• No results found

Behartiging van ‘n ander se belange deur die gestor onder die

REGTE VAN DIE NEGOTIORUM GESTOR

4 Behartiging van ‘n ander se belange deur die gestor onder die

bona fide oortuiging dat dit sy eie is

Waar ‘n gestor die belange van ‘n ander behartig onder die bona fide indruk dat dit sy eie is, is hy net soos die mala fide gestor geregtig om vergoeding vir sy

57 1991 (2) SA 712 (T).

58 Ook in ABSA Bank Ltd t/a Bankfin v Stander t/a CAW Paneelkloppers: 945C word dit deur Van Zyl R beklemtoon dat die “gestor” in die uitgebreide weergawe van die saakwaarnemingsaksie nooit bedoel het om die belange van die eienaar van die saak te behartig nie, maar dat hy deurgaans bedoel het om in eie belang op te tree. Kyk egter die kritiek van Sonnekus 2007: 178 vn 130 teen hierdie beslissing. Kyk verder na die saak van WP Koöperatief Bpk v Louw 1995 (4) SA 978 (K) waar die eiser die skuld van die verweerder jeens derdes vereffen het. Hoewel die spesifieke verrykingsaksie tot beskikking van die eiser nie deur die hof genoem is nie, is Sonnekus 2007: 180 van mening dat dit hier moontlik oor ‘n uitgebreide saakwaarnemingsaksie gegaan het.

noodsaaklike en nuttige uitgawes van die dominus te eis. Die omvang van sy eis word beperk tot die mate waarin die dominus ongeregverdig verryk is.59

Die oorsprong van hierdie aksie word gevind in ‘n teks van die Romeinse juris, Africanus, soos weerspieël in D 3 5 48.60 Indien hierdie teks met D 12 1 23

saamgelees word, blyk dit duidelik dat die aksie wat aan die gestor in onderhawige omstandighede verleen word, die uitgebreide actio negotiorum gestorum is wat as ‘n verrykingsaksie funksioneer.61

Van Zyl62 wys daarop dat die uitgebreide saakwaarnemingsaksie van die bona

fide gestor in vroeë Middeleeuse regsontwikkeling algemeen as geldige remedie aanvaar is. Hoewel weinig verwysings hierna in Romeins-Hollandse bronne voorkom, bestaan besliste aanduidings dat die Romeins-Hollandse reg dit eweneens aan die bona fide gestor wat ‘n ander se belange behartig het onder die indruk dat dit sy eie is, toegeken het.63

Wat die Suid-Afrikaanse reg betref word weinig, tog duidelike gesag in hierdie verband aangetref. In Klug and Klug v Penkin64 het die agent van die eisers

herstelwerk aan die verweerder se huis verrig onder die bona fide maar foutiewe indruk dat dit aan die eisers behoort. Die eisers het vervolgens terugbetaling geëis van die kostes wat in verband met die herstelwerk aangegaan is, welke eis gebaseer was op die verweerder se verryking.

59 Van Zyl 1985: 100; Sonnekus 2007: 181; Scholtens 1951: 136 stel ‘n bykomstige kwalifikasie vir die aanwending van hierdie aksie, naamlik dat die vordering wel as egte saakwaarnemingsaksie moes kon geslaag het as dit nie vir die enkele aspek van die dwaling van die gestor was nie.

60 Van Zyl 1985: 100; Visser 2008: 571. Kyk Van Zyl 1970: 29-36 betreffende die probleme en twispunte wat daar in verband met hierdie teks bestaan.

61 Van Zyl 1985: 100.

62 Van Zyl 1985: 101; Van Zyl 1970: 58-60.

63 Voet Commentarius : 3 5 13; Van Zyl 1985: 104; De Vos 1987: 85. Pothier Contrat de

Mandat : par 189-193. In par 190 van hierdie bespreking word die aksie van die mala fide gestor van D 3 5 5 5 feitlik gelykgestel aan dié van die bona fide gestor van D 3 5 48.

Op appèl65 verwys die Hof na Voet66 en Digesta 3 5 en bevind dat die eisers

“onder die algemene beginsel” ‘n aksiegrond teen die verweerder het en derhalwe daarop geregtig was om hul noodsaaklike en nuttige uitgawes te verhaal. Volgens Van Zyl67 is dit duidelik dat daar met hierdie “algemene

beginsel” daarna verwys word dat niemand op ‘n ongeregverdigde wyse ten koste van ‘n ander verryk moet word nie. Hy doen aan die hand dat hoewel dit nie uitdruklik deur die Hof vermeld is nie, die aksie wat aan die eisers toegeken is niks anders as die uitgebreide actio negotiorum gestorum van D 3 5 48 is wat sonder twyfel deur die Hof in Standard Bank Financial Services Ltd v

Taylam (Pty) Ltd68 aanvaar is.

In Absa Bank Ltd t/a Bankfin v Stander t/a CAW Paneelkloppers69 het

ene Kent ‘n motorvoertuig van ‘n motorhandelaar, Motortown, ingevolge ‘n afbetalingsooreenkoms gekoop wat bepaal het dat eiendomsreg eers na haar sal oorgaan by betaling van die volle koopprys. Motortown het hierna sy eienaarskap van die voertuig aan Absa Bank (die appellant), wat die kooptransaksie gefinansier het, gesedeer. Terwyl Kent in besit van die voertuig was, het sy dit aan Bezuidenhout geleen wat in ‘n ongeluk daarmee betrokke was. Bezuidenhout het die voertuig aan Stander (die respondent) gelewer om herstel te word en was Stander te alle relevante tye onder die indruk dat Bezuidenhout die eienaar daarvan was. Bezuidenhout het later verdwyn en kon nie deur die respondent opgespoor word nie. Die respondent was verder onsuksesvol in sy pogings om Kent te oorreed om vir die herstelwerk te betaal.

65 In die landdroshof is ‘n eksepsie gehandhaaf dat die betrokke eis nie ‘n skuldoorsaak openbaar het nie.

66 Commentarius : 3 5 12. 67 1985: 105.

68 Op 388 A-D. Kyk ook Wessels 1951: par 3573; Rubin 1958a: 38; Van Zyl 1970: 152-153. 69 1998 (1) SA 939 (K).

Eventueel het die appellant die rei vindicatio teen die respondent ingestel ten einde die voertuig terug te vorder en het ook aansoek vir beslaglegging daarvan gedoen hangende die finale bevel. Die respondent het die aksie teengestaan maar nie die aansoek vir beslaglegging nie. Hy het ‘n teeneis ingestel gebaseer op die argument dat die verbeterings aan die motor redelik, noodsaaklik en nuttig was en dat die appellant derhalwe ongeregverdig ten koste van die respondent verryk is. Die teeneis is in die landdroshof toegestaan en die appellant het teen dié bevel appelleer.

Op appèl word ten gunste van die respondent beslis en tipeer Van Zyl R die betrokke verrykingeis as volg:

“[I]n as much as Stander never had the intention to manage Absa’s affairs, he cannot be regarded as an (ordinary) negotiorum gestor. His legal position can, however, be construed as that of a bona fide gestor who has managed the affairs of the dominus, Absa, in the mistaken belief that he has managed his own affairs in the sense of complying with his obligations in terms of his agreement with Bezuidenhout”.70

Visser71 argumenteer dat die situasie in B & H Engineering v First National

Bank of SA Ltd72 ook binne onderhawige kategorie tuisgebring kan word. In

hierdie saak het die bank verkeerdelik ‘n bedrag aan die nemer van ‘n tjek (B & H Engineering) uitbetaal nadat die trekker (SAPCO) sodanige uitbetaling gestop het, waarna die bank gepoog het om die bedrag van die tjek van die nemer te

70 Op 957. In McCarthy Retail Ltd v Shortdistance Carriers CC 2001 (3) SA 482 (HHA) op 490 (per Schutz AR) en 495 (per Harms AR) is egter bevind dat die gepaste verrykingsaksie in soortgelyke omstandighede die aksie van die bona fide okkupeerder is. Vir kritiek teen hierdie beslissing kyk Sonnekus 2007: 186-187.

71 2008: 580.

verhaal. Die eis het nie geslaag nie omdat die hof van mening was dat die nemer nie in die omstandighede voorhande verryk is nie.73

Die hof het verder aan die hand gedoen dat die uitgebreide aksie van die

negotiorum gestor in bogenoemde situasie tot beskikking van die bank mag wees om die betrokke uitbetaling van die trekker te verhaal.

“It is not necessary to consider whether the principles of quasi negotiorum gestio are strictly and literally applicable to facts such as the present. Even if they are not, this case is so closely analogous, and the need for equitable relief so clamant, that an action on the grounds of unjustified enrichment should lie”.74

Volgens Visser75 is bogenoemde geval verteenwoordigend van ‘n situasie waar die bank bona fide van voornemens is om sy eie belange te bevorder deur die nakoming, altans so het dit gemeen in daardie stadium, van die kontrak wat tussen die bank en sy kliënt bestaan het. Inderwaarheid het die bank egter deur sy optrede die belange van die kliënt bevorder deur laasgenoemde se skuld te betaal.

Inaggenome die erkenning van die mala fide gestor se aksie, kan daar weinig twyfel bestaan dat ‘n aksie vir die verhaal van sy noodsaaklike en nuttige uitgawes aan die gestor toegestaan sal word wat ‘n ander se belange behartig onder die bona fide indruk dat dit sy eie is, veral in die lig van die ontwikkeling

73 Op 294 I: “My conclusion ... is that B & H was not enriched by the payment of the cheque in question since, ... its receipt of the amount of the cheque was balanced by its loss of a claim against SAPCO. Its nett financial position was unchanged”.

74 Op 294 van die hofverslag. 75 2008: 581.

van die beginsel van verryking met betrekking tot bona fide en mala fide possessio.76

5. Behartiging van ‘n ander se belange in stryd met ‘n uitdruklike