• No results found

Vereistes waaraan toestemming moet voldoen

INGELIGTE TOESTEMMING: SUID-AFRIKA

3. Vereistes waaraan toestemming moet voldoen

Of daar in ‘n besondere geval toegestem is, is ‘n feitevraag39 wat bewys moet

word met inagneming van ‘n verskeidenheid beginsels soos vervat in die bepalings van die Grondwet40, die toepaslike beginsels van die gemenereg, relevante wetgewing, regspraak en mediese etiek. Alvorens gegewe toestemming as regsgeldig beskou sal word, moet daar aan die volgende vereistes voldoen word:

3.1 Toestemming moet vrywillig gegee word

In die eerste plek moet toestemming vrywillig, sonder dwang, verleen word.41

Daar kan derhalwe nie sprake wees van regsgeldige toestemming indien dit deur die uitoefening van fisiese geweld of sielkundige druk op die pasiënt verkry is nie. Eweneens word toestemming ongeldig gemaak indien die pasiënt by wyse van ‘n bedrieglike voorstelling beweeg is om toe te stem tot een of ander vorm van mediese behandeling.42 Burchell43 huldig die mening dat toestemming tot

37 2002: 128; Van der Merwe en Olivier 1989: 93; Van Oosten 1991: 19. 38 Neethling ea 2006: 98.

39 Claassen en Verschoor 1992: 59; Neethling ea 2006: 98. 40 Wet 108 van 1996.

41 Snyman 2002: 126; Smit 1975: 259; Van der Merwe en Olivier 1989: 92; Van Oosten 1991: 17; Blackbeard 2003: 48; Van der Walt en Midgley 2005: 142-143; Neethling en Potgieter 2010: 113.

42 Strauss en Strydom 1967: 188 wys op die Engelse saak, R v Case, waar ‘n veertienjarige meisie haar aan geslagsgemeenskap met ‘n geneesheer onderwerp het nadat hy haar onder die indruk gebring het dat dit deel van die behandeling was. Die geneesheer se

geneeskundige ingryping in sommige gevalle ongeldig gemaak kan word indien die pasiënt deur ‘n aanbieding van finansiële voordele daartoe oorgehaal is.

3.2 Toestemming moet nie contra bonos mores wees nie

Toestemming sal slegs ‘n geldige verweer wees indien die handeling waartoe toegestem is nie in stryd met die openbare belang is nie.44 Toestemming tot

byvoorbeeld roekelose mediese proefnemings of ‘n statutêr verbode beëindiging van swangerskap sal nie ‘n geneesheer teen aanspreeklikheid vrywaar nie aangesien sodanige handelinge as contra bonos mores beskou word.45 Hierdie

vereiste verskaf egter selde, indien ooit, probleme wanneer ‘n pasiënt tot mediese behandeling toestem omdat:

“… hardly anyone will doubt the lawfulness of the infliction of some degree of pain by a medical man who, in accordance with recognized procedures, attempts to cure his consenting patient.” 46

3.3 Persoon wat toestem moet wilsvermoënd wees

Aangesien toestemming tot benadeling en toestemming tot die risiko van benadeling regshandelinge is, moet die persoon wat dit verleen wilsvermoënd wees.47 Hy hoef egter nie volkome handelingsbevoeg te wees nie, solank hy net

verweer dat sy toegestem het, is verwerp en hy is skuldig gevind aan aanranding. Kyk ook Beard en Midgley 2005: 57; Carstens en Pearmain 2007: 889.

43 1986b: 320 waar die outeur sy standpunt aan die hand van die volgende voorbeeld illustreer: Gestel ‘n Krugerrand word aan ‘n armoedige persoon aangebied as aansporing om as ‘n proefkonyn deel te neem aan ‘n gevaarlike mediese eksperiment. Volgens Burchell sal enige daaropvolgende toestemming in so ‘n geval nie geheel en al as vrywillig beskou kan word nie.

44 Van Oosten 1991: 17; Blackbeard 2003: 48; Van der Walt en Midgley 2005: 143; Neethling en Potgieter 2010: 115.

45 McQuoid-Mason en Strauss 17(2) LAWSA (2de uitg): par 33; McQuoid-Mason en Dada 1999: 133; Beard en Midgley 2005:55.

46 Strauss 1964:183. Vergelyk Neethling ea 2006: 100; Snyman 2002: 125-126.

47 Snyman 2002: 126 ev; Strauss en Strydom 1967: 189; Smit 1975: 259; Van Oosten 1991: 133; Van der Walt en Midgley 2005:144. Volgens Neethling en Potgieter 2010:

verstandelik ryp genoeg is om die implikasies van sy handelinge te besef.48 Van der Walt en Midgley49 is derhalwe die mening toegedaan dat meerderjarigheid

nie noodsaaklik is om toestemming tot benadeling kan gee nie.50

Volgens Van der Merwe en Olivier51 is ‘n persoon wilsvermoënd “indien hy

verstandelik ryp genoeg is om die implikasies van sy handelinge te besef en hy nie geesteskrank is of onder die invloed van verdowingsmiddels wat belemmerend op sy brein inwerk, verkeer nie.”

Vervolgens word kortliks aandag gegee aan die vermoë van onderskeidelik kinders, geestesongestelde persone en getroudes om toestemming tot mediese behandeling te verleen.

3.3.1 Getroude persone

As algemene beginsel is iedere eggenoot volkome vry om onafhanklik toe te stem tot ‘n geneeskundige ingryping, sonder dat ag geslaan hoef te word op die wil van die ander eggenoot.52 Hierdie reg wat toestemming tot mediese

behandeling of operasies omvat, word in artikel 12 van die Grondwet van die

114-115 is iemand wilsvermoënd as hy oor die geestesvermoëns beskik om tussen reg en verkeerd te kan onderskei en sy handelinge dienooreenkomstig in te rig.

48 Neethling ea 2006: 98 – 99. 49 2005: 144.

50 Daar bestaan egter nie eenstemmigheid wat hierdie aangeleentheid betref nie. Strauss 1964: 123-124 doen byvoorbeeld aan die hand dat ‘n minderjarige wel tot die aantasting van persoonlikheidsgoedere toestemming kan gee maar dat hy nie sonder bystand tot vermoënsbenadeling kan toestem nie omdat dit in laasgenoemde gevalle in wese om besigheidstransaksies gaan waarvoor handelingsbevoegdheid ‘n vereiste is. Van der Walt en Midgley 2005: 144 daarenteen meen dat die bevoegdheid om toestemming te kan gee nie op die onderskeid tussen vermoënsbenadeling en persoonlikheidskrenking kan berus nie maar dat ‘n bepaalde persoon wilsbevoeg sal wees “if he or she has the mental capability and maturity to evaluate responsibly the nature, extent and implications of the consent or assumption of risk”.

51 1989: 91.

52 Strauss 1991: 5. Carstens en Pearmain 2007: 902 wys daarop dat ingrepe wat betrekking het op die partye se voortplantingsfunksies by wyse van voorbehoeding, sterilisasie en aborsie hierby ingesluit is. Kyk ook Strauss 1991: 5; Sonnekus 1986: 369.

Republiek van Suid-Afrika53 uitgestippel. Wat betref die beëindiging van swangerskappe word uitdruklik in relevante wetgewing54 bepaal dat slegs die

vrou wat die beëindiging ondergaan se toestemming vereis word. In Palmer v

Palmer55 is bevind dat ‘n man sy vrou nie kan dwing om ‘n operasie teen haar