• No results found

BASISTEORETIESE AFDELING

HOOFSTUK 3: 'N PASTORALE SIENING VAN DIE INTERGENERATIEWE EFFEK VAN TRAUMA

D. Basisvlak: Hierdie vlak verteenwoordig die versorging van die persoon as baba en

3.13 TERAPIE 1 Trauma is uniek

3.13.3 Die waarde van gesinsterapie

3.13.4.2 Stappe na vergifnis

♦ Erken die verwondinq: Die doel is nie om te verwyt nie; dit is om die impak te verstaan

sodat vergifnis sinvol gedoen kan word (Stoop & Masteller, 1996:171; Anderson, 1996:203; Meier & Wise, 2003:227; Arterburn, 2005:33). Dit is nodjg om die volgende vrae aan jouself te beantwoord:

- Wat het gebeur? Moenie in ontkenning of as slagoffer bly leef nie. Net waarheid bring vryheid. Ontgif (detox) jou emosies en verkry sin in lyding.

■ Wie het dit gedoen? Moenie verantwoordelikheid aanvaar vir 'n daad wat deur 'n ander persoon gepleeg is nie. Plaas die verantwoordelikheid van 'n gebeurtenis waar dit hoort.

■ Wat se effek het dit gehad? Erken jou verwonding sodat jy kan vergewe en die mens kan word wat God bedoel het jy moet wees.

♦ Neem verantwoordelikheid: Die beradene moet verantwoordelikheid neem vir sy aandeel

in die gebeure en 'n keuse maak om te vergewe aangesien dit 'n wilsbesluit is om die oortreder vry te laat (Seamands, 2002:155; Anderson, 1996:204).

♦ Spesifiseer emosies: Emosies moet in detail gespesifiseer word ten einde God toe te laat

om spesifiek te werk en te heel (Seamands, 2002:70; Anderson, 1996:204). Om trauma kognitief te verstaan, beteken nie dit is vergewe nie. Die volgende emosies is meestal teenwoordig: vrees, woede en minderwaardigheid (Stoop & Masteller, 1996:171).

o Vrees: Trauma gebeur meestal tydens die kinderjare waar die oortreder 'n volwassene

is wat deur die kind gerespekteer word. As volwassene word hierdie vrees dan jare later oorgedra op alle verhoudings.

o Woede: Woede as emosie kan omskryf word as die aandring op verandering (Meier ef

a/., 2001:158). lets het gebeur waarop die mens reageer met woede, wat beteken, "staak dit - ek hou nie daarvan nie". Woede kan die mens inspireer om grense in verhoudings ter wille van veiligheid te skep (Stoop & Masteller, 1996:225; Peck, 1978:66). Woede as emosie word dikwels as sonde getipeer maar ware vergifnis benodig die erkenning van woede voordat dit verwerk kan word. Sonde le nie in die belewing van woede as emosie nie maar wel in die hanteringswyse daarvan (Stoop & Masteller, 1996:224). Dit is belangrik om daarop te let dat die daad met die minste negatiewe effek gebruik moet word om uiting aan woede te gee (Stoop & Masteller, 1996:171). Onderdrukte woede beroof die mens van die emosie van geluk wat lei tot depressie, verbittering, haat en onvergewensgesindheid wat siektes kan veroorsaak (Meier ef a/., 2001:157 en 1996:169; Stoop & Masteller, 1996:228). Verlore kinderjare en 'n verlore identiteit lei dikwels tot frustrasies wat uiting vind in woedeuitbarstings. Elke mede-afhanklike dra woede wat meestal deur ontkenning versteek word (Hemfelt ef a/., 1998:103). In Efe 4:25-32 gee God voorskrifte om woede mee te hanteer. Hieruit is dit duidelik dat waarheid en eerlikheid nodig is (v.25). Selfbeheersing moet aan die dag gel§ word en kritiek moet positief wees (v.26-28). Argumente moet taktvol benader word (v.29-30). Hierdie sake moet vertroulik behandel word (v.31) en moet uiteindelik op vergifnis uitloop (v.31).

o Skaamte en minderwaardigheid (shame): Dit verwys na die waarde waarmee 'n

persoon homself bejeen en dui dikwels op die houding van, ek is nie goed genoeg nie. Minderwaardigheid word soms vanaf ouers na kinders oorgedra (Carder, 1991:43c). By

skuldgevoelens beleef die persoon sy dade as nie goed nie, terwyl by minderwaardigheid die persoon horn beleef as nie goed genoeg nie (Stoop & Masteller,

1996:171; Whitfield, 1987:44). Gesinne met hierdie gedragspatroon word as disfunksionele of chaotiese gesinne tipeer veral aangesien die geheime hier ter sprake kommunikasie tussen gesinslede ontmoedig of vernietig (Whitfield, 1987:39, 48+49). In so 'n disfunksionele gesin word van die gesinslede verwag om te doen soos aan hulle voorges§ word en nie soos die ouerlike voorbeeld toon nie. Persone wat gebuk gaan onder gevoelens van minderwaardigheid is dikwels ongelukkig en gespanne. Deur kompulsiewe handelinge soos alkohol- of dwelmmisbruik, kortstondige intense vriendskappe en manipulasie probeer hulle soms die ongelukkigheid mee hanteer (Whitfield, 1987:50-51).

■ Eienskappe van geestelike minderwaardigheid: Minderwaardigheid is 'n ernstige

probleem vir disfunksionele persone om te oorkom veral as die gesin van oorsprong godsdienstig was. Die gemiddelde persoon se teologie impliseer dat God lewens beoordeel en dat die mens se eindbestemming of die hemel of die hel is afhangende van hoeveel sonde elkeen het. Daar is 'n verskil tussen skuldgevoelens waar bevryding verkry word sodra sonde bely is en minderwaardigheid wat aan geestelikheid gekoppel is (Henslin, 1991:97b). Eksterne minderwaardigheid impliseer 'n geestelikheid soos deur die mens ge'i'nterpreteer en toegepas - byvoorbeeld ouers wat hul kinders dissiplineer deur die kind te dreig met die onttrekking van God se liefde indien die kind nie doen soos die ouer wil he nie (Henslin, 1991:98b). Eksterne geestelike minderwaardigheid moedig gevolglik geheimhouding aan deur vooropgestelde idees oor wat reg en verkeerd is (Henslin, 1991:100b). Interne geestelike minderwaardigheid verwys na die wete dat jy sleg en onaanvaarbaar is as gevolg van al jou oortredinge. Lyers aan geestelike minderwaardigheid het oor die algemeen probleme random die hantering van emosies, kompulsiwiteit en probleme. Hierdie persone beleef alles as 'n teken van sonde.

3.13.4.3 Verlieshantering

"It has been said that he who controls your past controls your future" (Tauke, 2004:41). Enige persepsie, ongeag of dit waarheid is of nie, be'i'nvloed 'n individu se lewens- en wereldbeskouing, sy verhoudings, sy gedrag en daarom sy toekoms (Tauke, 2004:41). Slagoffers beleef op 'n stadium smart random die negatiewe effek wat trauma op hul verhoudings het, asook die tyd wat dit 'n persoon neem om van die trauma te herstel. Sodra hierdie fase voorkom, het die voile implikasie van die trauma hul getref en kan die integreringsproses begin. Dit is belangrik om die verliese wat gely is as gevolg van trauma te identifiseer, te herleef en te rou oor die pyn daarvan (Whitfield, 1987:59; Arterburn, 2005:77). Indien dit nie gebeur nie, word die prys daarvoor betaal deur middel van disfunksies. Volgens Whitfield (1987:87) word ongeveer twaalf persent (12%) kermis en herinneringe in die bewuste geheue gestoor terwyl agt-en-tagtig persent (88%) in die onderbewussyn gestoor word. Verliese is altyd persoonlik en enigiets wat die selfbeeld skaad, impliseer 'n verlies (Whitfield, 1987:89). Dieselfde energie wat nodig is om rou te onderdruk, is nodig om dit te verwerk (Whitfield, 1987:93). Hemfelt et al. (1998:209-210) het Kubler-Ross se rou model aangepas en vind dat die mede-afhanklike erens in 'n rou fase vasgehaak het en hulp benodig om dit te identifiseer:

♦ Skok en ontkenning wat emosionele afgestomptheid veroorsaak, is kenmerkend van disfunksionele ouerhuise (Hemfelt etal., 1998:214-217).

♦ Woede is 'n emosie wat nodig is vir selfbeskerming en 'n Godgegewe emosie waarmee pyn en verlies hanteer word. Kinders uit disfunksionele ouerhuise onderdruk hierdie emosie en raak perfeksionistiese mensebehaers wat ander permanent probeer tevrede hou (Hemfelt et ai, 1998:219).

♦ Depressie is meestal onderdrukte woede. Woede word of hanteer deur uiting daaraan te gee, of deur daaroor te rou, of dit word begrawe in die onderbewussyn vanwaar dit as depressie presenteer (Meier et a/., 2001:128).

♦ Onderhandeling en wensdenkery is dikwels die manier waarop 'n persoon poog om kortpaaie deur die pyn te verkry. Hartseer is die regte emosie wanneer 'n seer ontbloot word. Trane het sy eie genesingskrag en word deur emosioneel gesonde mense aangewend (Meier et a/., 2001:134).

♦ Aanvaarding, voomeme en vergifnis is die finale proses op die pad na herstel. Nuwe voomemens moet geskep word waarvan vergifnis die belangrikste is. Die mens benodig vergifnis op die fisiese, psigiese en geestelike vlakke sodat volkome genesing kan plaasvind (Hemfelt ef a/., 1998:228).

Kortliks: Daar moet gerou word oor alle pyn van die gesin van oorsprong, veral in disfunksionele

gesinne. Rou met betrekking tot die skeidingsproses ten opsigte van die ouerhuis. Rou met betrekking tot alle disfunksionele hanteringsmeganismes en kompulsies wat opgese word. Rou met betrekking tot alle verliese wat gely is as gevolg van die onverwerkte emosies - verlore tyd, onbereikte ideale.