• No results found

DIE EFFEK VAN INTERGENERATIEWE TRAUMA

BASISTEORETIESE AFDELING

HOOFSTUK 4: EVALUERING VAN BYDRAES UIT ANDER VAKDISSIPUNES

4.5 DIE EFFEK VAN INTERGENERATIEWE TRAUMA

Die navorsing van Steinberg (1987:38) toon dat trauma op verskillende wyses na die volgende geslag oorgedra word - byvoorbeeld deur middel van blootstelling aan die simptome van die ouer, asook deur oor-identifisering met die getraumatiseerde ouer. 'n Ouer se persoonlike lewenservaring bepaal sy lewens- en wereldbeskouing en word die essensie van wat die ouer aan sy kind oordra (Groves, 2000:23; Goleman, 1997:101-102). Felsen (1998:44) vind dat die oordrag van trauma direk en spesifiek kan wees wat impliseer dat die kinders aan die psigose van die ouer blootgestel kan word. Getraumatiseerde ouers ontwikkel gedragspatrone wat deur middel van hul voorbeeld aan hulle kinders oorgedra word (Zinner & Shapiro, 1972:523; Danieli,

1988:282c; Rosenheck & Fontana, 1998:732; Groves, 2002:34; Johnson, 1989:57; Wilson, 1988:231). Zinner en Shapiro (1972:523 - 530) beweer dat ouers splinter dele van hul eie onvermoe asook seer op hulle kinders projekteer. Hierdie projeksie veroorsaak dat die ongewenste patroon in die ouer-kind-verhouding herhaal word. Die onopgeloste trauma van die ouer en sy hantering daarvan word sodoende op sy nageslag geprojekteer. Die nageslag neem hierdie negatiewe gedragspatroon nou verder met hulle saam. Felsen (1998:46) en andere (Davidson & Mellor, 2001:345; Fossion et al., 2003:520) toon dat die oordrag vanaf die moeder oor die algemeen geskied deur middel van 'n swak selfbeeld, paranoia en gebrekkige empatie terwyl oordrag vanaf die vader meer geneig is om oorgedra te word deur middel van aspekte soos depressie en "ipekonders". Die effek op dogters is meer negatief as op seuns, en hulle presenteer oor die algemeen met simptome van onttrekking, vrese, psigosomatiese siektes asook 'n swak self­ beeld (Felsen, 1998:46). Studies toon ook dat die moeder se emosionele verbondenheid met haar baba 'n grater moontlikheid van trauma oordrag meebring (Felsen, 1998:47). In gevalle waar die kind na 'n afgestorwene vernoem is en identifikasie met die oorledene geskied, tesame met die aanwesigheid van skeidingsangs by die getraumatiseerde ouer, kan die proses van sekondere traumatisering verder versterk word (Steinberg, 1998:37-38). In teenstelling hiermee bewys navorsing dat indien ouers openlik met hul kinders praat oor hul traumas en hul hantering daarvan, sekondere trauma teengewerk word (Steinberg, 1998:38).

4.5.1 Oordragswyses

4.5.1.1 Familiegeheime - "conspiracy of silence"

Oordrag van trauma geskied op verskillende wyses, naamlik verbaal, die geskrewe woord, liggaamstaal en ook deur middel van "stiltes". Hierdie stiltes word deur Danieli (1998:2a) gekoppel aan die sogenaamde 'familiegeheime'. Familiegeheime verwys na die ge'i'nterpreteerde boodskap van die trauma wat nie-verbaal aan die gesin oorgedra word. Hierdie interpretasie word die nuwe

lewens- en wereldbeskouing van die gesin (Ancharoff et a/., 1998:263). Danieli se navorsing toon 'n emosionele onvermoe by terapeute asook die samelewing om die omvang van trauma by

Holocaust oorlewendes en later hul kinders te hanteer. Die grusaamheid van die trauma lei

dikwels daartoe dat professionele terapeute en die wat as ondersteuningsnetwerk dien, geneig is om dit te wil ontken, te ignoreer, of te systap. Slagoffers word gevolglik soms van medeverantwoordelikheid en oordrywing verdink en sodoende word hul lyding geignoreer asook ge'mtensiveer. Die gebrek aan insig deur die ondersteuningsnetwerk gee aanleiding tot die

"conspiracy of silence". Die gevolg van hierdie proses het dan dikwels daartoe aanleiding gegee

dat Holocaust oorlewendes in stilswye of geheimhouding verval het omdat niemand na hul verhaal wou luister of dit wou glo nie (Danieli, 1998:4a+678b). Die enigste uitlaatklep is dan binne die betrokke gesin.

Volgens Ancharoff et al. (1998:262) le die grootste gevaar van trauma-oordrag in die onverwerkte emosies van die ouer wat deur die kind geinternaliseer word. Hierdie geheimhouding affekteer die slagoffer, sy gesin, sy familiesisteem, die gemeenskap en selfs volkere. Die slagoffer kan die verwonding nie verbaliseer nie en kan daarom nie sin uit die trauma verkry nie. In Holocaust gesinne waar beide ouers oorlewendes was, sal die ouer wat die grootste trauma beleef het oor die algemeen geneig wees om die mees swygsame een te wees. Hierdie stilswyende ouer se "oordrag van trauma" sal dan gewoonlik deur die huweliksmaat geskied, deurspek met wan- interpretasies (Danieli, 1998:5a). Sommige oorlewendes verkies om niks van hul lyding aan hul kinders mee te deel nie in 'n poging om hul kinders die pyn te spaar. Hierdie stilte veroorsaak egter 'n atmosfeer wat aanleiding gee tot skuldgevoelens en wroeging by die kinders wat vir hulle onverstaanbaar is (Danieli, 1998:5a). Sy haal Bettelheim aan wat se:

"What cannot be talked about can also not be put to rest; and if it is not, the wounds continue to fester from generation to generation" (Danieli, 1998:5a).

Die stilte word vergestalt in mites en familiegeheime wat die vraag laat ontstaan: is die stilte deel van die trauma, is dit deel van die simptome van trauma, of is dit nuwe trauma wat uitvloei vanuit die oorspronklike trauma? (Danieli, 1998:678b). Geheimhouding dra op hierdie wyse dan ook by tot die disfunksionaliteit binne 'n bloedlyn (Catherall, 1998:201).

4.5.1.2 Emosionele onbetrokkenheid

Die getraumatiseerde familiesisteem word volgens Catherall (1998:195) gekenmerk deur emosionele onbetrokkenheid van gesinslede by mekaar. Hierdie gesinne het as sisteem nie die

vermoe om sy lede emosioneel te versorg nie. Die individu is dan geneig om te verval in 'n vorm van emosionele afgestomptheid en kan tot 'n laer ego-staat regresseer. Vir die suksesvolle

oplossing van probleme is emosionele intelligensie kern belangrik. Emosies is nodig ten einde te oorleef maar kan so oorweldigend wees dat dit die inteliek kan elimineer (Catherall, 1998:196). Die mens se sin vir waardes en moraliteit le in die brein. Dit is hier waar keuses gemaak en beplanning gedoen word. Impulse aktiveer die emotiewe maar as die emotiewe die inteliek elimineer sal die persoon impulsief optree. Die mens moet eerstens impuls-beheer kan toepas anders word hy daaraan uitgelewer. Impulse hou verder verband met aangeleerde gedrag en inoefening - so sal soldate impulsief reageer in lewensbedreigende situasies. Hul gedrag is aangeleer en in-geoefen. Die basis van 'n mens se karakter le juis in sy vermoe om impulse te beheer aangesien impulse onderdanig aan die mens se wil en karakter is (Goleman, 1997:4). Waar onbeholpe ouers gekonfronteer word met ekstreme emosies, verwaarloos die gesinsisteem soms tot so 'n mate dat die kinders moet ingryp en die rol as ouer oomeem. In sulke situasies moet die kinders dan na mekaar omsien en dikwels ook die ouer versorg. Rol verwarring lei tot verwarring van die self en gebrekkige ontwikkeling van die selfbeeld asook die selfwaarde (Catherall, 1998:197). Volgens Auerhahn en Laub (1998:37) geskied die oordrag van trauma nie-verbaal vanaf die ouer na die kind en wel deur die wisselwerking van verskillende emosies soos afhanklikheid teenoor onafhanklikheid, en liefde teenoor aggressie. Binne gesonde gesinne is daar 'n balans tussen hierdie elemente - getraumatiseerde ouers beleef hierdie emosionele wisselwerking egter as angswekkend. Die rede is dat hulle self die slagoffers van so 'n disfunksionele emosionele wisselwerking was en dit as traumaties beleef het. Indien getraumatiseerde ouers hierdie emosies in hulself of in hul kinders se gedrag herken, vrees hulle dan gewoonlik ook die manifestering daarvan. Dit kan selfs gebeur dat die ouers hul kinders as moontlike oortreders begin sien en as sulks hanteer (Auerhahn & Laub, 1998:39). Die tweede generasie leef bykans emosieloos deurdat hulle hul eie behoeftes onderdruk en ondergeskik maak aan die van hul ouers. In 'n poging om vir die verliese wat hul ouers gely het te vergoed, streef hierdie generasie daarna om die ideale kinders vir hul ouers te wees. Hul onvermoe hiertoe laat hulle met 'n gevoel van magteloosheid en skuld. Die generasie beleef veral probleme random intieme verhoudings met hul eggenote en kinders as gevolg van hul emosieloosheid aan die een kant, en 'n emosioneel oor-afhanklikheid aan hul kinders aan die ander kant. As ouers leef hulle met 'n verwagting dat hulle kinders hul behoefte aan emosionele binding sal bevredig wat sodoende sal vergoed vir wat hulle as kind gebrek gelei het (Fossion et a/., 2003:522; Shoshan, 1989:195).

4.5.1.3 Stories en mites

Trauma kan na die volgende geslagte oorgedra word deur middel van stories waarin die idiosinkratiese wereldbeskouing van die familie ingebou is (Catherall, 1998:189). Dit is moeilik om hierdie idiosinkrasie te verander aangesien niemand huidiglik hiervoor verantwoordelik is nie - dit is oorgeerf. Die probleem hiervan is dat die patroon onbewustelik in stand gehou word. Stories random die familie lewer ook interessante mites waarin trauma asook die boodskap van daardie trauma dikwels versteek is. Hierdie boodskap of lewensles bei'nvloed die lewens- en wereldbeskouing van diegene binne hierdie bloedlyn, ongeag of dit reg of verkeerd geinterpreteer is (Catherall, 1998:201). Die familiereels word dikwels deur middel van die mites van geslag na geslag oorgedra. Hierdie reels defmieer die familiesisteem en verklaar die familie se lewens- en wereldbeskouing. Deur die gedrag van disfunksionele gesinne te bestudeer, kan die mites en die ongeskrewe reels van so 'n familiesisteem ontbloot word (Catherall, 1998:201). Sulke mites is in meeste gevalle gekoppel aan die familiegeheime (conspiracy of silence). Dit wat die familie die graagste wil wegsteek word deur die mite gekamoefleer. So sal 'n gesin beweer dat hulle baie geheg aan mekaar is, terwyl die waarheid is dat hulle emosioneel afgesny van mekaar leef maar 'n goeie front voorhou (Stoop & Masteller, 1996:68). Deur vals mites te ontbloot kan disfunksionele patrone gevolglik ontbloot en herstel word (Stoop & Masteller, 1996:68).

4.5.1.4 Disfunksionele gedragspatrone

Trauma verander die gedrag van die slagoffer asook die gedrag van die gesin. Hierdie veranderde gedragspatrone word na die volgende geslag oorgedra in die vorm van byvoorbeeld temas. Veiligheid kan so 'n tema wees en kan as volg manifesteer: Holocaust oorlewendes steek hul nageslag weg ter wille van die se veiligheid. Hierdie "wegsteek" manifesteer deur die verandering van die Van, gedurige verhuising, die verkryging van meer as een identiteit, ensovoorts.

4.5.2 Gevolge van oordrag

Volgens Auerhahn en Laub (1998:37) se navorsing random Holocaust oorlewendes poog kinders van slagoffers, wat in gebreke bly om trauma suksesvol te verwerk, om hul ouers hierin by te staan. Dit is ironies dat empiriese navorsing erkenning gee aan die sekondere verwonding van terapeute maar versigtig is met uitsprake ten opsigte van die emosionele dilemma van die kinders van trauma slagoffers (Auerhahn & Laub, 1998:37). Danieli (1998:5a) vind dat kinders van oorlewendes hul ouers se belewenis van die Holocaust Internaliseer. Hierdie internalisering manifesteer dan deur die kinders se gedrag. Holocaust oorlewendes weier heel dikwels om disfunksionele gedragspatrone in hulself of hul kinders te erken omdat hulle die erkenning daarvan as 'n verdere

oorwinning van Hitler sien. Hulle is verder geneig om enige emosionele gedragsprobleem as 'n aanklag teen hul vermoe as ouers te interpreteer en vrees dan dat of hulle of hulle kinders as "abnormaal" gebrandmerk sal word. Dit lei dikwels tot verdere trauma aangesien almal tydens Hitler se regime, wat van 'n abnormaliteit verdink is, vergas is (Danieli, 1998:5a).

Die bestudering van die gevolge van intergeneratiewe trauma op Holocaust oorlewendes en hul nageslag moet teen bovermelde agtergrond gei'nterpreteer word. Dit kan volgens Danieli (1998:9a) die impak van trauma, die aansteeklikheid daarvan en ook die gedragspatrone in 'n familiesisteem verklaar. Psigosomatiese simptome, rolverwagting, die lewens- en wereldbeskouing van die gesin, individuele sterk en swak persoonlikheidseienskappe asook beroepskeuses in 'n familie kan in talle gevalle aan die hand van faktore soos hierdie verklaar word. Gesien in die Ijg van die familiesisteem erf 'n volgende generasie gevolglik die onverwerkte trauma asook die newe effekte daarvan op die vorige generasie (Danieli, 1998:9a). Navorsing random Vietnam veterane toon 'n grater moontlikheid van Post Traumatiese Stresversteuring (PTSV) indien hulle afstam van Tweede Wereldoorlog veterane. Die feit dat die vaders as helde in die Tweede Wereldoorlog beskou is, terwyl Vietnam veterane amper as misdadigers beskou en geen helde verwelkoming gekry het nie dra waarskynlik tot die probleem by. Navorsing bevestig dat die oordrag van trauma by die tweede geslag veterane beinvloed word deur die voorkoms van trauma en gepaardgaande PTSV simptomatologie by die eerste generasie veterane (Hunter-King, 1998:239). Hierdie korrelasie ondersteun die idee van intergeneratiewe trauma. Kinders openbaar simptome van depressie, wantroue, emosionele afgestomptheid, 'n swak selfbeeld, psigiatriese probleme, swak gesinsverhoudinge en 'n hoe graad van aggressiwiteit (Davidson & Mellor, 2001:346).

4.5.3 Die versteekte boodskap van die oordrag

Danieli (1998:10a) identifiseer verskillende hanteringstyle vir trauma in families van oorlogsoorlewendes naamlik: slagoffer, vegter, emosioneel afgestomp, en ons-het-oorleef gesinne. Hierdie tipering vergestalt die moontlikheid van lewenslange oordrag van traumatiese gevolge van die Holocaust, die sameswering tot geheimhouding (conspiracy of silence) asook die effek daarvan op die nageslag. Die gesin koester bewustelik of onbewustelik 'n lewens- en wereldbeskouing wat tiperend van hul betrokke familiesisteem is. Sodoende word die gesin die "vervoermiddel" van die idiosinkrasie na die volgende geslag. Die identifisering van moontlike disfunksies asook kennis met betrekking tot die wyse van oordrag, kan lei tot vroegtydjge suksesvolle terapeutiese ingrepe sodat die volgende geslag geen disfunksionaliteit oorerf nie. Volgens Danieli (1998:9a) word intergeneratiewe oordrag nie alleen deur ouers veroorsaak nie

maar ook onder meer deur die geskiedenis, politiek, die kunste, geloofsoortuiging, tradisies van 'n gemeenskap asook 'n bevolkingsgroep. In die literatuur is daar veral twee standpunte betreffende die invloed van primere traumata en die oordrag daarvan op volgende geslagte. Die een benadering fokus sterk op die aspek van weerloosheid terwyl die ander benadering weer fokus op

weerbaarheid. Die weerloosheidsaanhangers vind dat trauma die slagoffer weerloos laat met

betrekking tot volgende stresvolle situasies. Die weerbaameidsaanhangers daarenteen is van mening dat getraumatiseerdes daaropvolgende stressors oor die algemeen beter hanteer. Volgens hulle is oorlewendes meer weerbaar teen nuwe trauma as die individu wat dit vir die eerste maal ervaar. Beide denkrigtings erken die belangrikheid van individuele hanteringsmeganismes asook

posttraumatiese toestande met betrekking totgesonde aanpassing (Danieli, 1998:10a).