• No results found

Negotiorum gestio en possessio

REGTE VAN DIE NEGOTIORUM GESTOR

6. Negotiorum gestio en possessio

Gedurende na-klassieke Romeinse regsontwikkeling is die aksie van die mala fide gestor wat die sake van ‘n ander tot sy eie voordeel (sui lucri causa) behartig het, uitgebrei na die terrein van possessio insoverre dit deurgaans ook aan die

mala fide possessor toegestaan is vir uitgawes aangegaan ten opsigte van die eiendom van ‘n ander.109 Insgelyks het daar reeds so vroeg as die Middeleeue ‘n neiging bestaan om ‘n bona fide possessor as ‘n bona fide gestor te behandel, en om beide se eise vir vergoeding vir verbeterings as verrykingseise te hanteer.110

Joubert en Van Zyl111 wys daarop dat die Romeins-Hollandse skrywers van die

sewentiende en agtiende eeu hul bykans sonder uitsondering verlaat het op die uitgebreide saakwaarnemingsaksie insoverre dit besitsremedies aangegaan het.112 Hierdie ontwikkeling het ook in die moderne Suid-Afrikaanse reg

weerklank gevind, hoewel dit volgens Van Zyl113 aanvanklik nie deur duidelikheid

gekenmerk is nie.

108 In die saak van Maritime Motors (Pty) Ltd v Von Steiger 2001 (2) SA 584 (SOK) was die eiser se beroep op die onderhawige remedie eweneens onsuksesvol gewees.

109 Hierdie uitbreiding blyk duidelik uit inter alia die glos actionem op D3 5 5 5 waarvolgens die glossator Martinus sowel ‘n retensiereg as ‘n aksie gebaseer op ongeregverdigde verryking aan die mala fide possessor toegestaan het. Kyk Van Zyl 1970: 44.

110 Die glossator Martinus stel eweneens voor dat ‘n bona fidepossessor geregtig was op ‘n

utilis actio negotiorum gestorum om die waarde van verbeterings aangebring aan die eiendom van ‘n ander te verhaal. Kyk Van Zyl 1970: 46; Visser 2008: 642-643.

111 2009: Par 40.

112 Daar het egter nie eenstemmigheid bestaan wat betref die toepassing van die actiones

negotiorum gestorum op die gebied van possessio nie. Van der Keessel Prael ad Gr : 2 10 8 en Th : 212 214 is byvoorbeeld bereid om slegs die bona fide possessor met ‘n aksie by te staan, terwyl die volgende skrywers ‘n aksie aan sowel bona fide as mala fide possessors toeken: Grotius Inleidinge : 3 1 15, Van Leeuwen Cens For : 1 2 5 10; RHR : 2 6 4 en Groenewegen De Leg Abr ad : I 2 1 30 en ad : C 218 24.

Die skakel tussen besit en negotiorum gestio het ook reeds vroeg in ‘n aantal Suid-Afrikaanse hofbeslissings na vore gekom insoverre die beginsel ontvou het dat die gestor wat verbeterings aan die eiendom van ‘n ander aangebring het, net soos die possessor geregtig is op ‘n aksie om vergoeding vir sodanige verbeterings te verhaal.114 So is daar in Nortjé en ‘n Ander v Pool NO115

obiter deur Rumpff AR beslis dat die bona fide possessor as gestor wel ‘n uitgebreide saakwaarnemingsaksie vir verbeteringe kan hê. Bevestiging vir hierdie standpunt kan gevind word in die volgende woorde van Jansen R in die saak van Gouws v Jester Pools116:

“The only specific action which merits careful consideration is the action of the bona fide occupier for compensation in respect of his utiles impensae. De Vos considers this a manifestation of a general action based on unjustified enrichment [Verrykingsaanspreeklikheid 2 ed 140-8], but it must now be seen merely as a modern extension of the specific action given to the bona fide possessor in Roman-Dutch Law, which, in turn, according to De Vos (p. 60), could be construed as “’n uitgebreide actio negotiorum gestorum””.117

114 Kyk byvoorbeeld De Beers Consolidated Mines v London and South African Exploration Company 10 SC (1893) 359: 369; Wipplinger v Wax 1933 EDL 60.

Vergelyk ook Colonial Government v Smith and Company 18 SC (1901) 380;

Rademeyer and Others v Rademeyer and Others : 8H – 9A en 10G.

115 Op 120F. Ondersteuning vir hierdie standpunt word uitgespreek deur Scholtens 1966: 392. Van Zyl 1970: 161-162 wys daarop dat dit dan ook die aksie is wat Scholtens en Rumpff AR nie slegs aan die possessor wil gee nie maar ook logieserwys aan die detentor of houer van ‘n ander se sake. Kyk ook Eiselen en Pienaar 2008: 260-261.

116 1968 (3) SA 563 (T). 117 Op 575.

Aan die hand van die beslissing in New Club Garage v Milborrow and Son118 word ‘n verdere skakel tussen possessio en negotiorum gestio deur Van Zyl119

uitgewys. Hier het die hof bevind dat ‘n motorhawe-eienaar wat die motorvoertuig van ‘n ander herstel het, geag word ‘n gestor te wees van sodanige persoon en dat hy as bona fide en onskuldige possessor van die voertuig geregtig was op ‘n retensiereg vir die noodsaaklike en nuttige uitgawes deur hom aangegaan.120 Waar die gestor besit van die saak verloor het ten

opsigte waarvan hy uitgawes aangegaan het en hy derhalwe nie ‘n retensiereg kan uitoefen nie, wil dit voorkom asof die gestor, net soos die possessor wat verbeterings aan ‘n ander se eiendom aangebring het, oor ‘n aksie ter verhaling van vergoeding vir sodanige verbeterings beskik.121

Opsommenderwys kan met Van Zyl122 saamgestem word dat wanneer die

verhouding tussen possessio en negotiorum gestio van naderby beskou word, dit wil voorkom asof daar in alle gevalle waar ‘n possessor verbeterings aan die eiendom van ‘n ander aangebring het, hy as ‘n gestor ten opsigte van sodanige persoon beskou kan word, met dien verstande dat die aksie tot sy beskikking in hierdie omstandighede nie die gewone actio negotiorum gestio is nie maar wel die uitgebreide vorm daarvan wat as verrykingsaksie funksioneer.123

118 Op 100.

119 1985: 112.

120 Kyk ook Brooklyn House Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze and Sons 1970 (3) SA 264 (A); Hochmetals Africa (Pty) Ltd v Otavi Mining Co (Pty) Ltd 1968 (1) SA 571 (A); Nathan 1974: 101-106; De Vos 1974: 308-314.

121 Kyk De Beers Consolidated Mines v London & SA Exploration Company: 369; Wipplinger v Wax: 68-70; Nortjé en ‘n Ander v Pool NO 1966 (3) SA 96 (A); Gouws v Jester Pools (Pty) Ltd 1968 (3) SA 563 (T). Vergelyk Rademeyer and Others v Rademeyer and Others 1968 (3) SA 1 (K); Ploughall (Edms) Bpk v Rae

1971 (1) SA 887 (T); Soane v Lyle NO 1980 (3) SA 183 (D); De Vos 1987: 41, 79-81 en 191-192.

122 1985: 112.

123 ‘n Verdere uitbreiding van die uitgebreide actio negotiorum gestorum as verrykingsaksie om ook as remedie te dien vir die kontrakteur en subkontrakteur in analoë gevalle wat voortspruit uit locatio conductio operis of locatio conductio operarum word deur Van Zyl 1985: 113 in die vooruitsig gestel. Kyk ook Joubert en Van Zyl 2009: par 40 en die gesag aldaar deur die outeurs in voetnoot 7 aangehaal.