• No results found

Die National Health Act

INGELIGTE TOESTEMMING: SUID-AFRIKA

Palmer 55 is bevind dat ‘n man sy vrou nie kan dwing om ‘n operasie teen haar sin te ondergaan nie.

4.1 Die National Health Act

Thomas 208 wys daarop dat hierdie wet, wat op 2 Mei 2005 in werking getree

het, ten doel het om ‘n eenvormige wetgewende raamwerk daar te stel waarvolgens gesondheidsdienste in Suid-Afrika gereguleer word en is dit van toepassing op alle gesondheidsinstellings in beide die openbare- en privaatsektore. Dit poog verder om die bestaande wetgewing wat die gesonheidstelsel reguleer, te belyn met grondwetelike waardes asook om die staat se plig om “redelike wetgewende maatreëls te tref in terme van die reg op toegang tot gesondheidsorgdienste soos vervat in die Handves van Regte209, te

verwesenlik. 210

Ingevolge die bepalings van die Wet word van alle verskaffers van gesondheidsorg verwag om ‘n verbruiker (pasiënt) se ingeligte toestemming211 te

bekom.212 Die term “ingeligte toestemming” word nie in artikel 1 van die Wet

gedefinieer nie, maar word dit in artikel 7 (3) gebruik waar aangedui word dat dit vir doeleindes van dié artikel beteken “consent for the provision of a specified health service given by a person with legal capacity to do so and who has been informed as contemplated in section 6.”

205 Wet 108 van 1996.

206 Op par 39 van die hofverslag. 207 Wet 61 van 2003.

208 2007: 207. 209 Artikel 27.

210 Thomas 2007: 207. 211 Kyk artikels 6, 7 en 8.

Artikel 6 van die Wet plaas die verpligting op ‘n gesondheidsorgverskaffer om die pasiënt (verbruiker) in verband met die volgende aspekte in te lig alvorens daar sprake kan wees van ingeligte toestemming:

(a) Die verbruiker se gesondheidstatus;

(b) die reeks van diagnostiese prosedures en behandelingsopsies wat oor die algemeen aan hom beskikbaar is;

(c) die voordele, risiko’s, kostes en gevolge wat oor die algemeen met elk van die opsies geassosieer kan word; en (d) die pasiënt se reg om gesondheidsdienste te weier en die

implikasies, risiko’s en verpligtinge verbonde aan sodanige weiering.

Bogenoemde inligting moet, waar moontlik, aan die verbruiker oorgedra word in ‘n taal wat vir hom verstaanbaar is en op ‘n wyse wat rekening hou met sy geletterdheidsvlak.213

Volgens Thomas214 is die omvang van die inligting wat in terme van bogemelde

artikel 6 aan die verbruiker verskaf moet word meer omvattend as die standaard van openbaarmaking soos in Castell v De Greef uiteengesit, waarvolgens slegs kennis en bewustheid van die aard en omvang van die nadeel en wesenlike risiko’s vereis word.215

213 Artikel 6 (2).

214 2007: 208.

215 Gemelde outeur (2007: 208) doen egter aan die hand dat die gebruik van die woord “generally” in artikel 6 om aan te dui in watter mate die pasiënt inligting moet ontvang in verband met behandelingsopsies beskikbaar en onder andere die risiko’s daaraan verbonde, die omvang van sodanige inligting waarop die pasiënt geregtig is, mag beperk. Hierdie standpunt word ondersteun deur Wilson 2009: 881.

Artikel 7 (1) bepaal dat gesondheidsdiens nie verskaf mag word sonder die verbruiker se ingeligte toestemming nie. Die artikel sit egter sekere uitsonderingsgevalle uiteen waar met die verskaffing van gesondheidsdienste voortgegaan kan word al is die ingeligte toestemming daartoe nie vooraf van die bepaalde verbruiker bekom nie. Daar word met hierdie artikel gepoog om sommige probleme aan te spreek wat deur gesondheidsverskaffers ervaar word om ingeligte toestemming te bekom vir die behandeling van persone wat nie noodwendig oor die bevoegdheid beskik om noodsaaklike besluite op hul eie te neem nie, maar wie se gebrek aan bevoegdheid nie amptelik deur een of ander regsproses erken is nie.216 Daar word van die gesondheidsverskaffer verwag om

alle redelike stappe te neem om die pasiënt se ingeligte toestemming te bekom.217

Artikel 8 (1) vestig die pasiënt se reg om deel te neem aan enige besluit wat sy persoonlike gesondheid en behandeling raak. By implikasie bevestig dit ook die verbruiker se reg om, soos uitdruklik bepaal in artikel 6 (1) (d), gesondheidsdienste te weier. Carstens en Pearmain218 doen aan die hand dat die

reg van die pasiënt om ingelig te word beduidend deur die bepalings van artikel 8 uitgebrei is deur die voorsiening daarin vir gevalle waar persone reeds behandeling ontvang het en dit om een of ander rede nie moontlik was om hul vooraf verleende toestemming daartoe te verkry nie. Ingevolge artikel 8 (3) word dieselfde standaard en omvang van openbaarmaking vereis as dié wat in artikel 6 vir ingeligte toestemming in die vooruitsig gestel word.

Artikel 8 maak ook voorsiening vir die deelname van verbruikers in besluite wat hul gesondheid raak, selfs waar die betrokke ingeligte toestemming op sigself

216 Carstens en Pearmain 2007: 693 verwys hier byvoorbeeld na bejaarde persone wat aan verskillende grade van seniliteit ly en dikwels op ‘n dringende basis behandeling benodig in gevalle wat nie op noodsituasies neerkom nie.

217 Artikel 7 (2). 218 2007: 694.

deur ‘n ander persoon gegee moet word. Bogenoemde outeurs219 meen dat dit ten doel het om erkenning te verleen aan die reg op menswaardigheid van kinders en bejaardes wat, hoewel bevoegdheid tot ‘n mindere of meerdere mate by hulle mag ontbreek, steeds in staat mag wees om in ‘n mindere mate te verstaan wat besig is om met hulle te gebeur. Volgens hulle word verskaffers derhalwe as gevolg van artikel 8 opgesaal met verpligtinge bo en behalwe dié wat normaalweg ingevolge die gemeenregtelike leerstuk van ingeligte toestemming van hulle verwag word waar situasies ter sprake is waarin dit nie die pasiënt self is wat die vereiste toestemming moet verskaf nie.220

Sover bekend is die bepalings van die onderhawige wet nog nie aan toetsing deur die howe onderwerp nie en bestaan daar derhalwe nog onsekerheid aangaande die interpretasie en toepassing daarvan op werklike situasies.

5. Uitsonderings op die geneesheer se inligtingsplig teenoor sy