• No results found

BASISTEORETIESE AFDELING

HOOFSTUK 7: SAMEVATTENDE KONKLUSIES

7.2 PASTORALE PERSPEKTIEWE

Sommige beradenes is verwond as gevolg van sondes en trauma wat in vorige geslagte gebeur het en wat nooit geheel is nie. Hierdie verwonding van die voorgeslagte lei tot gewoontevormende gedrag- en persoonlikheidspatrone wat geneig is om van geslag na geslag oorgedra te word. Waar die /ewe 'n persoon se psige en gees vorm, verskaf genetika die rou materiaal van potensiaal aan die persoon. Die brein word meestal gedurende die kinderjare be'invloed en as't ware "geprogrammeer". Dit is belangrik om soveel inligting moontlik van die familie en voorgeslagte te wete te kom ten einde enige negatiewe patrone binne hierdie spesifieke familie te kan identifiseer en te hanteer - veral enige onverwerkte trauma en daaropvolgende disfunksionele gedragspatrone. 'n Disfunksionele familie agtergrond word oor die algemeen gespieel deur verslawings en kompulsiewe gedragspatrone. Dit is verder ook belangrik om kennis te neem van die feit dat 'n mens voor sy geboorte reeds blootgestel kon wees aan negatiewe ervarings en emosies. Gedurende die vroee kinderjare kan hierdie innerlike wonde verborge bly - tydens die latere adolessente tydperk wanneer die kind se identiteit ontwikkel, is pyn soos hierdie egter geneig om te manifesteer. Disfunksies in 'n gesin is teenwoordig indien die gaping of verskil tussen die openbare beeld van die gesin met die werklikheid agter geslote deure verskil. Die oorsaak van die gaping tussen die openbare beeld en die werklikheid le gewoonlik in familiegeheime opgesluit. Gesinstruktuur verwys na die mate waarin die openbare beeld van die gesin met die beeld by die huis agter geslote deure ooreenstem. God self het struktuur ingestel en dit gebou op perfekte intimiteit. Die sondeval het alles verander en gebroke verhoudings het die mens se erfporsie geword. Driehoekstrukture kan die impak van die sondeval op verhoudings visualiseer sodat dit geevalueer kan word in terme van intimiteit, afsydigheid of konflik. Dit demonstreer dan die emosionele stabiliteit of disfunksionaliteit in verhoudings en toon terselfdertyd aan of die struktuur met spanning gelaai is of nie. Intergeneratiewe trauma blyk veral plaas te vind op drie wyses, naamlik genetiese oordrag, ouerlike voorbeeld en as gevolg van die funksionering van wette soos deur God ingestel. In die Skrif word sekere disfunksionele kenmerke aangetref in die geskiedenis van Abraham en sy familie. Uit hulle voorbeeld blyk dit dat indien daar nie daadwerklik gewerk word aan pyn in 'n gesin nie, die patroon na die nageslag oorgedra kan word. Die minderwaardige

hantering van waardes en norme word gewoonlik die geheime wat na die volgende geslagte oorgedra word. Dit veroorsaak verder ook verslawings aan middele of mede-afhanklikheid aan persone. Hemfelt et al. kom tot die gevolgtrekking dat die gesin soos 'n baarmoeder funksioneer en dat elke traumatiese gebeurtenis, elke oomblik van spanning, elke stuk onopgeloste emosionele pyn, 'n betekenisvolle negatiewe invloed op veral die kinders het. Emosionele verwaarlosing tydens die kinderjare word gewoonlik weerspieel in die volwassene se kompulsiewe gedragspatrone asook probleme op sy verhoudingsvlakke.

Die mens het behoefte aan liefde en wil dit ook uitdeel. Dit is sy Godgegewe reg en gawe. Liefde en toegeneentheid word heel dikwels ook nie-verbaal gekommunikeer. Deur 'n kind hierdie voorreg te ontneem, word sy selfkonsep gekneus en verwond vir die res van sy lewe. Dit kan veroorsaak dat die kind later 'n mede-afhanklike volwassene word. Die probleem random mede- afhanklikheid is daarin gelee dat die mede-afhanklike persoon so in ander se behoeftes voorsien dat hy self in 'n toestand van doodsheid en ontkenning van die self verval en dit versterk dan maar net die mede-afhanklike se siening van slagoffer status asook hul onvermoe om emosionele traumas te hanteer. Angs, ongelukkigheid en 'n onvermoe om groepsdruk te hanteer is dan maar net 'n verdere gevolg van hierdie situasie - familiegeheime is heel dikwels dan ook die wortel van die probleem. Navorsing toon aan dat die mens afgesien van die bewustelike vlak tegelyk ook op die onbewuste vlak funksioneer - in hierdie verband gebruik die gemiddelde persoon tot soveel as 50% emosionele en verstandelike energie in die onbewustelike daaglikse onderdrukking van onaangename herinneringe uit die verlede. Sommige herinneringe kan egter nie bewustelik herroep word nie en bly vergete as gevolg van verskeie toestande. Die herroeping van geheue raak egter belangrik sodra 'n beradene om hulp kom aanklop as gevolg van die voorkoms van trauma verwante simptome. Tydens die herroeping van sulke traumatiese geheue is die interpretasie en emosionele persepsie van gebeure van groter belang as die noodwendige korrektheid daarvan.

Ten einde te bepaal wat die gesin van oorsprong se aandeel ten opsigte van die huidige persoon se verwonding is, moet die gesin en familie se geskiedenis nagevors word. Hier is navorsing random fisiese eienskappe, intellektuele vermoens, emosionele karaktertrekke, geestelikheid asook prestasies nodig. Die navorsing met betrekking tot 'n spesifieke individu word gedoen aan die hand van persoonlike ontwikkeling asook die erfenis van sekere karaktertrekke - daar is gevolglik geen kits of wonder oplossing as dit kom by trauma en trauma verwante probleme nie. Elke situasie is uniek en die terapie moet by die individu en sy nood aanpas. Die mees konstante

en konsekwente bevinding random trauma navorsing toon dat getraumatiseerde kinders letsels oorhou wat 'n effek het op elke aspek van hul latere lewe as volwassenes, en dat hierdie kinders se moontlikheid om as psigoties gediagnoseer te word twee tot vyf keer groter is as ander kinders. Hierdie kinders word makliker vasgevang in patrone van kriminaliteit, geweld, alkohol asook dwelmmisbruik. So 'n kind benodig stabiliteit wat by persone soos mentors en onderwysers verkry kan word. Pastorale Beraders kan hier 'n groot rol speel en 'n beduidende verskil maak. Die doel van pastorale berading is om 'n Skrif gefundeerde idiosinkrasie by die kind te help skep en om die getraumatiseerde te begelei tot emosionele heling. Enige destruktiewe gebeurtenis soos trauma, tesame met ongehoorsaamheid aan God se voorskrifte, kan daartoe lei dat die "sondes van die vaders" na die volgende geslag oorgedra word. Volgens Carder behoort die korrigering van destruktiewe gesinsreels, die hanteringstyle en die toepassing van driehoekstrukture op grand van Skrifgefundeerde beginsels plaas te vind. Hoe langer 'n kind se probleme ge'ignoreer word, hoe ingewikkelder en moeiliker word dit om die probleme op te los.

Samevattend kan gese word dat die volgende aspekte van besondere belang ten opsigte van die

terapeutiese proses is:

■ Ouers doen hul bes gegewe die kermis tot hul beskikking. ■ Tyd heel nie alle wonde nie.

■ 'n Ondersteuningsnetwerk is van kardinale belang. ■ Dit is belangrik om sin uit die gebeure te verkry.

■ Die Here God vorm die kern van terapie, maar die emosioneel verwonde persoon se verhouding met God is waarskynlik skeef getrek en verdraaid en moet herstel word. ■ Vergifnis vorm 'n hoeksteen in terapie.

■ Die daarstel van persoonlike grense verskaf die nodjge struktuur in die beradene se lewe.

■ Gebed is die enigste wyse waarop innerlike herstel verkry kan word.