• No results found

Vereistes betreffende die berader ♦ Geestelikheid

BASISTEORETIESE AFDELING

HOOFSTUK 6: FORMULERING VAN PRAKTYK-TEORETIESE RIGLYNE

6.4 PASTORALE BEDIENINGSRIGLYNE 1 Inleiding

6.4.1.2 Vereistes betreffende die berader ♦ Geestelikheid

"The quest for meaning disappears when religion dies" (Van der Ven, 1993:39). Teen die agtergrond van 'n stelling soos hierdie is dit gevolglik van kardinale belang dat 'n berader self 'n verhouding met God sal he en deur die Heilige Gees begelei word tot insig van homself. Eers dan kan begeleiding aan die beradene suksesvol plaasvind (cf. 2.1).

♦ Rol van Berader

Die berader is 'n tydelike assistent (hulp) vir die Heilige Gees. (cf. 3.13.8).

Hulp - want die Heilige Gees is die een wat eintlik die werk doen - die berader is eintlik

maar net in 'n sekere sin 'n 'fasiliteerder'.

Tydelik- wanneer hierdie berader nie meer daar is nie roep God weer andere om verder

♦ Vertroue

Die berader moet geloofwaardig en bekwaam voorkom. Slegs indien die gesin die terapeut vertrou, sal hulle die pad van genesing loop, daarsonder is hulpverlening onmoontlik {cf. 4.7.3). Minuchin en Fishman (1991:31-32) verduidelik dat getraumatiseerde gesinne met baie empatie hanteer moet word. Hul wantroue, verwerping van terapie, vrees, angs en rou moet in ag geneem word.

♦ Selfkennis

Vir 'n suksesvolle terapeutiese ingreep {cf. 4.7.4.3) is dit van belang dat die berader homself ken en verstaan ten opsigte van sy eie emosionele belewing en identiteit. Sonder selfkennis kan 'n berader (selfs onbewustelik) ongesonde dele van sy emosionaliteit aan die beradene oordra en ook omgekeerd. Die berader moet daarom te alle tye poog om neutraal te staan en nie oorbetrokke te raak by die beradene nie aangesien dit kan lei tot verwarring asook 'n emosionele verstrengelheid {enmeshed) tussen die berader en die beradene terwyl die self dan verlore raak in die terapeutiese proses.

6.4.1.3 Assessering

Dit is die verkryging van inligting ten einde probleme te identifiseer en daadwerkiik aan te spreek sodat die beradene effektief tot emosionele en geestelike genesing begelei kan word. Met betrekking tot die tema van hierdie studie is die identifisering van patrone wat vanaf die voorgeslagte geerf is belangrik vir uiteindelike gedragsverandering en innerlike genesing. Die versameling van die inligting in hierdie verband vind plaas in ooreenstemming met die volgende fases:

♦ Fasel

Om die beradene as individu te identifiseer is dit nodig om die self te sien teen die agtergrond van die gesin van oorsprong asook die familiegeskiedenis - die beradene moet gevolglik dan ook sy funksie in die gesin van oorsprong verstaan. Hulle moet die oorgeerfde patrone herken sodat daarmee gewerk kan word en heling verkry kan word {cf. 3.7.4).

♦ Fase2

Versamel so veel moontlik geskiedkundige inligting random die familie. Hierdie versameling kan op twee verskillende maniere geskied naamlik: deur jou 'erfenis' te bevraagteken {cf. 3.7.4) en sodoende antwoorde te verkry op vrae soos: soos wie lyk ek, na wie aard ek die meeste, watter gesondheidsprobleme het ek geerf en van wie, waarin glo my familie en hoe lyk hulle waarde- en norme sisteem? Inligting word tweedens verkry deur krities te let op die onderskeie ontwikkelingsfases in jou lewe en te soek na moontlike situasies waar daar emosionele pyn, trauma of sekere tekorte aanwesig was {cf 3.7.4). Die belangrike fases in hierdie verband is die volgende:

■ Baba tydperk (geboorte - 1 8 maande): Tydens hierdie fase is die ontwikkeling van basiese innerlike vertroue baie belangrik. Die baba is ten voile afhanklik van die ouers vir versorging. Daar moet nou bepaal word of die beradene op die ouers kon staatmaak vir die nodige versorging, liefde en aandag {cf. 3.7.4).

■ Kleuter tydperk (18 maande - 3 Jaar): Selfstandigheid teenoor minderwaardigheid en onsekerheid ontwikkel veral tydens hierdie fase. Hierdie eienskappe ontwikkel deur die vryheid om te ontdek. Gedurende hierdie tydperk beleef die kleuter alles soos wat die ouers dit beleef {cf. 3.7 .4; 4.5 en 4.6.1).

■ Voorskoolse tydperk (3 jaar - 4 jaar): Hiertydens leer die kleuter speel-speel wie hy is en ontwikkel sodoende 'n identiteit, selfvertroue asook inisiatief. As kind manifesteer trauma met onttrekking, senuweeagtigheid en skeidingsangs. Bed natmaak, vrees vir donkerte, algemene vrese, destruktiewe gedrag en woede uitbarstings {tantrums) is algemene verskynsels {cf. 3.7.4).

■ Voorskool en skoolgaande ouderdom (4 jaar - 7 jaar): Hiertydens leer die kind om nuwe vaardighede te bemeester. Hier beleef die kind horn as toereikend of as onsuksesvol. Aanmoediging en erkenning is van kardinale belang tydens hierdie fase. Onverwerkte trauma gedurende hierdie ouderdom manifesteer later by wyse van onttrekking, leer-probleme, depressie en aandag afleibaarheid {cf. 3.7.4).

■ Skoolgaande ouderdom en pre-adolessensie (7 jaar - 1 2 jaar): Die adolessent se identiteit as individu teenoor die identiteit van die groep is veronderstel om

tydens hierdie fase sterker na vore te kom en duideliker van mekaar onderskei te word {cf 3.7.4).

■ Asolessensie (12 jaar - 18 jaar): Die behoefte aan intimiteit teenoor onafhanklikheid ontwikkel tydens hierdie fase. Die waardesisteem, selfbeeld asook identiteit word gedurende hierdie fase vasgele. Ten einde jong mense te kan bereik tydens hierdie fase van hul lewens, moet hulle multidimensioneel hanteerword {cf. 3.7 .4 en 4.7.4.2).

♦ Fase3

■ Deur die gebruik van genogramme {cf 4.7.4.2), driehoekstrukture {cf 4.7.4.1) en 'n traumagram {cf 4.7.3) kan versamelde inligting grafies voorgestel word sodat gedragspatrone makliker waarneembaar vir die beradene is. Ten einde die familiesisteem kognitief te ondersoek, word die volgende stappe voorgestel {cf. 4.7.4.4):

■ Die beradene moet die wie, die wat, wanneer, waar en waarom in verhouding tot sy familiegeskiedenis evalueer en eksploreer.

■ Gedragspatrone in die familiesisteem moet ge'identifiseer word.

■ Verhoudings moet eerder kognitief as emosioneel beoordeel word. Die beradene moet gevolglik sy emosionele bril verruil vir 'n kognitiewe kyk na die verhoudings in sy gesin.

■ Identifiseer emosionele snellers - dit lei tot selfinsig en selfkennis.

■ Moedig die beradene se waarnemingvermoe aan aangesien die ontginning van die familiegeskiedenis nie beperk is tot 'n eenmalige terapeutiese ingreep nie.

6.4.1.4 Interpretasie

Die berader interpreteer die versamelde inligting nou in terme van die gesin as baarmoeder

{cf 3.5) en gebruik die ge'interpreteerde model as rigtinggewer vir terapie.

■ Kompulsiewe gedrag: Alle sigbare simptome soos verslawing en kompulsiewe handelinge word hieronder ge'identifiseer {cf. 3.5).

■ Verhoudings: Alle vorme van verhoudings word hieronder verstaan byvoorbeeld: ouer-kind verhouding, vriendskappe, verhouding met gesagsfigure, en dies meer.

Verhoudings word deur trauma asook die beinvloed. Indien daar dus probleme rondom verhoudings manifesteer is dit 'n gegewe dat daar of trauma of basisvlak probleme of beide voorgekom het in die beradene se lewe {cf. 3.5).

Trauma: Dit verwys na alle onopgeloste trauma wat meestal fisiese, psigiese

asook geestelike mishandeling insluit. Trauma tesame met 'n swak basis in die kinderjare waarborg die verwoesting van die verhoudingsvlak. Verskillende vorme van trauma sluit onder andere die volgende in:

Aktiewe mishandeling: Aktiewe mishandeling is daardie tipiese vorme van

mishandeling wat maklik waameembaar is, soos byvoorbeeld molestering en fisiese aanranding {cf. 3.5).

Passiewe mishandeling: Verwys na die ontkenning van die kind se

emosionele behoeftes en kan plaasvind as gevolg van egskeiding, dood, 'n gebrek aan aanraking (drukkies) of selfs 'n ongelukkige huwelik {cf. 3.5).

Emosionele bloedskande: Hier is daar nie soseer sprake van werklike

seksuele misdrywe nie - die ouer verwag egter van die kind 'n emosionele volwassenheid wat eintlik nie van 'n kind op hierdie ouderdom verwag kan word nie. Dit impliseer verder dat die kind die ouer moet begelei en versorg.

Die rolle van die ouer en die kind word hier omgeruil, wat uiteindelik 'n identiteitsverwarring by die kind tot gevolg het. Dikwels word die kind dan ook in hierdie proses verantwoordelik gehou word vir die orde in die ouerhuis {cf. 3.5).

Onafgehandelde emosionele probleme {unfinished business): Dit verwys

na die ouers se emosionele probleme en vrae wat nooit hanteer is nie, maar bloot onderdruk is. Alle emosies soos frustrasies, woede en pyn word gevolglik aan die kinders oorgedra, waarmee hulle dan identifiseer {cf. 3.5). Deur die "conspiracy of silence" word trauma dan op hierdie wyse uiters effektief oorgedra na die volgende generasie {cf. 4.5.1.1 en cf. 4.6.1).

Negatiewe idiosinkrasie: Dit is die ouers se lewens en wereldbeskouing

asook hul norme en waardes wat verbaal en nie-verbaal aan die kinders gekommunikeer word. Dit word enersyds die goue draad van hoop, of andersyds 'n vernietigende band van hooploosheid wat van geslag na geslag oorgedra word {cf. 3.5; 4.5.1.3; 4.5.3 en 4.6.2).

■ Basisvlak: Dit is die vormingstydperk in die kind se lewe en weerspieel die basis

wat gele is van voor geboorte af.

Swangerskap en die geboorteproses: Kinders kan reeds tydens die

voorgeboorte fase blootgestel word aan negatiewe ervarings asook emosies, soos byvoorbeeld vrees en spanning. Hierdie emosies word reeds in die baarmoeder geinterpreteer en word deur die ouers aan die fetus oorgedra. Die innerlike wonde bly moontlik verborge tydens die kinderjare maar in die latere adolessente tydperk wanneer die kind se identiteit ontwikkel, manifesteer die pyn (cf. 3.2).

Kinderjare: Hierdie vlak verteenwoordig die versorging van die persoon as

baba en kleuter. Indien die kind se behoeftes nie vervul is nie is die

fondasie swak. Gedurende die eerste ses lewensjare van die kind word

85% van sy volwasse gedragspatrone en lewensuitkyk gevorm - dit is dus 'n belangrike tydperk in die mens se ontwikkeling {cf. 3.5; cf. 4.4.4 en cf. 4.6.3).