• No results found

BASIS-TEORIE 1 Eksegetiese riglyne

BASISTEORETIESE AFDELING

HOOFSTUK 7: SAMEVATTENDE KONKLUSIES

7.1 BASIS-TEORIE 1 Eksegetiese riglyne

7.1.1.1 God laat sonde nie ongestraf nie

Eks 20:5-6 en Deut 5:9 - "...Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die

derde en vierde geslag van die wat My haat, maar ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van die wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam" (Bybel, 1991).

♦ Alle gelowe en beskawingsvorme word begrond in die Dekaloog ongeag of jy as Christen leef of nie.

♦ Sonde word gedefinieer as 'n houding of ingesteldheid wat in die mens se hart en gedagtes ontstaan en is daarom iets meer as 'n blote handeling.

♦ God sal in beweging kom betreffende sonde aangesien dit in wese opstand teen God en Sy gebod is.

♦ Deur sonde vervreem die mens van homself, van God en van sy naaste.

♦ Alle aardse verhoudinge kan herstel en vernuwe mits die mens weer in gehoorsaamheid aan God en Sy gebod leef.

♦ Ouers se sonde word slegs aan die nageslag besoek indien die kinders die sondige wee van hul ouers navolg.

♦ God het die reg om van die mens gehoorsaamheid te verwag aangesien Hy aan die mens lewe gegee het.

7.1.1.2 Elkeen is individueel aanspreeklik vir sy sondes

Jer 31:29-30: "In daardie tyd sal hulle nie meer se: "Die vaders het groen druiwe geeet, en die

kinders se tande het stomp geword" nie. EIke mens sal oor sy eie sonde sterf: wie groen druiwe eet, se tande sal stomp word" (Bybel, 1991).

Eseg 18:20: "Die mens wat sondig, sal sterwe. 'n Seun sal nie die straf op sy pa se sonde dra nie,

en 'n pa sal nie die straf op sy seun se sonde dra nie. Wie leef volgens my wil, sal die vrugte daarvanpluk" (Bybel, 1991).

♦ EIke mens moet persoonlike verantwoordelikheid vir sy lewens keuses neem. ♦ Lyding en dood word deur sonde veroorsaak.

♦ Straf is vooraf ingebou in sonde en word geaktiveer deur die gekose sonde.

♦ Die mens wat oorweldig is deur traumatiese gebeure neig oor die algemeen om die volgende universele vrae te vra:

- Waar is God nou?

■ Wat is die sin van hierdie sinlose gebeure? - Wat gee sin aan die lewe?

♦ Die beantwoording van die volgende vrae kan 'n aanduiding van trauma asook die bestaan van 'n moontlike wig tussen die mens en sy God aandui:

■ Maak God 'n verskil in jou lewe? - Word Hy aanbid deur jou leefstyl?

♦ Ongehoorsaamheid aan die Here word 'n manier van lewe wat die mens uiteindelik verwoes. ♦ God wil die emosioneel verwondes (verbryselde van hart) asook diegene wat hulself nie kan

help nie versorg.

7.1.1.3 Die oue is verby - die nuwe het gekom

Kor 5:17-18a: "lemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het

gekom. Dit alles is die werk van God" (Bybel, 1991).

♦ In Christus sterf die gelowige se verlede en word 'n nuwe hede vol toekomsverwagting gebore. Die kruisiging hou die belofte in van 'n nuwe lewensvorm op aarde.

♦ Deur Christus se bloedoffer word alles wat verantwoordelik was vir die verwydering tussen die mens en sy God weggevee.

♦ Die verwonde persoon bevraagteken God se bedoeling met horn as mens.

♦ Verwondes benodig 'n persoon om hulle uit hul tronk van verwonding te help bevry. Die "resep" van, bely jou sonde, gehoorsaam die wet en lewe volgens God se wil, is hier onvoldoende. Die enigste "resep" wat voldoen, is die Persoon Jesus Christus.

7.1.1.4 Maak jou los van alles wat agter jou is

Fil 3:13: "Ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los

van wat agter is en strek my uit na wat voor is" (Bybel, 1991).

♦ Christus se droom vir elke emosioneel verwonde mens is 'n breuk met die lewe soos wat jy dit geken het sodat Hy vir jou 'n nuwe lewe kan gee.

♦ Jesus Christus is al wat die mens nodig het en daarom moet die gelowige nooit ophou groei in sy verhouding met Horn nie. Bekering is die beginpunt - nie die eindpunt nie.

♦ Dit is elke mens se verantwoordelikheid om geestelik volwasse te word.

♦ In Horn het elkeen die geleentheid om 'n nuwe verlede te skep vir homself asook sy nageslag. ♦ Geloof word bepaal deur die opregtheid van 'n verhouding met Christus.

♦ Elkeen moet waak teen die wanpersepsie van uiterlike vertoon as geloof.

7.1.1.5 Die sleutel tot oorwinning is Jesus Christus

1 Pet 1:3: "Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot

ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop..." (Bybel, 1991).

♦ Verwondes wat blootgestel was aan sinlose dade van geweld en onregverdige oorerwing raak moedeloos en word beroof van hul toekomsvisie.

♦ Die persoon wat verwond is deur oorgeerfde trauma, kan in Christus nuut gebore word.

♦ In Christus verkry elkeen 'n nuwe gesin sodat die verwonde nie langer meer in dieselfde traumatiese familie dinamiek vasgevang bly nie.

♦ Die huidige omstandighede in 'n mens se lewe word deur die verlede bepaal, maar in Christus word die verlede verander na 'n vreugdevolle toekoms, gevul met 'n lewende hoop en 'n erfporsie van ewige lewe.

♦ Die mens erf sekere kwaliteite van voorgeslagte soos byvoorbeeld ras, sosio-ekonomiese klas en burgerskap, maar in Christus erf die mens 'n nuwe identiteit wat verhoudings en selfwaarde herdefinieer.

♦ In die Ou Testament word Israel geroep as uitverkore volk van God - in die Nuwe Testament roep die Here alle gelowiges as uitverkore volk in Christus.