• No results found

Beëindiging van negotiorum gestio

REGTE VAN DIE NEGOTIORUM GESTOR

Municipality 42 is voorgestel dat ‘n redelike vergoeding aan die gestor betaal

5. Beëindiging van negotiorum gestio

Hoewel die beëindiging van negotiorum gestio streng gesproke nie tuishoort onder ‘n bespreking van die gestor se regte nie, is dit om doelmatigheidsredes wel sinvol om vervolgens daaraan aandag te skenk aangesien die realisering daarvan tot gevolg het dat sodanige regte, en daarmee saam ook die gepaardgaande verpligtinge, beëindig word.56

Van Zyl57 is van mening dat die gewone wyses waarop verbintenisse beëindig

word ook op negotiorum gestio van toepassing is. Voltooiing van die gestio sal byvoorbeeld tot gevolg hê dat die wederkerige regte en verpligtinge wat daaruit voortspruit, beëindig word.58 Negotiorum gestio kan ook by ooreenkoms tussen

die partye beëindig word.59

54 Op 99.

55 Wessels v Morice 1913 NPD 112. Kyk egter die kritiese vrae wat in verband met die

ratio van hierdie saak deur Van Zyl 1985: 79-80 gestel word. 56 Van Zyl 1985: 80-81.

57 Van Zyl 1985: 231.

58 Hier moet egter in gedagte gehou word dat aanspreeklikheid uit hoofde van die actio

negotiorum gestorum nie verval met die afsterwe van die gestor of dominus nie. Beide se erfgename bly naamlik aanspreeklik vir die verpligtinge wat onderskeidelik vir die gestor en dominus uit die gestio voortspruit.

59 Sodanige ooreenkoms kan inhou dat die gestor van sy verpligtinge onthef word, wat die beëindiging van die partye se wederkerige regte en verpligtinge sal beteken, of dit kan die vorm van ‘n novasie aanneem waarvolgens die negotiorum gestio in byvoorbeeld ‘n locatio conductio operarum of locatio conductio operis omskep word. Kyk Van Zyl 1985: 81.

Indien die dominus die gestor se behartiging van sy belange geratifiseer het, kan die negotiorum gestio omskep word in ‘n lasgewingsooreenkoms (mandatum) en word die verhouding tussen dominus en gestor soortgelyk aan dié tussen prinsipaal en agent.

Die gestio word ook beëindig wanneer uitvoering of afhandeling daarvan onmoontlik gemaak word as gevolg van vis maior of casus fortuitus.60

‘n Verdere wyse waarop negotiorum gestio beëindig word, is deur verjaring. In terme van die ou Verjaringswet van 1943,61 soos vertolk in die saak van

Vryburg School Board v Cloete,62 blyk dit dat die gestor se eis verjaar drie

jaar vanaf datum waarop die behartiging van die dominus se belange voltooi is.63

Met verwysing na bogemelde hofsaak som De Vos64 die korrekte regsposisie in

hierdie verband as volg op:

“Die uitwerking van hierdie beslissing skyn te wees dat enige vorderingsreg om die prys of waarde van goedere of dienste, of vergoeding daarvoor, te eis hoedat daardie reg ook al ontstaan het, na drie jaar verjaar. Dit sluit m.i. ook die eis van die gestor in. Al kan hy nie vergoeding eis vir wat hy self gedoen het nie (behalwe vir sover hy deur sy optrede inkomste wat hy andersins sou gehad het, verbeur het), eis hy tog vergoeding vir hierdie bewese dienste en verrigte werk wanneer hy vergoeding eis vir wat hy uitbetaal het

60 Kyk egter Van Zyl 1985: 58-66 betreffende die gestor se aanspreeklikheid vir casus

fortuitus onder sekere omstandighede.

61 18 van 1943; meer spesifiek art 3 (2) (c) van hierdie wet. 62 1955 (3) SA 355 (A): 358 B – 359 E.

63 Rubin 1958a: 59 en 73 is verkeerdelik van mening dat die tersaaklike verjaringstermyn 30 jaar is.

of nog moet uitbetaal aan mense wat hy gehuur het om die werk te doen. Regtens is dit tog hy wat die dienste bewys het”.

Onderworpe aan die bepalings betreffende skorsing van verjaring wat in dié Wet vervat is,65 ontstaan die verhaalsreg wanneer óf van die actio negotiorum

gestorum directa óf die actio negotiorum gestorum contraria gebruik gemaak word sodra die gestio voltooi is.66

Die huidige Verjaringswet67 maak eweneens voorsiening vir ‘n verjaringstermyn

van drie jaar waarbinne die actio negotiorum gestorum ingestel moet word.68

Van Zyl69 doen aan die hand dat verjaring, net soos in die geval van die ou Wet, begin loop sodra die gestio afgehandel is.70

65 Art 7.

66 Van Zyl 1985: 82 met verwysing na art 5 (1) (d), gelees met art 5 (2) van Wet 18 van 1943. Vergelyk Rubin 1958a: 59 en 73.

67 68 van 1969. Artikel 16 (2) van hierdie wet bepaal dat die ou Verjaringswet 18/1943 steeds van toepassing is waar die gestor se eis ontstaan het voor inwerkingtreding van die nuwe Wet, naamlik 1 Desember 1970.

68 Art 11 (d). 69 Van Zyl 1985: 83.

70 Hierdie stelling is natuurlik onderworpe aan die bepalings van art 12 van Wet 68 van 1969 wat handel oor die skorsing van verjaring.

HOOFSTUK 6

NEGOTIORUM GESTIO EN ONGEREGVERDIGDE VERRYKING

1. Inleiding

Onder sekere omstandighede is die aksie van die negotiorum gestor ‘n verrykingsaksie deurdat sy eis beperk word tot die omvang van die dominus se werklike verryking as gevolg van die behartiging van sy belange deur die gestor.1

Dit sal byvoorbeeld die geval wees waar sodanige behartiging inutiliter was.2

Daar moet egter daarteen gewaak word dat begripsverwarring veroorsaak dat elke saakwaarnemingsaksie nou as ‘n verrykingsaksie beskou word.3 Ten einde

verwarring met die gewone saakwaarnemingsaksie uit te skakel, kan daar eerder na die verrykingsaksie wat uit negotiorum gestio voortspruit as die uitgebreide saakwaarnemingsaksie, of die aksie voortspruitend uit “onegte”, “abnormale” of

quasi negotiorum gestio verwys word.4

Verrykingsaanspreeklikheid word as volg deur De Vos5 omskryf:

1 Joubert en Van Zyl 2009: par 35. In Odendaal v Oudtshoorn: 437; Kunneke v Eerste Nasionale Bank van Suidelike Afrika Bpk 1997 (3) SA 300 (T) en ABSA Bank Ltd t/a Bankfin v Stander t/a CAW Paneelkloppers 1998 (1) SA 939 (K):

944 is bevestig dat by afwesigheid van sodanige omstandighede die aksie van die negotiorum gestor nie verryking as grondslag het nie. Kyk ook Visser 2008: 568.

2 Kyk Williams’ Estate v Molenschoot and Schep (Pty) Ltd: 376 waar hierdie beginsel duidelik uiteengesit word, asook Van Zyl 1985: 45 vn 192 se kwalifikasie daarop. Wessels 1951: par 3615; Visser 2008: 568.

3 Kyk byvoorbeeld Wille 1961: 481 en Wessels 1951: par 3617 en 3572 by wie sodanige verwarring onder andere bestaan het. In latere uitgawes van eersgenoemde bron word gemelde denkfout egter nie herhaal nie – kyk byvoorbeeld Wille 2007: 1073. Vir soortgelyke verwarring in ons regspraak, kyk Grant’s Farming Co Ltd v Attwell 9 HCG (1901); Knoll v SA Flooring Industries Ltd: 408; McEwen NO v Khader 1969 (4) SA 559 (N) en Brooklyn House Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze and Sons: 272. 4 Van Zyl 1970: 173-175; De Vos 1987: 216; Joubert en Van Zyl 2009: par 35 vn 1;

Gouws v Jester Pools: 571A. 5 1987: 2.

“’n aanspreeklikheid of verbintenis wat ontstaan deurdat een persoon se vermoë ten koste van ‘n ander se vermoë vergroot is, sonder dat daar ‘n grond is wat die reg beskou as afdoende vir die verskuiwing van waarde of vir die voortduring van die verskuiwing van waarde en wat die verrykte verplig om sodanige verryking aan die verarmde af te gee”,

terwyl Lotz en Brand6 die volgende beskrywing van die begrip verryking

verskaf:

“The term ‘enrichment’ is used to describe the situation which occurs when one person’s estate is increased at the expense of another without legal cause. From the fact of such increase an obligation arises in certain circumstances in terms of which the person whose estate has been increased has a duty to restore the increase to the person at whose expense the increase has taken place. Enrichment is therefore a source of a legal obligation”.

Van Zyl7 wys daarop dat die uitgebreide saakwaarnemingsaksie reeds in

klassieke Romeinse reg bestaan het en dat dit gedurende die Middeleeue en later verder ontwikkel het, ‘n ontwikkeling wat in ‘n mindere of meerdere mate in die Suid-Afrikaanse reg gehandhaaf is.

Daar bestaan vier gevalle in ons reg waar die gestor se eis beperk is tot die omvang van die dominus se werklike verryking,8 naamlik:9

6 2009: par 207.

7 1970: 170.

8 Dit beteken dat die gestor slegs die minste van sy verarming of die verryking van die

dominus kan verhaal – kyk Sonnekus 2007: 158.

9 Wat betref die verhouding tussen ongeregverdigde verryking en negotiorum gestio in die algemeen, kyk Van Zyl 1970; De Vos 1987: 39-43, 83-86 en 213-218; John 1951: 18-88; Rubin 1958a: 42-48 en 70-73; Van Zyl 1985: 84-118.

(1) waar die gestor die belange van ‘n minderjarige behartig het; (2) waar die gestor mala fide die belange van ‘n ander in sy eie

belang behartig het;

(3) waar die gestor bona fide ‘n ander se belange behartig het menende dat dit sy eie is; en

(4) waar die gestor in stryd met ‘n uitdruklike verbod van die

dominus ‘n ander se belange behartig (domino prohibente). Vervolgens word elk van bogemelde gevalle afsonderlik in oënskou geneem.