• No results found

Eis vir verlore rente en inkomste

REGTE VAN DIE NEGOTIORUM GESTOR

Africa 10 SC (1893) 246; Killian v Reilly 18 CTR (1908) 159 en Meyers v Marks Ltd

2. Eis vir verlore rente en inkomste

Die gestor is geregtig om ‘n eis in te stel vir rente op geld wat hy uit sy eie sak betaal of gespandeer het nadat hy ‘n lening daarvoor moes aangaan gedurende die verloop van die gestio, op die basis dat sodanige rente vir hom verlore gegaan het as gevolg van sy behartiging van die dominus se belange.24 Hierdie

reg word egter getemper deur die vereiste dat die gestor utiliter moes opgetree het wat betref die oploop van die betrokke rente.25 Indien hy derhalwe ‘n

swaarder rentelas aangaan as wat die besondere omstandighede vereis, sal die

dominus nie aanspreeklik wees vir sodanige rente nie.26

Weersprekende standpunte bestaan in die Romeins-Hollandse Reg betreffende die vraag of rente betaalbaar is vanaf datum van uitgawe van die betrokke gelde of eers vanaf datum van litis contestatio. Van der Keessel27 en Van der Linden28

gee voorkeur aan ‘n vroeë beslissing van die Hof van Holland29 waarin die

23 Pothier Contrat de Mandat : par 226; McEwen NO v Khader: 559. Kyk hoofstuk 4.2 hierbo.

24 D 3 5 18 4. Dit is ooreenkomstig die beginsel vervat in D 3 5 2, naamlik dat ‘n gestor geregtig is om vergoed te word vir al sy uitgawes, wat huidige sowel as toekomstige uitgawes insluit (quidquid eo nomine vel abest ei vel afuturum est). Kyk verder D 22 1 37; C 2 18 18; Voet Commentarius : 3 5 8; Groenewegen De Leg Abr ad : C 28 18 (19) 18; Wessels 1951: par 3626; Standard Bank Financial Services Ltd v Taylam (Pty)

Ltd: 387 H – 388 A.

25 Kyk Van Zyl 1985: 71-72 en die gesag daar deur hom aangehaal.

26 Van Zyl 1985: 72 wys daarop dat ‘n moontlike uitsondering hierop gebaseer is op ongeregverdigde verryking, byvoorbeeld in die geval waar die gestor groter uitgawes aangegaan het as wat hy redelikerwys moes.

27 Van der Keessel Prael ad Gr : 3 27 5 (vol 5 p 240). 28 Van der Linden Suppl ad Voet : 3 5 8.

29 Decisien et resolutien van den hove van Holland no 91 (1604) soos aangehaal deur Van Zyl 1985: 72 vn 308 waar hy daarop wys dat ‘n soortgelyke beslissing klaarblyklik op 20 September 1602 in die Hof van Utrecht gelewer is, welke uitspraak in die Hollandsche Consultatien vol 6 no 121 (pp 581 – 583) gerapporteer is.

Romeinse beginsel dat rente opeisbaar is vanaf datum van uitgawe, synde die datum waarop die gestor se verlies aan rente begin, nagevolg is. Groenewegen30

daarenteen huldig die mening dat gemelde Romeinse beginsel in onbruik verval het in Frankryk en Holland en dat rente eers vanaf datum van litis contestatio

opeisbaar is. Groenewegen se standpunt word sonder beswaar deur Voet31

aanvaar, maar deur Wessels32 en Rubin33 in soortgelyke terme gekritiseer. Rubin

verwoord sy kritiek soos volg:

“Notwithstanding the weighty authority in its favour, it is difficult to justify this departure from the clear terms of the Roman law. It can hardly be justified on equitable grounds for there seems to be no reason why a gestor should not be compensated when he has been deprived of the use of his money because he has spent it in the interests of the dominus”.

Van Zyl34 is dit eens met bogemelde kritiek in die lig van die basiese beginsel dat

die gestor vergoed moet word vir al sy noodsaaklike en nuttige uitgawes, insluitend huidige en toekomstige uitgawes, asook vir alle verliese en skade deur hom gely. Volgens hom moet die geheel van die verlies aan rente, bereken vanaf die datum waarop sodanige rente begin loop het, derhalwe ingesluit word in die verlies wat ooreenkomstig gemelde beginsel terugbetaal moet word.

Die gestor is ook geregtig om verlies aan inkomste of enige soortgelyke verlies voortspruitende uit sy behartiging van die dominus se belange terug te eis, op

30 De Leg Abr ad : C 2 19 18. 31 Commentarius : 3 5 8. 32 1951: par 3626. 33 Rubin 1958a: 66. 34 1985: 73.

voorwaarde dat hy voldoen aan al die voorvereistes wat geld vir die instelling van ‘n eis aan die hand van die actio negotiorum gestorum contraria.35

Die gestor is nie geregtig op enige beloning, vergoeding of salaris vir sy dienste nie.36 Van Zyl37 wys daarop dat hierdie beginsel stewig in die Europese ius

commune en die Romeins-Hollandse reg ingegrawe was ondanks ‘n teenoorgestelde standpunt van Van Leeuwen.38

In Suid-Afrikaanse regspraak is die regsposisie betreffende die vergoeding van ‘n

gestor eweneens duidelik uiteengesit. In Williams’ Estate v Molenschoot

and Schep (Pty) Ltd39 het die hof na deeglike oorweging van die tersaaklike gemeenregtelike gesag tot die slotsom gekom dat die gestor definitief nie geregtig is op enige vergoeding nie. Davis R gaan voort en maak die volgende interessante opmerking aangaande hierdie kwessie:

“I may add that I am not sorry to see this limitation on the right of action of the negotiorum gestor. With it, the dominus is in less danger of having onerous services thrust upon him: nobody usually can object to paying for things at absolute cost price. But without it, even though there are other safeguards into which it is unnecessary at the moment to enter, he might not be by any means so safe: the

35 Dit is inbegrepe in die gestor se reg om vergoed te word vir welke verlies of skade hy ookal gely het as gevolg van die gestio (quidquid eo nomine vel abest ei vel afuturum est). D 3 5 2. Kyk ook Grotius Inleidinge : 3 27 5; Voet Commentarius : 3 5 8; Van Leeuwen Cens For : 1 4 26 4; New Club Garage v Milborrow and Son: 99-100. Kyk verder Lee en Honoré 1978: 156 par 435; Van Niekerk 1992: 173; Sonnekus 2007: 166- 167; en vergelyk De Villiers en Macintosh 1981: 277.

36 Huber HR : 3 28 6; Van der Keessel 3 27 Th : 7 71; Rubin 1958a: 66-69; Sonnekus 2007: 166.

37 Van Zyl 1985: 73-75 en die gesag daar deur hom aangehaal. Kyk ook die bespreking van Rubin 1958a: 66-69 hieroor en Van Niekerk 1992: 167 en 173.

38 Cens For : 1 4 24 13 n 1 waar hy die mening uitspreek dat indien die gestor daaraan gewoond was om ‘n salaris te ontvang en die dominus om dit te betaal, kan die gestor ‘n salaris eis. Kyk ook die standpunt ingeneem deur Van Bynkershoek Quaest jur Publ : 1 5 (41-2).

out-of-work carpenter or builder (or even the mason) looking for a job might well be a menace in such circumstances”.40

In Grant’s Farming Co Ltd v Attwell41 en Lewis Brothers v East London