• No results found

DIE STRUKTUUR VAN DIE POLISISTEEM

Hoofstuk 2: DIE POLISISTEEMTEORIE

2.5 DIE STRUKTUUR VAN DIE POLISISTEEM

Even-Zoharsekonsepvandinamiesestratifikasieis volgens Viljoen (1992d:496) sy belang-

rikste bydrae tot die literêre sisteemteorie. Binne die polisisteem bestaan daar in verskil- lende strata verskillende sisteme, binne 'n sisteem kan die strata ander subsisteme met

wisselende kanoniseringstatus6 bevat en binne die subsisteem bevat die strata individuele

tekste (Lourens 1997:47). Met ander woorde, die grense van die sisteem word wydgetreken

feitlik alle soorte tekste wat deur 'n sekere groep as waardevol beskou word, word ingesluit. Die feit dat grense konseptueel is, bring volgens De Wet (1994:21) mee dat die aandui daar-

6 Lourens (1997:4) onderskei tussen kanonstatus as die status wat die outeur/teks reeds binne die kanon beklee, teenoor kanonisering-

status as die status wat 'n outeur/teks as kandidaat het vir opname in die kanon. Ek steun hierdie onderskeid en gebruik dit dan ook

van arbitrêr is: die literatuurondersoeker bepaal self die grense van die literêre sisteem. Vir Viljoen (1992d:497) is die grense die teks, die produsent en die resipiënt daarvan, asook die norme, postulate of konseptuele raamwerke waarbinne produksie en resepsie plaasvind. Ruiter (1991:26) beklemtoon egter dat die polisisteem nie net uit een sentrum en een periferie bestaan nie, maar uit 'n aantal sentra, elk met 'n eie periferie. Hierdie deelsisteme funksioneer in 'n mate onafhanklik van mekaar. Tussen die verskillende deelsisteme kom 'n hiërargie voor waarby een van die deelsisteme as die sentrum van die hele polisisteem funksioneer.

Binne die literêre sisteem kom dus 'n hiërargiese struktuur voor: die sentrum domineer die periferie. Deur die proses van transformasie vind die stryd tussen die sentrum en die periferie plaas. Daar is 'n gedurige stryd tussen die verskillende strata. Dié hiërargisering kom ook in die verskillende subsisteme van die polisisteem voor. Sekere sisteme en sub-

sisteme raak gekanoniseerd en ander nie – 'n hiërargie van sisteme en subsisteme kom

gevolglik voor. Die stryd tussen die strata is 'n stryd om kanonisering, met ander woorde om hiërargies in die sentrum te wees. Hierdie proses van kanonisering word in die volgende hoofstuk onder die loep geneem.

Alle gemeenskappe is gestratifiseer en daarom vind 'n mens spanning tussen gekanoni- seerde en niegekanoniseerde strata. Dié spanning is universeel. Die gekanoniseerde litera- tuur is tradisioneel as die sentrum van die sisteem beskou, terwyl die niegekanoniseerde literatuur as buite-sistemies (op die periferie) gesien is. Volgens Lourens (1997:47) is hierdie siening egter foutief, aangesien niegekanoniseerde literatuur wel deel van die sisteem is. Even-Zohar (1990a:15) beskryf die konsep van gekanoniseerdheid as:

Those literary norms and works (i.e., both models and texts) which are accepted as legitimate by the dominant circles within a culture and whose conspicuous products are preserved by the community to become part of its historical heritage.

Hierteenoor word niegekanoniseerdheid beskou as:

Those norms and texts which are rejected by these circles as illegitimate and whose products are often forgotten in the long run by the community.

Gekanoniseerde tekste is dus tekste waaraan 'n sekere literêre status toegeken is en wat deel word van die historiese, kulturele erfgoed van die gemeenskap. Niegekanoniseerde werke word gewoonlik uit die literêre milieu geskryf en raak gou vergete. Kanonisiteit en niekanonisiteit is egter geen inherente eienskap van tekste nie en is nie eufemismes vir

"goeie" en "swak" literatuur nie. Ruiter (1991:26) beweer dat vanuit 'n semiotiese perspektief kanonisiteit nie in die eerste plek betrek word op konkrete literêre werke nie, maar op die onderdele van die literêre repertorium.

Die literêre sisteem het, net soos die natuursisteem, 'n regulerende balans nodig om die voortbestaan daarvan te verseker. Hierdie regulerende balans word volgens Even-Zohar

(1990a:16) gemanifesteer in gestratifiseerde opposisies. Die gekanoniseerde strata is af-

hanklik van die uitdaging van die niegekanoniseerde strata, anders stagneer die gekanoni- seerde strata. Dié proses verseker dat die gekanoniseerde strata moet verander en so- doende die evolusie van die sisteem verseker. As geen uitdaging toegelaat word nie, sal die sisteem geleidelik ontbind en na 'n ander sisteem oorbeweeg of totaal tot niet gaan by wyse van 'n revolusie.

As daar geen subkultuur is nie of geen werklike druk op die gekanoniseerde kultuur toe-

gelaatwordnie, kandaarvolgens Even-Zohar (1990a:17)geen vitale(lewendige) gekanoni-

seerde kultuur (literatuur) bestaan nie. Wanneer die gekanoniseerde strata stagneer, word dit gewoonlik aangedui deur stagnasie en 'n hoë mate van gebondenheid. Hierdie stagnasie verhoed op die lange duur dat die veranderende behoeftes van die gemeenskap ge- akkommodeer word, en stereotipering van die strata vind plaas. Die literatuur kwyn nie onmiddellik weg nie, maar word al minder toereikend. Wanneer 'n literatuursisteem dus op die periferie beland, is dit ontoereikend. In Afrikaans, byvoorbeeld, is die sogenaamde onverstaanbare digkuns van sekere digters na die periferie geskuif, terwyl die verskyning van meer gebruikersvriendelike tekste 'n naderbeweeg na die sentrum probeer teweegbring. Die aansluiting van die poësie by ander uitvoerende produkte, soos die musiek, kan ook wys op 'n sentrumverskuiwing wat besig is om plaas te vind.

Diesentrumvandiehelepolisisteem isidentiesaandiemeesgewaardeerdegekanoniseerde

repertorium. Die groep wat die polisisteem regeer, bepaal die kanonisiteit van 'n sekere repertorium. Wanneer kanonisiteit bepaal is, bly die groep by die gekanoniseerde eien- skappe of hulle kan die gekanoniseerde eienskappe verander om in beheer te bly (Even- Zohar 1990a:17). Indien die groep faal in pogings om die sentrum te bereik, kan dit saam met die gekanoniseerde repertorium verskuif word deur 'n ander groep wat op pad is na die sentrum deur 'n ander repertorium te kanoniseer. So 'n groep noem Even-Zohar (1990a:17)

epigone. Hierdie epigone kan 'n gevestigde repertorium as 'n stagnante onderdeel van die

Even-Zohar (1990a:19) tref ook 'n onderskeid tussen statiese en dinamiese kanonisiteit. By

statiese kanonisiteit word 'n sekere teks aanvaar as die finale produk en word in 'n

gekanoniseerde literatuur ingevoeg, terwyl dinamiese kanonisiteit beteken dat 'n sekere literêre model sig as 'n produktiewe beginsel in die sisteem vestig deur middel van die sisteem se repertorium. Laasgenoemde soort kanonisiteit is uiters belangrik vir die dinamiek en voortbestaan van die sisteem. Sodoende word, volgens Lourens (1997:49), nuwe modelle ingevoer in die sisteem. Skrywers (die produsente van die skema van Even-Zohar) wil graag hulle tekste as model erken kry sodat dit deur ander nagevolg kan word. In sy

Anxiety of Influence (1973) en A Map of Misreading (1975) gebruik Harold Bloom dieselfde

grondgedagte: dat daar 'n model is van 'n voorganger wat deur 'n navolger "misgelees" word en wat daardeur beïnvloed is. De Wet (1994) se doktorale proefskrif ondersoek die rol van Opperman as "held" (model) in die Afrikaanse poësiegeskiedenis, asook die kritiek wat teen Opperman as "maatstaf" uitgespreek word. In die volgende hoofstuk oor kanonisering word ook na die sogenaamde vermeldings (Lefevere 1987:23) verwys, waar die niegekanoni- seerde outeur in terme van 'n gekanoniseerde outeur beoordeel word.

Voorts word 'n onderskeid tussen primêre en sekondêre opposisies gemaak, wat in wese

konfliktussenvernuwingenkonserwatismeverteenwoordig.Wanneer 'n repertorium gevestig

is, kan ons praat van 'n konserwatiewe sisteem. Elke teks wat in so 'n sisteem geproduseer word, sal voorspelbaar wees en enige afwyking sal as vergesog (“outrageous” – Even-Zohar

1990a:21)beskou word. Geen nuwe elemente word in die sisteem ingevoer nie. Even-Zohar

(1990a:21) benoem produkte van dié sisteem sekondêr. Daarteenoor veroorsaak die in- sluiting van nuwe elemente, met ander woorde innoverende elemente, 'n vernuwende sisteem, wat Even-Zohar primêre tipes noem. Gedurige wisselwerking vind egter plaas en die primêre model kan sekondêr word as laasgenoemde in die sentrum van die gekanoni- seerde sisteem kom. 'n Primêre sisteem is dus innoverend en vernuwend, terwyl 'n sekon- dêre sisteem voorafbepalend en preskriptief is. Dié proses van sekondêrisering is volgens Even-Zohar (1990a:22) onvermydelik.

Ander literatuurondersoekers onderskei weer 'n ander struktuur van die polisisteem. Hierbo is verwys na Schmidt (1997:123), wat die sosiale sisteem, die literatuur, as 'n komplekse eenheid met etlike interafhanklike dimensies sien. Soos reeds gesê, onderskei hy vyf interverwantlike strukturele dimensies, naamlik akteurs en hulle kognitiewe domeine; kommunikasie; sosiale strukture en instellings (insluitende die mediasisteme); media- aanbiedings (literêre tekste en ander literêre fenomene in die wydste sin); en die simboliese rangskikking van kulturele kennis. Die fenomene van dié dimensies kan, aldus Schmidt (1997:124), as subsisteme gemodelleer word. Die interverwantskappe van sisteme en sub-

sisteme behoort tot drie vlakke: tot die vlak van gebeurtenisse, tot die vlak van prosesse en tot die vlak van relatief stabiele elemente. Subsisteme hoef nie net tot een sisteem te behoort nie, maar mag deel vorm van verskeie sisteme, afhangende van hul bydrae tot die sisteem waartoe hulle behoort.

VirTynjanov (vgl.Viljoen1992d:495)isdie literêre werk'n hiërargiese sisteem vanvorme en

norme, met botsings tussen die verskillende sisteme. In elke sisteem is daar verskillende

entiteite wat die struktuur van die sisteem bepaal. Die dominante entiteit word vervang deur die minder dominante entiteit wanneer die dominante entiteit afslyt. Hierdie verhouding

tussen die entiteite bepaal die struktuur van die sisteem. Daar is ook sprake van 'n

hiërargiese volgorde, aangesien Tynjanov 'n evolusionêre waarde aan 'n werk toedig. Dié waarde dui die belangrikheid van die werk vir die huidige toestand van die sisteem aan en is dus posisioneel hoër as die werk self (vgl. Viljoen 1992d:495).

Dieverskillende aspekte van 'n sisteem moet bymekaar betrokke wees. Volgens navorsers

soos Van der Westhuizen7 (1999:128) is baie instansies, persone en gebeurtenisse in die

sisteem betrokke. Die instansies wat betrokke is, is byvoorbeeld uitgewers, drukkers, boek-

winkels, die radio en televisie, terwyl die persone byvoorbeeld skrywers, illustreerders,

resensente, ouers en keurders vir boekpryse is, met die verskillende gebeurtenisse wat kan plaasvind, soos boekpraatjies, prystoekennings, uitstallings en toneelopvoerings (Van der

Westhuizen 1999:129). In my ondersoek na die literêre agtergrond waarteen die debuut-

digbundels van die jare rondom die millenniumwending verskyn het, word spesifiek gekyk na die rol van die uitgewers, die verskynsel van selfpublikasie deur debuutdigters, die rol van resensente en die toekenning van pryse soos die Ingrid Jonker-prys.

Volgens Van der Westhuizen (1999:129) is van die hoofkomponente of prosesse in die poli- sisteem die produksie, verspreiding, mediëring en resepsie van die teks. Daar is 'n gedurige wisselwerking tussen die komponente want "produksie kan mediëring raak; verspreiding kan mediëring en resepsie bepaal; en veelvuldige verdere variasies op hierdie patroon is moontlik" (Van der Westhuizen 1999:129).

Ek gaan hierdie hoofkomponente in hoofstuk 4 verder onder die soeklig plaas wanneer ek

dieAfrikaanseliterêreveldondersoek.Inhierdiehoofstuksalgewysword hoe die produksie,

die bemarking en verspreiding, die mediëring en die resepsie van debuutdigbundels deur die toestand van die eietydse Afrikaanse literêre veld beïnvloed word.

Vervolgens word enkele toepassingsmoontlikhede van die polisisteemteorie aangedui.