• No results found

Kenmerke van toestemming as regverdigingsgrond

INGELIGTE TOESTEMMING: SUID-AFRIKA

2. Kenmerke van toestemming as regverdigingsgrond

2.1 Toestemming tot benadeling is ‘n eensydige handeling.19

Dit is derhalwe nie nodig dat toestemming noodwendig aan die dader bekendgemaak hoef te word nie. Die bestaan van ‘n ooreenkoms, kontrak of

16 1967: 178; Van Oosten 1991: 49; Henly ea 1995: 1277; Van den Heever 1997: 28. 17 1983: 282.

18 1963: 11. Hier beskryf die outeur dié twee begrippe soos volg: “Die begrip ‘wil’ wanneer in verband gebring met ‘n benadeling wat iemand aangedoen word, behels die geestesinstelling van ‘n intelligente mens teenoor ‘n bepaalde toedrag van sake waarmee hy bekend is, en die aard waarvan hy begryp. Hierdie geestesinstelling is dat die willende die toedrag van sake begeer, of uit eie beweging goedkeur of minstens nie afkeur nie, dit wil sê daarmee genoeë neem of tevrede is dat dit intree of bestaan. Toestemming in dieselfde verband gebesig, is vir my ‘n wilsdaad waaruit dié geestesinstelling van begeerte tot, goedkeuring of versoening met die besondere toedrag van sake te kenne gegee word; dus die manifestasie van die wilsinhoud.”

19 Neethling en Potgieter 2010: 111; Van der Merwe en Olivier 1989: 89-90; Van der Walt en Midgley 2005: 141,144.

onderhandelinge tussen die benadeelde en dader op grond waarvan die dader van aanspreeklikheid onthef word, word nie vereis nie.20

2.2 Toestemming is ‘n regshandeling wat beperkend op die benadeelde se regte inwerk. 21

Toestemming sal slegs as regshandeling kwalifiseer indien dit deur een of ander vorm van gedrag bekend gemaak word.22 Toestemming hoef nie net uitdruklik

deur byvoorbeeld woorde verleen te word nie, maar kan ook stilswyend gemanifesteer word deur byvoorbeeld die wyse waarop die benadeelde optree.23

2.2.1 Uitdruklike toestemming

Die pasiënt kan uitdruklik tot die geneeskundige ingreep toestem by wyse van spraak of in skrif.24 Toestemming word gewoonlik verleen deur ‘n versoek aan ‘n

geneesheer te rig om ‘n besondere behandeling of operasie uit te voer. Hoewel daar in ons reg nie onderskeid getref word tussen uitdruklike en stilswyende toestemming insoverre dit die regsgeldigheid daarvan aangaan nie, sal skriftelike toestemming deur die pasiënt natuurlik latere bewyslewering aansienlik vergemaklik.25 By ernstige ingrypings is die verkryging van skriftelike

toestemming hoogs wenslik, maar dit sou onprakties wees om vir elke geringe

20 Van der Walt en Midgley 2005: 141; Neethling ea 2006: 97.

21 Van der Merwe en Olivier 1989: 91; Van der Walt en Midgley 2005: 144; Neethling en Potgieter 2010: 112.

22 Van Oosten 1991: 18-19; Van der Walt en Midgley 2005: 144; Neethling ea 2006: 97; R v Taylor 1927 CPD 16: 20; Esterhuizen v Administrator Transvaal: 720.

23 Van der Merwe en Olivier 1989: 90; Van der Walt en Midgley 2005: 144; Neethling ea 2006: 97; Snyman 2002: 128; Waring and Gillow Ltd v Sherborne 1904 TS 340: 344-345; Union Government (Minister of Railways and Harbours) v Matthee 1917 AD 688: 703; Stoffberg v Elliot 1923 CPD 148; Maartens v Pope 1992 (4) SA 883 (N).

24 Strauss en Strydom 1967: 187. 25 Strauss en Strydom 1967: 187.

prosedure daarop aan te dring.26 Gewoonlik word skriftelike toestemming vereis van ‘n pasiënt wat tot die hospitaal toegelaat word of op wie ‘n operasie uitgevoer gaan word.27

2.2.2 Stilswyende toestemming

Deur ‘n geneesheer na sy huis te ontbied of hom te gaan spreek in verband met ‘n kwaal, stem ‘n pasiënt stilswyend toe tot die behandeling wat na oordeel van die geneesheer tot sy voordeel sal strek.28 Toestemming kan ook geskied deur

blote stilswyende onderwerping aan die behandeling.29 In Esterhuizen v

Administrator Transvaal30 was die verweer teen ‘n klag van aanranding

daarop gebaseer dat daar na bewering stilswyende toestemming verleen is tot die toediening van x-straalbehandeling op ‘n minderjarige. Die verweer het in effek behels dat deur die hospitaal binne te gaan om aldaar behandel te word, en dan inderdaad behandeling te ontvang vir die kwaal waaraan sy gely het, die minderjarige en haar ouers stilswyend toegestem het tot watter behandeling ook al die hospitaalpersoneel geoordeel het noodsaaklik was. Hierdie verweer word egter verwerp omdat die pasiënt en haar ouers onbewus was van die gevolge en risiko’s van die behandeling.

“Indeed if it is to be said that a person consented to bodily harm or to run the risk of such harm, then it presupposes, so it seems to me, knowledge of that harm or risk; accordingly mere consent to undergo x-ray treatment, in the belief that it is harmless or being

26 Strauss 1967: 9 en 330 waar die outeur daarop wys dat ‘n pasiënt wat tot ‘n operasie toegestem het, ook tot prosedures wat daarmee saamgaan moet toestem, byvoorbeeld die toediening van narkose.

27 McQuoid-Mason en Strauss 17(2) LAWSA (2de uitg): par 33. 28 Strauss 1991: 4.

29 Strauss en Strydom 1967: 187. 30 1957 (3) SA 710 (TPA).

unaware of the risks it carries, cannot in my view amount to effective consent to undergo the risk or the consequent harm.”31

Blote berusting of stilswye deur die pasiënt is nog nie toestemming nie,32 maar waar ‘n wilsvermoënde pasiënt hom aan mediese behandeling, waarvan die aard en gevolge aan hom bekend is, onderwerp sonder om enige weerstand te bied of protes aan te teken, sal die afleiding gewoonlik gemaak word dat hy stilswyend toegestem het.33 Sodanige afleiding is egter nie geregverdig in stryd met ‘n

uitdruklike verbod deur die pasiënt op die uitvoering van ‘n sekere operasie op hom nie. Toestemming deur die pasiënt verleen tot ‘n klein operasie beteken nie dat hy daardeur ook tot die uitvoering van ‘n groter, omvangryker ingryping toegestem het nie.

2.3 Toestemming moet die benadeling voorafgaan34

Neethling et al 35 wys daarop dat “instemming” na afloop van die daad nie

toestemming is nie maar dat dit moontlik aanduidend kan wees van ‘n ooreenkoms om nie ‘n eis teen die dader op grond van sy onregmatige optrede in te stel nie (‘n pactum de non petendo).36

2.4 Toestemming moet deur die benadeelde persoon self gegee word

31 Per Bekker R op 719H van die hofverslag. Kyk ook Van Oosten 1991: 17 vn 14.

32 Smit 1975: 259; Burchell 1986: 297; Van der Merwe en Olivier 1989: 90; Snyman 2002: 126; R v Taylor: 20. Neethling ea 2006: 97 wys daarop dat blote kennis of wete dat behandeling gaan intree natuurlik ook nie op toestemming sal neerkom nie.

33 McQuoid-Mason en Strauss 17(2) LAWSA (2de uitg): par 33.

34 Van Oosten 1991: 18-19; Van den Heever 1997: 24; Van der Walt en Midgley 2005: 144; Neethling en Potgieter 2010: 112.

35 2006: 98.

36 Van der Merwe en Olivier 1989: 102-103; Van der Walt en Midgley 2005: 141, 144; Neethling ea 2006: 98, 101-102; Jameson’s Minors v CSAR 1908 TS 575.

Volgens Snyman37 moet die toestemming in beginsel deur die benadeelde persoon self gegee word, maar kan iemand anders in uitsonderlike gevalle namens die banadeelde toestemming verleen, byvoorbeeld ‘n ouer wat toestemming gee dat ‘n operasie op sy minderjarige kind uitgevoer word of ‘n kurator wat toestem dat ‘n geestesongestelde mediese behandeling ondergaan.38