• No results found

BASISTEORETIESE AFDELING

HOOFSTUK 3: 'N PASTORALE SIENING VAN DIE INTERGENERATIEWE EFFEK VAN TRAUMA

D. Basisvlak: Hierdie vlak verteenwoordig die versorging van die persoon as baba en

3.13 TERAPIE 1 Trauma is uniek

3.13.6 Gebed as helingstegniek

Gebed as terapie word tweerlei gebruik, eerstens vir die genesing van emosionele pyn en tweedens om voorbidding te doen namens die gesin of familie.

3.13.6.1 Emosionele genesing

Emosies is soms te pynlik om te onthou, maar dit be'i'nvloed steeds 'n persoon se lewe. Volgens Anderson (1996:199) werp Ps 139:23-24 "Deursoek my ...." Ijg op die traumas in die lewe. God alleen weet van al die trauma en deur Horn te vra sal hy die herinneringe na die oppervlakte bring sodat die getraumatiseerde kan genees. Deur gebed en die leiding van die Heilige Gees kan hierdie herinneringe ge'identifiseer word sodat heling kan geskied (Seamands, 2002:22). Die doel hier is heling van pynlike herinneringe asook 'n her-programmering van gedragspatrone wat net deur die werking van die Heilige Gees kan gebeur (Seamands, 2002:28-29). Die gebed moet spesifiek wees ten opsigte van belydenis, mislukkings en behoeftes (Seamands, 2002:67). Gebed verander nie noodwendig die situasie nie maar dit verander die manier waarop na die situasie gekyk word. Seamands (2002:131) definieer die berader treffend as tydelike assistent (hulp) vir die Heilige Gees. Hulp - want die doel van berading is om die beradene te help om 'n verhouding met God te bou. Tydelik - want die beradene mag nie permanent op die berader steun nie - hy moet in die proses volwasse word. Beraders tree in hierdie sin dan ook tydelik in die bresse vir beradenes.

3.13.6.2 Voorbereiding van beradene

Dit is belangrik dat die beradene in voeling kom met sy emosies asook herinneringe random trauma en onderdmkte herinneringe. Soveel inligting moontlik random beide moet versamel en identifiseer word (Seamands, 2002:125).

3.13.6.3 Gebed

God werk met die inligting wat die persoon aan Hom bekend maak en toevertrou. Gebed as 'n tegniek in die herstelproses is 'n tydsame proses. Beide die berader en die beradene moet ontvanklik vir die inspraak van die Heilige Gees wees. Na die gebede random heling afgehandel is, volg die gebede random vergifnis (Seamands, 2002:150).

3.13.6.4 Om belydenis te doen namens die gesin of familie

Versamel so veel moontlik geskiedkundige inligting random die familie (Sandford & Sandford, 1985:388; Brown en Yoder, 1995:41).

> Daar moet vervolgens voorbidding gedoen word vir elkeen in die familie - ook die aangetroudes. Hierdie gebede moet in totale nederigheid, afhanklikheid en in gehoorsaamheid aan die Heilige Gees geskied maar terselfdertyd moet die berader sy posisie in Christus ken en inneem (Sandford & Sandford, 1985:388).

> Volgens Brown en Yoder (1995:41) is dit nodig om die sondes, ongeregtighede asook alle negatiewe gedragspatrone binne hierdie familie te identifiseer waar moontlik en dit dan te bely. Hiermee stem Sandford en Sandford (1985:388) saam. Hulle stel verder voor dat ook die positiewe na die Here gebn'ng word vir ondersoek en dat Hy gevra word om die negatiewe in seen te verander.

3.14 SAMEVATTING

Sommige beradenes is verwond as gevolg van sondes en trauma van vorige geslagte wat gelei het tot gewoontevormende gedrag- en persoonlikheidspatrone wat van geslag na geslag oorgedra is. Terwyl genetika die rou materiaal van potensiaal aan 'n persoon se lewe verskaf, vorm die lewe 'n persoon se psige en gees en is dit veral die brein wat op 'n deurslaggewende wyse reeds gedurende die kinderjare geprogrammeer word. Dit is belangrik om soveel inligting moontlik van die familie, asook voorgeslagte, te wete te kom ten einde enige negatiewe patrone binne hierdie spesifieke familie te kan identifiseer en te hanteer - veral enige onverwerkte trauma en daaropvolgende disfunksionele gedragspatrone. Alle verslawings en kompulsiewe gedragspatrone dui gewoonlik op 'n disfunksionele familieagtergrond. Kinders kan reeds voor geboorte blootgestel word aan negatiewe ervarings en emosies in die baarmoeder. Hierdie innerlike wonde bly moontlik verborge tydens die kinderjare maar in die latere adolessente tydperk wanneer die kind se identiteit ontwikkel, manifesteer die pyn heel dikwels. Gesinstruktuur verwys na die mate waarin die openbare beeld van die gesin met die beeld by die huis agter geslote deure ooreenstem. Die gaping of verskil tussen die twee bepaal die mate van disfunksie in die huis en geheime veroorsaak

die toenemende verwydering tussen die twee. Gesinstruktuur is deur God ingestel en is gebou op perfekte intimiteit. Na die sondeval verander alles en word gebroke verhoudings die mens se erfporsie. Driehoekstrukture gee gewoonlik 'n goeie aanduiding van die impak van die sondeval op verhoudings en word geevalueer in terme van intimiteit, afsydigheid of konflik wat die emosionele stabiliteit of disfunksionaliteit demonstreer - terselfdertyd toon dit aan dat die struktuur gelaai is met spanning. Intergeneratiewe oordrag blyk veral plaas te vind op die volgende drie wyses: genetika, ouerlike voorbeeld en die wette soos deur God ingestel. Reeds in die Skrif word disfunksionele gesinne aangetref waarvan die geskiedenis van Abraham en sy gesin 'n voorbeeld is. Hiemit blyk dat indien daar nie daadwerklik gewerk word aan pyn in 'n gesin nie, die patroon na die nageslag oorgedra kan word. Die minderwaardige hantering van waardes en norme word gewoonlik die geheime wat na die volgende geslagte oorgedra word. Dit veroorsaak ook verslawings aan middele of die mede-afhanklikheid aan mense. Rebekka en Sarah betwyfel God se vermoe om Sy woord te laat waar word en toon die gevolge wanneer die mens God wantrou en inmeng in Sy raadsplan. Hemfelt ef a/, vergelyk die gesin met die baarmoeder waar elke traumatiese gebeurtenis in die gesin, elke oomblik van spanning, elke stuk onopgeloste emosionele pyn 'n betekenisvolle negatiewe invloed op veral die kinders het. Verwaarlosing van 'n kind se emosionele behoeftes word gekenmerk deur die aanwesigheid van kompulsiewe gedragspatrone asook verhoudingsprobleme. Die manifestering van hierdie probleme word dikwels veroorsaak deur onverwerkte trauma of deurdat die persoon as kind in 'n ongeborge omgewing opgegroei het. Die mens wil liefde ontvang en dit ook uitdeel. Dit is 'n Godgegewe reg en gawe. Liefde en toegeneentheid word nie-verbaal gekommunikeer en deur 'n kind van hierdie voorreg te ontneem, word sy selfkonsep gekneus en verwond vir die res van sy lewe en kan die kind later 'n mede- afhanklike volwassene word. Mede-afhanklikes leef daarvoor om in ander se behoeftes te voorsien en eindig dan in 'n toestand van doodsheid en ontkenning van die self wat die siening van slagofferstatus versterk asook 'n onvermoe om emosionele traumas te hanteer. Angs, ongelukkigheid en 'n onvermoe om groepsdruk te hanteer, word gevolglik gekenmerk deur hul gedrag - familiegeheime is gewoonlik die wortel van die probleem. Navorsing bevind dat 'n persoon tegelykertyd op die bewuste vlak asook die onbewuste vlak kan funksioneer - daarom het herinneringe so 'n sterk invloed op 'n mens. Sommige herinneringe kan nie herroep word nie en bly vergete as gevolg van verskeie toestande. Die herroeping van geheue raak belangrik sodra 'n beradene om hulp kom aanklop as gevolg van die voorkoms van traumaverwante simptome. Tydens die herroeping van die "traumatiese geheue" is die interpretasie en emosionele persepsie van gebeure van grater belang as die noodwendige korrektheid daarvan.

Om te bepaal wat die gesin van oorsprong se aandeel ten opsigte van die huidige persoon is, moet die gesin en familie se geskiedenis nagevors word. Dit behels navorsing rondom fisiese eienskappe, intellektuele vermoens, emosionele karaktertrekke, geestelikheid asook prestasies. Hierdie persoonlike navorsing word gedoen aan die hand van persoonlike erfenis sowel as persoonlike ontwikkeling. Daar is geen kits- of wonderoplossing as dit kom by trauma en traumaverwante probleme nie. Elke slagoffer en traumasituasie is uniek en die terapie moet by die individu en hul nood aanpas. Die mees konstante bevinding rondom traumanavorsing toon dat getraumatiseerde kinders letsels oorhou wat 'n effek het op elke aspek van hul latere lewe as volwassenes en dat hierdie kinders se moontlikheid om as psigoties gediagnoseer te word, twee tot vyf keer groter is as by ander kinders. Hierdie kinders word makliker vasgevang in patrone van kriminaliteit, geweld, alkohol- en dwelmmisbruik en daarom benodig so 'n kind stabiliteit wat ook by andere soos mentors en onderwysers verkry kan word. Pastorale Beraders kan hier 'n groot rol speel. Die doel van pastorale berading is om 'n Skriftuurlike lewens- en wereldbeskouing by hierdie kind te help skep en om die getraumatiseerde te begelei tot emosionele heling. Enige destruktiewe gebeurtenis soos trauma, tesame met ongehoorsaamheid aan God se voorskrifte, verseker dat die "sondes van die vaders" na die volgende geslag oorgedra word. Volgens Carder behoort die korrigering van destruktiewe gesinsreels, die hanteringstyle en die driehoekstrukture op grand van Skriftuurlike beginsels plaas te vind. Peck vind dat hoe langer 'n kind se probleme geignoreer word, hoe ingewikkelder en moeiliker word dit om die probleme op die langtermyn op te los.

♦ Samevattend kan gese word dat die volgende aspekte geblyk het van besondere belang te

wees ten opsigte van die terapeutiese proses:

o Ouers doen hul bes gegewe die kennis tot hul beskikking. o Tyd heel nie alle wonde nie.

o 'n Ondersteuningsnetwerk is van kardinale belang. o Dit is belangrik om sin uit die gebeure te verkry.

o Die Here vorm die kern van terapie, maar die beradene se verhouding met God is waarskynlik verwond en gekneus en moet herstel word.

o Vergifnis vorm 'n hoeksteen in terapie omdat dit die vermoe het om die patroon van intergeneratiewe traumaoordrag te verbreek, die verhouding met die Here te herstel, en innerlike genesing aan die verwonde te bring.

o Die daarstel van persoonlike grense verskaf die nodige struktuur in die beradene se lewe. o Gebed vorm die kern waarmee totale innerlike genesing bereik word.

META-TEORETIESE AFDELING