• No results found

Maak jou los van alles wat agter jou is

BASISTEORETIESE AFDELING

Eks 20:5-6 en Deut 5:9 " Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die

2.8.4 Maak jou los van alles wat agter jou is

Fil 3:13 "Ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los

van wat agter is en strek my uit na wat voor is" (Bybel, 1991).

2.8.4.1 Keuse van teks

Paulus street hier na 'n innige verhouding met Christus. Hoe groter die begrip van wat Jesus vir die mens deur Sy dood gedoen het, hoe groter die opstandingskrag in so 'n mens (Melick, 1991:136). Wat gebeur het, het gebeur. Die verwonding moet op 'n stadium agtergelaat word anders kan dit die trauma vererger en die getraumatiseerde ook op 'n geestelike vlak verwond (Hawthorne,

1983:125). Dit is juis die geestelike vlak wat heling kan bewerk vir die getraumatiseerde. Leef in die teenswoordige (present) met jou visie gerig op God en Sy Heerlikheid.

2.8.4.2 Plek van boek in die Bybel

In die Korintier briewe vermaan Paulus die gemeente om nie te roem op hul sogenaamde perfekte geestelike kennis of om uiterlike vertoon as geloof te sien nie, maar dat hulle 'n lewe van reinheid, naasteliefde en 'n Christusgesentreerde leefwyse moet najaag. In hierdie boek waarsku Paulus die gemeente van Filippense ook daarteen (Thielman, 1995:194). Hy was verhoorafwagtend in die tronk met die moontlikheid van doodstraf wat soos 'n swaard oor sy kop gehang het tydens die skryf van die brief. Tog word dit getipeer as sy blydskapsbrief. Sy vreugde vind hy in Christus. In Horn ontdek hy vryheid van sy eie sondige verlede sowel as die lering dat 'n mens in Jesus Christus verlossing van sy verlede vind (Bybellennium, 1999:1581; Ware, 2005:171). Paulus wil Christus hier vasgryp soos wat hy vasgegryp is op die Damaskuspad - hy is deur die Here "gearresteer" met 'n lewenslange vonnis. Wat Paulus veral stomslaan met verwondering, is die feit dat God horn gekies het vir 'n spesifieke taak van voor sy geboorte af - Gal 1:15-15; 4:9; Amos 3:2 (Hawthorne, 1983:124).

2.8.4.3 Raadpleging van eksegetiese bronne

Paulus verwonder horn aan die Goddelike roeping op elke gelowige se lewe (Hawthorne, 1983:124). Daarom beroep hy horn op die gemeente van Filippi om te fokus op dit wat belangrik is, naamlik Jesus Christus en 'n verhouding met Horn (Holloway, 2001:50; Thielman, 1995:197). Hy doen 'n verdere beroep op hulle om hulle los te maak van alles wat hulle aan die verlede koppel, aangesien dit nou onbelangrik is. Dit sluit in hul verkeerde keuses, hul gebrekkige kennis van die geestelike, hul verwaandheid asook invloede wat van voorgeslagte af oorgedra is. Hulle moet met dit alles breek en nuut begin in Jesus Christus en die wonder random hierdie uitnemende voorreg

probeer verstaan (Hawthorne, 1983:124). In Christus kan die mens nuwe lewe kies en saam met Horn 'n nuwe verlede begin skep. Bekering in Christus is daarom nie die eindpunt nie maar die beginpunt (Bybellennium, 1999:1582; Die Bybel met verklarende aantekeninge, 1976:567; Holloway, 2001:141; Melick, 1991:139). Paulus erken in 3:12 dat hy nog nie al die kennis aangaande Christus bemeester het nie, maar dat hy alle mislukkings asook prestasies agterlaat. Hy doen slegs een ding, naamlik om meer en meer na Jesus Christus uit te reik sodat sy kennis meer word en sy verhouding met Horn groei (Melick, 1991:137). Om Christus te ken, behels om Horn te verstaan. Dit is daarom nie so maklik nie en dit verg iets van die beradene - 'n sekere

"commitment" (Hawthorne, 1983:124).

Paulus onderrig die gemeente om 'n toekomsblik wat Christus behels, te verkry. Huidiglik is hulle blik gevestig op die verlede (Holloway, 2001:141). Paulus beklemtoon die nodjgheid van doelgerigte fokus. Die beradene asook die berader benodig 'n visie. Gemeet aan sy Damaskus ervaring is hierdie fokuspunt of visie dan die "verkryging" van Jesus Christus as Verlosser wat die getraumatiseerde se "wil" na hoer vlakke lig. Die "wil" van die mens word sodoende gelykgestel met die wil van Christus (Hawthorne, 1983:127).

2.8.4.4 Kommunikasiedoel van die perikoop (Fil 3:13)

Die voorafgaande gedeelte (3:8-11) verhaal dat Paulus alles vehoor het toe hy Christus gevind het maar dat hy juis daardeur alles verkry het. Hy het egter nog baie om te leer. Hy erken ook dat sy kennis byvoorbeeld op geestelike vlak nie voldoende is nie. Sy geloof is daarom nog nie "perfek" nie maar hy wil voortaan voluit daarop gefokus wees om tot groter geestelike insig te kom (Hawthorne, 1983:125). Dit bied vir horn beide 'n uitdaging asook 'n motivering. Hy is nou verlos van die bagasie van sy verlede en hy kan homself voortaan toespits op die bereiking van sy einddoel, naamlik steeds meer kennis van Christus sodat hul verhouding kan verinnig en hy geestelik volwasse kan word (Thielman, 1995:196). Soos God destyds vir Israel geroep het om Sy volk te wees, roep God almal hier om in verhouding met Sy seun Jesus Christus te wees. Hy roep 'n nuwe volk tot stand, naamlik die volk van die gelowiges wat uiteindelik saamgestel word uit individue vanuit al die verskillende volkere. Paulus doen 'n beroep op die gemeente om horn te volg - nie omdat hy volmaak is nie maar omdat hy as't ware die weg gevind het (Melick, 1991:137). Hy verstaan waaroor dit gaan en hy strek horn uit om dit te vind - dioko - omdat hy nou uitverkoop (comitted) aan Christus is. Sommige kommentare meen hy praat hier met 'n groep perfeksioniste wat glo hulle het al die kennis in pag. Ander meen hy praat met 'n groep wat "wetties" fungeer. Paulus beklemtoon sy tekortkominge asook sy intense begeerte na die verkryging en verstaan van

iets groter. Hy is verwonderd oor God se vermoe om te red en te heel - deur middel van die (kruis)dood van Sy Seun (Hawthorne, 1983:125).

2.8.4.5 Samevatting

♦ Om Christus te vind, impliseer 'n breuk met die lewe soos jy dit geken het sodat Hy vir jou

'n nuwe lewe kan gee. Dit is Sy droom vir elkeen.

♦ Die Here red en bring heling deur middel van die (kruis)dood van Sy Seun.

♦ Die beradene se begrip van wat die kruisdood beteken, bepaal ook in 'n groot mate hierdie persoon se insig met betrekking tot die krag van die opstanding.

♦ Geloof word bepaal deur die diepte van die verhouding met Christus.

♦ Jesus Christus is al wat die mens nodig het, maar die gelowige moet nooit ophou groei in sy verhouding met Horn nie. Bekering is die beginpunt - nie die eindpunt nie.

♦ Christus verwag van elke mens om geestelik volwasse te word.

♦ In Horn het elkeen die geleentheid om 'n nuwe verlede vir horn asook vir sy nageslag te skep.

♦ Verwonding moet op 'n stadium agtergelaat word, anders kan die trauma vererger. ♦ Leef in die teenswoordige (present) met jou visie gerig op God en Sy Heerlikheid. ♦ God het 'n roeping op elkeen se lewe - ook die getraumatiseerde.

♦ Geloof dui op 'n korrelasie tussen die "wil" van die mens en die wil van Christus.