• No results found

Die idiosinkrasie van die geslagslyn

BASISTEORETIESE AFDELING

HOOFSTUK 3: 'N PASTORALE SIENING VAN DIE INTERGENERATIEWE EFFEK VAN TRAUMA

3.4 DISFUNKSIONELE GESINNE IN DIE SKRIF

3.4.7 Die idiosinkrasie van die geslagslyn

In die gesinne van Abraham sowel as Isak leer die kinders verkeerde waardes aan deur die ouers se voorbeeld. Isak verklaar aan Abimeleg dat Rebekka sy suster is net nadat Esau sy eersgeboortereg opgee. Rebekka het hierdeur waarskynlik gesien dat sy nie op haar man kan staatmaak nie. Sy is nie veilig by horn nie. Hierdie minderwaardige hantering van waardes en norme word gewoonlik die geheime wat na die volgende geslagte oorgedra word en veroorsaak uiteindelik ook verslawings aan middele of die mede-afhanklikheid van mense (Carder, 1991:58c). Dat Isak so lief vir Esau was, kan maklik verstaan word. Isak het grootgeword random sy moeder terwyl Esau die dinge kon doen wat Isak waarskynlik as kind self nooit toegelaat was om te doen nie. Esau was die veldmens. Dit is opvallend dat Jakob dieselfde opvoeding kry as Isak - beide word groot in tente in die nabyheid van die moeder - Gen 25:27-29. Die probleem in die gesin het wasdom bereik toe Isak teen God se opdrag in Gen 25:23 vir Esau in plaas van Jakob wil seen. In die uitspreek van die seen word Isak gekul en Jakob ontvang die seen. Hierdeur word onafgehandelde emosies ontbloot asook die ontstaan van 'n familiegeheim omdat die situasie nie bespreek word nie. Die gevolg is verbrokkelde verhoudings - Jakob moet vlug vir sy lewe en Esau is woedend en verbitterd (Carder, 1991:60c). Rebekka se groot fout in die situasie was haar wantroue in God se vermoe' om Isak reg te laat optree. Sy en Sarah betwyfel God se vermoe om Sy woord te laat waar word. Vanuit 'n familie-as-sisteem oogpunt het hierdie gesin op die oog af kalm en geseend voorgekom. Maar toe spanning intree, het die werklike situasie na vore gekom en het die famine as sisteem ontwortel (Carder, 1991:61c). Gevolglik het die onderliggende vyandskap tussen die gesinslede na vore getree. Tog verander die Here nie Sy plan nie en hy gebruik hierdie mense steeds in Sy groot genade ten spyte van hul disfunksionele gedragspatrone (Carder, 1991:62c).

Hierdie patroon van emosionele pyn word egter na die latere geslagte oorgedra en dit blyk verder dat die impak daarvan op die nageslag hewiger geword het. In bree trekke kan dit as volg opgesom word:

♦ Gen 30:25-43 - Jakob en Laban is in 'n prestasiegebaseerde verhouding gewikkel. ♦ Gen 29:31-30:23 - Rachel en Lea probeer liefde verdien en veg daarvoor.

♦ Gen 31:1-16; 26-35; 32 - Laban manipuleer sy gesin.

♦ Gen 37 - Josef se broers is jaloers op horn want hy is die jongste en die geliefde - ook by God.

♦ Gen 35:22 - Ruben verkeer seksueel met die vrou van sy vader - misleiding.

♦ Gen 37 - Josef se broers wil horn vermoor, mishandel horn dan fisies deur horn onder andere in 'n put te gooi en deur horn as slaaf te verkoop.

3.4.8 'n Skematiese voorstelling van Abraham, Isak en Jakob se geslagsregister

Abraham Sarah Isak

Geroep deur God met belofte. Moeder (90 jaar) - kinderloos en Eniggebore, wonderwerk en erfgenaam (Gen 12:1-3). ontroosbaar. Neem reg in eie van ryk ouers.

Vader (100 jaar) met desperate hande en gee Hagar as vrou aan Jonger, halfbroer van gehate Ismael. behoefte aan 'n erfgenaam. Abraham. Later spyt hieroor.

Verkoop sy geliefde vrou eers aan Getraumatiseer deur haar man wat Isak is nog nie gebore nie. die Farao se harem haar aan die Farao se harem

(Gen 12:11-20); en toe aan verkoop uit vrees vir sy lewe. Na sy geboorte wil sy vader horn aan sy Abimeleg (Gen 20:1-18) uitvrees God offer: Trauma! Kan hy sy vader ooit vir sy eie lewe! - dit nadat God 'n weer vertrou?

verbond met horn sluit dat sy die

beloofde erfgenaam dra Kan nie oor sy moeder se dood kom (Gen 17:15-19+ 18:9-14). Ontwikkel 'n emosioneel nie. Op 40 trou hy met Rebekka - dit is Abraham ongesonde verhouding met haar 3 jaar na Sarah se dood. Gen 24:67 het 'n onverklaarbare seun. Hy vervang in 'n sekere sin die "Isak

geloofsvertroue man-rol van sy vader. het vir Rebekka in die tent van Sarah, en gehoorsaamheid aan God wat sy ma, laat woon en met Rebekka

Sara getrou.... So is Isak vertroos na sy ma

en Isak as emosionele onttrekking se dood." kon beleef. Hy is bereid om sy

Isak Rebekka Jakob Esau

Ontvang belofte van Here. Aanvanklik kinderloos. Die jongste met die seen Bring baie kommer in (Gen 26:3-5). Die Here gee aan haar 'n van die Here. ouers se lewe - Gen 26:35. Bid tot die Here oor sy belofte aangaande haar

vrou want sy was seuns (Gen 25:22-23) Kul sy broer en pa vir Verkoop sy eersgeboortereg kinderloos Jakob, die jongste is die seen van die aan sy broer vir 'n pot (Gen 25:21) deur haar voorgetrek. eersgeborene. lensiesop.

'n Tweeling word gebore Kan sy haar man weer

as vertrou nadat hy haar in Moet vlug vir sy lewe. Wil sy broer doodmaak hy 60 jaar oud is. gevaar stel? omdat die hom gekul het. Esau, die oudste, is sy Soos Sarah neem sy reg in

oogappel. (Gen 25:28). eie hande en kul Isak om vir Jakob met die Verklaar aanAbimeleg eersgeboortereg te seen. dat Rebekka sy suster

is, uit vrees vir sy lewe - net soos sy pa. (Gen 26:6-11).

Jakob Lea Raqel

Ontvang belofte van Here. Is die ongeliefde, verwerpte Is die geliefde vrou, maar bly (Gen 28:13-15). vrou. Die Here sien dit en seen haar kinderloos

Jakob die kuller, word nou deur met seuns. totdat Josef en Benjamin gebore word. sy oom verkul - trou met Lea in Haar seuns verkoop Josef en Sy word onder 'n boom, langs die pad,

plaas bring sy doodstyding. begrawe.

van Ragel. Sy word by aartsvaders begrawe.

Word ook deur sy seuns verkul Jesus Christus word uiteindelik uit Josef red die volk van hongersnood en as hulle die tyding van Josef se haar stamboom, naamlik die stam sy vader seen sy twee seuns - die dood bring. van Juda, gebore en red die wereld. jongste as die leier van die twee -

Gen 48:19.