• No results found

Indirekte verryking

REGTE VAN DIE NEGOTIORUM GESTOR

7. Indirekte verryking

Twee van die algemene vereistes vir verrykingsaanspreeklikheid, naamlik (1) dat die verryking sine causa moes geskied het, en (2) dat dit ten koste van iemand anders (die verarmde party) moes plaasgevind het, veroorsaak normaalweg nie enige probleem in situasies waar slegs die verarmde en verrykte partye betrokke is nie. Die toevoeging van ‘n derde party tot die scenario gee egter aanleiding tot die interessante verskynsel wat as indirekte verryking bekend staan en wat al heelwat omstredenheid en onsekerheid in die Suid-Afrikaanse reg veroorsaak het.124

In die saak van Buzzard Electrical (Pty) Ltd v 158 Jan Smuts Avenue

Investments (Pty) Ltd en ‘n Ander125 het die Appèlhof onderskeid getref

tussen twee soorte indirekte verryking, naamlik:

(i) In die eerste geval waar A, die verarmde party, noodsaaklike of nuttige verbeterings aangebring het aan die eiendom van E, die eienaar in terme van ‘n kontrak met B, die derde party; en

(ii) In die tweede geval waar A, die subkontrakteur, noodsaaklike of nuttige verbeterings aangebring het aan die eiendom van E, die eienaar, in terme van ‘n subkontrak met

124 Eiselen en Pienaar 2008: 204. Honoré 1960: 253 verklaar byvoorbeeld dat ons regstelsel sommige gevalle van derde party verryking erken, terwyl De Vos 1987: 346-350 die bestaan van of regverdiging vir sodanige aksie heftig ontken, inter alia omdat dit in stryd is met die “ten koste van”-vereiste vir ‘n verrykingsaksie en ewenseens in stryd is met die beginsels in verband met paritas creditorum. Steun vir die standpunt van Honoré kan onder andere gevind word in die bydraes van byvoorbeeld Scholtens 1968: 371-379 en Van Zyl 1985: 117-118. Kyk verder vir ‘n bespreking van hierdie probleem Leech 1994: 695; Sonnekus 1996: 1-19, 583-591 en 1997: 383-390; Visser en Miller 2000: 594-617. 125 1996 (4) SA 19 (A).

B, die hoofkontrakteur. In hierdie geval is die verbeterings aangebring as gevolg van die hoofkontrak tussen E en B.

Die vraag wat ontstaan, is of die verbeteraar A hierbo direk teen E kan optree op grond van ongeregverdigde verrryking indien dit sou blyk dat hy om watter rede ookal, nie in staat is om sy uitgawes of skade van B te verhaal nie?

Die Appèlhof het beslis dat verrykingsaanspreeklikheid nie tot stand gekom het wat betref die tweede geval waarna hierbo verwys is nie omdat die verryking nie

sine causa was nie as gevolg van die bestaan van die hoofkontrak tussen E en B en ook omdat die eienaar nie verryk is nie.126 Die waarde van die verbeterings is verreken teenoor die aanspreeklikheid van E om B in terme van die ooreenkoms te betaal en E se boedel het derhalwe nie as gevolg van die gebeure vergroot nie. Die hof het egter die vraag in verband met die eerste geval waarna hierbo verwys is, onbeantwoord gelaat.127

Sonnekus128 is die mening toegedaan dat daar in beginsel geen verskil is tussen

bogenoemde twee gevalle van indirekte verryking nie. Volgens hom slaag nie een van die gevalle die sine causa – vereiste nie omdat die verarming in beide

126 Hierdeur word die uitspraak in Brooklyn House Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze and Sons 1970 (3) SA 264 (A) op hierdie punt omver gewerp, en word teruggekeer na die

posisie soos uiteengesit in Gouws v Jester Pools (Pty) Ltd 1968 (3) SA 563 (T) en

Wynland Construction (Pty) Ltd v Ashley-Smith en Andere 1985 (3) SA 798 (A). 127 Voorbeelde van hierdie soort indirekte verryking kan in die volgende regspraak gevind

word: United Building Society v Smookler’s Trustees and Golombick’s Trustee 1906 TS 623; Savory v Baldochi 1907 TS 523; Anderson & Co v Pienaar & Co 1922 TPD 435; New Club Garage v Milborrow and Son 1931 GWLD 86; Brooklyn House

Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze and Sons 1970 (3) SA 264 (A); Standard Kredietkorporasie Bpk v JOT Motors (Edms) Bpk h/a Vaal Motors 1986 (1) SA

223 (A); Gouws v Jester Pools (Pty) Ltd 1968 (3) SA 563 (T); ABSA Bank Ltd t/a

Bankfin v Stander t/a CAW Paneelkloppers 1998 (1) SA 939 (K). Kyk ook Visser en

Miller 2000: 594-617. 128 1996: 1 ev; 1997: 383 ev.

gevalle die gevolg is van ‘n kontrak tussen die verarmde party en die derde party en derhalwe cum causa is.129

In die saak van ABSA Bank Ltd t/a Bankfin v Stander t/a CAW

Paneelkloppers130 het die Kaapse Hoë Hof egter die benadering wat die

Appèlafdeling in die Buzzard Electrical-saak gevolg het, gekritiseer deur die onderskeid wat daarin getref is tussen bogenoemde twee soorte indirekte verryking as gekunsteld en verwarrend te beskryf.

Die feite van hierdie saak is reeds in paragraaf 6.4 hierbo uiteengesit, maar word dit vir doelmatigheidsredes kortliks herhaal: Ene Kent het ‘n motorvoertuig gekoop ingevolge ‘n afbetalingsooreenkoms wat bepaal het dat eiendomsreg eers na haar sal oorgaan wanneer die volle koopsom betaal is. Die oorspronklike verkoper het alle regte aan die appellant oorgedra, wat die eienaar van die motor geword het. Kent het versuim om die verpligtinge in terme van die ooreenkoms na te kom. Terwyl sy in besit van die voertuig was, het sy dit aan ene Bezuidenhout geleen wat toe in ‘n ongeluk daarmee betrokke was. Bezuidenhout het die motor aan die respondent gelewer vir herstelwerk en laasgenoemde was te alle relevante tye onder die indruk dat Bezuidenhout die eienaar daarvan is en dat die herstelwerk op Bezuidenhout se instruksies en vir sy rekening gedoen word. Bezuidenhout het later verdwyn en kon nie deur die respondent opgespoor word nie.

Die appellant het aksie in die vorm van die rei vindicatio teen die respondent ingestel en het ook ‘n aansoek vir beslaglegging op die motor hangende die finale bevel gebring. Die respondent het die aksie teengestaan maar nie die aansoek vir beslaglegging nie, en het ‘n teeneis ingestel gebaseer op die

129 Sonnekus 1996: 581-590; 1997: 386-389. 130 1998 (1) SA 939 (K).

argument dat die verbeterings aan die motor redelik, noodsaaklik en nuttig was en dat die appellant ongeregverdig ten koste van die respondent verryk is.

Die hof was die mening toegedaan dat die respondent in hierdie omstandighede as ‘n bona fide gestor beskou kon word aangesien hy in goeie trou die belange van ‘n ander persoon (die appellant) behartig het terwyl hy onder die foutiewe indruk verkeer het dat hy sy eie belange behartig (in die sin dat hy sy verpligtinge ingevolge die ooreenkoms met Bezuidenhout nagekom het).131

In die alternatief het van Zyl R argumenteer dat beleidsoorwegings aandui dat dit onbillik, onregverdig en onredelik sou wees as die respondent geen aksie teen die appellant sou hê nie. Derhalwe is daar volgens die hof in hierdie geval wel ‘n aksie beskikbaar, naamlik die uitgebreide saakwaarnemingsaksie, waarmee die respondent vergoeding van die appellant kan verhaal vir die bedrag waarmee die appellant ongeregverdig en ten koste van die respondent verryk is (deur besparing van die herstelkoste).132

Eiselen en Pienaar133 doen aan die hand dat beide die benaderings gevolg in die

Buzzard Electrical- en Stander-sake onderskeidelik in ooreenstemming is met

die beginsels van ons reg, dat dit korrek is en derhalwe in die toekoms nagevolg behoort te word.

131 Op 957 van die hofverslag.

132 Op 957 van die hofverslag. Kyk Van der Walt 2002: 376. Kyk verder Van Zyl 1985: 118 vir ‘n bevestiging van hierdie beginsel in ons reg.

HOOFSTUK 7