• No results found

Terapeutiese privilegie

INGELIGTE TOESTEMMING: SUID-AFRIKA

Palmer 55 is bevind dat ‘n man sy vrou nie kan dwing om ‘n operasie teen haar sin te ondergaan nie.

5. Uitsonderings op die geneesheer se inligtingsplig teenoor sy pasiënt – regverdigingsgronde.

5.3 Terapeutiese privilegie

‘n Geneesheer word ook van sy inligtingsplig onthef indien sy pasiënt se gemoedstoestand van so ‘n aard is dat mededeling van die volle omvang van sy ongesteldheid en van die ingrypende aard van die geneeskundige behandeling daaraan verbonde hom in so ‘n mate kan beïnvloed dat sy genesing daardeur bemoeilik sou word.237 Hierdie standpunt geniet wye ondersteuning in

regsmediese literatuur en staan bekend as die leerstuk van terapeutiese privilegie.238

235 Burchell 1986a: 297; Van Oosten 2000: 26 wys daarop dat hierdie uitsondering in beginsel onversoenbaar is met die kennis en begrip – vereiste wat vir effektiewe toestemming gestel word, maar sou die opdwinging van ongevraagde inligting aan die pasiënt ook op ‘n inbreukmaking van sy vryheid van keuse neerkom.

236 Millner 1957: 387.

237 Kyk egter artikel 6(1)(d) van die National Health Act 61 van 2003 wat pertinent bepaal dat ‘n verbruiker die reg het om gesondheidsdienste te weier. Kyk ook Strauss 1991: 10 ; Van Oosten 1989: 450; Van den Heever 1993: 911. Strauss en Strydom 1967: 221 wys daarop dat hoewel regsgeldige toestemming, gebaseer op volledige kennis van die siektetoestand en die ingryping in hierdie situasie ontbreek, dit tog onderskei kan word van gevalle waar geen toestemming hoegenaamd aanwesig is nie; hier is minstens ‘n algemene toestemming tot die feit dat die geneesheer die pasiënt in behandeling neem. 238 Kyk byvoorbeeld Burchell 1986a: 300; Strauss 1991: 18-19; Van den Heever 1997: 2;

Volgens Beard en Midgley239 sal verswyging van inligting in die volgende omstandighede ingevolge hierdie leerstuk geregverdig word: (a) waar medies- gespesialiseerde inligting die pasiënt sal verwar en sy vermoë om rasionele besluite te kan neem nadelig sal beïnvloed; (b) waar die inligting die pasiënt so bang sal maak dat hy moontlik behandeling sal weier; (c) waar die pasiënt se kommer en angs van so aard sal wees dat ‘n suksesvolle afloop van die behandeling deur die openbaarmaking in gevaar gestel sal word; (d) waar die pasiënt terminaal siek is en bekendmaking daarvan gevoelloos onder die omstandighede sal wees en (e) waar die risiko’s verbonde aan die bekendmaking van die inligting net so erg of erger is as die risiko’s wat met behandeling gepaard gaan.240

Ingevolge hierdie leerstuk mag ‘n geneesheer selfs in uitsonderlike omstandighede ‘n leuen aan die pasiënt vertel ten einde laasgenoemde se lewe of sy fisiese en/of geestelike gesondheid te beskerm.241 Dit is ‘n debatteerbare

punt of ‘n geneesheer geregtig is om in terme van terapeutiese privilegie ‘n leuen te vertel waar die pasiënt vrae aan hom gestel het in verband met sy toestand en/of voorgenome behandeling.242

Volgens Morton243 moet daar drie elemente aanwesig wees alvorens die verweer

van terapeutiese privilegie opgewerp kan word: (a) die omringende feite en omstandighede moet van so ‘n aard wees dat die gebruik van privilegie daardeur

239 2005: 51. Kyk ook Thomas 2007: 208.

240 Volgens Van den Heever 1997: 136 speel die sielkundige profiel van die betrokke pasiënt die belangrikste rol wanneer die moontlike gevolge van volle openbaarmaking aan hom evalueer word. Hy wys ook daarop (1997: 137) dat daar ‘n direkte korrelasie tussen die aard van die ingreep of diagnose en die omvang van die nie-openbaarmaking behoort te wees. ‘n Ernstiger diagnose of ingreep behoort ‘n hoër risiko of bedreiging van sielkundige of fisiese nadeel vir die pasiënt in te hou wat met ander woorde die suksesvolle beroep op die verweer in sodanige omstandighede sou verhoog.

241 Byvoorbeeld waar ‘n pasiënt aan kanker ly en inligting omtrent die diagnose of terapie kan veroorsaak dat hy in erge depressie verval of selfmoordneigings ontwikkel. Kyk Van Oosten 1995: 172; Van den Heever 1997: 59.

242 Van Oosten 1995: 172. 243 1987: 121.

geregverdig word; (b) die geneesheer moet oortuig wees dat volledige openbaarmaking ‘n betekenisvolle nadelige effek op die pasiënt sal hê; en (c) redelike diskresie moet aan die dag gelê word.

Sommige juriste meen egter dat die leerstuk van terapeutiese privilegie nie erkenning behoort te geniet in ‘n tydperk waar die pasiënt se reg om ingelig te word, van die allergrootste belang is nie.244 Volgens Burchell245 het die pasiënt ‘n

reg om te weet wat die aard van sy siekte is, veral as dit ‘n terminale siekte soos kanker is, en hy is ook geregtig om ingelig te word omtrent die wesenlike risiko’s verbonde aan enige voorgestelde behandeling van sy toestand. Hierdie openbaarmaking sal die vertrouensverhouding tussen geneesheer en pasiënt versterk, die selfstandigheid van die pasiënt bevorder en onsekerheid verminder.246 Giesen en Fahrenhorst247 huldig die standpunt dat selfs in gevalle

waar volledige openbaarmaking ‘n pasiënt se fisiese of geestelike toestand ernstig kan benadeel, dit te betwyfel is of die leerstuk van terapeutiese privilegie enige bestaansreg het. Volgens gemelde outeurs is die probleem in sodanige gevalle nie of die pasiënt ingelig moet word nie, maar hoe die inligting aan hom oorgedra moet word.248 Ook Sommer249 gaan van die standpunt uit dat

potensiële benadeling van die pasiënt nie noodwendig beteken dat inligting van hom weerhou moet word nie, die probleem kan oorbrug word deur die inligting op ‘n versigtige wyse aan die pasiënt oor te dra.

244 Kyk Thomas 2007: 215. Coetzee 2001: 82-94 is van mening dat indien die geneesheer weet, of ‘n rede het om te glo, dat die pasiënt nie tot die betrokke behandeling sal toestem as hy van die risiko’s bewus is nie, die verweer van terapeutiese privilegie nie opgewerp mag word nie.

245 1986b: 320.

246 Burchell 1986b: 320. 247 1984: 84.

248 Giesen en Fahrenhorst 1984: 84. Kyk ook Coetzee 2001: 120, 147-150 wat daarop wys dat selfs waar die vrees van selfmoord bestaan, sensitiewe openbaarmaking soms ‘n alternatief tot nie-openbaarmaking bied.

Van Oosten250 is ook gekant teen die erkenning van terapeutiese privilegie as regverdigingsgrond omdat dit volgens hom onder andere die fundamentele beginsel van outonomie van die pasiënt ondermyn deur die plig wat daar op geneeshere rus om inligting te openbaar in sekere omstandighede onderworpe te stel aan professionele diskresie. Hy is verder van mening dat daar in beginsel geen rede bestaan waarom terapeutiese privilegie nie tuisgebring kan word onder die verweer van noodtoestand nie.251 Hy wys daarop dat terapeutiese nie-

openbaarmaking as ‘n regverdigingsgrond fungeer in gevalle waar nakoming van die openbaarmakingsplig groter nadeel vir die pasiënt sou veroorsaak as die voorgenome behandeling. As geneeshere toegelaat word om in mediese noodsituasies, op grond van die verweer van noodtoestand, voorkeurbehandeling toe te dien ten einde die gesondheid of lewe van een pasiënt ten koste van ‘n ander te red, is dit net logies dat in noodsituasies waar die beskerming van die pasiënt se een regsbelang sal veroorsaak dat ‘n ander regsbelang van hom skade aangedoen word, die geneesheer ook geregtig behoort te wees om een van die pasiënt se regte ten koste van ‘n ander te beskerm, op voorwaarde dat al die vereistes van die verweer van noodtoestand nagekom word.252 Hy stel derhalwe

voor dat die term “terapeutiese noodtoestand” moontlik gebruik kan word om die aanwending van die verweer in mediese konteks te beskryf.253

Met uitsondering van enkele obiter dicta in South African Medical and Dental

Council v McLoughlin254 en Castell v De Greef255 het die kwessie van

terapeutiese privilegie feitlik nog geen aandag in die Suid-Afrikaanse regspraak

250 1991: 428.

251 Van Oosten 1991: 426-429.

252 Kyk ook Beard en Midgley 2005: 68.

253 Coetzee 2001: 249 ev verkies die term “terapeutiese regverdiging”. Van den Heever 1997: 88-92 wys egter op sekere haakplekke wat die realisering van Van Oosten se bogenoemde voorstel sal bemoelik. Hy kom tot die gevolgtrekking dat die verweer van noodtoestand nie voldoende voorsiening maak vir die unieke omstandighede verbonde aan die geneesheer se terapeutiese privilegie nie en dat laasgenoemde derhalwe as ‘n verweer sui generis erken moet word.

254 1948 (2) SA 355 (A). 255 Op 416 D-E en 426H.

geniet nie en is daar nie sprake van die presiese afbakening van die trefwydte van die onderhawige leerstuk nie.256 In eersgemelde saak merk Watermeyer HR

as volg op:

“… it may sometimes be advisible for a medical man to keep secret from his patient the form of treatment which he is giving him.”257

Strauss258 gee in oorweging dat indien dit in ‘n besondere geval sou blyk dat

volledige openbaarmaking van die aard van die voorgestelde behandeling ongetwyfeld die pasiënt se gesondheid sal benadeel, en die geneesheer na deeglike oorweging van al die komplikasies doelbewus besluit om nie al die inligting aan die pasiënt oor te dra nie, die geneesheer nie vir aanranding aanspreeklik gehou behoort te word nie.

Van den Heever 259 wys ook op die behoefte wat bestaan om die geneesheer se openbaarmakingsplig in sekere omstandighede te versag en te beperk. Volgens hom moet gestreef word na ‘n balans tussen die erkenning van gepaste beperkings (wat versigtig omskryf moet word) en die pasiënt se selfbeskikkingsreg en vryheid van keuse. 260 Anders gestel: Die toepaslike

regsbeginsels moet poog om ‘n kompromie te bereik wat die pasiënt se outonomie beskerm sonder om die geneesheer se kliniese oordeel onnodig te beperk.

Empiriese navorsing wat deur Van den Heever261 onderneem is in ‘n poging om

vas te stel wat ‘n groep Suid-Afrikaanse geneeshere se menings en werklike

256 Thomas 2007: 208. Kyk oor die algemeen ook Welz 1999: 299; Coetzee 2004: 464; Beard 2005: 51.

257 Op 336.

258 1991: 19. Kyk ook Strauss en Strydom 1967: 219 ev en in besonder die standpunt van Bockelmann daar aangehaal; Van Oosten 1989: 450.

259 1993: 912.

260 Kyk die riglyne wat deur die outeur voorgestel word ter bereiking van ‘n behoorlike balans – 1993: 12.

kliniese praktyke is in verband met die toepassing van terapeutiese privilegie, het onder andere aan die lig gebring dat: (a) ‘n oorweldigende meerderheid van die geneeshere wat aan die opname deelgeneem het (77%), ten gunste was van ‘n diskresie om sekere inligting van ‘n pasiënt te weerhou vir terapeutiese doeleindes; en (b) ‘n verrassende aantal van die respondente (67%) het aangedui dat hulle inderdaad sodanige diskresie in hul persoonlike ervaring uitgeoefen het.

In Castell v De Greef 262 het die hof erkenning verleen aan die mediese

praktisyn se terapeutiese privilegie deur sy openbaarmakingsplig daaraan onderworpe te stel. Die hof het aangedui dat daar onsekerheid bestaan aangaande die trefwydte van dié verweer maar het nie ingegaan op die gevare daaraan verbonde nie omdat dit nie in die betrokke saak opgewerp is nie. Daar word egter uitgewys dat dié privilegie:

“… does, however, form part of the wider debate concerning consent to medical treatment and whether emphasis should be placed on the autonomy and right of self-determination of the patient in the light of all the facts or on the right of the medical profession to determine the meaning of reasonable disclosure.263

Daar word ook in die National Health Act 264 voorsiening gemaak vir die behoud

van terapeutiese privilegie deurdat die verskaffer van gesondheidsorg toegelaat word om inligting van die verbruiker (pasiënt) te weerhou in omstandighede waar wesenlike getuienis bestaan dat openbaarmaking van die pasiënt se gesonheidstatus strydig met sy beste belang sou wees. 265 Deur die onderhawige

uitsondering op die gesondheidsdiensverskaffer se openbaarmakingsplig egter te beperk tot artikel 6 (a), wat handel oor die verskaffing van inligting aan die

262 Op 426 H.

263 Op 418 G – H. Kyk Beard en Midgley 2005: 66. 264 Wet 61 van 2003.

pasiënt in verband met sy gesonheidstatus, en nie die hele artikel nie, wil dit voorkom asof die toepassingsveld daarvan meer beperk is as wat dit in die geval van die gemenereg is. 266 Volgens Wilson 267 wil dit voorkom asof dit in die

praktyk nie moontlik sal wees om die toepassing van die verweer van terapeutiese privilegie te beperk tot die verskaffing van inligting in verband met die pasiënt se gesondheidstoestand nie. Die oordra van inligting aan ‘n pasiënt in verband met die voorgestelde behandelingswyse, byvoorbeeld bestralingsterapie, vir ‘n lewensbedreigende siekte waaraan hy ly, sal onvermydelik lei tot bekendmaking van die pasiënt se gesonheidstoestand ten spyte van die feit dat die geneesheer op grond van die feite tot sy beskikking op terapeutiese privilegie sou wou staatmaak om nie sodanige inligting te openbaar nie.

Volgens Thomas 268 bestaan daar onduidelikheid of die omvang van die

geneesheer se geregtelike openbaarmakingsplig nou aan die hand van die bepalings soos vervat in die National Health Act of ooreenkomstig die beginsels van die gemenereg vasgestel behoort te word en of beide stelle beginsels naas mekaar voortbestaan en derhalwe in ag geneem moet word.

___________________________________

Verdere moontlike uitsonderings op die geneesheer se openbaarmakingsplig kan teweeg gebring word deur: (a) wetgewende bepalings 269; (b) magtiging wat

deur ‘n bevoegde hof verleen is 270; (c) die feit dat die pasiënt reeds oor die

vereiste inligting beskik 271; en (d) die feit dat openbaarmaking in die betrokke

266 Thomas 2007: 208. 267 2009: 879 vn 93. 268 2007: 209.

269 Kyk byvoorbeeld artikel 37(2) en 225(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 wat betrekking het op die neem van bloedmonsters wat relevant in strafregtelike verrigtinge mag wees.

270 Vergelyk byvoorbeeld Phillips v De Klerk 1983 (T) (Ongerapporteerd, soos bespreek deur Strauss 1991: 29 ev). Kyk Van Oosten 1992: 633; Van den Heever 1997: 53 ev. 271 Vergelyk Castell v De Greef (1993): 520 D.

omstandighede onmoontlik is. 272 Daar word vervolgens slegs op eersgemelde twee moontlikhede kortliks uitgebrei:

5.4 Wetgewing

Drie tipes situasies waar wetgewing ‘n mediese ingreep mag regverdig, word deur Carstens en Pearmain 273 geïdentifiseer, naamlik:

(a) Waar ‘n statutêre bepaling ‘n mediese ingreep of die openbaarmaking van inligting regverdig ongeag of die pasiënt daartoe toegestem het 274;

(b) waar statutêre bepalings ‘n mediese ingreep regverdig wat plaasvind met die pasiënt se toestemming275;

(c) waar statutêre bepalings ‘n mediese ingreep in noodsituasies regverdig.276

5.5 Hofbevel

Magtiging deur ‘n hof sal enige wederregtelikheid of onregmatigheid van die mediese ingreep wat uitgevoer is, uitskakel. Hierdie regverdigingsgrond kom ter sprake wanneer ‘n hofbevel aangevra word om (a) ‘n mediese ingreep te laat uitvoer wat nie teen die wil van die pasiënt is nie, of om (b) ‘n mediese ingreep

272 Van Oosten 1995: 172. 273 2007: 917.

274 Kyk byvoorbeeld artikel 7(1)(d) van die National Health Act 61 van 2003 wat die mediese behandeling van ‘n nie-toestemmende persoon magtig waar die versuim om hom te behandel, ‘n ernstige risiko vir die openbare gesondheid tot gevolg sou hê.

275 Kyk Carstens en Pearmain 2007: 918 en die voorbeelde aldaar deur die outeurs uiteengesit. Hulle wys daarop dat hier ‘n oorvleueling van toestemming en statutêre magtiging as regverdigingsgronde plaasvind.

276 Kyk byvoorbeeld artikel 38(3)(a) van die Wet op Gesondheidsberoepe 56 van 1974 soos gewysig wat ‘n geneesheer magtig om as tandarts op te tree in ‘n noodsituasie waar geen tandarts beskikbaar is nie. Hier vind oorvleueling van die regverdigingsgronde van noodtoestand en statutêre magting plaas.

teen die wil van die pasiënt te laat uitvoer.277

5.6 Mediese ingryping sonder die vooraf verkryging van ingeligte