• No results found

OMSKRYWING EN IDENTIFISERING VAN BELANGRIKE BEGRIPPE 1 Trauma

BASISTEORETIESE AFDELING

HOOFSTUK 4: EVALUERING VAN BYDRAES UIT ANDER VAKDISSIPUNES

4.4 OMSKRYWING EN IDENTIFISERING VAN BELANGRIKE BEGRIPPE 1 Trauma

Die impak van trauma hang af van die tipe trauma en of dit 'n eenmalige of meervoudige trauma is (Matsakis, 1996:31-31). Trauma word veroorsaak deur:

> 'n Doelbewuste menslike handeling - soos verkragting, poging tot moord, oorlog. Die impak hiervan word as die mees negatiefste beleef en neem ook langer om te genees. > 'n Onbeplande menslike handeling - soos 'n motor-ongeluk.

> Natuur-rampe - soos die tsunami, aardbewings, ens.

> 'n Eenmalige teenoor meervoudige trauma - soos 'n eenmalige verkragting teenoor bloedskande versprei oor 'n tydperk van jare.

4.4.2 Sekondere traumatisering

SekondeYe Traumatiese Stres (STS) verwys oor die algemeen na simptome teenwoordig by die persoon of persone wat primer verantwoordelik vir die versorging van 'n getraumatiseerde is, en affekteer elkeen wat emosioneel by die slagoffer betrokke is. Dit sluit in gesinslede, familielede, vriende, bure, kollegas en terapeute. Hierdie mense word sekondere trauma slagoffers genoem. Tot dusver is sekondere slagoffers as die ondersteuningsnetwerk vir die primere slagoffer gesien en is hulle bloot geleer om meer hulp aan die primere slagoffer te verleen. Hulle belewing van die trauma is sodoende geignoreer. As gevolg van navorsing het hierdie siening egter begin verander (Figley, 1998:7; Gilbert, 1998:47; Remer& Ferguson, 1998:140).

Sekondere trauma word soms ook verbind aan die aspek van te veel omgee - 'caring to much' (Gilbert, 1998:48). Huweliksmaats is veral vatbaar vir sekondere traumatisering aangesien die eggenoot deurgaans poog om sin te maak uit sy of haar maat se trauma. In 'n poging om die verhouding in stand te hou kan die eggenoot oor-verantwoordelik optree asook oor-funksioneer wat tot disfunksies kan lei (Gilbert, 1998:47). Waar die eggenoot primer getraumatiseer is en met Post Traumatiese Stresversteuring (PTSV) worstel, volg dit dikwels dat die maat dan sekonder

getraumatiseer word. Indien die sekonder getraumatiseerde nie die nodige ondersteuning kry nie kan dit uiteindelik tot uitbranding lei (Gilbert, 1998:50).

Trauma verander die slagoffer en affekteer veral sy gesin. Hierdie effek word deur sommige navorsers beskryf as sekondere- of intergeneratiewe traumatisering. In ooreenstemming met die

Holocaust navorsing se bevindings bestaan daar 'n korrelasie tussen kinders se gedragsprobleme

en die trauma van die ouer (Rosenheck & Fontana, 1998:732; Groves, 2002:34). Ancharoff ef a/. (1998:257) waarsku egter dat die begrip intergeneratiewe- of sekondere trauma nog nie genoegsaam nagevors is nie. Dit is tans 'n nuwe navorsingsveld en die beskikbare kennis random die effek, asook die trefwydte van die ouer se trauma op die nageslag is nog onvoldoende. Die hoeveelheid geslagte wat byvoorbeeld beinvloed word deur intergeneratiewe- of sekondere trauma is onbekend. Die rol wat die kind se ouderdom en geslag tydens sekondere traumatisering speel, benodig ook verdere navorsing (Ancharoff et a/., 1998:257; Steinberg, 1998:42).

4.4.3 Die ondersteuningsnetwerk

Gesinne met blootstelling aan 'n getraumatiseerde benodig 'n ondersteuningsnetwerk in die vorm van familie en vriende. Ondersteuningsnetwerke dien as buffer teen die oordrag en gevolge van intergeneratiewe trauma (Hunter-King, 1998:255; Black & Newman, 2000:134-135).

4.4.4 Die brein

Bruce Perry (1997:125-126) en andere by Baylor Universiteit het navorsing random die neurochemiese balans van die brein na 'n traumatiese ingreep gedoen, en interessante gegewens bekom. Vir die doel van hierdie studie is die impak van trauma op die brein belangrik aangesien Perry se navorsing aandui dat 'n brein-disfunksie, ook veroorsaak deur emotiewe disfunksies, aan die nageslag oorgedra kan word. Herhaaldelike geweld, soos trauma, kan byvoorbeeld die struktuur van die ontwikkelende brein verander. Neurochemiese veranderings veroorsaak impulsiwiteit wat aanleiding tot gewelddadige gedrag kan gee. Perry se navorsing het aangetoon dat gewelddadige optrede ondervinding-gebasseer en nie soseer geneties is nie. Geweld geskied volgens Amerikaanse statistieke meestal binne gesinsverband.

Die brein is volgens Perry die geboorteplek van enige gewelddadige oortreding (aspekte soos byvoorbeeld verkragting, moord, ensovoorts). Verskeie funksies word vervolgens geaktiveer vanuit spesifieke areas van die brein (Perry, 1997:127). Die breinstam en middelbrein huisves die meer eenvoudige funksies soos asemhaling, liggaamstemperatuur, bloeddruk en hartslag. Die mees

komplekse funksies soos taal en abstrakte denke is gelee in die komplekse kortikaal strukture. Grafies kan dit soos volg voorgestel word (Perry, 1997:128):

KOKIEKS LIMBIESE SISTEEM MIDDEL BREIN BREINSTAM Intellek, Denke Seksuele, emotiewe, motoriese aktiwiteite Opwekking, slaap, eetlus Bloeddruk, hartslag, liggaamstemperatuur

Die breinstruktuur en funksies ontwikkel regdeur die lewensjare met die grootste ontwikkeling tydens die kinderjare. Die neurologie van geweld hang af van die wisselwerking tussen die aktiwiteite van die breinstam en die korteks. Faktore soos stres en trauma wat die aktiwiteite van die breinstam verhoog, kan tesame met die gebruik van enige middei wat die korteks aktiwiteit inkort (alkohol en dwelms) 'n individu se aggressie, impulsiwiteit en/of neiging tot geweld aktiveer (Perry, 1997:129). Gedurende die kleuterjare ontwikkel die laer, eenvoudige brein gedeeltes eerste. Met verloop van tyd en oefening vind daar egter progressiewe ontwikkeling in verhouding tot die ontwikkeling van die hoer breingedeeltes plaas. Enige oorstimulering van die laer gedeeltes (breinstam en middelbrein) of onder-stimulering van die hoer gedeeltes (limbiese of korteks) gee aanleiding tot 'n wanbalans in die kortikale modulasie ratio (dit is die verhouding tussen die breinstam en middelbrein teenoor die limbiesesisteem en die korteks) en kan sodoende aanleiding gee tot aggressiewe en gewelddadige gedrag (Perry, 1997:130). Vroee lewensondervinding het 'n disproporsionele invloed op die ontwikkeling van die brein aangesien die jonger brein meer ontvanklik is. 'n Ondervinding wat 'n twaalfjarige byvoorbeeld kan hanteer het die vermoe om 'n baba te vernietig (soos om byvoorbeeld vir 2 weke geen aanraking te ervaar nie). Beide die tekort aan versorging en die blootstelling aan trauma kan die ontwikkeling van die sentrale senuwee sisteem inkort en terselfdertyd 'n impulsiewe, reaktiewe, gewelddadige individu skep (Perry, 1997:131). Emosionele verwaarlosing vanaf geboorte lei tot emotiewe belemmering omdat die dele van die brein wat emosie registreer, nie ontwikkel het nie. Hierdie kind sal emosioneel

afgestomp (gewetenloos) voorkom en weerstand bied teen enige toenadering; insluitende terapie (Perry, 1997:132). Emotiewe vermoens is ondervinding gebasseer. Indien die kind met niemand 'n emosionele band kan ontwikkel nie, kan positiewe emosionele gedrag nie verwag word nie (Perry, 1997:133). Volgens Perry (1997:135) kan die toename in geweld onder die jeug direk

toegeskryf word aan die wereld wat deur ouers vir hul kinders geskep en nagelaat is. Kinders wat

voortdurend aan neurologiese trauma blootgestel word, kan met aandag-afleibaarheidsindroom asook leergestremdhede presenteer. Gedurende hul vormingsjare is die kinders konstant aan verskuilde vrees blootgestel en word geweld menigmaal as instrument gebruik om hul probleme mee op te los. Hierdie kinders ondervind dikwels probleme om kognitief te redeneer, ervaar dikwels slaapsteurnisse, beleef angs asook verhoogde spiertonus (sametrekkende krag van die spier) wat hulle as hiperaktief brandmerk. Daar word vervolgens heel dikwels gepoog om hierdie verhoogde reaktiwiteit van stres en angs met dwelms en alkohol te beheer wat egter weer aanleiding tot verhoogde gewelddadigheid gee (Perry, 1997:139). Nie almal wat emosioneel verwaarloos is raak aggressief nie, aangesien die waarde en norme sisteem (geloof) van die betrokke individu van deurslaggewende belang is. Getraumatiseerde kinders en straatkinders wat kognitief onderontwikkeld is, en wat min tot geen emosionele aandag kry nie veroorsaak egter oor die algemeen heelwat probleme vir die gemeenskap. Die teenwoordigheid van 'n sterk gesinsverhouding of van 'n emosioneel-stabiel volwassene in so 'n kind se lewe maak die verskil - selfs al is dit 'n buitestaander (Perry, 1997:142; Black & Newman, 2000:134). Getraumatiseerde kinders se angsvlakke is deurgaans oorgestimuleer wat verhoed dat die korteks ontwikkel. Hierdie kinders interpreteer slegs nie-verbale kommunikasie. Verbale kommunikasie kan eers gei'nterpreteer word as hulle geborge voel en genoegsaam gekalmeer is. Interpretasie van enige

kommunikasie geskied teen die agtergrond van ondervinding - hierin is die geheue dus deurslaggewend. Die getraumatiseerde kind se geheue is gevul met onvoorspelbaarheid, pyn, angs en ongeborgenheid. Terapeutiese ingrepe sal vervolgens moet fokus op die herskep van geheue deur middel van voorspelbare, positiewe insette wat met geduld en takt uitgevoer word. Ingrepe sal telkens by die individu se behoefte aangepas moet word (Perry, 1997:144). Perry (1997:144 - 145) asook Newell (1997:181) kom tot die slotsom dat die oplossing vir geweld in 'n veranderde kultuur le en dat kinderopvoedingspraktyke in hierdie opsig sal moet aanpas en selfs moet verander. Die samelewing moet opgevoed word om die kind as 'n mens te sien en so te hanteer.