• No results found

Bloemlesings as instrument in die kanoniseringsproses

Hoofstuk 3: KANONISERING IN DIE LITERATUUR

3.6 KANONVORMING

3.6.6 Bloemlesings as instrument in die kanoniseringsproses

Naas literatuurhistorici en vertalers speel antologiseerders 'n verdere belangrike rol in die kanoniseringsproses. Antologiseerders stel literatuur wat andersins moeilik bekombaar is, aan die breë publiek bekend en beskikbaar (Van Coller 2002:68). Daarom is dit in die litera- tuuronderrig 'n onontbeerlike hulpmiddel. Deur middel van bloemlesings kan die literatuur- opvatting en die seleksieproses wat daaragter lê, bevestig word en vorm dit literêre smaak. 'n Studie van bloemlesings toon onder meer watter groepe gemarginaliseerd is en hoe dié

groepe binne dieliterêre sisteem uitgebeeld word. Reeds in 1990 het Hennie Aucamp (vgl.

De Wet 1994:98) kritiek uitgespreek oor die kanoniserende mag van antologiseerders, en veral antologieë wat vir studiedoeleindes saamgestel word. Van Niekerk (1994:6) meen dat bloemlesings barometers van die kanon is. Sy beweer dat die lae frekwensie van vroue-

verhale in Afrikaanse bloemlesings inverhouding totwerklikeproduksiepersentasies 'n aan-

duidingisvanhoeongebalanseerd die kanon is. Dié tendens is ook te bespeur in die poësie.

In die 1975-uitgawe van Groot verseboek word 82 digters gelys, van wie slegs 12 vroue- digters is. In die 1990-sagteband-uitgawe van dié antologie is 115 digters gelys, onder wie

22 vrouedigters, terwyl die 2000-uitgawe van Brink 39 vrouedigters insluit. Spies (1999:16)

noem as 'n rede vir die samestelling van die bloemlesing Sy sien webbe roer die onreg- verdige status of die onregverdige gebrek aan status van die vrouedigters in die letter- kunde.

Dit is algemeen bekend dat die samestelling van D.J. Opperman se Groot verseboek deur die jare heen in sekere kringe kritiek uitgelok het aangesien dit 'n sekere beeld van die

Afrikaanse poësie geskep het10. Ander versamelbundels het in reaksie hierop ontstaan: in

1988 verskyn Aankoms uit die skemer, in 1990 Optog en in 1995 Ons kom van ver af –

almal uitgegee deur Patrick Petersen as verset teen gevestigde Afrikaanse uitgewers

(Hattingh 1998:1). In 1989 verskyn verder I Qabane Labantu. Poetry in the Emergency.

Poësie in die noodtoestand, saamgesteldeur Ampie Coetzee en Hein Willemse. Dié bundels bevat werk van digters wat nog nie met hul eie solobundels gedebuteer het nie. Hulle bevat

hoofsaaklikgedigtevandie sogenaamde struggle-digters – digters wat destyds [en steeds? –

E.A.] nie maklik in die Afrikaanse kanon geakkommodeer is nie (Van Vuuren 2001:41). Willemse (1996:44) meen dat die versweë doelstelling van die bloemlesings die kollektiewe intrede was van 'n groep digters, veral as gevolg van die feit dat daar 'n gebrek aan Afrikaanse letterkundige tydskrifte was wat aspirantdigters gepubliseer het. SA in poetry / SA

in poësie (1988) deur Johan van Wyk, Pieter Conradie en Nik Constandaras gee 'n

alternatiewe beeld van die poësie wat nie in die eerste plek op gehalte as sodanig ingestel is nie. Die samestellers van SA in poetry / SA in poësie bied eerder 'n histories geordende beeld van die sosiale bewussyn verbonde aan die sosiale praktyke binne die geskiedenis. Verder poog hulle om grammatikale en stilistiese verskuiwings wat in die taal plaasgevind het, aan die leser voor te hou. Die bundel Poskaarte (saamgestel deur Ronel Foster en Louise Viljoen) wil weer beelde bied van tendense in die Afrikaanse poësie sedert 1960. Dit bevat gemarginaliseerde stemme en probeer sodoende in 'n sekere sin om die kanon oop te maak. Dit is ook die doel van André P. Brink met die 2000-uitgawe van Groot verseboek (sien die "Voorwoord"), terwyl Komrij (1999: agterblad) in Die Afrikaanse poësie in duisend

en enkele gedigte 'n beeld wil gee wat "door alle sociale en geografische grenzen breekt en

die gesproken en geschreven woordt door blanken en zwarten" toon.

VanColler(2002:73;sienookOdendaal2001:55)verwysnabloemlesingswatdiebestaande

kanon(s) aanval of uitbrei; dit stabiliseer, bevestig, legitimeer of populariseer; en wat die

kanon terugskouend interpreteer of rekonstrueer. Bloemlesings wat die kanon aanval of

uitbrei, is toekomsgerig; terwyl dié wat die kanon stabiliseer, bevestig, legitimeer of

populariseer, hedegerig is; bloemlesings wat verledegerig is, wil die kanon terugskouend interpreteer of rekonstrueer. Odendaal (2001:55-60) toets hierdie tipologie van Van Coller aan die hand van tematiese bloemlesings in die Afrikaanse literêre veld tussen 1986–2000. Ek maak die volgende gevolgtrekkings van sekere bloemlesings wat teen die millennium-

wending verskyn het. Bloemlesings soos Nuwe stemme 2(Mülleren De Jager2001), Nuwe

verset (Hugo, Rousseau en Du Plessis 2000), Uit die stof die see die skald se handevuur-

10 Hierdie beeld impliseer ook 'n beeld van 'n bepaalde kanon. Sien Ohlhoff (1995:39-46) se artikel, waarin hy 'n voorlopige plekbepaling doen van D.J. Opperman se Groot verseboek binne die Afrikaanse literêre sisteem.

voet tracks en die verstuite trein van wat verlange (Bolton, Nel, Kapp en Kritzinger 2001) en Metafore van herlewing (2003) het ten doel om nuwe digters en hul poësie bekend te stel.

Sodoende poog die digters wie se werk in hierdie bundels opgeneem is, om die kanon binne te dring. In 'n resensie oor Uit die stof die see die skald se handevuurvoet tracks en die

verstuite trein van wat verlange (voortaan word dié titel om stilistiese redes verkort tot Uit die stof) skryf Willemse (2002:13) dat bloemlesingdigters soos hierdie hul eie stemme probeer

vind. Dié digters het gewoonlik nie genoeg gedigte vir 'n volwaardige bundel nie en daarom publiseer hulle dan saam. Van Coller (2002:73) beweer dat hierdie soort bundels gewoonlik by kleiner uitgewers verskyn as eenmalige publikasies. Van die vier genoemde bundels hierbo verskyn een by 'n hoofstroomuitgewer, naamlik Nuwe stemme 2 by Tafelberg. Nuwe

verset verskyn by Protea Boekhuis, 'n opkomende uitgewer (sien hoofstuk 4), terwyl Uit die stof by 'n randuitgewer verskyn, naamlik Fenomeen Publikasies. Metafore van herlewing

word deur Lapa Uitgewers gepubliseer, ook 'n randuitgewer.

As daar na Van Coller (2002:73) se inleiding gekyk word, kan enkele afleidings gemaak word. Bloemlesings soos Nuwe stemme 2, Nuwe verset en Uit die stof is toekomsgerig en wil die kanon binnedring omdat dit nuwe digters bekendstel. Dit is kanonuitdagend; nie net omdat dit nuwe digters bekendstel nie, maar ook nuwe temas en ander tale. In Uit die stof word Engels en Afrikaanse gedigte gepubliseer: Bolton dig hoofsaaklik in Engels, Kritzinger in Afrikaans en Nel en Kapp kombineer die twee tale in hulle gedigte. Kaapse Afrikaans is in

Nuwe stemme 2 opgeneem. Bloemlesings soos Groot verseboek 2000, Poskaarte en Die Afrikaanse poësie in duisend en enkele gedigte is hede- en verledegerig, aangesien dit 'n

rekonstruksie van die kanon gee en 'n sekere tydperk interpreteer. Hierteenoor is Johann de Lange en Antjie Krog se Die dye trek die dye aan. Verse oor lyflike liefde (1998) hedegerig, want dit stabiliseer die kanon en is temagerig. By dié tipe bloemlesings kom gewoonlik die subtitel voor met "die beste" as maatstaf. Hier mag nuwe poësie voorkom, maar dit is gewoonlik poësie uit die bestaande kanon.

Bloemlesings is 'n waardevolle hulpmiddel om afleidings te kan maak oor die marginalisering

van sekere groepe en oor die beeld wat van die letterkunde uitgestraal word. Volgens

Odendaal (2001:63) is bloemlesings nuttig om strategieë, tendense en relatiewe posisie- innames in die literêre veld uit te wys.

In die volgende hoofstuk gaan onder meer na bloemlesings binne die Afrikaanse poësie-

sisteem gekyk word as oplossing vir die probleem van verminderde publikasiemoontlik- hede.