionering binne die literêre hiërargie óf positief, óf negatief, óf neutraal gestel word. Die posisionering word nie duidelik en eksplisiet gestel soos in die laaste ver- melding nie.

Volgens Lourens (1997:40) kan drie soorte vermeldings onderskei word. Inligtende of infor-

merende vermeldings fokus op die inhoud van die teks – sodoende word die interpretasie-

moontlikhede vir die leser vergemaklik. Interpreterende vermeldings tref vergelykings tussen die stilistiese, tematiese en formele kenmerke van die teks, terwyl evaluerende vermeldings die outeur binne die literêre hiërargie situeer. Hierdie situering geskied óf deur middel van implisiete vermeldings, óf deur middel van eksplisiete vermeldings, soos hierbo beskryf. In 'n volgende hoofstuk word 'n studie onderneem van resensies en ander mediatekste oor die ses bundels wat in 2001 vir die Ingrid Jonker-prys in ag geneem is. Ek sal dan verdere