• No results found

META-TEORETIESE PERSPEKTIEWE

BASISTEORETIESE AFDELING

HOOFSTUK 7: SAMEVATTENDE KONKLUSIES

7.3 META-TEORETIESE PERSPEKTIEWE

Terapeute verwys in 1966 vir die eerste keer na die verskynsel van intergeneratiewe trauma na aanleiding van hul terapeutiese betrokkenheid by die kinders en kleinkinders van Holocaust oorlewendes. Tot op daardie stadium is kinders of oor-gediagnoseer as psigoties of onder- gediagnoseer as simptoomloos. Ook die hele aangeleentheid met betrekking tot sekondere trauma is geensins in berekening gebring in hierdie proses nie. Kinders van Holocaust oorlewendes was vervolgens van die eerste groepe op wie navorsing gedoen is random sekondere traumatisering.

Soortgelyke navorsing is daarna toegepas met betrekking tot die kinders van latere oorloe soos byvoorbeeld die kinders van Vietnam veterane.

Intergeneratiewe trauma verkry tans in die literatuur 'n mate van erkenning maar die voile implikasie daarvan word in baie gevalle steeds geignoreer. 'n Vreemde gedagte is die feit dat trauma selfs die lewens van die wat nog nie gebore is nie kan be'invloed. Danieli (1998:683b) is 'n navorser wat tot dusver baanbrekerswerk gedoen het ten opsigte van intergeneratiewe trauma. Sy het bevind dat die opstel van genogramme en die verkryging van die beradene of gesin se traumageskiedenis van kardinale belang is met die oog op uiteindelik suksesvolle diagnose en emosionele heling. Hierin steun talle navorsers soos Figley (1998:15-20), Bowen (1994:435), Stoop en Masteller (1996:102) haar. Danieli (1998:1-2a) identifiseer vervolgens ook 'n leemte betreffende teologiese nadenke met betrekking tot hierdie onderwerp. Ancharoff et a/.(1998:257) meld die feit dat hierdie onderwerp in sy geheel nog 'n nuwe navorsingsveld is en baie navorsing benodig.

Sekondere trauma dui onder andere op daardie simptome wat waarneembaar is by die persoon / persone wat primer gemoeid is met die versorging van 'n getraumatiseerde. Dit behels gewoonlik die gesin omdat hulle, anders as terapeute, nie van die omstandighede kan ontsnap nie. Die sekonder getraumatiseerdes verkry dikwels nie die nodige hulp random traumatisering nie. In hierdie verband is dit ironies dat empiriese navorsing erkenning gee aan die sekondere verwonding van terapeute maar versigtig is met uitsprake ten opsigte van die emosionele verwonding van die kinders van getraumatiseerde slagoffers. Trauma word op verskillende wyses na die volgende geslag oorgedra, waarvan ouerlike invloed die belangrikste faktor is. Oordrag geskied byvoorbeeld deur blootstelling aan die psigoses van die ouer, ouerlike voorbeeld of oor-identifisering met die getraumatiseerde ouer. Kinders identifiseer gewoonlik ook baie sterk met hul ouers se onverwerkte emosionele pyn. Die vader en moeder se impak op die kinders verskil ook - die moeder dra in baie gevalle 'n lae selfbeeld, paranoia en gebrekkige empatie oor aan die kinders, terwyl die vader verantwoordelik is vir onder andere depressie en psigosomatiese siektes. Die moeder be'invloed die kind ook meer emosioneel terwyl die vader die gesin weer meer sistemies be'invloed byvoorbeeld deur te rigied of chaoties/ongeorden te wees.

Getraumatiseerde ouers wat met hul kinders gesels oor die traumatiese gebeure van die verlede verhoed sekondere traumatisering tot 'n groot mate. In sommige families het die primere trauma in vorige geslagte plaasgevind en mag die slagoffers reeds dood wees - die huidige geslag kan

egter steeds daardeur beinvloed wees. Adolessensie blyk die mees ontvanklikste tydperk vir intergeneratiewe traumatisering te wees. Geheimhouding blyk die grootste negatiewe oorsaak van intergeneratiewe trauma te wees deurdat dit die gesin as sisteem beinvloed, hul lewens- en wereldbeskouing hierdeur geraak word en die gesin gevolglik in disfunksionaliteite kan laat verval. 'n Verdere probleem is die feit dat die lewens- en wereldbeskouing van die gesin met moeite verander. Danieli (1998:5a) haal vir Bettelheim aan wat se:

"What cannot be talked about can also not be put to rest; and if it is not, the wounds continue to fester from generation to generation."

Gesinne wat vir hulp kom aanklop, gee meestal 'n verkeerde rede, 'n Kind sal byvoorbeeld presenteer met gedragsprobleme terwyl die dieperliggende oorsaak verband hou met onverwerkte trauma. Terapeute moet daarom waak om nie uit die staanspoor die ouers te blameer nie. Die aangemeide kind se reaksie op die trauma was waarskynlik eintlik normaal. In suike gevalle blyk die verkryging van die gesin se traumageskiedenis deurslaggewend te wees met betrekking tot sinvolle terapeutiese uitkomste.

Die basis van 'n gesin word deur die verhouding tussen man en vrou bepaal. Dit impliseer dat indien persone met emosionele- en verhoudingsprobleme presenteer, daar na die verhoudings in die gesin van oorsprong gekyk kan word. Bowen (1994:420) benader die individu as 'n samesmelting tussen die unieke eienskappe van die persoon self asook die unieke eienskappe van die familiegeskiedenis waarbinne die individu gebore is. Sy teorie rus verder op die differensiering tussen afhanklikheid (eenheid) en onafhanklikheid (individualiteit) waardeur verhoudings oor die algemeen gedefinieer word. Sodra hierdie twee pole nie in balans is nie ontstaan disfunksionele gedragspatrone. Ten einde suksesvol te differensieer, moet die beradene sy ouers en hul motivering ken, en hiervoor is inligting van ten minste drie voorgeslagte nodig. Kennis van die voorgeslagte word die sleutel tot die huidige geslag aangesien die voorgeslagte as't ware steeds "lewe" deur die huidige geslag.

'n Gesin- of familiesisteem vorm 'n emotiewe eenheid ongeag gevoelens. Hierdie emotiewe eenheid funksioneer deurlopend soos 'n magnetiese veld, ongeag van wat ook al gebeur en hierdie proses bepaal die funksionering van alle verhoudings. Binne die magnetiese veld manifesteer die negatiewe ook heel dikwels deur middel van aspekte soos vrese en tekortkominge. Daar is gevolglik deurgaans 'n konstante vloei van emosionele aksie en reaksie wat verbind is met vorige geslagte asook hul belewenisse. Deur genogramme en driehoekstrukture kan die emosionele

verhoudings en gedragspatrone van 'n familie visueel voorgestel word. Hierdeur kan die huidige generasie emosionele heling en beheer verkry ten opsigte van daardie negatiewe "erllatings" wat andersins weer deur hulle aan die volgende geslag oorgedra sou word.