• No results found

Onderskeiding tussen die emotiewe en die kognitiewe

BASISTEORETIESE AFDELING

HOOFSTUK 4: EVALUERING VAN BYDRAES UIT ANDER VAKDISSIPUNES

4- Vierde vlak: Die gesin se geloofsoortuigings ten opsigte van skuldgevoelens en verwyte word nou hanteer (Barnes, 1998:182)

4.7.4 Die gesin as multigeneratiewe emosionele eenheid met besondere verwysing na die teorie van Bowen

4.7.4.4 Onderskeiding tussen die emotiewe en die kognitiewe

Bowen onderskei verder tussen die emotiewe en die kognitiewe. Beradenes word begelei om die emotiewe te bedink en te bespreek eerder as om dit te beleef - hulle word aangemoedig om belangrike snellers te identifiseer en hierdeur word die beradene dan begelei tot die ontdekking asook identifisering van die self (Titelman, 1998:38). Emosionele distansiering lei tot 'n neutrale posisie wat 'n selfstandige individu tot gevolg net. Hierdie distansiering moet geskied teen die agtergrond van die familie se emosionele erfenis ten einde suksesvol te wees. Dit gebeur deur te "luister" in plaas van te reageer. Die doel van hierdie terapeutiese benadering is om die individu te inspireer om navorsing te doen random die gesin van oorsprong in terme van die familiegeskiedenis. Die lewe word dus 'n "navorsingsprojek". Hierdie siening stimuleer die denke (Titelman, 1998:43). Om die familiesisteem kognitief te ondersoek, behels volgens Bowen (1994:416) asook Titelman (1998:44) se verwerking van die teorie, die volgende:

> Wat verstaan moet word van 'n persoon is die wie, die wat, die wanneer, die waar en die hoekom in verhouding tot sy familiegeskiedenis.

> Die identifisering van gedragspatrone en prosesse in sy familiesisteem.

> Die balansering van driehoeksverhoudings deurdat daar al minder sprake is van onttrekking, angs, reaktiwiteit, verdediging, en die gee van advies. Die persoon moet die emosionele bril waardeur hy na homself en sy gesin kyk, verruil vir 'n kognitiewe bril waarmee hy na verhoudings kyk. Verhoudings word verstaan deur middel van die kognitiewe en nie deur die emotiewe nie.

> Die versterking en aanmoediging van waarnemingsvermoe. Hierdie is nie 'n eenmalige gebeurtenis nie; dit vra 'n bereidwilligheid tot 'n deurlopende groei proses.

'n Gesin- of familiesisteem vorm 'n emotiewe eenheid ongeag gevoelens. Hierdie emotiewe eenheid funksioneer deurlopend soos 'n magnetiese veld, ongeag van wat ook al gebeur - alle verhoudings word dan ook deur hierdie proses bepaal. Die negatiewe manifesteer ook hierin deur vrese en tekortkominge. Daar is met ander woorde deurgaans 'n konstante vloei van emosionele aksie en reaksie wat verbind is met vorige geslagte en hul belewenisse (Titelman, 1998:51).

Drie betekenisvolle emosionele velde wat mekaar deurentyd onbewustelik be'invloed, word soos volg deur Bowen (Titelman, 1998:54) gei'dentifiseer:

♦ Die eerste veld: Die van die beradene, sy maat en hul gesin.

♦> Die tweede veld: Die maat se vader, moeder en bloedverwante.

♦ Die derde veld: Die beradene se vader, moeder, bloedverwante en vorige geslagte.

Die veld random die beradene met sy ouers impliseer 'n emosionele verknogtheid of emosionele afgestomptheid wat 'n effek op huidige verhoudings het. Hierdie emosionele veld is gelaai met betekenis of atmosfeer wat die individu inspireer en motiveer. Die manifestasie van hierdie betekenisvolle atmosfeer le in die tipiese gedragspatrone van die beradene ten opsigte van verhoudings (Titelman, 1998:53). lets van die impak van diegene random die individu word deur

Bowen (1994:540) treffend soos volg verwoord: "If you can get a person to person relationship with each living person in your extended family, it will help you "grow up" more than anything else you could ever do in life". Bowen (vergelyk Titelman, 1998:59) plaas baie klem op die rol van sekere belangrike gebeurtenisse met betrekking tot elke individu.

Die vakterm wat hy in hierdie verband gebruik, is nodal events - dit sou beskryf kon word as

knooppunt gebeurtenisse. Voorbeelde in hierdie verband is die volgende:

♦ Sodra kinders met skool begin of indien hulle van skool verander. ♦ Wanneer kinders die huis verlaat.

♦ Verhuising. ♦ Egskeiding. ♦ Her-troue. ♦ Siektes. ♦ Aftrede.

♦ Sterftes of enige ingreep wat deur die gesin as belangrik beleef word.

Die interaksie tussen sulke knooppunt gebeure, gedragspatrone, asook vlakke van persoonlike onafhanklikheid teenoor individualiteit openbaar gewoonlik die emosioneel gelaaide verhoudings tussen die kerngesin en die bree familiesisteem.

4.8 SAMEVATTING

Terapeute het in 1966 vir die eerste keer begin verwys na die verskynsel van intergeneratiewe trauma in hul terapeutiese betrokkenheid by die kinders en kleinkinders van Holocaust oorlewendes. Tot op daardie stadium is kinders of oor-diagnoseer as psigoties, of onder- diagnoseer as simptoomloos; terwyl die hele kwessie random sekondere traumatiese invloed geensins in berekening gebring is nie. Kinders van Holocaust oorlewendes was vervolgens van die eerste groepe op wie navorsing gedoen is random sekondere traumatisering; wat uiteraard dan ook ten nouste verband hou met intergeneratiewe trauma - daarna is soortgelyke navorsing ook toegepas met betrekking tot die kinders van latere oorloe soos byvoorbeeld die kinders van Vietnam veterane.

Alhoewel daar huidiglik in die literatuur 'n mate van erkenning aan die problematiek van intergeneratiewe trauma gegee word, word die voile implikasie in baie gevalle steeds geignoreer. Dat trauma selfs 'n effek het op die lewens van die wat nog nie gebore is nie, is vir talle 'n vreemde gedagte. 'n Navorser soos Danieli (1998:683b) het tot dusver baanbrekerswerk gedoen ten opsigte van intergeneratiewe -trauma en het aangetoon dat die opstel van genogramme en die verkryging van die beradene of gesin se traumageskiedenis van kardinale belang is met die oog op die uiteindelike suksesvolle diagnosering, en emosionele heling van die beradene. Hierin steun

talle navorsers soos Figley (1998:15-20), Bowen (1994:435), Stoop & Masteller (1996:102) haar. Danieli (1998:1-2a) bevestig egter dat daar 'n leemte betreffende teologiese nadenke met betrekking tot hierdie onderwerp is en Ancharoff et al. (1998:257) beklemtoon ook die feit dat hierdie onderwerp in sy geheel nog 'n nuwe navorsingsveld is en daarom baie navorsing benodig.

Sekondere trauma verwys onder andere na die simptome wat teenwoordig is by die persoon of persone wat primer verantwoordelik is vir die versorging van 'n getraumatiseerde - gewoonlik die gesin omdat hulle anders as terapeute nie van die omstandighede kan ontsnap nie. Sekonder getraumatiseerdes verkry dikwels nie die nodige hulp random hul traumatisering nie. Die verdere ironie random hierdie saak is die feit dat empiriese navorsing erkenning gee aan die sekondere verwonding van terapeute maar versigtig is met uitsprake ten opsigte van die emosionele verwonding van die kinders van getraumatiseerde slagoffers. Trauma word op verskillende wyses na die volgende geslag oorgedra; waarvan ouerlike invloed die belangrikste is deurdat die ouer se reaksie op trauma met betrekking op die kind se belewing daarvan deurslaggewend is. Oordrag geskied byvoorbeeld deur blootstelling aan die psigose van die ouer, ouerlike voorbeeld, of deur die oor-identifisering met die getraumatiseerde ouer. Dit is belangrik om te onthou dat kinders met hul ouers se onverwerkte emosionele pyn identifiseer. Die vader en moeder se impak op die kinders verskil ook - die moeder dra oor die algemeen 'n swak selfbeeld, paranoia, en gebrekkige empatie aan die kinders oor, terwyl die vader verantwoordelik is vir onder andere depressie en "ipekonders". Die moeder be'i'nvloed die kind emosioneel terwyl die vader die gesin sistemies be'i'nvloed byvoorbeeld deur chaoties of te rigied te wees.

Waar getraumatiseerde ouers openlik met hul kinders gesels oor traumatiese gebeure van die verlede word sekondere traumatisering grootliks verhoed. In sommige gesinne het die primere trauma in vorige geslagte plaasgevind en mag die slagoffers selfs al dood wees - tog word die huidige geslag daardeur be'i'nvloed. Dit blyk dat adolessensie die mees ontvanklikste tydperk vir intergeneratiewe traumatisering is. Die grootste negatiewe oorsaak van intergeneratiewe trauma le in die geheimhouding van gebeure. Geheimhouding be'i'nvloed die gesin as sisteem deurdat hul lewens- en wereldbeskouing hierdeur geraak word en die gesin in disfunksionaliteit kan verval. 'n Verdere probleem is die feit dat die lewens- en wereldbeskouing van die gesin met moeite verander. Danieli (1998:5a) haal vir Bettelheim aan wat se: "What cannot be talked about can also not be put to rest; and if it is not, the wounds continue to fester from generation to generation".

Dit blyk dat gesinne wat vir hulp kom aanklop meestal 'n verkeerde rede gee. 'n Kind sal byvoorbeeld presenteer met gedragsprobleme terwyl die dieperliggende oorsaak verband hou met onverwerkte trauma. Terapeute moet daarteen waak om nie uit die staanspoor die ouers te blameer nie. Die kind se reaksie op 'n abnormale gebeurtenis was waarskynlik eintlik "normaal". In sulke gevalle blyk die verkryging van die gesin se traumageskiedenis deurslaggewend te wees met betrekking tot sinvolle terapeutiese uitkomste.

Die basis van 'n gesin word deur die verhouding tussen man en vrou bepaal wat beteken dat sodra persone met emosionele- en verhoudingsprobleme presenteer, die verhoudings in die gesin van oorsprong bevraagteken kan word. Bowen benader die individu as 'n samesmelting tussen die unieke eienskappe van die persoon en die unieke eienskappe van die familiegeskiedenis waarbinne die individu gebore is. Sy teorie rus verder op differensiasie tussen afhanklikheid (eenheid) en onafhanklikheid (individualiteit) waardeur verhoudings oor die algemeen gedefinieer word. Disfunksionele gedragspatrone ontstaan sodra hierdie pole nie in balans is nie. Ten einde suksesvol te differensieer moet die beradene sy ouers en hul motivering ken en hiervoor is inligting van ten minste drie voorgeslagte nodig. Volgens Bowen (1994) is kermis van die voorgeslagte die sleutel tot die huidige geslag aangesien die voorgeslagte as't ware steeds "lewe" deur die huidige geslag.

'n Gesin- of familiesisteem vorm 'n emotiewe eenheid ongeag gevoelens. Hierdie emotiewe eenheid funksioneer deurlopend soos 'n magnetiese veld, ongeag van wat ook al gebeur - alle verhoudings word dan ook deur hierdie proses bepaal. Binne hierdie magnetiese veld manifesteer die negatiewe ook heel dikwels deur middel van aspekte soos vrese en tekortkominge. Daar is gevolglik deurgaans 'n konstante vloei van emosionele aksie en reaksie wat verbind is met vorige geslagte en hul belewenisse. Deur genogramme en driehoekstrukture kan die emosionele verhoudings en gedragspatrone van 'n familie grafies voorgestel en ontbloot word, sodat die huidige generasie emosionele heling en beheer kan verkry ten opsigte van daardie negatiewe "erflatings" wat andersins weer deur hulle aan die volgende geslag oorgedra sou word.

HOOFSTUK 5: EVALUERING VAN DIE RESULTATE VAN 'N EMPIRIESE