• No results found

Mala fide behartiging van ‘n ander se belange tot voordeel van die gestor

REGTE VAN DIE NEGOTIORUM GESTOR

Municipality 42 is voorgestel dat ‘n redelike vergoeding aan die gestor betaal

3. Mala fide behartiging van ‘n ander se belange tot voordeel van die gestor

Die treffendste voorbeeld van die actio negotiorum gestorum as ‘n verrykingsaksie doen hom voor waar die gestor wetend, en derhalwe mala fide, die behartiging van ‘n ander se belange onderneem, nie met die animus negotia aliena gerendi nie maar met die bedoeling om homself te bevoordeel (sui lucri causa).

‘n Digesta-teks waarvan Ulpianus die outeur was, naamlik D 3 5 5 5, was die oorsprong van die gedagte dat volgende op die sui lucri causa - behartiging van ‘n ander se belange deur die gestor, hy nie geregtig behoort te wees op sy uitgawes of verliese wat hy as gevolg van sy gestio gely het nie, maar dat sy eis beperk moet word tot die omvang van die dominus se verryking.25

Gedurende Middeleeuse regsontwikkeling26 is laasgemelde beginsel geredelik

aanvaar en is die toepassing van die verrykingsaksie voortspruitend uit

negotiorum gestio inderwaarheid uitgebrei na die terrein van possessio, insoverre die mala fide gestor gelyk gestel is aan die mala fide possessor wat uitgawes aangegaan het tydens sy verbetering van ‘n ander se eiendom.27

Die verrykingsaksie wat uit D 3 5 5 5 voortspruit, is oor die algemeen in die Romeins-Hollandse reg van die sewentiende en agtiende eeu aanvaar.28 ‘n Mate

van teenstrydigheid bestaan egter in Romeins-Hollandse gesag betreffende die

25 Van Zyl 1985: 91. Kyk ook Voet Commentarius : 3 5 5 en 3 5 9; Groenewegen De Leg

Abr ad : D 3 5; De Vos 1987: 84 en 215; Visser 2008: 570. Wat betref die kontroversiële aard en uitleg van hierdie teks, kyk Van Zyl 1970: 22-28 en Van Zyl 1985: 90-99.

26 Kyk Van Zyl 1970: 42-45, 51-52, 57-58, 64-68, 77-79, 85-86; Van Zyl 1985: 91 vn 396. 27 Die glossator Martinus het in sodanige omstandighede nie slegs ‘n retensiereg aan die

mala fide possessor toegeken as ‘n middel waarmee hy vergoeding vir sy uitgawes kon afdwing nie, maar ook ‘n aksie gebaseer op ongeregverdigde verryking.

vraag of ‘n aksie aan die mala fide possessor toegeken behoort te word om sy uitgawes mee te verhaal.29

Ten spyte van die duidelike gesag vervat in D 3 5 5 5 en die aanvaarding van die beginsel wat daarin voorkom deur die Romeins-Hollandse reg, is daar in verskeie Suid-Afrikaanse beslissings geweier om ‘n aksie gebaseer op ongeregverdigde verryking, of andersins, aan die mala fide gestor wat in sy eie belang opgetree het, toe te staan. Die sake wat hier ter sprake kom, is Bernstein v Tayler,30

Amod Salie v Ragoon31 en Shaw v Kirby.32

In ‘n latere beslissing, Van Staden v Pretorius,33 was die feite analoog aan dié van die Shaw-saak hierbo genoem. Die eiser het naamlik die verweerder se skuld, sonder enige versoek of magtiging daartoe, betaal met die uitsluitlike doel om homself daardeur te bevoordeel. Op grond van sodanige betaling het die eiser toe ‘n eis teen die verweerder ingestel vir terugbetaling van die betrokke bedrae deur hom betaal. Die hof verwys na Voet se Beginselen des Rechts 34 en

kom tot die gevolgtrekking dat dit nie op onderhawige saak van toepassing is nie omdat nóg mandatum nóg negotiorum gestio per sprake is. Die volgende word voorts deur Vieyra R bygevoeg:

29 Groenewegen De Leg Abr ad : D 3 5 en Voet Commentarius : 3 5 5; 3 5 9 herhaal dat die Romeinse beginsel geldige reg is. Grotius Inleidinge : 3 1 15 het die beginsel uitgebrei na mala fide en bona fide possessors, hoewel Van der Keessel Prael ad Gr : 2 10 8 en Th : 212 214 onwillig was om die mala fide possessor by te staan deur aan hom ‘n aksie toe te staan. Kyk verder Groenewegen De Leg Abr ad : D 3 5; ad : Inst 2 1 30; Van der Linden Suppl ad Voet : 3 5 14; Van Leeuwen Cens For : 2 5 10; RHR : 2 6 4; Voet Beginselen des Rechts : 3 28 7; 3 30 4; Van Bynkershoek Obs Tum : 303; Pauw Obs Tum Nov : 12 558; Pothier Contrat de Mandat : par 190-193; Van Zyl 1985: 91-95; Visser 2008: 570-571.

30 Op 266. 31 Op 103.

32 1924 GWL 33: 36. Rubin 1958a: 44 merk tereg op dat hierdie saak nie te ernstig opgeneem kan word nie aangesien dit nie ‘n enkele verwysing na Suid-Afrikaanse gemene reg of regspraak bevat nie, maar aan die hand van die Engelse reg beslis is. 33 1965 (1) SA 852 (T).

“The payment was in any event not made for the benefit of the defendant but of the plaintiff himself.” 35

Hierdie uitspraak het hewige kritiek uitgelok36 en daar moet met Van Zyl37 saamgestem word dat dit in die lig van die uitgebreide saakwaarnemingsaksie van D 3 5 5 5 nie korrek kan wees nie. ‘n Treffende uiteensetting van wat die korrekte regsposisie rondom hierdie punt behoort te wees, word deur De Vos38

verskaf:

“Wat is die juiste posisie dan? Kort en bondig dit, dat iemand wat ‘n ander se sake behartig, bv. deur sy skulde te betaal, maar dit doen om homself te bevoordeel en nie, of nie slegs, met die voordeel van die dominus in gedagte nie … wel ‘n aksie as gestor

kan instel. Dit is egter nie die gewone contraria – aksie waarmee die gestor al sy uitgawes kan eis nie, maar ‘n abnormale of quasi actio negotiorum gestorum contraria, wat beperk is tot die dominus

se werklike verryking. Dit is in wese ‘n verrykingsaksie wat onder die vlag van negotiorum gestio vaar”.

Daar is egter ‘n aantal Suid-Afrikaanse beslissings waarin die Howe ‘n suiwerder benadering betreffende onderhawige aangeleentheid gevolg het. In Prince qq

Dieleman v Berrange, alias Anderson39 is daar met goedkeuring na die

verrykingsaksie van die mala fide gestor verwys as gesag vir die aard van die

35 Op 854.

36 Kyk byvoorbeeld De Vos 1965: 229-231 en Beuthin 1965: 468. Van Zyl 1985: 97 vn 430 verwys na die saak van Turkstra v Massyn 1959 (1) SA 40 (T) wat ook gehandel het oor die betaling van ‘n ander se skuld en waarin die Hof skynbaar die uitgebreide saakwaarnemingsaksie as moontlike remedie tot beskikking van die persoon wat die skuld betaal het, misken het. Hierdie saak is eweneens deur Scholtens 1959: 266-271 gekritiseer.

37 Van Zyl 1970: 155. 38 1965: 230.

saakwaarnemingsaksie wat teen die minderjarige ingestel kan word.40 In Stoll’s

Trustee v Kriege and Bosman41 het die Hof eweneens bevind dat betaling van

‘n ander se skuld, in belang van die betaler, aanleiding gee tot ‘n verhaalsreg teen die persoon wie se skuld betaal is. Ook in Harman’s Estate v