• No results found

Die redelike pasiënt standaard

REGSVERGELYKENDE OORSIG VAN INGELIGTE TOESTEMMING IN ENKELE BUITELANDSE REGSTELSELS

Hughes 60 die objektiewe benadering verkies het om te bepaal of ‘n pasiënt se

3. Verenigde State van Amerika 1 Inleiding

3.3 Die redelike pasiënt standaard

In 1972 het die Appèlhof vir die Distrik van Columbia in Canterbury v Spence92

die geneesheer-gebaseerde standaard verwerp ten gunste van ‘n standaard van sorg wat meer omvattende beskerming verleen aan die belange van pasiënte. In hierdie saak het ‘n negentienjarige jong man ‘n operasie (“laminectomy”) ondergaan om die erge rugpyne wat hy ervaar het, te verlig. Die betrokke geneesheer het versuim om hom te waarsku teen ‘n 1% risiko van verlamming wat gepaard gegaan het met die uitvoering van die operasie. Komplikasies volgende op die operasie het toe inderdaad ingetree wat gelei het tot verlamming van die pasiënt. Laasgenoemde het ‘n eis ingestel teen die geneesheer gebaseer op wanpraktyk en die versuim om die risiko’s verbonde aan die ingreep volledig aan hom te openbaar sodat hy ‘n ingeligte besluit kon neem. By monde van Robinson R kom die hof tot die gevolgtrekking dat tydens die bepaling van die omvang van ‘n geneesheer se openbaarmakingsplig, groter klem gelê moet word op die pasiënt se reg op selfbeskikking en word die opvatting dat dit gedoen moet word binne ‘n raamwerk van mediese diskresie as volg verwerp:

“[R]espect for the patient’s right of self-determination on a particular therapy demands a standard set by law for a physician rather than one which physicians may or may not impose upon themselves”.93

92 464 F 2d 772 (DC Cir 1972). Op 780 van die hofverslag word die teorie onderliggend aan die leerstuk van ingeligte toestemming en die verwagting wat in verband daarmee gekoester is, as volg in die woorde van die voorsittende regter vasgevang: “[t]rue consent to what happens to one’s self is the informed exercise of a choice, and that entails an opportunity to evaluate knowledgeably the options available and the risks attendant upon each”. Kyk Schneider en Farrel 2000: 107.

Die hof het aanvaar dat daar ‘n plig op ‘n geneesheer rus om alle wesenlike risiko’s wat eie is aan die voorgestelde behandeling te openbaar. Ten einde te bepaal of die betrokke verweerder-geneesheer hierdie openbaarmakingsplig nagekom het, het die hof in plaas van om te verwys na die redelike geneesheer- toets wat in die verlede gebruik is, voortgegaan om ‘n nuwe toets, naamlik dié van die “redelike pasiënt” soos volg te formuleer:

“[A] risk is thus material when a reasonable person in what the physician knows or should know to be the patient’s position, would be likely to attach significance to the risk or cluster of risks in determining whether or not to forgo the proposed therapy”.94

Die redelike pasiënt-toets is objektief van aard aangesien deur toepassing daarvan ondersoek ingestel word of ‘n redelike persoon in die pasiënt se posisie die betrokke risiko as van belang sou beskou, en nie of die spesifieke pasiënt dit as betekenisvol geag het nie.95 Wat egter objektief beskou ‘n wesenlike risiko

daarstel wat openbaarmaking noodsaak, is ‘n vraag wat sentraal staan tot die kontroversie wat die ingeligte toestemming-leerstuk omring. Die waarskynlikheid van intrede van ‘n risiko en die erns daarvan is voor-die-hand-liggende faktore wat in ag geneem moet word om te bepaal of sodanige risiko wesenlik van aard is al dan nie.96 Die plig om ook die volgende fundamentele aspekte van die

94 Op 787. Teff 2001: 302 wys daarop dat in terme van hierdie standaard word die waarde van pasiënte se outonomie beklemtoon en as belangriker beskou as professionele oordeel. Kyk ook Giesen 1993: 558; Bush 1995: 3; Jones 1996: 339; Grisso en Appelbaum 1998: 8; Berg ea 2001: 48; Fremgen 2006: 109; Foster 2009: 101; Miola 2009: 82.

95 Beard en Midgley 2005: 61; Berger 2003: 745; King en Moulton 2006: 442; Sones 2006: 259. Vir verdere toeligting wat betref formulering van hierdie standaard van openbaarmaking, kyk Waltz en Scheuneman 1970: 628-650.

96 Tan 2006: 90-91 en 97 waar die outeur daarop wys dat dit ‘n wanopvatting van die reg is dat indien die pasiënt nie vrae vra nie, daar geen openbaarmakingsplig op die geneesheer rus nie. Sodanige positiewe plig om wesenlike risiko’s te openbaar bestaan ongeag of die pasiënt daarna vra al dan nie. Teff 2001: 303. Volgens Appelbaum ea 1987: 51 speel die volgende faktore ook ‘n rol wanneer ondersoek ingestel word na die

voorgenome behandeling te openbaar, word die geneesheer vanaf regsweë ten laste gelê: (a) Die diagnose en die aard van die voorgenome prosedure of behandelingsplan en verwagte resultate; en (b) Die beskikbare alternatiewe.97

Behalwe vir die nie-openbaarmaking van bogenoemde inligting van die pasiënt is daar ook ander aspekte van openbaarmaking in die geneesheer-pasiënt verhouding wat in die VSA aanleiding gegee het tot aanspreeklikheid van die geneesheer. Sulke omstandighede sluit byvoorbeeld in die nie-openbaarmaking van risiko’s indien die aanbevole behandeling nie ondergaan word nie;98 die

bestaan van finansiële - of navorsingsinsentiewe wat potensieël die geneesheer se besluitnemingsproses kan beïnvloed;99 ‘n chirurg se HIV-status100 en die beperkte ervaring van ‘n neurochirurg wat betref die uitvoer van ‘n riskante prosedure.101

Kritiek teen die redelike pasiënt-standaard het egter ook nie uitgebly nie en word onder andere daarop gewys dat dit van die veronderstelling uitgaan dat alle pasiënte gelyke waarde heg aan risiko’s en voordele verbonde aan voorgenome

wesenlikheid van ‘n bepaalde risiko: (a) die aard van die risiko; en (b) die dreigende intrede van die risiko (“the imminence of the risk”).

97 Tan 2006: 89-90; Leblang 1995: 430; Slovenko 1997: 651; Ridley 2001: 205-206; Berger 2003: 745. Teff 2001: 304 wys daarop dat in sommige jurisdiksies dit selfs van geneeshere verwag word om risiko’s te openbaar van meer gewaagde behandelings- metodes as dié wat hulle inderdaad aanbeveel.

98 Kyk byvoorbeeld Truman v Thomas 611 P 2d 902 (Cal 1980).

99 Moore v Regents of the University of California 793 P 2d 379 (Ca 1990); Le Blang

1995: 429.

100 Estate of Behringer v The Medical Center at Princeton 192 A 2d 1251 (NJ Super

1991); Le Blang 1995: 431.

101 Johnson v Kokemoor 545 NW 2d 495 (Wis 1996). Clark en Oakley 2007: 111-133

argumenteer ook dat dit wesenlik is om inligting in verband met die vermoë van die beskikbare chirurge om die betrokke operasie uit te voer, te openbaar. Hierdie standpunt word deur Spriggs 2007: 133-146 ondersteun. Kyk verder Slovenko 1994: 467-472 in verband met die vraag of daar ingevolge die leerstuk van ingeligte toestemming vereis word dat nie net inligting omtrent die voorgenome behandeling openbaar moet word nie, maar ook omtrent die betrokke geneesheer. Volgens Le Blang 1995: 429 is die fisiese toestand van die geneesheer en die impak daarvan op mediese sorg byvoorbeeld hier ter sprake.

behandeling.102 Hierdie gedagterigting lei tot die verwaarlosing van die individualiteit en veranderlikheid van verskillende pasiënte.103

Jackson104 vra verder hoe is geneeshere veronderstel om vooraf te weet watter inilgting die abstrakte, hipotetiese pasiënt sou verlang? Aangesien die standaard van sorg in ‘n spesifieke saak slegs beslissend deur die howe bepaal kan word deur in retrospeksie daarna te kyk, sal die geneesheer moet raai wat ‘n hof se beoordeling gaan wees van wat as wesenlik deur ‘n redelike pasiënt beskou word.105