• No results found

na te kom nie, maar dat hy ook versuim het om hom te onderwerp

REGSVERGELYKENDE OORSIG VAN INGELIGTE TOESTEMMING IN ENKELE BUITELANDSE REGSTELSELS

Whitaker 25 na te kom nie, maar dat hy ook versuim het om hom te onderwerp

aan aanvaarde mediese praktyk.26

Sekere gedeeltes van hierdie riglyne is volgens Molnar27 baie waardevol en prakties van aard. Paragraaf 9 daarvan verklaar dat:

“Doctors should normally discuss the following information with their patients:

• the possible and likely nature of the illness or diseases;

• the proposed approach to investigation, diagnosis and treatment:

- what the proposed approach entails. - the expected benefits,

- the common side effects and material risks of any intervention,

- whether the intervention is conventional or experimental, - who will undertake the intervention,

• other options for investigating, diagnosis and treatment; • the degree of uncertainty of any diagnosis arrived at;

24 Molnar 1997: 576. 25 (1992) 109 ALR 625. 26 Molnar 1997: 577. 27 Molnar 1997: 577.

• the likely consequences of not choosing the proposed diagnostic procedure or treatment, or of not having any procedure or treatment at all;

• any significant long term physical, emotional, mental, social, sexual, other outcome which may be associated with the proposed intervention;

• the time involved;

• the costs involved, including “out-of-pocket” costs.” In paragraaf 11 van die riglyne verskyn die volgende:

“The way the doctor gives information should help a patient understand the illness, management options, and the reasons for any intervention. It may sometimes be helpful to convey information in more than one session. The doctor should:

• communicate information and opinions in a form the patient should be able to understand;

• allow the patient sufficient time to make a decision. The patient should be encouraged to reflect on opinions, ask more questions, consult with the family, a friend or adviser. The patient should be assisted in seeking other medical opinion when this is requested;

• repeat key information to help the patient to understand and remember it;

• give written information to use diagrams, when appropriate, in addition to talking to the patient;

• pay careful attention to the patient’s responses to help identify what has or has not been understood; use a competent interpreter when the patient is not fluent in English”.

Fenwick en Beran28 doen aan die hand dat ‘n pasiënt geregtig is om ingelig te word van potensiële risiko’s indien sodanige kennis sy besluit om ‘n bepaalde prosedure te ondergaan, mag beïnvloed. Terselfdertyd behoort geneeshere nie aanspreeklik gehou te word vir alle mediese gevolge van enige toestand nie indien sodanige gevolge onvoorspelbaar en onverwags is en die geneesheer ‘n voldoende standaard van sorg, soos vasgestel deur ‘n verantwoordelike groep van sy eweknieë, nagekom het.

Om te bepaal of daar ‘n kousale verband tussen die geneesheer se versuim om hom behoorlik van sy openbaarmakingsplig te kwyt en die pasiënt se ingetrede skade bestaan, het die Australiese Hoë Hof in Rosenberg v Percival29 die toets wat in die Engelse reg aanwending vind, aanvaar.30 Dit is naamlik ‘n hibriede

toets vir kousaliteit. Die uitgangspunt is subjektief van aard: Wat die bepaalde pasiënt se keuse sou gewees het indien hy behoorlik ingelig is. Hierdie keuse word dan onderwerp aan ‘n objektiewe beoordeling ten einde te bepaal of dit redelikerwys geloofwaardig is.31

2. Kanada

In Hopp v Lepp32 het die Hoë Hof (Supreme Court ) van Kanada ‘n standaard

van openbaarmaking gevestig wat op die “redelik versigtige pasiënt gebaseer is, en daardeur ‘n toets wat uitsluitlik deur die praktyke van die mediese professie bepaal is, verwerp.

28 Fenwick en Beran 1996: 222. 29 (2001) 75 ALJR 734.

30 Grubb 2004: 198.

31 Met ander woorde daar word van die bepaalde pasiënt verwag om soos die redelike pasiënt op te tree en word hy ook as sodanig beoordeel (tensy die teendeel uitdruklik bewys kan word). Kyk Grubb 2004: 197.

“In summary, the decided cases appear to indicate that, in obtaining the consent of a patient for the performance upon him of a surgical operation, a surgeon, generally, should answer any specific questions posed by the patient as to the risks involved and should, without being questioned, disclose to him the nature of the proposed operation, its gravity, any material risks and any special or unusual risks33 attendant upon the performance of the operation.

However, having said that, it should be added that the scope of the duty of disclosure and whether or not it has been breached are matters which must be decided in relation to the circumstances of each particular case”.34

Bogemelde hof het verder bevind dat ‘n risiko wat ‘n blote moontlikheid is en wat normaalweg nie openbaar gemaak hoef te word nie, as ‘n wesenlike risiko beskou kan word wat openbaarmaking verg indien die intrede daarvan ernstige gevolge soos verlamming of dood inhou. Die gevare inherent aan enige operasie, byvoorbeeld die gevare van die narkose of die risiko’s van infeksie, hoef nie openbaar te word nie.35

In Reibl v Hughes36 is die eiser nie ingelig omtrent die 10% risiko dat hy ‘n

beroerte kan kry na aanleiding van ‘n operasie wat op hom uitgevoer is nie. Die risiko sou moontlik nie die eiser se besluit om die operasie te ondergaan, beïnvloed het nie as dit nie was vir die feit dat hy aftrede met volle pensioenvoordele genader het nie. Die risiko van die beroerte was daarom baie belangrik vir hom omdat hy nie die gevaar kon loop om sy pensioen te verloor

33 “Unusual or special risks” word deur Jones 1996: 346 beskryf as risiko’s wat seldsaam of ongewoon is, maar wat tog soms voorkom. Hoewel buitengewoon behoort hulle aan ‘n redelike pasiënt beskryf te word as gevolg van hulle ongewone of spesiale karakter. Kyk ook Polansky 2006: 25.

34 Op 81. 35 Op 81.

nie. Die hof het vervolgens beslis dat onderhawige risiko openbaar moes word indien ‘n redelike pasiënt in die posisie van die eiser nie die operasie sou ondergaan het nie. Die hof het verder ook ‘n professionele mediese standaard om te bepaal wat wesenlike risiko’s is en of daar ‘n verbreking van die geneesheer se openbaarmakingsplig plaasgevind het, uitdruklik as volg verwerp:37

“To allow expert medical evidence to determine what risks are material and, hence, should be disclosed and, correlatively, what risks are not material is to hand over to the medical profession the entire question of the scope of the duty of disclosure, including the question whether there has been a breach of that duty … The materiality of non-disclosure of certain risks to an informed decision is a matter for the trier of fact, a matter on which there would, in all likelihood, be medical evidence but also other evidence, including evidence from the patient or from members of his family.”38

Uit bogemelde is dit duidelik dat die toets deur die Kanadese howe toegepas dié van die redelike pasiënt is en nie dié van die redelike mediese praktisyn nie.39 Dit

is ‘n regsnavraag, gebaseer op die bepaalde omstandighede van die betrokke

37 Kyk Giesen 1993: 556. 38 Op 13.

39 Giesen 1993: 556; Grubb 2004: 193; d’Agincourt-Canning en Johnston 2008: 25-26; Tovey 2008: 72; Foster 2009: 102; Mclean 2010: 84.

saak.40

In Meyer Estate v Rogers41 het die eiser probleme ondervind met sy

urinekanaal en toegestem tot ‘n operasie, ‘n binneaarse “pyelogram”, wat ‘n diagnostiese prosedure was. Gedurende die verloop van die operasie is ‘n kleurstof, “hypaque”, aan die pasiënt toegedien wat ‘n allergiese reaksie veroorsaak het wat eventueel tot sy dood gelei het. Volgens getuienis voor die hof was die risiko van ‘n erge allergiese reaksie gedurende die bepaalde ingreep 1 uit 2 000 en die risiko van dood tussen 1 uit 40 000 en 1 uit 100 000. Die Kanadese Vereniging vir Radioloë het spesifiek aanbeveel dat pasiënte nie ingelig behoort te word omtrent die risiko’s van ‘n allergiese reaksie op ‘n kontrasmedium (“contrast media”) gedurende ‘n binneaarse “pyelogram” nie. Dit is gedoen omdat die moontlikheid voorsien is dat pasiënte nie tot die ingreep sou toestem nie. Die Vereniging was van mening dat die risiko’s daaraan verbonde om die pasiënt volledig in te lig swaarder weeg as die risiko om die pasiënt nie in te lig nie. Die hof het nietemin bevind dat die risiko verbonde aan die toediening van bogemelde kleurstof wesenlik was en dat die Vereniging se aanbeveling direk in stryd is met die standaard soos neergelê in Reibl v Hughes.42

40 Beard en Midgley 2005: 63. In die volgende sake is bevind dat die geneeshere, gemeet aan die beginsels soos uiteengesit in Reibl v Hughes (1980) 114 DLR (3d) 1, nie hul openbaarmakingsplig nagekom het nie: Casey v Provan (1984) 11 DLR (4th) 708 (klein risiko van permanente skade aan stembande); Considine v Camp Hill Hospital (1982) 133 DLR (3d) 11 (1-4% risiko dat operasie sou lei tot verlies aan beheer oor blaas);

Diacak v Bardsley (1983) 25 CCLT 159, (1984) 31 CCCT (4.4% risiko van tydelike

“paraesthesia”, 1% risiko van permanente “paraesthesia”); Mason v Forgi (1984) 31 CCLT 66, (1986) 38 CCLT 171 (klein risiko van beroerte); Kitchen v McMullin (1989) 50 CCLT 215 (verhoogde risiko van lewerontsteking as gevolg van die gebruik van Faktor VIII-konsentraat); Haughian v Paine (1987) 37 DLR (4th) 424 (risiko van verlamming). 41 (1991) 78 DLR (4th) 307. Kyk Giesen 1988: 293.

42 (1980): 13. Interessante navorsing deur Robertson 2003: 153-159 het egter aan die lig gebring dat selfs ná die rigtinggewende beslissing in Reibl v Hughes [1980] 2 SCR 880 eisers steeds in die oorgrote meerderheid van sake waar geneeshere aangespreek is op grond van die gebrekkige verskaffing van inligting, die onderspit gedelf het. Sy navorsing (op 159) dui egter daarop dat die onvermoë van eisers om die kousaliteitsvereiste te bewys verantwoordelik is vir die meeste onsuksesvolle eise, en nie die feit dat hulle nie daarin kon slaag om te bewys dat die geneesheer nie voldoen het aan die redelike pasiënt-standaard wat openbaarmaking betref nie.

In Videto v Kennedy43 het die Appèlhof van Ontario die effek van Hopp v Lepp44 en Reibl v Hughes45 as volg opgesom:

(i) Die vraag of ‘n risiko wesenlik is en of daar ‘n verbreking van ‘n geneesheer se openbaarmakingsplig plaasgevind het, moet nie alleenlik deur die standaarde van die professie bepaal word nie. Professionele standaarde is ‘n faktor wat oorweeg moet word.

(ii) Die openbaarmakingsplig omvat wat die geneesheer weet of behoort te weet wat die pasiënt as relevant beskou tot sy besluit om die behandeling te ondergaan al dan nie. As die pasiënt spesifieke vrae stel, is hy geregtig op redelike antwoorde.

(iii) ‘n Risiko wat ‘n blote moontlikheid is, hoef normaalweg nie openbaar te word nie, maar as die intrede daarvan ernstige gevolge inhou behoort dit as ‘n wesenlike risiko hanteer te word.

(iv) Die pasiënt is geregtig om ‘n verduideliking te ontvang aangaande die aard en erns van die operasie.

43 (1981) 125 DLR (3d) 127: 133-134. 44 (1980): 67.

(v) Onderworpe aan (iv) hierbo hoef ander inherente gevare soos die gevare van narkose of die risiko’s van infeksie nie openbaar gemaak te word nie.46

(vi) Die omvang van die openbaarmakingsplig en of dit verbreek is, moet vasgestel word met inagneming van die omstandighede van elke saak.47

(vii) Die emosionele toestand van die pasiënt mag die geneesheer in sekere gevalle regverdig om inligting te weerhou of inligting te veralgemeen wat andersins meer spesifiek behoort te gewees het.48 In Meyer Estate v