• No results found

Die redelike geneesheer standaard

REGSVERGELYKENDE OORSIG VAN INGELIGTE TOESTEMMING IN ENKELE BUITELANDSE REGSTELSELS

Hughes 60 die objektiewe benadering verkies het om te bepaal of ‘n pasiënt se

3. Verenigde State van Amerika 1 Inleiding

3.2 Die redelike geneesheer standaard

In Natanson v Kline77 het die Hooggeregshof van Kansas die eerste hof

geword wat uitdruklik ‘n geneesheer se aanspreeklikheid op grond van ‘n gebrek aan ingeligte toestemming in terme van nalatigheid in plaas van “battery”, beslis het.78 In hierdie saak het Mev. Natanson haar geneesheer aangespreek omdat hy

versuim het om haar ingeligte toestemming te bekom vir kobalt bestralings- behandeling wat toegedien is nadat sy ‘n mastektomie ondergaan het. Sy het erge brandwonde opgedoen as gevolg van die bestraling en het vervolgens ‘n wanpraktykseis ingestel teen Dr. Kline wat as radioloog gepraktiseer het. Die eiseres het beweer dat die verweerder se nalatigheid geleë was in beide die wyse waarop hy die behandeling uitgevoer het sowel as in sy versuim om haar te

76 Op 181. Monks 1993: 223 wys daarop dat hierdie die eerste saak was waar die term “ingeligte toestemming” gebruik is. Berg ea 2001: 44-45.

77 350 P 2d 1093 (Kan 1960). Kyk ook die saak van Mitchell v Robinson 334 SW 2d 11 (Ma 1960) wat binne die bestek van twee dae van die Natanson-uitspraak in ‘n ander jurisdiksie beslis is. Die effek van hierdie twee uitsprake was basies dat die vereiste waarvolgens ‘n pasiënt se sogenaamde gewone/ eenvoudige (“simple”) toestemming verkry moes word tot die vergetelheid verdoem is.

78 Hierdie saak dien as duidelike illustrasie daarvan dat Amerikaanse howe in sake waar die toestemming van pasiënte ter sprake was, hul fokus weg van “battery” en liggaamlike integriteit af begin verskuif het na die waarde van pasiënte se outonomie.

waarsku omtrent die aard daarvan en die risiko’s daaraan verbonde. Die hof beslis dat die verweerder-geneesheer:

“… was obligated to make a reasonable disclosure to the appellant (plaintiff) of the nature and probable consequences of the suggested and recommended cobalt irradiation treatment, and he was also obligated to make a reasonable disclosure of the dangers within his knowledge which were incident to, or possible in the treatment he proposed to administer”.79

Die hof het bepaal dat nalatigheid, in teenstelling met “battery”, die aangewese aksiegrond is in gevalle waar pasiënte behandel is sonder die vooraf verskaffing van voldoende inligting.80 Die klassifikasie van die leerstuk van ingeligte

toestemming onder die opskrif van professionele nalatigheid is tans steeds die heersende siening en die aksiegrond gebaseer op “battery” word tipies gereserveer vir gevalle waar geneeshere optree hoegenaamd sonder enige toestemming of andersins met ‘n bose oogmerk.81

Sekerlik die grootste voordeel vir ‘n litigant wat sy eis op “battery” baseer, is daarin geleë dat dit nie nodig is om te bewys dat enige fisiese nadeel veroorsaak is deur die geneesheer se onvoldoende openbaarmaking nie.82 Die vervolgbare

79 Soos aangehaal deur Green Koopersmith 1984: 232. Kyk ook Grisso en Appelbaum 1998: 7; Berg ea 2001: 45.

80 Op 1106 van die hofverslag wys die hof daarop dat geneeshere verplig is om inligting te openbaar “… which a reasonable medical practitioner would make under the same or similar circumstances”, wat daarop dui dat ‘n wanpraktykstandaard van toepassing is op ingeligte toestemming sake. Hierdie siening is byvoorbeeld bevestig deur die Hooggeregshof (Supreme Court) van Kalifornië in Cobbs v Grant 502 P 2d 1 (Cal 1972). 81 Sones 2006: 258; Monks 1993: 223; Kegley 2002: 460; Tan 2006: 89.

82 Jackson 2006: 263; Faden en Beauchamp 1986: 27. Tan 2006: 89 wys daarop dat verskillende verjaringstermyne geld vir die twee aksies waarop onderskeidelik “battery” en nalatigheid gebaseer is. Om te slaag met ‘n eis gebaseer op “battery” is dit ook nie nodig om deskundige mediese getuienis aan te bied nie.

onreg (oortreding) is geleë in die behandeling sonder toestemming as sodanig.83 Hedendaags vind hierdie aksie egter slegs aanwending in beperkte situasies waar die aard van die voorgenome prosedure byvoorbeeld nie openbaar gemaak is nie of waar die geneesheer se optrede doelbewus die omvang van die verleende toestemming oorskry het.84 Daarenteen sal ‘n eiser in die saak gebaseer op

professionele nalatigheid slegs suksesvol wees indien hy daarin slaag om die volgende te bewys: (1) dat daar ‘n plig op die geneesheer gerus het om sekere inligting aan die pasiënt te openbaar; (2) dat die geneesheer sodanige plig nie nagekom het nie; (3) dat die eiser ‘n besering opgedoen het; (4) dat die pasiënt nie die behandeling sou ondergaan het nie indien die inligting aan hom beskikbaar gestel is, en (5) dat die geneesheer se versuim om sy plig na te kom die onmiddellike oorsaak van die besering was.85

In die Natanson-saak het die hof ‘n geneesheer se openbaarmakingsplig beperk tot “those disclosures which a reasonable medical practitioner would make under the same or similar circumstances”.86 Hierdie redelike geneesheer-standaard van

openbaarmaking is voorts as volg deur die hof omskryf:

“how the physician may best discharge his obligation to the patient in this difficult situation involves primarily a question of medical judgment”.87

Die Natanson-beslissing het die regsposisie rakende mediese openbaarmaking en ingeligte toestemming vir die volgende twaalf jaar in bykans al die jurisdiksies

83 Faden en Beauchamp 1986: 27.

84 Faden en Beauchamp 1986: 29-30. Monks 1993: 223 wys ook daarop dat indien vergelyk word met sake waar “tradisionele” aanranding (“assault and battery”) ter sprake is, tree ‘n geneesheer wat versuim om inligting te openbaar in relatiewe goeie trou op tot voordeel van die pasiënt, eerder as uit boosheid (kwaadwilligheid) of op ‘n anti-sosiale wyse. Kyk byvoorbeeld Kohoutek v Hafner 383 NW 2d 295 (Minn 1986).

85 Sones 2006: 259; King en Moulton 2006: 441; Green Koopersmith 1984: 233.

86 Natanson v Kline: 1106. Grisso en Appelbaum 1998: 8; Berg ea 2001: 46.

waar sodanige kwessies oorweeg is, gevestig.88 Die geneesheer-gebaseerde standaard van openbaarmaking is steeds die geldende reg in die meerderheid (25) van die VSA se state.89 Die belangrikste punt van kritiek teen hierdie

standaard is dat dit die individu se outonomie ondermyn terwyl die beskerming van laasgenoemde juis die primêre funksie en morele regverdiging vir die vereistes van ingeligte toestemming is.90 Green-Koopersmith91 verwoord hierdie

swakplek van die objektiewe standaard van openbaarmaking as volg: “The primary criticism is that it deprives the patient of his right to make decisions concerning the kind of medical care (if any) that he wishes to undergo or forego, regardless of the soundness of his reasons”.

88 King en Moulton 2006: 441.

89 Hierdie state is: Alabama, Arkansas, Arizona, Colorado, Delaware, Florida, Idaho, Illinois, Missouri, Montana, Nebraska, Nevada, New Hampshire, New York, Noord-Carolina, Suid- Carolina, Tennessee, Vermont, Virginia en Wyoming. Kyk King en Moulton 2006: 441- 442; Teff 2001: 302; Jones 1992: 125 en Tan 2006: 101.

90 Kyk Faden en Beauchamp 1986: 31 waar ook die volgende punte van kritiek teen dié standaard uiteengesit word: (a) Dit word bevraagteken of ‘n gebruiklike standaard van openbaarmaking werklik in die mediese professie bestaan, en hoeveel eenstemmigheid vereis word vir die totstandkoming van sodanige standaard; (b) As relevante professionele persone oor die algemeen dieselfde minderwaardige inligting verskaf, hetsy as gevolg van onkunde, uit hoofde van opregte oortuiging of gebaseer op professionele solidariteit, kan dit die verskaffing van werklik nalatige mediese sorg laat voortbestaan; en (c) Betroubare empiriese data bestaan nie wat aantoon dat geneeshere oor voldoende kundigheid beskik om te weet watter inligting in ‘n pasiënt se beste belang is nie. Vir die bespreking van verdere nadele verbonde aan hierdie standaard, kyk Jackson 2006: 278- 281; Berg ea 2001: 46-47 en Kegley 2002: 460-461.