• No results found

Geestesongestelde persone

INGELIGTE TOESTEMMING: SUID-AFRIKA

Palmer 55 is bevind dat ‘n man sy vrou nie kan dwing om ‘n operasie teen haar sin te ondergaan nie.

3.3.2 Geestesongestelde persone

Die vereistes vir die verlening van toestemming waar geestesongesteldes ter sprake is, word in die Mental Health Care Act 56 uiteengesit. Hierdie wet maak

uitdruklik voorsiening vir die verskaffing van vrywillige en onvrywillige sorg, behandeling en rehabilitasie aan “mental health care users”.57

Artikel 9 (1) van die wet bepaal onder andere dat ‘n gesondheidsorgverskaffer of gesondheidsinstelling slegs sorg, behandeling en rehabilitasiedienste mag voorsien aan, of ‘n “mental health care user” opneem indien sodanige verbruiker daartoe toegestem het. Die element van vrywilligheid is hier voorhande en dui op aanvaarding daarvan deur die wetgewer dat die blote feit dat ‘n persoon geestesongesteld is nie per se impliseer dat hy onbevoeg is om toestemming te verleen nie.58

In die afwesigheid van toestemming mag behandeling of ander dienste deur die behandelende praktisyns of instelling voorsien word indien daartoe gemagtig deur ‘n hofbevel of ‘n hersieningsraad. Indien as gevolg van die aanwesigheid van geestesongesteldheid, enige vertraging in die voorsiening van sorg of ander

53 108 van 1996.

54 Choice on Termination of Pregnancy Act 92 van 1996.

55 1955 (3) SA 56 (0). Mcquoid-Mason en Dada 1999: 133 wys daarop dat een gade nie eers daarop geregtig is om die ander gade te dwing om ‘n mediese ondersoek te ondergaan nie.

56 Wet 17 van 2002.

57 Carstens en Pearmain 2007: 900. 58 Carstens en Pearmain 2007: 900.

dienste, aanleiding mag gee tot: (i) die dood of onomkeerbare skade of nadeel aan die verbruiker se gesondheid; of (ii) die aandoen van ernstige skade of nadeel aan homself of ander persone deur die verbruiker; of (iii) die veroorsaking deur die verbruiker van ernstige skade aan of verlies van eiendom wat aan homself of ander persone behoort, mag verdere stappe teen hom geneem word.59

Die wet maak ook daarvoor versiening dat iemand namens die verbruiker (pasiënt) kan toestem aan die hand van ‘n volmag of vervangende toestemming waar die pasiënt jonger as agtien jaar is of onbevoeg is om besluite te kan neem.60 Ingevolge artikel 17 van die wet moet elke gesondheidsdiensverskaffer, alvorens enige sorg, behandeling of rehabilitasiedienste toegedien word, die pasiënt op ‘n toepaslike wyse omtrent sy regte inlig (behalwe waar ‘n noodgeval soos omskryf in artikel 9(1)(c) van die wet aanwesig is).

3.3.3 Kinders

Beskermende maatreëls in verband met die gesondheid van kinders word in die Kinderwet61 uiteengesit en vervolgens word aandag geskenk aan die bepalings

van artikel 129 daarvan wat handel oor toestemming tot mediese behandeling en chirurgiese operasies.

Bogenoemde artikel bepaal eerstens dat ‘n kind62 slegs aan mediese - of

chirurgiese behandeling onderwerp kan word indien toestemming daartoe ingevolge die bepalings van die wet verleen is.63

59 Kyk artikel 9 (1) (c).

60 Carstens en Pearmain 2007:901. Die relevante artikels van die wet hier ter sprake, is 26, 27, 31, 32 en 38.

61 Wet 38 van 2005.

62 ‘n Kind word in artikel 1 van die wet omskryf as ‘n persoon onder die ouderdom van agtien jaar.

‘n Kind mag tot sy mediese behandeling toestem indien hy (a) ouer as twaalf jaar is; en (b) genoegsaam volwasse is en oor die geestesvermoëns beskik om die voordele, risiko’s, sosiale en ander implikasies daaraan verbonde te begryp.64 Benewens hierdie vereistes moet ‘n kind ook behoorlik bygestaan word deur sy ouer of voog ten einde regsgeldige toestemming te kan verleen vir die uitvoer van ‘n chirurgiese operasie op hom.65

In die geval waar die kind onder die ouderdom van twaalf jaar is, of bo sodanige ouderdom is maar nie genoegsaam volwasse is of in staat is om die voordele, risiko’s en sosiale implikasies verbonde aan die behandeling te begryp nie, mag sy ouer of voog toestem tot sy mediese behandeling of die uitvoer van ‘n chirurgiese operasie op hom.66 ‘n Sogenaamde “care-giver” van sodanige kind

mag slegs toestem tot sy mediese behandeling en nie tot die uitvoer van ‘n chirurgiese operasie op hom nie.67

Artikel 129 (6) van die Wet bepaal dat die superintendent van ‘n hospitaal, of die persoon wat in sy afwesigheid in beheer van die hospitaal is, in die volgende omstandighede mag toestem tot die mediese behandeling of chirurgiese operasie op ‘n kind: (a) indien dit noodsaaklik is om die kind se lewe te bewaar of om die kind te red van ‘n ernstige of blywende fisiese besering of gebrek; (b) indien die behoefte aan die behandeling of operasie so dringend is dat dit nie uitgestel kan word ten einde die toestemming te bekom wat andersins vereis sou word nie. Die relevante minister mag toestem tot die mediese behandeling van die kind of die uitvoer van ‘n chirurgiese operasie op hom indien sy ouer of voog: (a) 63 Hierdie bepaling is onderworpe aan artikel 5(2) van die Choice on Termination of

Pregnancy Act 92 van 1996. Kyk artikel 129 (1) van die wet onder bespreking. 64 Artikel 129 (2).

65 Artikel 129 (3).

66 Onderworpe aan artikel 31 van die onderhawige wet. Kyk artikel 129(4) en (5). 67 Artikel 129(4).

onredelik weier om toestemming te gee of om die kind by te staan om toestemming te verleen; (b) onbevoeg is om toestemming te gee of om die kind by te staan om toestemming te verleen; (c) nie geredelik opgespoor kan word nie; of (d) oorlede is.68 Die minister mag verder toestem tot mediese behandeling van die kind of die uitvoer van ‘n chirurgiese operasie op hom indien die kind onredelikerwys weier om daartoe toe te stem.69

‘n Hoë Hof of Kinderhof70 mag toestem tot die kind se mediese behandeling of

die uitvoer van ‘n chirurgiese operasie op hom in alle gevalle waar ‘n ander persoon wat toestemming in terme van artikel 129 van die wet mag verleen, weier of nie in staat is om sodanige toestemming te verleen nie.71

Volgens artikel 129(10) mag geen ouer, voog of “care-giver” weier om ‘n kind by te staan72 of toestemming weerhou73 slegs op grond van geloofs- of ander oortuigings nie, tensy die ouer of voog kan aantoon dat daar ‘n medies aanvaarde alternatiewe keuse tot die betrokke mediese behandeling of chirurgiese operasie bestaan.74

Artikel 13 van die wet bepaal onder andere dat ‘n kind geregtig is op toegang tot inligting in verband met sy gesondheidstatus, asook op inligting wat verband hou met die oorsake en behandeling daarvan.75