• No results found

DIE UITWERKING VAN VERMINDERDE PUBLIKASIEMOONTLIKHEDE

Hoofstuk 4: DIE LITERÊRE VELD VAN AFRIKAANS

4.6 DIE UITWERKING VAN VERMINDERDE PUBLIKASIEMOONTLIKHEDE

Die uitwerking van die uitgewersbeleid sedert die tagtigerjare op opkomende digters blyk uit die klein getal debute. Uit die sowat 24 debute sedert 1999 is slegs drie stemme uit die bruin groep, naamlik dié van Allan Boesak, Terence Booysen en Gertjie Billy Hendricks, met elf stemme uit die vrouegroep. Die vrouedigters het hulle deurbraak in die sewentigerjare ge-

had.Foster(2000:3)verskaf die volgende statistiek, gebaseer op die getal vrouedebutante,

bereken as 'n persentasie van die totale getal debute20:

1955 – 1969: 13% (4 uit 32 debute) 1970 – 1979: 31% (16 uit 52 debute) 1980 – 1989: 24% (16 uit 67 debute) 1990 – 1996: 25% (5 uit 20 debute)

Volgens my chronologiese lys van debuutwerke (Addendum A), het die volgende getal vroue gedebuteer: 1960 – 1969: 5 uit 36 (14%) 1970 – 1979: 20 uit 69 (30%) 1980 – 1989: 30 uit 101 (30%) 1990 – 1999: 18 uit 66 (27%) 2000 – 2002: 13 uit 24 (54%)

My navorsing ondersteun Foster (2000:3) se aanvanklike bevindinge, naamlik dat die sewentigerjare die waterskeidingsjaar vir vrouedigters was. Die statistiek toon dat die tag- tigerjare 'n opbloei in vrouedigters toon met 'n afname in die negentigerjare. Die aanvangs- jare van die nuwe millennium toon weer 'n toename in vrouedigters. Opvallend is dat 57% vrouedigters sedert 1990 gedebuteer het – meer as die helfte van alle poësiedebutante was vroue. Vrouedigters wat in die jare sewentig gedebuteer het, is onder andere Antjie Krog,

Sheila Cussons, Wilma Stockenström, Lina Spies, Salomi Louw en Petra Müller – digters

wat teen die jaar 2000 nog steeds status geniet in die Afrikaanse literêre veld. Van Niekerk

(1994:11) beweer dat wanneer geslags-, klas-en rassediskriminasie gesamentlik plaasvind,

die saak ingewikkeld is. Dit is opvallend dat, behalwe enkele swart en bruin vrouedigters

soos Beverley Jansen, Diana Ferrus, Valda Jansen en Jennifer Joseph, daar min digters uit dié groep is. Geen een van dié swart en bruin vrouedigters het al enkelbundels uitgegee nie. Hulle publiseer in versamelbundels soos I Qabane Labantu, Optog en Metafore van her-

lewing. Geen noemenswaardige swart of bruin vrouedigters het sedert die laat negentiger-

jare enige indruk binne die Afrikaanse poësiesisteem gemaak nie. Dit blyk dat dié groep nog sterk gemarginaliseerd is. Op grond van my navorsing maak ek die afleiding dat publikasie-

moontlikhede vir dié groep nog meer beperk is en dat die verminderde publikasiemoont-

likhede hulle negatief sal beïnvloed. Ekonomiese en sosio-politieke beweegredes speel waarskynlik verder 'n rol om die swart en bruin vrouedigters se stemme stil te hou. Die bevordering van geletterdheid onder bruin mense is uiters belangrik vir die voortbestaan van die Afrikaanse literêre veld.

20 Dit gaan hier om volwaardige debuutbundels, nie om versamelbundels nie. In die tydperk 1955–1959 was daar een vrouedebutant,

Soos reeds genoem in hoofstuk 4.5.3, word van die nuwe stemme in enkele versamel- bundels opgeneem. Dit wil voorkom of dié tendens sal voortduur en daarom sal dit aan die nuwe stemme publikasiemoontlikhede bied.

Gemarginaliseerde groepe skep dikwels hulle eie publikasiemoontlikhede deur self uit te gee. Reeds in 1995 het Pearce (1997:200) verwys na die publikasiemoontlikhede vir die

bruin digters –hy meen dat 'n goeie rekenaarprogram, 'n goeie tikster, 'n laserdrukker en 'n

fotostaatmasjien al is wat nodig is om self te publiseer. Pearce noem ook moontlikhede soos kompakskywe, oudiovisuele media en die internet. Die sogenaamde desktop publishing is 'n

goeie manier om te publiseer. Boezak (1997:207) stel 'n literêre HOP-program22 voor. Groot

uitgewerye moet hulle hand na die kleiner uitgewerye uitsteek om die gemarginaliseerde digters in staat te stel om ook te publiseer.

Twee bruin digters wat in 2002 self publiseer, is Terence Booysen met As die wiel eenkant

draai en Gertjie Billy Hendricks met Suid-Afrika is in vlamme. Die bundels verwoord die onte-

vredenheid met die lot van bruin mense in Suid-Afrika. In sy resensie vra Smith (2002c) die vraag of daar van 'n nuwe versetpoësie gepraat kan word. Dit is 'n voortsetting van die soge- naamde struggle-poësie van die jare sewentig en tagtig. Laasgenoemde digters het dit hulle erns gemaak om herhaaldelik die aandag te vestig op die sosiale ongeregtighede in die land en op die lot van die werkersklas (Foster 2000:4). Verteenwoordigers van hierdie tipe poësie is onder andere Patrick Petersen, Hein Willemse, André Boezak, Leonard Koza, Vernon February en Beverley Jansen. Eietydse digters wat die tradisie van die struggle-poësie voortsit, is byvoorbeeld Marius Titus, Clinton V. du Plessis, Eugene Beukes, Willem Frans- man (jr.) en Floris A. Brown. Vir Smith (2002c) is dit betekenisvol dat mense in afgesonderde gemeenskappe spontaan begin dig. 'n Voorbeeld van sulke gemeenskappe is byvoorbeeld die Breederiviergroep, waarin Floris A. Brown die leidende figuur is.

Volgens 'n polisistemiese benadering het die verminderde publikasiemoontlikhede 'n uit- werking op ander velde in die sisteem. Prins (2001:5) wys daarop dat min vroue en swart skrywers deelneem aan bekgevegte. Hy (Prins 2001:5) meld dat Henning Pieterse landwyd e-posversoeke gestuur het waarin spesifiek gevra is na vroulike en/of swart deelnemers. Slegs twee reaksies is ontvang. René Bohnen (Prins 2001:5) meen die druk wat die digters moet hanteer om voor 'n gehoor te skep, moontlik vir sommige deelnemers te swaar kan wees.

As daar na die sewentien debute van 1999–2002 gekyk word, is twaalf niehoofstroom- publikasies. Dit blyk dat dít een van die opvallendste tendense van die millenniumwending is.

4.7 SLOTSOM

DieWeideman-dokument endiegesprekvoeringopLitNet teen 2002 wys dat die Afrikaanse

poësieveld 'n dinamiese en oop sisteem is. Belangrike rolspelers in die Afrikaanse poësie- sisteem, naamlik die digters en die uitgewers, het in hierdie hoofstuk onder die soeklig gekom. Die hoofstroomuitgewers word daarvan beskuldig dat hulle nie altyd aan die digters, en veral die nuwe digters, die nodige ondersteuning bied nie. Dit wil voorkom of uitgewerye

somtyds[onregverdiglik?–E.A.]alleendie skuld kry vir die verminderde publikasiemoontlik-

hede in die Afrikaanse letterkunde. Venter en Galloway (2003:7) wys egter daarop dat die hele publikasiesisteem, naamlik generering, produksie, verspreiding, aflewering, gebruik en terugvoer, in gedagte gehou moet word in 'n gesprek oor die uitgewerswese. Hulle beweer verder dat die publikasiesisteem die sosiaal-politieke veranderinge wat sedert die negen- tigerjare in Suid-Afrika plaasgevind het, reflekteer. Voorbeelde van dié veranderinge wat deur Venter en Galloway (2003:7) genoem word, is die nuwe taalbeleid, afskaffing van literêre pryse, grootskaalse popularisering en veramerikanisering van kulture, die ineen- storting van die voorskryfmark, die tekort aan optimaal funksionerende literêre tydskrifte, en

die vermindering van rakruimte vir Afrikaanse boeke in boekwinkels – aspekte wat ek ook

aangeraak het in my bespreking oor die Afrikaanse literêre veld. Die uitgewers is sake- ondernemings en moet 'n wins maak, word dikwels aangevoer. Hambidge (2002b:4) voel dat die uitgewer nie die skrywer se vyand is nie, maar die geldmagnate en die kitskultuur van die internet is wel. Sy bepleit 'n beter samewerking tussen die uitgewer en die skrywer sodat die boek en die Afrikaanse letterkunde bevoordeel kan word.

Teen die agtergrond soos uiteengesit in hierdie hoofstuk onderneem ek in hoofstuk 5 'n resepsiestudie na die ses debuutbundels wat van 1999 tot 2000 verskyn het.