• No results found

BASISTEORETIESE AFDELING

HOOFSTUK 3: 'N PASTORALE SIENING VAN DIE INTERGENERATIEWE EFFEK VAN TRAUMA

D. Basisvlak: Hierdie vlak verteenwoordig die versorging van die persoon as baba en

3.7 DIE GEHEUE

Geheue is nie 'n eenvoudige proses nie en nog minder is die interpretering en kodering van insidente eenvoudig (Anon, 2000:453a). Tog is die mens se vermoe om te onhou redelik akkuraat. Herinneringe word basies as twee stmkture naamlik die implisiete (onderbewussyn) of eksplisiete (bewuste) geheue gestoor (Anon, 2000:454a). Navorsing random geheue met betrekking tot trauma versus nie-trauma is tans kontroversieel aangesien sommige navorsers veronderstel dat geheue vir beide trauma en nie-trauma dieselfde struktuur benodig. Ander is van mening dat daar wel ooreenkomste is in die werking van geheue maar dat daar beslis verskilpunte is ten opsigte van die kodering, interpretering en oproep van traumatiese gebeure (Anon, 2000:455a). Wat duidelik na vore kom is die feit dat sommige herinneringe nie herroep kan word nie en vergete bly as gevolg van verskeie toestande soos: repressie (doelbewuste onderdrukking van geheue), dissosiasie (persoon distansieer van gebeure), depressie, 'n gebrek aan kodering (persoon interpreteer nie gebeure nie) en 'n "state dependent learning" wat beteken dat sommige gedrag net herroep kan word indien dieselfde emosionele toestand weer herskep word as wat tydens die trauma die geval was. Die herroeping van geheue raak belangrik sodra 'n beradene om hulp kom aanklop as gevolg van die presentering van traumaverwante simptome, of indien die beradene na trauma verwys gedurende die terapeutiese proses, of indien die beradene verwys na geheue wat gedurende die beradingsproses na die oppervlak dring. Simptomatologiese manifestering van PTSV (Post Traumatiese Stresversteuring) presenteer as opdringerige gedagtes, terugflitse, nagmerries en hewige psigologiese sowel as fisiologiese reaksies wat soms mediese ingrepe benodig sodat die beradene gekalmeer kan word ten einde die ondervinding en herinneringe in detail te bespreek (Anon, 2000:457a). Tydens die herroeping van traumatiese geheue is die interpretasie en emosionele persepsie van gebeure van groter belang as die korrektheid daarvan en die intensiteit van emosies is geen maatstaf vir die waarheid nie (Anon, 2000:457a; MacDonald, 1995:21). Die waarde van 'n herinnering le in die erkenning van 'n emosie en die heling daarvan omdat onbehandelde pyn in die onderbewussyn leef (MacDonald, 1989:168). Studies random tweelingoorlewendes van die Holocaust toon dat hoe jonger die kinders was tydens hul traumatisering hoe minder kon hulle bewustelik onthou en hoe groter was hul disfunksionaliteit as volwassenes (Van der Hart & Brom, 2000:236).

Die oproep van herinneringe help die beradene volgens Allender (1995:115) tweerlei:

♦ Dit help in die identifisering van die tydperk waartydens unieke gedragspatrone waarmee gepoog is om sonder God te probeer oorleef, ontwikkel het.

Welch (1998:57) - 'n Pastorale Berader, bevind in sy navorsing random chemiese wanbalanse: "Problems with the brain or body can expose what is in our hearts". Hy ondervind dat die meeste persone met psigiatnese probleme positief reageer op Skriftuurlike waarhede. Genesing is volgens horn moontlik indien 'n geestelike sowel as 'n fisiese onderskeid getref word tussen simptome. Fisiese probleme benodig soms mediese ingrepe terwyl geestelike probleme aan die hand van die Skrif hanteer moet word (Welch, 1998:69,87,116,132,153).

3.7.1 Onderdrukking van herinneringe

Die antwoord van die gemiddelde persoon op die vraag hoe sy gesin van oorsprong lyk, is gewoonlik "gelukkig" terwyl sommige 'n gebeurtenis so traumaties ondervind het dat hulle dit nie wil onthou nie (Seamands, 2002:37; Anon, 2000:448a). Doelbewuste onderdrukking van herinneringe is anders as om te vergeet omdat onderdrukking 'n spontane reaksie op trauma is. So 'n keuse het soms tot gevolg dat die persoon se hart kan verhard wat weer tot immorele blindheid kan lei. Die belangrike vraag hier is: waarom wil jy nie onthou nie, wat verhoed dit? (Allender. 1995:115). Herinneringe van die verlede is gelukkig nie die sleutel tot vandag se verandering nie. Die slagoffer kan kies om vandag te verander en God sal die herinneringe oopmaak soos Hy dit nodig vind. Die probleem van onderdrukte herinneringe is dat 'n mag toegedig word aan die herinneringe wat dan 'n direkte invloed uitoefen op die persoonlikheid en manifesteer as emosionele wanfunksies (Seamands, 2002:37). Sommige geheime moet geheim bly byvoorbeeld: 'n kind gebore uit 'n buite-egtelike verhouding waarvan niemand weet nie (MacDonald, 1995:127; Framo, 1992:90; Seamands, 2002:33). Indien trauma egter die alledaagse lewe negatief beinvloed, sou dit beter wees om die onderdrukte geheue te herwin. Voorsorg is nodig by die herwinning van geheue (MacDonald, 1995:129) en in hierdie opsig moet die geestelike, psigiese en fisiese aspekte van die beradene in ag geneem word.

3.7.2 Redes vir die onderdrukking van herinneringe

Volgens MacDonald (1995:29) word herinneringe onderdruk vir die volgende redes: > Die slagoffer wil nie he die gebeure moet waar wees nie.

> Die gebeure maak nie vir die slagoffer sin nie. > Die slagoffer beleef die gebeure as oorweldigend.

> Die oortreder het die kind met grater geweld gedreig indien die kind sou praat. > Die slagoffer onderdruk en dissosieer as gevolg van 'n gevoel van hulpeloosheid.

3.7.3 Die gevolge van onderdrukte herinneringe

MacDonald (1995:132) verwys na Dr. Terr wat in haar navorsing vind dat getraumatiseerde kinders wat herinneringe onderdruk, presenteer met byvoorbeeld: emosionele gevoelloosheid en onvolwassenheid, onverskilligheid ten opsigte van fisieke pyn, 'n gebrek aan empatie en 'n afsku van emosionele intimiteit. MacDonald (1995:66) bevind dat onderdrukte herinneringe lyding veroorsaak op die emosionele, sosiale, fisiese, intellektuele asook geestelike vlakke:

♦ Emosioneel: Lei tot angs en depressie veral as 'n nuwe gebeurtenis soortgelyk aan

oorspronklike plaasvind. Dit lei tot 'n oormatige behoefte aan beheer oor emosies.

♦ Sosiale vlak: Elkeen bring 'n oormaat aan pyn, woede en vrees na 'n nuwe verhouding.

Die getraumatiseerde kan oorreageer wat kan lei tot oormatige beheer oor situasies of ander persone.

♦ Fisiese vlak: Trauma veroorsaak baie probleme waarvan nagmerries die bekendste is. In

krisistye produseer die liggaam adrenalien om die slagoffer te help reageer. Indien trauma onbehandeld bly, kan die liggaam in 'n staat van gereedheid vasgevang word wat kan lei tot uitbranding van adrenalienproduksie wat allergiee, hoofpyne, hormonale en immuniteitprobleme, absesse, bloeddrukprobleme, kolonprobleme en selfs impotensie tot gevolg het.

♦ Intellektuele vlak: Veranderde denkpatrone ontstaan en 'n aangeleerde gedrag van

hooploosheid asook hulpeloosheid kan veroorsaak word. Die getraumatiseerde glo nou dat hy homself nie kan beskerm nie en dit veroorsaak dat sommige getraumatiseerdes hiper-onafhanklik, aggressief of harteloos word.

♦ Geestelike vlak: Meestal word God en die self blameer vir die trauma in plaas van die

oortreder en boosheid. Allender (1995:115) sluit hier aan as hy vind dat die kern van onderdrukte herinneringe gelee is in wantroue in God. Die slagoffer glo dat God in Sy wese nie liefde is nie en dat Hy dit nie goed met die mens bedoel nie - daarom is God nie die moeite werd om te vertrou nie. Volgens Meier & Wise (2003:108) sal die kinders uit 'n ouerhuis met 'n emosioneel onstabiele ouer hul emosionele verwonding weerspieel in hul verhouding met God - hulle kan kognitief in Horn glo maar het nie 'n emosionele verhouding met Horn nie en vrees Horn.

3.7.4 Die herroeping van herinneringe

Die mens is 'n produk van verskillende elemente waarvan die gesin van oorsprong en familie 'n groot deel uitmaak. Om te bepaal wat die gesin van oorsprong se aandeel is in wie jy vandag is moet jou gesin en familie se geskiedenis nagevors word (MacDonald, 1995:158). Hier kan ou

foto's byvoorbeeld van hulp wees (Littauer & Littauer, 2000:153). Hierdie persoonlike navorsing kan op twee verskillende maniere geskied, naamlik: ondersoek jou erfenis of bestudeer jou ontwikkeling volgens Eriksen se riglyne soos verduidelik in MacDonald (1995:166). Aan hand hiervan volg die volgende opsommende verduidelikings:

3.7.4.1 Ondersoek jou erfenis

o Fisiese karaktertrekke: Soos wie lyk jy, watter fisiese trekke verwys na iemand anders

in die familie?

o Persoonlikheid en emosionaliteit: Na wie aard jy die meeste? Hoe het die familie

stres en trauma hanteer? Hoe doen jy dit? Watter tipiese stresverwante simptome was in die familie?

o Gesondheid: Watter mediese probleme presenteer in die familie - hoe is dit hanteer

(ook emosioneel) - hoe sterf die mense in jou familie?

o Emosionele karaktertrekke: Stel 'n psigologiese profiel van jou voorouers en elkeen in

die familie so getrou moontlik op.

o Geestelike karaktertrekke: Waarin glo jou familie? Hoe gemaklik kommunikeer hulle

oor hul geloof?

o Intellektuele vermoens en prestasies: Voorgeslagte beinvloed die nageslag ten

opsigte van intelligensie, leergestremdhede asook individuele sterk en swak eienskappe. Die waarde van prestasie, verantwoordelikheid, ensovoorts word gemodelleer deur voorgeslagte. Hoe vertoon die waardes in jou familie?

3.7.4.2 Volg jou ontwikkeling as mens

Erikson (MacDonald, 1995:166) verdeel die onwikkeling van die mens se lewe in agt fases waartydens keuses gemaak word wat die lewensverloop kan beinvloed. Hendrix en Hunt (2004:248) onderskei die volgende ses lewensfases van belang in die onwikkeling van die kind (dit stem ooreen met die van Erikson):

o Fase 1 - Babatydperk (Geboorte - 18 maande) Die baba benodig voeding,

emosionele en fisiese kontak asook liefde en aanvaarding sodat vertroue kan ontwikkel. Trauma veroorsaak slaap- en eetsteumisse, diarree, ge'irriteerdheid en huilerigheid. As volwassene presenteer die persoon met onverwerkte trauma as koel, terughoudend en onbetrokke of hulle oorreageer en raak oordrewe verstrengel in verhoudings as volwassenes. Ten einde jou erfenis hier na te speur moet daar gefokus word op jou

versorging as baba, byvoorbeeld: kon jy staatmaak op jou ouers se liefde, versorging en beskerming op fisiese asook emosionele vlakke?

o Fase 2 - Kleutertydperk (18 tnaande - 3 Jaar): Brein-ontwikkeling en die rol van

vroee ondervindings/insidente is in die laaste 10 jaar baie ondersoek. Die eerste 3 lewensjare is krities vir die ontwikkeling van die kind asook vir die leer-vermoe. Kinders kan verbaliseer vanaf 2.5 - 3 jaar (Terr, 1996:618). In die ouderdomsgroep benodig die kleuter die vryheid om te ontdek, asook die boodskap dat dit aanvaarbaar is om 'n eie identiteit te verkry. Op hierdie stadium ontwikkel selfstandigheid teenoor minderwaardigheid en onsekerheid. In hierdie ouderdomsgroep onthou kinders die buitengewone eerder as die gewone insidente. Hoe groter die emosionele betrokkenheid van die kind by die insident, hoe duideliker word die insident onthou (Terr, 1996:618). Onverwerkte trauma van hierdie ouderdomsgroep, het of 'n eensame kluisenaar of 'n oordrewe, afhanklik volwassene tot gevolg. In beide gevalle word ander gemanipuleer. Trauma verwys hier na enige verandering in die huislike omgewing wat deur die kleuter as ontstellend beleef word. Hulle is intens ingestel op die ouer se emosionele belewing van gebeure en beleef alles soos wat die ouers dit beleef.

o Fase 3 - Voorskooltydperk (3 jaar - 4 jaar): Gedurende hierdie tydperk ontwikkel die

kind se inisiatief teenoor sy skuldgevoelens en die vorming van identiteit is veral gedurende hierdie fase van belang. Nuwe identiteite en persoonlike grense (boudaries) word speel-speel getoets. Sodoende leer die kleuter om eie keuses te maak wat nodig is vir die ontwikkeling van selfvertroue en inisiatief. Onverwerkte trauma manifesteer dikwels in die volwassene by wyse van 'n oordrewe drang na beheer of andersins as 'n persoon wat ruggraatloos voorkom. As kind manifesteer trauma met onttrekking, senuweeagtigheid en skeidingsangs. Bed natmaak, vrees vir donkerte, algemene vrese, destruktiewe gedrag en woedeuitbarstings (tantrums) is algemene verskynsels.

o Fase 4 - Voorskools tot skoolgaande ouderdom (4 jaar - 7 jaar): Hierdie is die

bemeesteringsvlak. Toereikendheid teenoor onvermoe ontwikkel hiertydens. Dit is nodig vir die voorskoolse kind om te ervaar dat hy betekenisvol is en dat hy nuwe vaardighede toereikend bemeester. Die kind benodig baie erkenning en aanmoediging tydens hierdie fase. Onverwerkte trauma veroorsaak 'n oordrewe kompeteerder of 'n oordrewe konformeerder. Vanaf skoolgaande ouderdom begin die kind sosialiseer en algaande word 'n beter begrip van terme soos "trauma" verkry alhoewel die denke steeds meer konkreet as abstrak is. Onverwerkte trauma gedurende hierdie ouderdom manifesteer later by wyse van onttrekking, leerprobleme, depressie en swak

konsentrasie. Gedragsprobleme en psigosomatiese siektes soos maagpyn en hoofpyn kan ontwikkel.

o Fase 5 - Skoolgaande tot pre-adolessente ouderdom (7 jaar - 1 2 jaar): Hiertydens

ontwikkel die kind se ondernemingsgees en sy omgee vir ander. Hierdeur word die identiteit as individu teenoor die identiteit van die groep onderskei. Die eie identiteit wat losstaande van die ouers en hul verwagtings van die kind as persoon is, neem vorm aan. Onverwerkte trauma veroorsaak 'n kluisenaarstipe persoonlikheid of 'n mede-afhanklike.

o Fase 6 ■ Adolessensie (12 jaar - 18 jaar): Hiertydens ontwikkel die behoefte aan

intimiteit teenoor onafhanklikheid. Die koestering van die gesin is hier van belang want dit is binne hierdie veiligheid wat die jong volwassene sy grense toets deur opinies en emosies te lug. Hulle benodig gevolglik op hierdie stadium interpersoonlike verhoudings waarbinne die selfkonsep behoue kan bly. Indien trauma tydens die fase plaasvind en dit word nie deurgewerk nie ontwikkel die persoon as 'n rebel of as 'n totale konformeerder. Die waardesisteem, selfbeeld, asook identiteit word gedurende hierdie fase vasgele. Tieners het enersyds die vermoe om trauma op 'n redelik volwasse wyse te hanteer; andersyds kan hulle rebelleer, in dwelm-misbruik verval, seksueel promisku optree, misdaadgeorienteerd optree, depressief word, onttrek of vereensaam in antisosiale gedragspatrone. Selfmoordneigings is aan die toeneem onder die ouderdomsgroep tussen 15-24 jaar (in vergelyking met ander ouderdomsgroepe) omdat die sinvolheid van die lewe bevraagteken word. Jongmense moet gevolglik multidimensioneel hanteer word ten einde hulle te bereik, wat 'n tydsame proses is en deeglik moet geskied (Eagle & Michelson, 2002:235; Johnson, 1989:2). Versorgers moet die impak van hul gedrag op die kind se welstand verstaan en geleer word. Hul gedrag moet beide 'n voorbeeld vir die kind wees, asook 'n model van hoe om op trauma te reageer. Die kind moet erkenning kry vir pogings om trauma te hanteer en moet veilig voel om emosies te deel. Dit is 'n belegging vir die toekoms om getraumatiseerde kinders te help genees (Eagle & Michelson, 2002:238).