• No results found

BASISTEORETIESE AFDELING

HOOFSTUK 3: 'N PASTORALE SIENING VAN DIE INTERGENERATIEWE EFFEK VAN TRAUMA

D. Basisvlak: Hierdie vlak verteenwoordig die versorging van die persoon as baba en

3.13 TERAPIE 1 Trauma is uniek

3.13.2 Die geidentifiseerde pasient

Disfunksionele gesinne presenteer altyd met 'n geidentifiseerde pasient. Hierdie persoon is die een in die gesin wat die pyn van die familie se onverwerkte emosies sowel as die farnilie se geheime dra (Carder, 1991:17b). Die pad na herstel begin by die kruis maar eindig nie daar nie en alhoewel God genesing in 'n oomblik kan bewerk, hoef Hy nie. Meer dikwels vra God dat die

mens sy disfunksionele gedrag in die oe moet kyk en dit verander (Carder, 1991:17b). Hier is die ondersteuning van Pastorale Beraders van groot waarde (Carder, 1991:27b). In die behandeling van byvoorbeeld alkoholisme is gevind dat die gesin steeds uitmekaar val na die heling van die alkoholis en dat die gesin as sisteem berading benodig (Carder, 1991:27b). Berading aan die gesin as sisteem het 'n positiewe verskil in hierdie gesinne gemaak asook aan ander gesinne in pyn (Carder, 1991:28b).

3.13.2.1 Aspekte om in ag te neem tydens terapie

♦ Ouers doen die beste wat hulle kan met hul bestaande kennis: Ouers tree

onbewustelik teenoor gesinslede op soos wat teenoor hulle as kinders in hul gesin van oorsprong opgetree is. Om dit te verander moet 'n ouer sy ouers se motief bevraagteken en dan aanpas sodat daar 'n nuwe manier van ouerskapstyl kan ontwikkel (Carder, 1991:30b).

♦ Tyd heel nie alle wonde nie: Dit is veral waar binne die gesinsisteem waar trauma soos

verkragting, bloedskande en ander soortgelyke gebeure aan die orde was. Indien geen stappe geneem word om te heel nie, sal die verwonding voortgaan en kan dit selfs vererger (Carder, 1991:33). Deel van heling is om te rou oor verliese - hierdeur word die toekoms geheel (Arterburn, 2005:73).

♦ Kommunikeer verandering: Verandering wat by die ouers plaasvind, moet aan die

kinders verbaal of nie-verbaal gekommunikeer word sodat nuwe gedragspatrone aangeleer kan word.

♦ Geloof: 'n Verhouding met God wat Skrifgebaseerd is vorm die basis vir genesing

(Carder, 1991:43). Yancey (1990:213) haal Bettelheim, 'n Holocaust oorlewende, aan wat se: "It is a well-known fact of the concentration camps that those who had strong religious and moral convictions managed life there much better than the rest. Their beliefs, including belief in an afterlife, gave them a strength which was far above that of most others". Woede teenoor God verwys dikwels na onopgeloste probleme in die gesin van oorsprong (Carder, 1991:44). Elke persoon besit 'n denkbeeldige voorstelling van God wat gevorm is deur emosionele gebeure, met ander woorde, 'n gevoel (Seamands, 2002:93). Dit wat die gemiddelde persoon van God dink teenoor dit wat dieselfde persoon oor God voel, verskil gewoonlik baie en die graad van verskil impliseer gewoonlik dat daar verborge pyn teenwoordig is wat geheel moet word. Die berader moet onthou dat trauma 'n persoon fisies, psigies en geestelik affekteer en

dat Skrifgebaseerde waarhede deur hierdie trauma filters van die beradene geinterpreteer word - wat meebring dat Bybelse waarheid verdraaid gedekodeer word deur die beradene. Byvoorbeeld: waar 'n beradene probleme het met sy aardse vaderfiguur, sal daar probleme ondervind word met die aanspreek van God as Vader omdat die beradene daardeur aan sy aardse vader herinner sal word en God so sal sien (Seamands, 2002:95).

♦> Die ondersteuningsnetwerk: Die kerk van God moet in beweging kom en beradenes in liefde ondersteun. Die kerk moet Christus demonstreer aan die gebrokenes deur te luister, te ondersteun en deur gebed (Seamands, 2002:55; Meier & Wise, 2003:206). Adolessente moet geleer word om moeilike situasies en emosies te hanteer asook die geleentheid gebied word om 'n positiewe belewenis van die self te ontwikkel. Hiervoor benodig hulle die aanleer van hanteringsmeganismes en geborgenheid. 'n Ondersteuningsnetwerk kan bydra tot die vervulling van hierdie behoeftes (Allender, 1995:164). Arterburn (2005:12) verwys hierna as die vermoe en geleentheid om met ander op 'n emosionele vlak te bind.

♦ Verkry sin uit die gebeure: Op 'n stadium soek die adolessent na sin in die trauma.

Hulle onttrek van die insident en probeer dit ontleed. Blaam word nou verskuif na ander soos byvoorbeeld die gesin, vriende en God. In die herorganiseringsfase poog die slagoffer om sy psigologiese balans te herstel. Die slagoffer is nou gereed vir professionele ingrepe om sin aan die trauma te gee (Allender, 1995:164). Navorsing random Holocaust oorlewendes toon dat die vernaamste rede hoekom hulle kon triomfeer, was as gevolg van hul behoefte om sin en betekenis uit hulle ervarings te verkry (Tauke, 2004:52). Volgens Yancey (1990:199) is dit die uitdaging wat aan beraders gestel word om aan die getraumatiseerde aanvaarding van hul pyn te gee en hul sodoende te help om sin daaruit te verkry.

Holocaust oorlewendes het volgens Tauke (2004:51-52) die volgende oorlewingstegnieke

aangegryp:

■ Tydens gevangenisskap was hulle geanker in hul geloof.

■ Hulle het met geestelike waardes in plaas van die omstandighede ge'identifiseer.

■ Hulle het vriende gemaak met medegevangenes wat dieselfde lewens- en wereldbeskouing gehuldig het.

■ Hulle was vervul met dankbaarheid teenoor dit wat hulle nog het en die mooi wat nog oor was - al was dit soms net in herinneringe.

■ Hulle het hul sin vir humor behou ten spyte van die omstandighede.

■ Hulle het probeer om sin uit hul ellende te verkry en het gepoog om as mens daardeur te groei. ■ Die Nazi's kon nie hul liefde vir hul gesin en familie vernietig nie.